GEDAGTES ONDER ONS

Uit die brokkies nuus wat ons van tyd tot tyd op die politieke front uit die media verneem is dit nie altyd maklik om die globale oorsig aanmekaar te sit nie. Dit verg byna voltydse studie om die wêreldsituasie te analiseer, ten einde jouself te posisioneer. Interessant, die tendens van die proses is al meer aan die beweeg vanaf die kliniese politiek na ‘n meer Godsdiens gedrewe magspel, met natuurlike hulpbronne soos olie en voedsel as stuur-meganisme. Baie insiggewend is ook die vorming van magsblokke binne spesifieke streke en die broederskappe wat ontstaan oor die wêreld heen.

MIDDE-OOSTE

IRAN:

Vra ‘n mens jou self die vraag af of sanksies enige effek op die kernprogram van Iran het, is die antwoord ‘n besliste NEE. Die Iranese verkiesingsuitslae van 2 Maart dui beslis nie daarop dat daar na vrede gesoek word nie, maar eerder dat die Iranese kieser hom voorberei vir oorlog. ‘n Duidelike wegbeweeg vanaf demokrasie het die politieke voorspel gekenmerk. Die sogenaamde “ ARAB SPRING “ het groot invloed, en figureer ook nou baie sterk in lande soos Egipte, Libië, Irak, Sirië, Libanon, Israel, Yemen, Pakistan, Afghanistan en andere. Interessant is die feit dat die meeste kiesers in Iran hul steun gegee het aan die anti-Westerse politieke kamp, van wie verskeie “Revolutionary Guard “ lede is, wat openlik vyandig reageer op Westerse intimidasie. Die Times se verslaggewer Manan Abedin skryf dat Iran nou nog meer blatant en robuust sal word na die afgelope verkiesing waarin president Ahmadinejad die knie moes buig voor die Ayatollah Khamenei en nou maar ‘n blote pop is met sy kwart van die stemtotaal. ‘n Blatante verskuiwing vanaf demokrasie na teokrasie. Iran is vandag die magtigste nasie in die streek, en Khamanei die magtigste man. Sal Iran die land wees wat ‘n atoom oorlog sal ontketen onder sy nuutverkose fanatieke leier? Die waarskynlikheid word al groter. Die vraag is: Wie gaan die Ayatollah as streeksmornarg vanuit die fanatiese Moslem wêreld met hom saam inruk? Dit wek egter kommer.

ISRAEL

Palesteinse president Mahmoud Abbas, en Hamas se leier Khaled Mashaal het op 23 Februarie in Egipte ontmoet om ‘n nuwe model binne die Palestynse regering te bespreek. Ook teenwoordig was die hoof van die Egiptiese intelligensiediens Murad Muafi. Konsensus was bereik vir ‘n tussentydse regering van eenheid vir beide Palestynse gebiede. Hiermee hoop die twee leiers om ‘n eenheidstaat tot stand te bring om die debat te versterk dat Israel nie bestaansreg het nie en vernietig moet word. Indien hulle kan slaag by die stembus, spreek dit vanself dat die bloedvergieting en konflik in die streek veelvoudig sal toeneem. Ouboet Iran steun natuurlik die poging ten volle.

EGIPTE

Ahmed Fahmy van die Muslim Brotherhood is op 28 Februarie verkies as leier van die “Shura Council “, die hoër kamer van die Egiptiese Parlement, wat meebring dat Islam nou beheer het op beide huise binne die Parlement. Die boodskap het baie vinnig en ondubbelsinnig gekom “ Revolutionary Egipt will never be a friend, partner or ally of the Zionist entity, which we consider to be the number one enemy of the Arab nation “. Daar is ook ‘n beroep op die regering van Egipte gedoen om die Israeliese ambassadeur uit te sit, gas uitvoere te stop en dat Egipte sy eie atoomverrykingsprogram begin. Ook hierdie deklarasie was onmiddellik deur Iran gesteun. Op 22 Februarie het die Arabiese nuuskanaal Al-Arabiya gerapporteer dat Iran wil belê in Egipte se industrie en toerisme. Iran het versoek dat Egipte alle diplomatieke bande met Israel verbreek en sy bande met Iran versterk. Iran wil veral verhoed dat Egiptiese olie in Amerika beland.

OPSOMMEND

Dat Iran aan die voorpunt staan van Islamitiese militêre magsopbou in die midde-ooste lei geen twyfel nie. Al hoe meer bondgenote kruip onder die vlerk van die olieryke magshonger rolspelers in. Die Israeliese minister van finansies Yuval Steinitz het op 22 Februarie verklaar dat Iran biljoene dollars bestee aan die ontwikkeling van missiele wat Amerika en Europa kan bereik. Daar word verwag dat die eerste interkontinentale ballistiese missiele binne twee of drie jaar reeds die ooskus van Amerika sal kan bereik aldus Steinitz. ‘n Besliste bedreiging vir die hele Westersegemeenskap. Kortom, die Christendom.

WES-EUROPA

Dit is teen hierdie tyd sekerlik vir elke politieke student al duidelik waaroor die ineenstorting van sekere Europese ( UITGESOEKTE ) lande se ekonomie eintlik gaan. ‘n Verenigde Europese magsblok binne die EU moet tot stand gebring word ten einde te verhoed dat Europese lande een-een deur die Internasionale Wêreldmagte ingesluk en ekonomies, sosiaal/ kultureel en militêr vernietig word, en uiteindelik die hele Wes-Europa bedreig word. Gesien teen die agtergrond dat sekere Europese lande weens liberale instromings beleid alreeds met ‘n bedreiging van xenophobia sit, soveel so dat sommige kenners waarsku dat van die lande binne so gou as 14 jaar alreeds deur vreemdelinge vanuit die Moslem wêreld en Afrika regeer kan word, is daar sekerlik meriete in die strategie wat deur groter Europese state bedink is. Met Griekeland slegs weke weg van sy volgende ekonomiese krisis het die ministers van finansies van die Eurosone op 21 Februarie ooreengekom op ‘n hulppakket van ‘n verdere 130 biljoen euro. Die ooreenkoms ondermyn egter die soewereiniteit van Griekeland en gee die Europese unie en die Internasionale monetêre fonds permanente houvas op Griekeland. Die vereiste is dat die Griekse regering sy konstitusie moet herskryf sodat die terugbetaling van die skuld eerste prioriteit op regering uitgawes sal wees, welwetend dat die bogenoemde finansiële inspuiting nie genoeg is om Griekeland se ekonomie weer selfstandig te kan laat voortgaan nie. ‘n Streng vertroulike verslag wat gelek is deur “ Financial Times “ waarsku dat Griekeland ‘n verdere 50 biljoen euro benodig voor 2020. Kenners meen die Europese ekonomiese krisis is deur Duitsland beplan om groter mag aan die EU te verleen. Griekeland, Portugal en Ierland moes alreeds mag oorgee. Die fynskrif op die skuldooreenkoms gee die Europese sentrale bank volmag oor die Griekse 171.6 ton goudreserwes. As in ag geneem word dat die ander PIIGS lande (Portugal, Ierland, Italie, Griekeland en Spanje) oor 3234 ton goud beskik word die politieke prentjie al duideliker.

‘n Eksklusiewe nuwe Europese klub genaamd “The Berlin Club“ is op 20 Maart gestig met die oog op groter integrasie. Die Duitse minister van buitelandse sake, Guido Westerwelle is die sameroeper. Tien prominente Europese state nl. Pole, België, Italië, Nederland, Portugal, Oostenryk, Luxenburg, Spanje, Denemarke, en Frankryk se ministers van buitelandse sake was almal genooides. Die groep sal na vier vergaderings hul besluite aan die media bekend maak Vanselfsprekend sal Duitsland die plek aan die kop van die tafel inneem.

OOS-EUROPA-ASIë

Gedurende sy verkiesingsveldtog om terug te keer na die Russiese presedensie het Vladimir Putin die vrese dat teen 2020 die helfte van Rusland se arsenaal ballistiese missiele hul vervaldatum bereik besweer, deur aan te kondig dat binne 10 jaar 400 nuwe moderne interkontinentale ballistiese missiele die oues sal vervang. Voorts sal daar meer as 400 missieldraende en 20 aanvalsduikbote, 20 oorlog skepe, 100 militêre vliegtuie, 600 moderne vegvliegtuie, meer as ‘n duisend helikopters, 28 S400 grond tot lug missielstelsels, meer as 2300 moderne tanks, meer as 17000 ander militêre voertuie en 2000 artillerie sisteme aan die Russiese verdedigingsmag gelewer sal word. Intussen word tegnologie ontwikkel om Amerikaanse sateliete buite werking te stel. Ook China werk aan teen-sateliet ruimtewapens, en het alreeds ‘n suksesvolle toetslopie uitgevoer op een van sy eie sateliete, aldus die VSA intelligensie agentskap se Lt. Gen. Ronald Burgess. In sy verslag van 26 Februarie waarsku hy die Amerikaanse Senaatskomitee dat ‘n paar dosyn sateliet missiele die VSA se militêre operasies kan lam lê.

Asië se militêre uitgawes sal vir die eerste keer vanjaar die van Europa oorskry aldus inligtingsbronne se samekoms wat op 7 Maart in London gehou is. Beide Rusland en China beplan om hul militêre begroting teen 2015 te verdubbel. Beijing sal alreeds vanjaar die 100 biljoen dollar kerf bereik, terwyl die Chinese operasionele militêre personeel oor die twee miljoen tel. Intussen het Indië China verbygesteek as die grootste invoerder van militêre wapens ter wêreld.

Uiters eienaardig is die feit dat die Amerikaanse president Barack Obama aldus ‘n rapport van Februarie vanjaar, oorweeg om Amerika se gereed – vir – gebruik kern arsenaal te verklein vanaf 8500 plofkoppe tot 300. So ‘n stap sal die VSA met minder missiele los as die wat Rusland sal bou in die volgende dekade.

AFRIKA

‘n Beraamde 700,000 Soedanese waarvan die meeste Christene is, moet Noord- Soedan verlaat volgens nuwe wetgewing en elders gaan verblyf soek. Hierdie stap dui op die uiterste onverdraagsaamheid van Moslems teenoor die Christen geloof. Dwars oor die midde- ooste en Noord-Afrika word Christene bedreig. Met reg kan ‘n ernstige botsing binnekort tussen die radikale Islamen die Rooms- Katolisisme voorspel word.

Islamitiese militêre magte vanuit Ethiopië het reeds op 15 Maart die grens met Eritrea oorgesteek, en militêre poste begin aanval. Volgens waarnemers word die aggressie deur Iran aangehits met die oog op die verkryging van volle Moslem beheer oor die Straat van Hormuz, ‘n belangrike olie roete vanuit die Midde-Ooste. Die verwagting is dat die druk vanaf Iran op Ethiopië sal toeneem totdat die hele nasie sal swig onder die druk en invloed van Islam.

SAMEVATTEND

As in ag geneem word dat ons planeet alreeds 150% oorbevolk is, en nie meer volhoubaar die globale wêreld populasie kan voed nie, is dit net logies om te besef dat “iets” moet gebeur wat die menseras drasties sal verminder.

Uit die voorafgaande kan selfs ‘n blinde aanvoel dat die politieke onstabiliteit in die wêreld baie naby aan oorverhitting gekom het. Die feit dat magsblokke soos hierbo beskryf, alreeds gevorm het rondom veral onoorbrugbare godsdienstige fanatika, dui verseker tog daarop dat die kanse op wêreldvrede tot so ‘n mate verskraal het dat die diplomatieke hand al lankal oorspeel is. Die geweldige militêre magsopbou in veral die nie-Christelike lande moet tog verseker ‘n rigtingwyser wees, en is dit nie vreemd dat gelowige Christene begin wonder hoe ver die Armageddon fiasko soos in Die Bybel beskryf, nog in die toekoms lê nie.

SUID-AFRIKA

Nuwe statistieke toon dat daar 2.8 miljoen werklose jeugdiges in die land is. Die algemene werkloosheidsyfer het nou die 40% kerf verbygesteek en Suid-Afrika is nou die enigste land ter wêreld waar meer mense welsynstoelae ontvang, as wat daar werkende mense is. Hierdie kommerwekkende statistieke versterk die spekulasie dat die land onverbiddelik afstuur op al groter sosiale oproer in die onmiddellike toekoms. “This is a crisis, we call it a ticking bomb” het Cosatu se sekretaris generaal, Zwelinzima Vavi in Februarie gewaarsku. Met inagneming van bogenoemde statistieke is dit heeltemal verstaanbaar dat die ANC regering van die potensiële bedreiging in die persoon van die radikale jeugleier Julius Malema ontslae moes raak. Die vraag is egter of die bedreiging saam met Malema verdwyn het.

Die koorsagtige haas van die staatspresident om werk te skep, korrupsie hok te slaan, infrastruktuur te herbou, munisipale dienste te herstel, grondhervorming te bespoedig, behuising te voorsien, gesondheidsdienste te standaardiseer, onderwys op te knap, misdaad te bekamp met ‘n kruppel polisiemag, ens. ens. ens., laat mens wonder of selfs Mnr. Zuma nie ook besef dit is te laat nie, en dat Suid- Afrika onder ANC bestuur afstuur op ‘n onvermydelike ramp. Die reeds oorbelaste belastingbetalers wat in verre die minderheid van die land se bevolking uitmaak en wat hierdie chaos moet befonds, is besig om te knak onder die verhoogde druk van finansi?le bydraes en laste. Die wankelende wêreldekonomievoorspel niks goeds in die vorm van hulp, lenings of beleggings nie. Ander staatsinkomste soos die belastingheffing op die brandstof pryse is reeds maksimaalgehef. Kundiges wat reeds die land weens sogenaamde regstellende aksie moes verlaat, moet nou ten duurste teruggelok word.

Te min, te laat? Net die tyd sal leer.

EN JY WITMAN VAN SUID-AFRIKA ? ? ?

Die antwoord is eenvoudig en voor die handliggend. Slaan jou Bybel oop by 2 Kronieke 7: 14 en word deel van die proses van terugkeer na die EEN wat die verloop van alles en almal beheer.

Wees op die uitkyk vir meer en verdere insiggewende inligting op hierdie webtuiste en vir verootmoedigingsaksies.

Lewer kommentaar op die voormelde en sodoende kan u u kontak besonderhede op hierdie webtuiste aanbring vir verdere skakeling in die toekoms.

DOEN DIT NOU!

Groetnis,

Trapsuitjies

Bronlys: The Philadelphia TRUMPET

Republiekdag Feesviering

1 en 2 JUNIE 2012

PAARDEKRAAL – KRUGERSDORP

Die AWB is uitgenooi om in samewerking met die Verkenners Korps en ander organisasies deel uit te maak van diè dag se verrigtinge. Die Leier van die AWB, Steyn von Rönge, sal by hierdie geleentheid as gasspreker optree. Die AWB Wenkommando sal die vlagparade behartig. Alle AWB offisiere en ook lede word gevra om volle uniform te dra vir die verrigtinge.

Kampeergeriewe is beskikbaar teen R75.00 per staanplek vir ses persone. (R10.00 per persoon per nag ekstra vir meer as ses persone).

Dit is ‘n geleentheid van Volkseie pret en plesier en verskeie kompetisies word aangebied met groot pryse. Kos- en snoepstalletjies sal deurlopend op die terrein wees. ‘n Volledige program sal mettertyd beskikbaar gestel word.

Kontak persone:

Republiekeinse Vroue Beweging: Sylvia Mann – Tel 082 826 7740

Tydlyn kompetisie – Mariaan Rossouw – 082 935 9617

Stalletjies – Alwyn de Klerk – 082 940 8825

AWB Brandwag – H/Kmdt Marlene Hanekom – Tel 084 250 4207

AGTERGROND – REPUBLIEKDAG

Die referendum om oor ‘n republiek te besluit vind op 5 Oktober 1960 plaas en `n meerderheid van 74 584 van die Blanke kiesers stem ten gunste van die Republiek. Die nodige wetgewing word in Januarie 1961 deur die Volksraad geloods – die vernaamste verandering wat dit meebring is dat die Staatshoof nie langer Koningin Elizabeth sal wees nie, maar wel `n Staatspresident. Mnr C R (Blackie) Swart was die eerste om die amp te beklee.

Dr H. F.Verwoerd (foto) woon in Maart 1961 die Statebondskonferensie in Londen by. Hy onderneem plegtig voor sy vertrek dat hy alles in sy vermoë sal doen om te sorg dat Suid-Afrika lid van die Statebond bly. Maar dit werk toe nie so nie. Die Afro/Asiatiese blok lande, saam met Kanada, weier om die nuwe RSA as lid toe te laat. Toe Dr. Verwoerd besef dat dit vir mnr. Macmillan en vir Australië in die verleentheid sou bring as hy verder op toelating sou aandring, het hy Suid-Afrika se aansoek onvoorwaardelik teruggetrek.

Terug in Suid-Afrika het Dr. Verwoerd `n helde ontvangs op Jan Smuts-Lughawe ontvang. In die Volksraad is sy optrede eenparig goedgekeur, ook die leier van die opposisie, Sir de Villliers Graaff, het verklaar dat hy tevrede is dat dr. Verwoerd alles in sy vermoë gedoen het om Statebondlidmaatskap te behou.

So het dit gebeur dat daar op 31 Mei 1961 landswyd fees gevier is, toesprake gemaak is, vliegtuie die hemel met die landsvlag se kleure versier het en dat die nuwe Republiek van Suid-Afrika opgehou het om lid van die Statebond te wees.