MOSIE SOOS VOORGESTEL DEUR DIE AFRIKANER WEERSTANDSBEWEGING (AWB)

MOSIE SOOS VOORGESTEL DEUR DIE AFRIKANER WEERSTANDSBEWEGING (AWB) OP VOLKSVERGADERINGS OM GEHOU TE WORD DEUR DIE VOLKSRAAD VERKIESINGSKOMMISSIE (VVK) EN BOERE-AFRIKANER VOLKSRAAD GEDURENDE 2017.

 

Die AWB stel voor dat die volgende voorstelle voorgelê word aan die landswye Volksvergaderings gedurende 2017 deur die Boere-Afrikaner Volksraad en die VVK belê; ten einde as volksbesluite aldaar aangeneem te word:

  1. Dat God die Vader, Seun en Heilige Gees as ons Skepper erken en bely word; ook as die beskikker van  lotgevalle van volkere, nasies en mense; en dat ons oog op Hom alleen as Leidsman gerig is om ons voor te gaan op die vryheidspad.

 

  1. Dat die Volk in verootmoediging voor God die toekoms sal aandurf.

 

  1. Dat onderhouding en nakoming van God’s Woord en ons volk se Geloftes aan God, die sentrale rigsnoer in ons volkslewe sal vorm.

 

  1. Dat ‘n Mosie van vertroue in die huidige Volksraad aangeneem word in die lig van sy ervaring in die vryheidsproses; op die basis dat die huidige lede van die Volksraad (wat daarvoor beskikbaar sou wees) as Volksraadslede aanbly om ‘n nuwe mandaat uit te voer, soos waarop die Volk tydens die finale volksvergaderings mag besluit.

 

  1. Dat Volksvryheid bewerkstellig word deur voort te gaan met die internasionale regsproses wat reeds gevolg is en in navolging van die mylpale wat reeds behaal is.

 

  1. Dat die Volksraad uitgebrei word na maksimum 9 (nege) lede soos wat die getal in 2011 oorspronklik was.

 

  1. Dat die huidige restant van 2 (twee) vakatures op die Volksraad (asook enige verdere vakatures wat mag ontstaan) gevul word deur middel van tussenverkiesings soos gefasiliteer deur die VVK.

 

  1. Dat die onderskeie volksorganisasies wat aan die Volksraad/VVK-proses deelneem, ‘n maksimum van 3 (drie) kandidate in voormelde tussenverkiesings stel.

 

  1. Dat die volk homself bereid verklaar om te veg vir vryheid; om ons volk se Christelike norme, ons kultuurlewe en waardes, ons lewens en ons eiendom teen bedreiging te verdedig; in stede van ‘n gesindheid van oorgawe en pasifisme.

 

  1. Dat onteiening van enige bates sonder billike vergoeding as ‘n oorlogsverklaring geag en hanteer sal word wat die opneem van wapens sal insluit.

 

  1. Dat daar in volksgeledere ‘n magsbasis geskep en in stand gehou word deur volksorganisasies en groeperinge, met die Volksraad as gesagsbasis.

 

  1. Dat die Volksraad die verantwoordelikheid aanvaar van optredes en aksies soos uitgevoer in opdrag en onder koördinering van die Volksraad saam met voormelde magsbasis.

 

  1. Dat alle voormelde aksies wettig in terme van die Internasionale Reg uitgevoer word, sonder om oor te gaan tot aksies of optrede wat deur die Internasionale Reg as terrorisme geklassifiseer word.

 

  1. Dat samewerking en eendragtigheid bevorder word tussen die onderskeie volksorganisasies wat al bogemelde beginsels aanvaar en suiwer handhaaf, sonder dat sulke organisasies hulle eie identiteit hoef prys te gee.