Geskryf deur oom Buks Barnard.
Op 25 Oktober 1854 het die beleg van Makapansgrot naby die teenswoordige Potgietersrus begin. Hierdie strafekspedisie teen Makapan het gespruit uit ‘n aantal grumoorde op Boeremense in September 1845.
Langs die destydse trekpad na Soutpansberg het daar twee stamhoofde gewoon – Makapan en Mapela. Net soos sy geestelike nakomelinge en bewonderaars langs die N1 honderd-ses-en-vyftig jaar later, het Makapan homself verryk deur tolgeld van reisigers te ontfutsel. Die reisigers op pad na die noorde moes met gewere en kruit betaal, en dié na die suide met ivoor en velle.
In die winter van 1854 kon Makapan en Mapela se jagters nie genoeg olifante na hulle smaak doodmaak nie. Hulle toordokter het gesê hy het die organe van ‘n dapper man nodig om medisyne vir die jagters te maak.
Mapela het die bobaas jagter, Hermanus Potgieter, genooi om te kom olifante jag. Sy trawante het Potgieter se trek op slinkse wyse oorval en uitgemoor. Hermanus Potgieter self is lewend afgeslag. Die toordokter het van sy hart en niere medisyne gemaak.
Hierdie was ‘n algemene gebruik onder barbare. Die Basoetoes het ook die dapper Louw Wepener se hart opgeëet nadat hy gesneuwel het. Vandag nog hoor ‘n mens dikwels van moetiemoorde.
Makapan was beïndruk met Mapela se moorddadigheid en wou hom oortref. Daarom het sy bende die niksvermoedende Markus Venter, wat wou kom tol betaal, en sy seun vermoor.
Dit het hulle moordlus aangewakker sodat hulle ‘n trekgeselskap by Moorddrif uitgemoor het. Die ses kinders se koppies is teen twee groot kameeldoringbome papgeslaan.
Hierdie barbaarsheid het ‘n strafekspedisie teen Mapela en Makapan ontlok. Die twee moordenaars en hulle bendes het met vee en graan in die grotte by Makapansgat ingevlug en die kommando het hulle beleër. Die beleg het van 25 Oktober tot 21 November 1854 geduur.
Op 6 November 1854 het ‘n koeël uit die grot kommandant-generaal Piet Potgieter getref en hy het dood van die krans af voor die grot geval. Die jong veldkornet, Paul Kruger, het sy leier se lyk onder hewige geweervuur vanuit die grot gaan haal sodat die barbare dit nie ook kon vermink en misbruik nie.
Vandag is daar weer ‘n tolpad waar Makapan reisigers met sy tolheffings uitgebuit het.
Vandag word onskuldige en niksvermoedende blankes weer gereeld oorval, gemartel, vermink en vermoor.
Vandag het ‘n regering wat met wrede maniere van terrorisme en halssnoermoorde aan bewind gekom het, Potgietersrus se naam na Mokopane verander om die barbaarse moordenaar, Makapan, te vereer.
Dit is reg dat die owerheid met dié naamsverandering wys waar sy bewondering lê, sodat elkeen kan weet watter strewes hy koester. Elke keer as ons die naam, Mokopane, hoor, moet ons onthou van die barbaarse wreedheid om kindertjies se koppe teen boomstamme stukkend te slaan. Elke keer as ons die naam, Mokopane, hoor, moet ons opnuut besef vir watter barbaarsheid die nuwe naamgewers bewondering het.
En elke mens wat homself beskaafd noem, moet weet dat hy elke keer wanneer hyself na Potgietersrus as Mokopane verwys, eer betoon aan ‘n uitbuiter, ‘n misdadiger, ‘n moordenaar en ‘n onmens.
Gaan jý Makapan vereer en laat voortleef?