Die afgelope tyd het ons van verskeie persone en ook organisasies korrespondensie gekry, waar hulle vanuit die buiteland as individue hulle steun asook hulp aangebied het aan die AWB. Hier is ons reaksie en terugvoer aan n persoon. Ongelukkig kan ons nie name noem nie om hulle identiteit te beskerm.
Goeie dag geagte Kolonel / Generaal
Ek sit in Neeu Seeland en het n epos gestuur vir aansoek vorms, na aanleiding van n klompie versoeke wat gedoen is vir mense om voor te berei en op te teken. Ek wou weet of daar oorseese komandos is ens. My idee was dat ons van die buiteland af kan help en ondersteun, gehoop so iets was al in plek. Ek het nog geen vorm of epos ontvang nie.
Soos ek gewag het vir die AWB om terug te kom na my toe het ek meer van julle gesien en tot die besef gekom, ek sien baie geweld en baie van die AWB, maar nooit saam nie. So het ek een van die mense geword wat vra waar is die AWB?
Om mense te oortuig dat julle n waardige beweging is om te ondersteun raak moeilik as jy die byeenkomste sien en almal wat so mooi en getrou by die vergaaderings opdaag en in uniform staan, maar daar is niks as die videos kom met moeilikheid en op togte nie.
Ek probeer verstaan, nie afbreek of moeilikheid soek nie, ek besef goed genoeg ons moet saam staan, so hierdie is nie n brief van twis nie.
Waarvoor teken ek op, wat gaan my bydra help?
Gaan die AWB daar wees as my famielie lede in nood is by n skool waar optogte en onliste is of hulle besighede word af gebrand? Wat se ek vir mense hier wat die doel is om julle te ondersteun en wat wys ek hulle wat julle doen en/of gedoen het?
Wel daar is baie vra en ek kan boekdele skryf, maar tot daar gelaat vir eers.
Onthou assseblief, ek is nie hier in Neeu Seeland omdat ek mal is oor die engelse nie, ek soek my land terug en as ek kan help gaan ek.
God se seen oor julle.
Mnr XXXXXX
Terugvoer van KG Van Wyk
WAAR IS ONS?
Geagte mnr XXXXXXX
U besondere skrywe is met uiterse positiwiteit deur die Generale Staf van die beweging ontvang en bespreek. Dit is dan ook met genoeë dat ons u paar knellende vrae baie eerlik wil beantwoord.
U maak die stelling dat u een van die mense geword het wat vra “waar is ons?”. Dis met trots dat ons u kan meedeel dat ons nog dieselfde organisasie en gesetel op dieselfde plek is.
Die beweging is tans soos nog altyd goed georganiseer en bestaan uit ‘n effektiewe, duidelik gedefineerde en doelwitgerigte hoofkwartier en generale staf. Mr Steyn von Rönge, ‘n bekende boer vanuit die Vrystaat, lei alreeds die beweging op ‘n uiters bekwame en professionele wyse vanaf lank voor die heengaan van mr Eugéne Terre Blanche.
‘n Adviesraad beman deur gesoute en bekwame lede is voortdurend besig om die situasie in Suid Afrika te monitor en op meer as gereelde basis die leierskap te adviseer ten opsigte van optrede tydens natuur- sowel as mensgemaakte rampe. Hierdie funksie navigeer tussen die werklike bedreiging en die relatiewe bronne en vermoëns wat werklik en potensieël tot ons beskikking is. U sal dus besef dat die beweging hom beywer vir die beskerming van sy lede.
Voorts word ons steeds in al die gebiede in die RSA deur bevelslui en tiene van duisende lede verteenwoordig. Daar sal sekerlik nooit genoeg wees nie en ons is voortdurend besig met werwing ten einde die normale atrisie en kundigheid te ondervang.
U noem voorts dat u van ons sien maar nooit saam nie. U sal ook wil vra hoekom u nie van ons hoor nie? Die antwoord daarop is baie duidelik. Gedurende 1994 het hier ‘n regering oorgeneem wat die Afrikaner nie goedgesind is nie. Dieselfde regering beheer die media en sodoende word die beweging dus doodgeswyg. Behalwe vir die verlies aan reklame, pas dit ons ook soos ‘n handskoen.
U verneem of ons oor buitelandse kommandos beskik. Die beweging bestaan in wese oor dienende lede, nie-dienende lede asook simpatiseerders. Van hierdie simpatiseerders verkeer hoofsaaklik in die buiteland en ons noem graag een voorbeeld. n Persoon, gebore en getoë in Suid Afrika en ‘n vooraanstaande lid van United Airways, bevorder tans ons saak in die VSA vanwaar hy woonagtig is in Knoxville Tennessee. So kom ons in aanraking met groter organisasies soos wie ons wel baie simpatiek gesind is. U voorstel van buitelandse kommandos word ernstig ter harte geneem maar nie oorweeg nie aangesien die bedreiging van binne is. U steun vanaf die buiteland sal wel waardeer word.
U vra die knellende vraag of die AWB daar gaan wees as u familie in die nood is. Die antwoord is hier weereens ‘n onomwonde ja aangesien die beweging hom vir die vryheid en selfbeskikking van die Afrikaner bearbei. In dieselfde asem moet ons ook baie eerlik wees dat die beweging nie oor die menslike sowel as ander volhoubaarheidsbronne beskik om die Volk as geheel te dien nie. Op hierdie stadium oefen die Suid Afrikaanse Polisie beheer uit oor onluste en die AWB is ook deeglik betrokke by die polisieforums en op bystand sou ingryping benodig word. U sal begryp dat die bestuur hiervan baie sensitief benader word. Alhoewel ons nooit ons rug op mede Afrikaners sal draai nie werk ons tog op ‘n beginsel dat ons primêr ons eie lede sal beskerm.
Die AWB is geen geheime organisasie nie en beskik ook oor ‘n webtuiste waar u kan gaan rondblaai en u vergewis van wat ons, spesifiek in die gebiede en streke doen. As doelstellings het die AWB net twee strategiese doelwitte en dit is fisiese- sowel as geestelike weerbaarheid van sy lede. In die onderskeie gebiede en streke word gereeld verootmoedigingsaande/dienste gehou en die beweging beskik selfs oor ‘n eie geloftefees-komitee.
Die beweging het aan die hand van sy leier mr. Steyn Von Rönge, asook met die medewerking van die beweging se adviesraad, ‘n alliansie, Veiligheids Alliansie Suid Afrika (VASA) met meer as 30 ander Afrikanerorganisasies in die lewe geroep. VASA word bestuur onder voorsitterskap van die AWB leier mr Von Rönge. Die AWB bly die hoofrolspeler in hierdie alliansie.
In huis beskik die beweging ook oor ‘n eie opleidingsfasiliteit asook ‘n baie goed georganiseerde opleidingsakademie waar volksgenote (nie noodwendig lede nie) opleiding in noodweer asook huis en haartbeskerming en vele ander veiligheids- en leieropleiding ontvang.
Laastens deel ons ook graag met u dat ons steeds oor die trotse Ystergarde beskik. Hierdie komponent is nie gebiedsgebonde nie en kan vir spesiale take sowel as ‘n reaksiemag getaak word.
Ons hoop regtig dat daar van die kwellende vrae beantwoord is.
Ons lei af dat u familie en vriende in Suid Afrika het. Motiveer hulle om by die beweging aan te sluit en aktief deel te neem. Laat hulle asseblief met ons skakel of kom kuier as u weer in die land is.
Baie sterkte daar in die vreemde
777groete
CHRIS VAN WYK
KOMMANDANT GENERAAL