Geagte Volksgenoot
Die afgelope naweek was die 137ste herdenking van die Slag van Majuba. Die Sentrale Komitee het dit as ‘n gulde geleentheid gesien om ‘n vergadering te hou in Volksrust, ten einde sekere aangeleenthede te finaliseer met die oog op die komende verkiesing.
Dit is met groot dankbaarheid teenoor almal wat die vergadering bygewoon het, dat ek vandag die volgende met al ons kiesers en voornemende kiesers kan deel:
1. Die datums is as volg
1.1 Vir die verkiesing:
Spesiale stemmme: 11 en 12 Oktober
Stembus stemme: 13 Oktober
1.2 Nominasies vir Volksraadlede open 1 Maart en sluit 30 Junie
1.3 Sekondante vir Volksraadlede open 1 Maart en sluit 30 Augustus
1.4 Registrasie van kiesers sluit 30 Augustus (sodat naam op kieserslys kan verskyn)
2. Geen elektroniese registrasie van kiesers sal toegelaat word nie, maar wel die aanstellings van RB’s en SK’s wie reeds geregistreer is as kiesers.
3. Daar sal binnekort ‘n verkiesingskonferensie/werkswinkel gehou word waarna alle streek-koördineerders uitgenooi sal word. Bywoning is verpligtend. Kennis sal betyds gegee word.
Hou in gedagte dat die reg op selfbeskikking slegs namens ‘n volk opgeëis en beding kan word deur diegene wat van die volk daartoe opdrag ontvang het by wyse van ‘n vry, regverdige en demokratiese volksverkiesing.
Ek sluit af met ‘n aanhaling van Dr DF Malan. Lees dit, begryp dit en kom u verantwoordelikhede teenoor die Boere-Afrikanervolk en sy opkomende geslagte na. Hy het gesê: “Roepingsbewustheid is vir enige volk, net soos vir enige individuele mens, onontbeerlik. Dit alleen gee aan hom ‘n gevoel van eiewaarde en skep ‘n innerlike krag wat berge kan versit.”
Volksgroete.
Christo Snyman
Voorsitter VVK