VVK Verkiesingsnuus

Verkiesingskonferensie, 5 Mei 2018

Ons hartlike dank aan elkeen wat die Verkiesingskonferensie die afgelope naweek bygewoon het. Dit was ‘n reuse sukses. Die bemarkingsvideo is vertoon en sal aan u beskikbaar gestel word vir verdere verspreiding sodra die laaste redigering afgehandel is.

Verdermeer is die nuwe fondsinsamelingsprojek bekendgestel, naamlik “Borg-‘n-stempunt”. Laai gerus die brosjure af onder hierdie skrywe om meer inligting omtrent die projek te bekom.

Borg ‘n stempunt!

 

Vakante betrekking

Die VVK het ‘n vakante betrekking vir ‘n ontvangsdame. Stuur asseblief u CV na info@vvk.co.za om in aanmerking te kom.

 


Registrasie- geleentheide

Groblersdal:

Republiekfees 26 Mei 2018 vanaf 08h00 te CVO Gromar.

Paardekraal, Krugersdorp:

Republiekfees 2 Junie 2018 te Paardekraal Feesterrein.

Indien u nie een van hierdie geleenthede kan bywoon nie, maar nog wil registreer op die VVK se kieserslys, volg die onderstaande skakel na die lys van registrasie-beamptes landswyd.

Registrasie-beamptes

Voorstelle ingewag!

Is u goed met inligtingverspreiding en bemarking? Stuur vir ons u voorstelle vir ‘n bemarkingspamflet vir die Verkiesing van Oktober 2018.

Voorstelle kan gestuur word na info@vvk.co.za

Volksraad Verkiesing Kommissie
www.vvk.co.za

 

BESOEK DIE AWB FACEBOOK BLAD