AWB OPLEIDING AKADEMIE

 

AWB OPLEIDING AKADEMIE

INLEIDING:

Die ontwikkeling van ʼn opleidingskursus is ʼn baie ingewikkelde storie. Baie navorsing word gedoen om net die beste oor te dra aan ons  studente. Daar moet een ding nie uit die oog verloor word nie; en dit is dat daar ʼn groot verskil is tussen werklike-lewe-opleiding en die speel van ʼn speletjie. Opleiding in die AWB gaan beslis nie ʼn speletjie wees nie en die wat so gedink het, het ʼn baie groot fout begaan. Nie elkeen van ons gaan altyd verstaan waaroor die opleiding  gaan nie, of dalk die “skills” hê vir ʼn spesifieke opleiding nie, maar glo my daar is plek vir elkeen van julle in hierdie organisasie. Deelnemers aan die AWB opleiding praat dieselfde taal, kom van dieselfde kultuur en ons gaan mekaar ook respekteer deur dik en dun.

Onthou net een ding, gedurende ʼn “ GAME”  speletjie het jy net ʼn sekere tyd om dit te voltooi, en so is dit ook tydens opleiding. Indien jy nie in tyd gaan klaar maak nie is dit“ GAME OVER” en glo my nie een van ons wil dit mis nie.

Inteendeel ek of enige van die instrukteurs kan jou nie iets leer indien jyself nie ʼn wil het nie. Elke opleidingsmateriaal staan alleen. Geen opleidingsvakke sal mekaar oorvleuel nie. Die opleiding is eenvoudig binne sy formaat.

Spanwerk is ook van kardinale belang gedurende opleidingsessies. Hier word jy getoets in groepsverband sowel as individueel. Ons gaan jou ook toets van hoe jy druk kan hanteer.

Die groot rede vir opleiding is ook, dat julle  die Leiers van  môre gaan wees. Julle is die ambasadeurs van die Boervolk en die AWB!

Visie

Die doel van die Akademie is om ʼn gesamentlike gekoördinerende opleidingsentrum vir die totale AWB opleiding strategie daar te stel binne die raamwerk van ʼn reeds gevestigde maatskappy,  naamlik die “AKADEMIE”.  Met hierdie doel voor oë kan daar dan met vertroue ʼn behoefte bepaling gedoen word watter streke aktief is in die opleiding van hul offisiere en lede en daar volgens ook dan ʼn inkomste te genereer aan lede wat werkloos is. Hierdeur bemagtig ons onsself as diensverskaffer binne ʼn goed georganiseerde model.

Missie

  • Daar kan bepaal word wat die opleidingsvlakke van die lede en offisiere is.
  • Daar kan bepaal word wat die gehalte van die opleiding is wat deur die instrukteurs aangebied word.
  • Die aktiwiteitsvlak van elke streek kan gekoördineerd en ge-evalueer word.
  • Die fondse, hetsy dit van die lede, kontrakte of AWB afkomstig is, kan in berekening gebring word en verreken word. Volledige state sal beskikbaar wees vir insae.
  • Kontrakte wat deur moedermaatskappy verkry word, sal subkontrakteur word aan “WŰLFF RSS” wat dan ook verantwoordelik sal wees vir terugvoering aan moedermaatskappy.
  • Behoefte bepaling onder lede kan nou op streeksvlak gedoen word en deurgegee word aan Opleiding Akademie bestuur sodat werksplasings gereël kan word.
  • Verskeie opleidingsvlakke kan nou aangespreek word na aanleiding van kontrak behoeftes bv. CPU, wagdienste, alarms en noodoproepe.

Doelstellings

  • OPDRAG
  • RIGLYNE VIR BEPLANNING
  • MOBIELE DENKE

Wat is ons doelstellings?

  • Wat wil ons hê?
  • Hoe gaan ons dit bereik?
  • Wat is ons doelwit omskrywing?
  • Gaan ons projek volhoubaar wees?
  • Gaan die opleiding realisties wees?
  • Wat is ons vermoeëns?
  • Magspeil
  • Wat het ons in plek?

Bedreiging

  • ʼn Negatiewe houding;
  • botsende opvattings en waardes;
  • verskille in verwysingsraamwerke wat nie wedersyds erken word nie;
  • blatante manipulasie van persone en situasies;
  • gebrek aan dissipline en motifering;
  • onvermoë om aan die verwagtinge te voldoen;
  • ongeduldige houding;
  • verwerping of ignorering van sienswyse;
  • verwaandheid of ʼn gevoel van minder- of meerderwaardigheid.

Wat is die einddoel van die Akademie?

  • om as organisasie volhoubaar te wees ten tye van nood onder sy lede;
  • om as organisasie sy lede in so ʼn mate op te lei sodat hy as lid homself kan verdedig tydens enige mate van anargie;
  • om as organisasie sy lede te bemagtig in die besit, asook hantering van enige vuurwapens;
  • om as organisasie sy lede wat behoeftig is weer ʼn tweede kans te gee;
  • om as organisaie finansieël volhoubaar te wees;

Nood Kommunikasie Kamer

Hier speel die Opleiding Akademie ook ʼn baie belangrike rol in opleiding van lede vir die opstel van ʼn Nood Kommunikasie Kamer. Lede word touwys gemaak van die werking van radio sisteme asook hoe daar gekommunikeer moet word tydens enige operasie.