Huldeblyk aan Generaal Koos Hough (Kmdt Gen)

Huldeblyk aan Generaal Koos Hough (Kmdt Gen)

Geagte vriende en familie

Dit is vir my ‘n besonderse eer en voorreg om by hierdie geleentheid ‘n huldeblyk te mag lewer aan my vriend en kameraad Koos Hough.

Soos ons deur ons lewensreis gaan is daar mense met wie ons kontak het of wie ons paaie kruis, met wie ons selfs goeie verhoudinge sal hê.  Maar baie van hulle sal nie werklik enige blywende impak op jou lewe  maak nie.  Hierdie mense, vir my, is hulle bloot kennisse.

Dan kry jy die spesiale mense.  Dit is die  individue wat deur hulle optrede, hulle opregtheid en hulle werklike belangstelling, ‘n wesentlike verskil in jou lewe maak.  Tog vergeet jy nooit iemand wie se blote manier van menswees wat tot diep in jou hart kom lê het nie.

Ek het die afgelope week een van hierdie mense in my lewe verloor. My kameraad Koos Hough.

Vir meer as 30 jaar was ek en Koos saam betrokke by die AWB.  Hy was maar altyd een van my gunsteling mense en kamerade.  Hy was vir ons binne die Beweging ‘n rolmodel en ons het hom gerespekteer.  Ons sal hom altyd in ons harte koester.

Sekere gebeurtenisse en ideale kan tyd nooit weg knaag nie.  Onwillekeurig dink ek terug en onthou ek ons besoeke saam aan die gebiede soos Natal.  Die kuier by my op die plaas.  Die toer na Orania en die besoeke aan die konsentrasiekamp kerkhowe.  Die hartseer maar ook die nostalgie wat daaruit voort gespruit het.  Die aande om die kampvuur by Holfontein.  Koos het almal altyd met ope arms verwelkom, en het my erg spesiaal laat voel.

Koos het sy taak binne die AWB met  soveel ywer en gefokusde aandag verrig.  Die AWB en die Boervolk het ‘n strydros by uitnemendheid verloor.

Ons eer hom vir sy Christelike beginsels en sy onkreukbare standpunte.

Dit ruk ‘n mens as iemand soos Koos Hough, van ons weggeneem word.  Dit klink  so leeg om te sê maar hy is op ‘n beter plek.  Die gat wat hy in ons lewens laat is groot !  Ek sal altyd met heimwee en aangename herrineringe aan hom dink.

Aan Alet en die kinders,  baie dankie vir julle opofferinge maar ook julle onbaatsugtige bydraes en vir die tyd wat julle Koos aan ons afgestaan het. Dit gaan nie ongesiens verby nie.  Sterkte en deernis aan julle in hierdie hartseer tyd.

Generaal  KOOS HOUGH, ons gaan jou mis.

Ek salueer jou my kameraad totdat ons mekaar weer sien.

Steyn von Rönge

Leier van die AWB / 2018-06-29