Persverklaring: Sesesering

 

Na aanleiding van die onlangse media verklarings en persberigte, aangaande die sogenaamde sesesering deur ‘n groepering van die Khoisan bevolking, en dat dit met die hulp, samewerking en ondersteuning van sogenaamde ver-regse groepe plaasgevind het. Wil die Afrikaner Weerstandsbeweging dit onomwonde stel en verklaar dat die AWB hom van die sogenaamde aksie distansieer en geen deel daarin gehad het nie. Die AWB plaas dit op rekord dat hy as ‘n Volksorganisasie en of sy lede op geen manier betrokke was of sal wees by aktiwiteite wat nie verband hou met sy eie strewe na soewereine selfbeskikking en die veiligheid van sy volksgenote nie.  Die AWB is nie gemoeid met enige volksvreemde organisasies nie.

Aldus gedoen en geteken te Ventersdorp op hierdie 31ste dag van Julie 2018.

Generale staf en uitvoerende raad van die AWB