AWB Opleiding Dagkamp – Klerksdorp

Die AWB Noord-Wes Streek het op 9 September 2018 ‘n opleidings dagkamp gehad vir lede sowel as nie-lede net buite Klerksdorp. Opleiding deur bekwame AWB instrukteurs is gegee in Wapen hantering sowel as Selfverdediging en onwapening van aanvallers. Alle offesiere, lede van die AWB sowel as nie-lede en hulle gesinne was genooi. Die doel van hierdie dagkamp was om mense wat wapens het of van voorneme is om wapens aan te skaf, of selfs in ‘n situasie beland waar hulle enige wapen moet hanteer, meer bewus te maak van veilige hantering en taktiek met ‘n handwapen in verskeie situasies. Wapen veiligheid is bespreek sowel as wetgewing ten opsigte van die gebruik van jou eie wapen asook wapens in besit van ander.

Kinders wat oud genoeg was is ook ingeluit in die opleiding om hulle ook attent te maak oor hoe hulle hulself en gesin kan vededig tydens ‘n aanval. Vuurwapen drills is geoefen om mense gewoond te maak aan metode van wapen hantering. Almal, oud en jonk, is ook ‘n geleentheid gegee om ‘n vuurwapen, onder toesig van instrukteurs, af te vuur. Vir sommige mense was dit hulle eerste keer dat hulle ‘n wapen kon hanteer en afvuur. Streng sekuriteit en veiligheid was gehandhaaf tydens die opleiding.

Ons wil alle offesiere wat deel was van die beplanning en uitvoering hartlik bedank. Dank ook aan almal wat die dagkamp bygewoon het. Ons nooi graag enige persone wat toekomstige dagkampe wil bywoon om kontak te maak met julle streek offisiere of die AWB Hoofkantoor. Ons hoop om meer van ons Volk se mense by opleiding sessies te sien. Ons dank ons Hemelse Vader, wat ons die vermoeë gegee het om n volk te kan lei en ‘n voorbeeld te kan wees om ons volk na vryheid te kan lei. Word deel van die AWB sodat jy ‘n positiewe bydrae kan lewer vir jou Volk.