AWB Skiet Dag 10 November 2018
Plek: Derby Skietbaan Noordwes
Tyd: Inskrywings begin om 07h30
Koste: R50 baanfooi per skut
Kom bymekaar 06h00 by Derby Afdraai… vetrek om 06h15
GEEN ONWETTIGHEDE ASSEBLIEF
Onthou eie stoel en Sambreel/Gazebo
AMMUNISIE KAN BESTEL WORD by Brig. Bezuidenhout 084 250 2150
LEKKER POTJIEKOS BESKIKBAAR!
Beskikbaar teen ‘n fooitjie: Koffie, Koeldrank, Water en Lekker Pannekoek
DERBY SKIETBAAN – 10 NOVEMBER 2018
STANDAARDISERING VAN SKIETBYEENKOMSTE: AWB 1. Met die oog op komende skietbyeenkomste, is opdrag gegee dat ‘n standaard prosedure vasgestel word.
2. Die volgende aanbevelings word gedoen: 2.1 GEWEER 2.1.1 Kaliber: 223 en groter. Kleiner kalibers beskik nie die verlangde rykafstande nie. 2.1.2 Afstande: 50m uit die vuis, staande. 100m vanaf skiettafel met geen ondersteuning soos sandsakkies. 150 en 200m, dooierus oor sandsakkies. Vyf (5) skote per afstand. Daar kan van valplate gebruik gemaak word, indien dit beskikbaar is.
2.2 HANDWAPENS (PISTOOL/REWOLWER) 2.2.1 Kaliber: Enige kaliber. 2.2.2 Afstande: 5, 7, 9 en 12 meter. Al genoemde afstande word staande geskiet. Vyf (5) skote per afstand – 60 sekondes (1 minuut.) Indien ‘n lid van ‘n BXP of handkarabyn gebruik maak, kan hy wel die afstande skiet, maar sal telling apart gehou word. Die lede het ‘n voordeel bo die ander skuts, aangesien die wapen oor ‘n opvou kolf beskik en teen die skouer vasgedruk word.
3. ALGEMEEN 3.1 Om onmin te verhoed moet lede poog om met hul eie wapens te skiet en net in spanverband mekaar se wapens te leen. 3.2 Alle skuts is verplig om wapenlisensies te toon en die betrokke baanregister te teken. 3.3 Spanne van vyf (5) lede behoort ingeskryf te word, vir bepaling van beste span. 3.4 Waar gebiede minder as vyf (5) lede het, sal hierdie skuts slegs meeding vir beste skut vir
die onderskeie wapens. 3.5 Pryse moet deur die gebied wat die skietdag aanbied, gereël word. • Beste skut – telling lang geweer. • Beste skut – telling handwapen. • Beste span – telling lang geweer en handwapen. • Beste span – algeheel 3.6 Daar moet gepoog word om dames ook by die skietdae te betrek en ook om vir pryse mee te ding. 4. Skietoefening moet om 09h00 begin. Inskrywings kan reeds vanaf 07h30 geskied. 5. Daar is toiletgeriewe by die skietbaan . 6. Daar is ‘n bestaande afdak. Elkeen – deelnemer asook lede wat nie by die oefening betrokke is nie – bring eie stoel vir gerief. 7. Indien ‘n gebied nie oor genoegsame baanoffsiere beskik nie, moet vroegtydig reëings met ander gebiede getref word. 8. Die plaaslike SA Jagtersvereniging moet ook genader word sodat lede se deelname vir die dag na hul gestuur kan word. 9. Wapens moet te alle tye in skede of geweersak wees.
10. Bril en gehoorbeskerming sal gedra word op die baan. Geen doppies in ore nie slegs oor- mowwe. Indien u nie het nie, sal dit voorsien word.
11. Ouers is verantwoordelik vir hulle kinders en hulle moet ten alle tye onder toesig wees. 12. Terrein moet ten alle tye skoon en netjies gehou word. Na afloop van die verrigtinge, moet alle doppies opgetel en verwyder word. 13. Genoegsame hulp moet vir die dag gereël word sodat dit nie nodig vir skuts is om self hul teikens af te haal nie. 14. Verversings sal te koop aangebied word en u word versoek om die streke te ondersteun.
Brig. Jerry Bezuidenhout Bevelvoerder Noord-Wes Streek (Organiseerder skietdag)