Ons kultuur is die meetsnoer van ons voortbestaan

‘n Volk se getrouheid aan sy kultuur is die meetsnoer van sy voortbestaan.

Ons Volkskultuur het begin by Jan van Riebeek.  Hulle het dinge anders gedoen as in Europa omdat hulle omstandighede anders was.  Die voortrekkers het weer anders gedoen op trekpad as in die Kaap, weer omstandighede. Omstandighede is dus ‘n bepalende faktor by vorming van kultuur VIR DIE GEWONE MAN, maar Volkskultuur word gevorm deur die dinge wat nie deur omstandighede verander kan word nie.  Die goed wat die Volk nie bereid is om verlore te laat gaan nie; die goed wat hom as Volk identifiseer, by voorbeeld:  Christelike waardes en normes.

Ek as individu neem alle besluite met inbegrip van my Christelike waardes en normes.  Dit maak my deel van hierdie Volk.  Doen ek dit nie verwerp hulle my.  So is daar ook ander kulturele vereistes waaraan voldoen moet word om deel van Volk te wees.


Nou hoe is ons in 2018 ?

Dink bietjie hoe moet ons wees.  KOM loop en werk saam met my.  Ons laat ons kultuur herleef en ons bou dit tot hoogtes wat ons nageslag in verwondering sal laat wanneer hulle terugkyk en sien waaruit ons gebou het tot waar hulle dan is.


Ons is n volk wat wondere kan verrig

Ons is n onoorwone volk wat laat slaplê het, maar vir ons wag daar n blink toekoms.  ‘n Mooi toekoms vir ons kinders wanneer ons bou aan Volkskultuur.  Vir elke tree wat ons gee, gee ons SKEPPER ‘n tree saam met ons en dan sal ons sien wie kan ons vertrap!