Geloftefees 2018

Die AWB vier hierdie jaar Geloftedag by Bloedrivier naby Vryheid.  Ons nooi alle lede en ondersteuners na hierdie herdenking van een van ons Volk se belangrikste dae.

180ste Herdenkingsjaar

Hierdie jaar op 16 Desember kom ons Volk ons belofte na soos dit deur Andries pretorius en 464 krygers en Voortrekkers aan Ons Heilige Vader belowe is in die Gelofte by Bloedrivier.

Hieronder is die program vir hierdie jaar se Geloftefees:

 

Die Gelofte

Hier staan ons voor die Heilige God van hemel en aarde om ‘n gelofte aan Hom te doen, dat, as Hy ons sal beskerm en ons vyand in ons hand sal gee, ons die dag en datum elke jaar as ‘n dankdag soos ‘n Sabbat sal deurbring; en dat ons ‘n huis tot Sy eer sal oprig waar dit Hom behaag, en dat ons ook aan ons kinders sal sê dat hulle met ons daarin moet deel tot nagedagtenis ook vir die opkomende geslagte. Want die eer van Sy naam sal verheerlik word deur die roem en die eer van oorwinning aan Hom te gee.