Die AWB nooi u om die Verootmoediging byeenkoms te Paardekraal op 2 Februarie 2019 om 10:30vm vir 11:00vm by te woon. Hierdie is ‘n amptelike openbare AWB byeenkoms en publiek sowel as lede van ander organisasies is welkom. Kom ons gaan op ons knieë en verootmoedig ons voor ons Skepper. Die stryd wat kom kan nie deur die mens alleen aangedurf en oorwin word nie. Maak dit n gebed saak.
Lede van die AWB word versoek om in volle AWB uniform by te woon.
Die program
11 h 00 – Verwelkoming deur Leier
11 h 15 – Praatjie met tema Boerevolk van Bloedrivier tot Paardekraal deur Brig. Piet Breytenbach
11 h 45 – Bene rek
12 h 00 – Verootmoediging – Brig. Piet Breytenbach
12 h 45 – Bene rek
13 h 00 – Staf vergadering
13 h 30 – Hoof Komedante en komedante vergadering vir alle Hoof Kmdt en Kmdt met die oog op die daarstelling van n Kmdt raad.
U HET DIE AWB NODIG
Op 12 April 1877 annekseer Sir Shepstone die ZAR, sonder dat ‘n skoot geskiet is, namens Engeland. Die anneksasie was ‘n direkte gevolg van die ontdekking van goud in die ZAR, goud wat Engeland graag vir haarself wou he. Die gebeure is gevolg deur ‘n periode van lydelike verset deur die burgers van die ZAR en ook is daar verskeie deputasies na Engeland gestuur. Hierdie deputasies en ook verskeie ander onderhandelings met Engeland het misluk en die burgers word opgeroep tot ‘n vergadering te Paardekraal op 8 Desember 1880.
Tydens hierdie vergadering, besluit die sowat 6000 burgers, dat die tyd aangebreek het om iets daadwerkliks te doen. Op ‘n voorstel van Paul Kruger het die burgers ‘n klip stapel gepak op die plek waar die monument vandag staan. Op hierdie stadium is die Paardekraal Gelofte ook afgele.
Hierdie vergadering het die slag van Majuba tot gevolg gehad en die herstel van vryheid van die ZAR op 27 Februarie 1881.
Van 13 tot 16 Desember 1881, hou ‘n dankbare volk ‘n reuse fees op die terrein en ook die eerste staatsfees in 1886 is daar gevier.
In 1889 is die heer JC Human, wat landros in Krugersdorp was, na President Paul Kruger om toestemming te vra om ‘n monument op die terrein te bou. In 1890 besluit die regering om die monument op Paardekraal te bou oor die klipstapel. Die Heer Wierda, was die argitek en die boumeester WY Veitsch het in April 1890 met die bou van die Monument begin en is voltooi in November van 1890.
In Desember 1891 is ‘n huldigingsfees op Paardekraal gehou, waartydens President Paul Kruger die monument onthul het. Dit was ook die eerste volksfees waar die Gelofte van 1838 weer herdenk is.
Tydens die ABO, in opdrag van lord Roberts (gedurende Junie 1901), is die klipstapel onder die monument verwyder en onder die treinbrug by Vereeniging in die Vaalrivier gegooi.
In 1916 is ’n groot volksfees op Paardekraal gehou onder leiding van Generaal Louis Botha. In die jare daarna het die Feeskommissie steeds voortgegaan om jaarliks ’n Geloftefees te reel, alhoewel dit beperk was tot die plaaslike omgewing. In 1946 is weer ’n begin gemaak met vyfjaarlikse feeste, wat goed bygewoon is.
Met die herdenking van die Anglo-Boere Oorlog gedurende Oktober 1999 tot 31 Mei 2002, het die Volkskomitee vir die Herdenking van die Tweede Vryheidsoorlog al die geloftefees-komitees in die land, wat hulle gebonde gevoel het aan die geloftes van 1838 en 1880, genooi om ’n gedenksteen tydens Geloftedag op 16 Desember 2002 aan die Paardekraal Feeskommissie te oorhandig om in ’n gedenkmuur ingebou te word. Die gedenkmuur is die laaste toevoeging tot die monument en is ‘n bewys dat die Volk ook in hierdie tyd, steeds bereid is om sy Geloftes gestand te doen.
In de tegenwoordigheid van den Almachtigen God, de kenner aller harten onder bidden opzien om Zijn genadige hulp en ontferming, zijn wij Burgers van de Zuid-Afrikaansche Republiek, plegtig overeenkomen, om voor ons en onze kinderen een heilige verbond op te rigten, het welk wij met plegtigen eed bezzweren.Ruim veertig jaren is het geleden, dat onze vadere de Kaapkolonie ontvlugt zijn, om een vrij en onafhanklik volk te worden. Deze veertig jaren waren veertig jaren van smart en lijden.Wij hebben Natal. Den Oranje-Vrijstaat en de Zuid-Afrikaansche Republiek gesticht, en driemaal heeft de Engelsche Regering onze vrijheid vertrapt …. En onze vlag, die onze vaderen met hum bloed en tranen gedoopt hebben van den grond neergehaal.Als door een dief in de nacht in onze vrije Republiek weggestolen. Wij kunnen en wij mogen dat nie dragen.God wil, dat de eerbied onze vaderen en de liefde jegen onze kinderen ons voorscrijft, het erfpand der vaderen geschonden aan onze kinderen over te leven.Daarom is het dat wij hier bijeentreden en dat wij elkander de hand geven als mannen, broeders, plegtig beloven, trouw te houden aan ons land en volk en met het oog “Zoo waarlijk helpe ons God Almachtig”.