Die AWB Diamantstreek bied op Saterdag 11 Mei 2019 ‘n Skietdag aan.
Inskrywingsgeld is R50.00 vir handwapen en R50.00 vir jaggeweer.
Die dag begin stiptelik om 09:00.
Slaapplek sal op Holfonteinterrein beskikbaar wees.
Voorsiening word ook gemaak vir kamp en karavaanstaanplek.
Die skiet (Jaggeweer asook handwapen) sal op Ottosdal SAJV se baan plaasvind en in die volgende formaat:
- Jaggeweer – 50m, 100m en 150m – 3 skote op elke afstand.
- .22 – 25m, 50m en 75m – 3 skote op elke afstand.
- Handwapen – 5m, 7m en 12m – 3 skote op elke afstand.
Oor en oogbeskerming is verpligtend.
Sorg moet gedra word dat wapenlisensies op aanvraag getoon kan word.
Diamantgebied gaan ‘n dameskietspan inskryf en daag die ander gebiede uit.
Spanne van 4 lede sal aangeteken word en die wenners sal hierdeur bepaal word.
Diamantstreek gaan verversings die dag daar verkoop.
Die volgende toekennings is beskikbaar.
- Beste skut man/dame –jaggeweer en handwapen
- Beste skut man/dame – jaggeweer
- Beste skut man/dame – handwapen
- Beste span mans/dames.
- Troosprys
Navrae kan gerig word aan Kol. J Breytenbach – 083 284 3587