Krugerdag viering by Paardekraal

“God se Woord is dan ook die rigsnoer in alles. Om dit te kan volg, moet die volk met die Bybel vertroud wees.”
Paul Kruger

Op Saterdag 12 Oktober, twee dae na President Paul Kruger se geboortedatum van 10 Oktober, word die jaarlikse feesvieringe weer aangebied by Paardekraal in Krugersdorp.
Soos gewoonlik sal dit weereens ’n luisterryke geleentheid wees en alle volksgenote word opgeroep om die dag saam te trek by een van ons volk se beroemdste monumente.
Die program is soos hiermee aangedui, waarna almal heerlik saam kuier om die braaivleisvuur:

10H00 – Opening by Paardekraal
10H15 – Vaandel parade
10H30 – Prosessie na standbeeld
11H00 – Historiese oorsig
12H00 – Braai by Paardekraal
Pap, sous en kole sal verskaf word.

Foto – Paardekraal-monument is ‘n monument geleë in Paardekraalstraat in Krugersdorp. Die monument het as ‘n stapel klippe ontstaan, wat gepak is as deel van ‘n versetaksie teen Britse oorheersing. Die monument is in November 1890 voltooi.