DIE KRAG VAN GEBED
Nadat Hy hulle laat weggaan het, het Hy alleen
teen die berg uit gegaan om te gaan bid.
Toe dit donker word, was Hy alleen daar teen die berg.
Matteus 14:23
Matteus 14:23 vertel ons dat Jesus alleen met God wou wees na ‘n skynbaar besonder
uitputtende dag waarin hy gepreek, geleer en siekes gesond gemaak het.
Miskien is ons gebede kragtiger wanneer vemoeidheid ons dwing om die
geveinsdheid van “godsdienstige” taalgebruik af te skud, ten guste van direkte
kommunikasie met die God in wie se hande ons, ons lewe geplaas het.
Praat vanaand eerlik en openhartig met God oor die bekommernisse
in jou lewe, en maak die begeertes van jou hart aan Hom bekend.