Category Archives: AWB

KERSBOODSKAP 2024


Geagte kameraad


Ons staan aan die einde van nog ‘n jaar. In die stadium skuif ons die jaar se swoeg en sweet
eenkant toe om ‘n paar laaste werksopdragte af te handel en te finaliseer.
In hierdie bedrywige tyd gaan ons saam met vriende en familie ons dankbaarheid betoon
deur die samesyn, liefde, lag, vrede en vreugde met hulle te deel.
Baie dankie aan elke lid van die AWB, elke vriend en elke ondersteuner vir ‘n jaar vol
herinneringe waar ons met blymoedigheid die goeie tye kon vier en mekaar kon
onderskraag deur die moeilike tye. Julle onwrikbare ondersteuning en kameradie bepaal
wie ons is. In goeie en slegte tye het die opbouende en blymoedige kultuur van ons lede
ons onderskraag.
Die wens van die AWB aan elkeen is dat hierdie feestyd vir u ‘n perfekte goue oomblik sal
inhou. Mag jou hart en siel glimlag. Mag jou dae gevul word met met verwondering en
dankbaarheid, en jou lewe gevul met genade, liefde en hoop.
Geseënde feesgety en ‘n vreugdevolle 2025 word vir u en u geliefdes toegewens wat net
voorspoed, vreugde en vrede sal bring.
Laat ons die nuwejaar se uitdagings met nuwe moed, geloof en hoop aanpak.
Wees versigtig, wees paraat maar bowenal wees veilig.
Boeregroete
Leier van die AWB, Opperraad en Generale Staf.

8 MEI 2024 RIGTING VIR VANDAG:

NEHEMIA 5-8

Behoort iemand soos ek vir gevaar weg te vlug? Behoort iemand soos ek

in die tempel te skuil om my lewe te red? Nee, ek sal nie ingaan nie!

Nehemia 6:11

Lig uit die Woord

Jy het seker al telkens in jou lewe lus gevoel om tou op te gooi. Die lewe dien jou die een hou na die ander toe en jy voel platgeslaan. Jy streef daarna om soos ‘n goeie Christen te lewe en tog ervaar jy telkens weer terugslae. Dan verswak jou geloof en jy is gereed om boedel oor te gee. Talle Christene het voor jou reeds gely onder soortgelyke ervarings. Daarvan is die Ou Testament vol voorbeelde. Die Nuwe Testament wys ons op die probleme waarmee die dissipels moes worstel. Jesus is self swaar versoek, maar Hy het nie hoop verloor en moedeloos geword nie. Wanneer jy voel dat jy nie verder kan gaan nie, onthou die vaste geloof van ons Meester. Draai na Hom toe om jou te help in jou diepste nood. Hy sal jou in staat stel om deur die krag van die Heilige Gees oorwinnend te lewe.

NEHEMÍA 7

Nehemía stel wagte op in die stad. Geslagslys van die wat saam met Serubbábel uit die gevangenskap gekom het.

1EN toe die muur gebou was, het ek die deure ingesit, en die poortwagters en die sangers en die Leviete is aangestel.

2En ek het my broer Hanáni en Hanánja, die owerste van die vesting, oor Jerusalem aangestel — want hy was ‘n getroue man en godvresend bo baie —

3en ek het vir hulle gesê: Die poorte van Jerusalem mag nie oopgemaak word voordat die son warm is nie; en terwyl hulle nog op wag staan, moet die deure toegesluit word, en julle moet dit dig grendel; en julle moet van die inwoners van Jerusalem wagte uitsit, elkeen op sy pos en elkeen teenoor sy huis.

4En die stad was wyd uitgestrek en groot, maar die mense daarin was min, en die huise was nie opgebou nie.

5Toe het my God in my hart gegee dat ek die edeles en die leiers en die volk bymekaar laat kom het om ‘n geslagslys aan te lê; en ek het die geslagslys gekry van die wat eerste opgetrek het, en daarin geskrywe gevind:

6 Dit is die inwoners van die provinsie wat opgetrek het uit die gevangenskap van die ballinge, wat Nebukadnésar, die koning van Babel, weggevoer het, en teruggekom het na Jerusalem en Juda, elkeen na sy stad;

7wat saam met Serubbábel, Jésua, Nehemía, Asárja, Raämja, Nahamáni, Mórdegai, Bilsan, Mispéret, Bigwai, Nehum, Baäna gekom het; die getal manne van die volk van Israel was:

8die kinders van Parhos, tweeduisend-eenhonderd-twee-en-sewentig;

9die kinders van Sefátja, driehonderd-twee-en-sewentig;

10die kinders van Arag, seshonderd-twee-en-vyftig;

11die kinders van Pahat-Moab, van die kinders van Jésua en Joab, tweeduisend-agthonderd-en- agttien;

12die kinders van Elam, duisend-tweehonderd-vier-en-vyftig;

13kinders van Sattu, agthonderd-vyf-en-veertig;

14die kinders van Sakkai, sewehonderd-en-sestig;

15die kinders van Bínnuï, seshonderd- agt-en-veertig;

16die kinders van Bébai, seshonderd- agt-en-twintig;

17die kinders van Asgad, tweeduisend-driehonderd-twee-en-twintig;

18die kinders van Adoníkam, seshonderd-sewe-en-sestig;

19die kinders van Bigwai, tweeduisend-sewe-en-sestig;

20die kinders van Adin, seshonderd-vyf-en-vyftig;

21die kinders van Ater, van Hiskía, agt-en-negentig;

22die kinders van Hasum, driehonderd-agt-en-twintig;

23die kinders van Bésai, driehonderd-vier-en-twintig;

24die kinders van Harif, honderd-en-twaalf;

25die kinders van Gíbeon, vyf-en-negentig;

26die manne van Betlehem en Netófa, honderd- agt-en-tagtig;

27die manne van Ánatot, honderd-agt-en-twintig;

28die manne van Bet-Asmáwet, twee-en-veertig;

29die manne van Kirjat-Jeárim, Kefíra en Béërot, sewehonderd-drie-en-veertig;

30die manne van Rama en Geba, seshonderd-een-en-twintig;

31die manne van Migmas, honderd-twee-en-twintig;

32die manne van Bet-el en Ai, honderd-drie-en-twintig;

33die manne van die ander Nebo, twee-en-vyftig;

34die kinders van die ander Elam, duisend-tweehonderd-vier-en-vyftig;

35die kinders van Harim, driehonderd-en-twintig;

36die kinders van Jérigo, driehonderd-vyf-en-veertig;

37die kinders van Lod, Hadid en Ono, sewehonderd- een-en-twintig;

38die kinders van Sénaä, drieduisend-negehonderd-en-dertig.

39Die priesters: die kinders van Jedája, van die huis van Jésua, negehonderd-drie-en-sewentig;

40die kinders van Immer, duisend-twee-en-vyftig;

41die kinders van Pasgur, duisend-tweehonderd-sewen-en-veertig;

42die kinders van Harim, duisend-en-sewentien.

43Die Leviete: die kinders van Jésua, van Kádmiël, van die kinders van Hodéwa, vier-en-sewentig.

44Die sangers: die kinders van Asaf, honderd- agt-en-veertig.

45Die poortwagters: die kinders van Sallum, die kinders van Ater, die kinders van Talmon, die kinders van Akkub, die kinders van Hatíta, die kinders van Sobai, honderd-agt-en-dertig.

46Die tempelbediendes: die kinders van Siha, die kinders van Hasúfa, die kinders van Tábbaot;

47die kinders van Keros, die kinders van Sia, die kinders van Padon;

48die kinders van Lebána, die kinders van Hágaba, die kinders van Salmai;

49die kinders van Hanan, die kinders van Giddel, die kinders van Gahar;

50die kinders van Reája, die kinders van Resin, die kinders van Nekóda;

51die kinders van Gassam, die kinders van Ussa, die kinders van Paséag;

52die kinders van Bésai, die kinders van die Meüniete, die kinders van die Nefisiete;

53die kinders van Bakbuk, die kinders van Hakúfa, die kinders van Harhur;

54die kinders van Baslut, die kinders van Mehída, die kinders van Harsa;

55die kinders van Barkos, die kinders van Sísera, die kinders van Temag;

56die kinders van Nesíag, die kinders van Hatífa.

57Die kinders van die dienaars van Salomo: die kinders van Sotai, die kinders van Soféret, die kinders van Perída;

58die kinders van Jáäla, die kinders van Darkon, die kinders van Giddel;

59die kinders van Sefátja, die kinders van Hattil, die kinders van Pogéret-Hassebáim, die kinders van Amon —

60al die tempelbediendes en die kinders van die dienaars van Salomo: driehonderd-twee-en-negentig.

61En dit is hulle wat opgetrek het uit Tel-Melag, Tel-Harsa, Kerub, Addon en Immer, maar wat nie hul familie en hul afkoms kon aanwys, of hulle uit Israel afkomstig was nie —

62die kinders van Delája, die kinders van Tobía, die kinders van Nekóda: seshonderd- twee-en-veertig.

63En van die priesters: die kinders van Habája, die kinders van Hakkos, die kinders van Barsíllai, wat uit die dogters van Barsíllai, die Gileadiet, ‘n vrou geneem het en na hulle naam genoem is.

64Hulle het hul stamboom gesoek onder die wat in die register opgeneem is, maar dit was nie te vinde nie; daarom is hulle onbevoeg verklaar vir die priesterskap.

65En die goewerneur het aan hulle gesê dat hulle nie mag eet van die hoogheilige gawes nie, totdat die priester sou optree met Urim en Tummim.

66Die hele vergadering saam was twee-en-veertigduisend-driehonderd-en-sestig;

67behalwe hulle slawe en hulle slavinne; dié was seweduisend-driehonderd-sewen-en-dertig. En hulle het tweehonderd-vyf-en-veertig sangers en sangeresse gehad.

68Hulle perde was sewehonderd-ses-en-dertig; hulle muile tweehonderd-vyf-en-veertig;

69kamele, vierhonderd-vyf-en-dertig; esels, sesduisend-sewehonderd-en-twintig.

70En ‘n deel van die familiehoofde het bygedra vir die werk; die goewerneur se bydrae tot die fonds was: in goud duisend dragmes, vyftig komme, vyfhonderd-en-dertig priesterrokke.

71En van die familiehoofde het gegee vir die boufonds: in goud twintigduisend dragmes, en in silwer tweeduisend-tweehonderd mines.

72En wat die res van die volk gegee het, was: in goud twintigduisend dragmes, en in silwer tweeduisend mines, en sewen-en-sestig priesterrokke.

73So het dan die priesters en die Leviete en die poortwagters en die sangers en van die volk en die tempelbediendes en die hele Israel in hulle stede gaan woon.

6 Mei 2024 RIGTING VIR VANDAG: NEHEMIA 3-4

ONS HET TOT ONS GOD GEBID. ONS HET DIE STAD DAG EN NAG BEWAAK OM ONSELF TEEN HULLE TE BESKERM. NEHEMIA 4:9

LIG UIT DIE WOORD

Nehemia se biografie dra uitstaande getuienis oor die krag van gebed. Sy gebede kan gevind word in Nehemia. Maar Nehemia het nie net gebid nie; hy het gesorg dat die mense se harte in die werk was om die muur te herstel. Wanneer jy oor jou probleme gebid het, moet jy nie daarop staatmaak dat engele die bouwerk vir jou gaan doen nie. Jy moet die gereedskap opneem en die werk voltooi wat God aan jou opgedra het. Jou hart moet in die werk wees, en jy moenie ophou bid en werk totdat die taak afgehandel is nie.

NEHEMÍA 3

Herbouing van die mure en poorte van Jerusalem.

1EN Éljasib, die hoëpriester, het hom klaargemaak met sy broers, die priesters, en hulle het die Skaapspoort gebou; hulle het dit geheilig en sy deure ingesit; verder tot by die toring Hamméa wat hulle geheilig het, tot by die toring Hanáneël.

2En naas hom het die manne van Jérigo gebou; en daarnaas het Sakkur, die seun van Imri, gebou.

3En die Vispoort het die seuns van Sénaä gebou; hulle het dit met balke uitgelê en sy deure, sy sluitbalke en sy grendels ingesit.

4En naas hulle het Méremot, die seun van Uría, die seun van Hakkos, herstel; en naas hulle het Mesúllam, die seun van Berégja, die seun van Mesesábeël, herstel; en naas hulle het Sadok, die seun van Báäna, herstel.

5En naas hulle het die Tekoïete herstel; maar hulle vername manne het hulle nek nie gebuig onder die diens van hulle Here nie.

6En die Ou Poort het Jójada, die seun van Paséag, en Mesúllam, die seun van Besódja, herstel; hulle het dit met balke uitgelê en sy deure en sy sluitbalke en sy grendels ingesit.

7En naas hulle het Melátja, die Gibeoniet, en Jadon, die Meronotiet, die manne van Gíbeon en Mispa, herstel by die setel van die goewerneur van die gebied wes van die Eufraat.

8Naas hom het Ússiël, die seun van Harhája, van die goudsmede, herstel; en naas hom het Hanánja, ‘n lid van die salfmengers, herstel; en hulle het Jerusalem onaangeroerd gelaat tot by die breë muur.

9En naas hulle het Refája, die seun van Hur, owerste van die halwe distrik Jerusalem, herstel.

10En naas hulle het Jedája, die seun van Harúmaf, herstel — teenoor sy huis; en naas hom het Hattus, die seun van Hasábneja, herstel.

11’n Tweede stuk het Malkía, die seun van Harim, en Hassub, die seun van Pahat-Moab, herstel, ook die Bakoondtoring.

12En naas hom het Sallum, die seun van Hallóhes, owerste van die halwe distrik Jerusalem, herstel, hy met sy dogters.

13Die Dalpoort het Hanun en die inwoners van Sanóag herstel; hulle het dit opgebou en sy deure, sy sluitbalke en sy grendels ingesit, ook duisend el aan die muur tot by die Aspoort.

14En die Aspoort het Malkía, die seun van Regab, owerste van die distrik Bet-Hakkerém, herstel; hy het dit opgebou en sy deure, sy sluitbalke en sy grendels ingesit.

15En die Fonteinpoort het Sallum, die seun van Kol-Hosé, owerste van die distrik Mispa, herstel; hy het dit opgebou en dit oordek, en hy het sy deure, sy sluitbalke en sy grendels ingesit, ook die muur van die dam van die waterleiding by die koning se tuin, en tot by die trappe wat van die Dawidstad afloop.

16Ná hom het Nehemía, die seun van Asbuk, owerste van die halwe distrik Bet-Sur, tot teenoor die Dawidsgrafte herstel en tot by die kunstig aangelegde dam en tot by die huis van die helde.

17Ná hom het die Leviete — Rehum, die seun van Bani, herstel; naas hom het Hasábja, die owerste van die halwe distrik Kehíla, vir sy distrik herstel.

18Ná hom het hulle broers, Bágwai, die seun van Hénadad, die owerste van die ander halwe distrik Kehíla, herstel.

19En naas hom het Eser, die seun van Jésua, die owerste van Mispa, ‘n tweede stuk herstel teenoor die opgang na die wapenhuis, die Winkelhaak.

20Ná hom het Barug, die seun van Sábbai, ‘n tweede stuk ywerig herstel; van die Winkelhaak af tot by die huisdeur van die hoëpriester Éljasib.

21Ná hom het Méremot, die seun van Uría, die seun van Hakkos, ‘n tweede stuk herstel, van die huisdeur van Éljasib af tot by die end van Éljasib se huis.

22En ná hom het die priesters, die manne van die Jordaanstreek, herstel.

23Ná hom het Benjamin en Hassub teenoor hulle huis herstel; ná hom het Asárja, die seun van Maäséja, die seun van Anánja, langs sy huis herstel.

24Ná hom het Bínnuï, die seun van Hénadad, ‘n tweede stuk herstel; van die huis van Asárja af tot by die Winkelhaak en tot by die Hoek.

25Palal, die seun van Úsai, teenoor die Winkelhaak en die boonste toring wat uit die huis van die koning uitsteek, by die voorhof van bewaking; ná hom Pedája, die seun van Parhos.

26En die tempelbediendes het gewoon op die Heuwel tot teenoor die Waterpoort, teen die ooste, en die toring wat uitsteek.

27Ná hom het die Tekoïete ‘n tweede stuk herstel, van teenoor die groot toring af wat uitsteek, tot by die Heuwel-muur.

28Bokant die Perdepoort het die priesters herstel, elkeen teenoor sy huis.

29Daarnaas het Sadok, die seun van Immer, teenoor sy huis herstel; en ná hom het Semája, die seun van Segánja, die bewaker van die Oospoort, herstel.

30Ná hom het Hanánja, die seun van Selémja, en Hanun, die sesde seun van Salaf, ‘n tweede stuk herstel; daarnaas het Mesúllam, die seun van Berégja, teenoor sy kamer herstel.

31Ná hom het Malkía, lid van die goudsmede, herstel tot by die huis van die tempelbediendes en die koopmans, teenoor die Wagpoort en tot by die bo-kamer op die Hoek.

32En tussen die bo-kamer op die Hoek en die Skaapspoort het die goudsmede en die koopmans herstel.

RIGTING VIR VANDAG 29 APRIL 2024

2 KRONIKE 29-32

Op hierdie manier het koning Hiskia oral in Juda gedoen wat goed en reg was vir die Here sy God.

2 Kronieke 31:20

LIG UIT DIE WOORD

God se Woord is nie blind vir die mislukkings van sy kinders nie, maar dit huiwer ook nie om lof toe te swaai vir hulle wat hulle geloof van dag tot dag uitgeleef het nie. Sommige van die konings van 2 Kronieke word in so min as nege verse beskryf (Jotam – 2 Kron 27:1-9) terwyl ander soveel as vier hoofstukke bestaan (Josafat – 2 Kron. 17-20) en Hiskia (2 Kron 29-32). Die rede hiervoor is voor die hand liggend: ongeloof en ongehoorsaamheid aan God maak die verskil. Van die suksesvolle konings was nie een volmaak nie, maar die oorheersende tema in elkeen van hulle se lewe was geloof in God. Om in geloof te wandel is geensins ‘n onmoontlike vereiste nie. Dit kan in God se krag vermag word, soos sommige van hierdie konings dit gedoen het.

II KRONIEKE 30

Hiskía vier op plegtige wyse in Jerusalem die pasga van die Here.

1DAARNA het Jehiskía gestuur na die hele Israel en Juda, en ook briewe geskrywe aan Efraim en Manasse om te kom na die huis van die Here in Jerusalem, om die pasga tot eer van die Here, die God van Israel, te hou.

2En die koning en sy owerstes en die hele vergadering het in Jerusalem besluit om die pasga in die tweede maand te hou,

3want hulle kon dit op sy tyd nie hou nie, omdat die priesters hulle nie voldoende geheilig en die volk in Jerusalem nie saamgekom het nie.

4En die saak was reg in die oë van die koning en in die oë van die hele vergadering.

5En hulle het dit vasgestel om ‘n oproep deur die hele Israel, van Berséba tot Dan, te laat gaan dat hulle moes kom om die pasga tot eer van die Here, die God van Israel, in Jerusalem te hou; want hulle het dit nie as ‘n menigte gehou soos voorgeskrywe was nie.

6 Die hardlopers gaan toe met die briewe uit die hand van die koning en sy owerstes deur die hele Israel en Juda, en volgens die gebod van die koning, om te sê: Kinders van Israel, bekeer julle tot die Here, die God van Abraham, Isak en Israel, dat Hy Hom mag wend tot die vrygeraaktes wat vir julle oorgebly het uit die hand van die konings van Assirië.

7En wees nie soos julle vaders en julle broers wat ontrou teen die Here, die God van hulle vaders, gehandel het nie, sodat Hy hulle ‘n voorwerp van verbasing gemaak het soos julle self sien.

8Verhard nou nie julle nek soos julle vaders nie, gee aan die Here die hand en kom na sy heiligdom wat Hy vir ewig geheilig het, en dien die Here julle God, dat sy toorngloed van julle afgewend kan word.

9Want as julle jul tot die Here bekeer, sal julle broers en julle kinders barmhartigheid vind voor die wat hulle as gevangenes weggevoer het, sodat hulle na hierdie land kan terugkom; want die Here julle God is genadig en barmhartig, en Hy sal die aangesig van julle nie afwend nie as julle jul tot Hom bekeer.

10Maar toe die hardlopers van stad tot stad die land Efraim en Manasse deurgaan tot by Sébulon, het hulle hul uitgelag en met hul gespot.

11Maar manne uit Aser en Manasse en Sébulon het hulle verootmoedig en na Jerusalem gekom.

12Ook was die hand van God in Juda, sodat Hy hulle ‘n eensgesinde hart gegee het om die gebod van die koning en van die owerstes volgens die woord van die Here uit te voer.

13En baie mense het in Jerusalem byeengekom om die fees van die ongesuurde brode in die tweede maand te hou, ‘n baie groot vergadering.

14En hulle het hul gereedgemaak en die altare verwyder wat in Jerusalem was; ook al die wierookaltare het hulle verwyder en in die spruit Kidron gegooi.

15Toe het hulle die pasga geslag op die veertiende van die tweede maand; en die priesters en die Leviete het hulle geskaam en hulle geheilig en die brandoffers in die huis van die Here gebring.

16En hulle het op hul plek gaan staan, ooreenkomstig hulle verordening volgens die wet van Moses, die man van God, onderwyl die priesters besig was om die bloed uit te gooi wat hulle uit die hand van die Leviete geneem het;

17want daar was baie in die vergadering wat hulle nie geheilig het nie, daarom moes die Leviete die paasoffers slag vir elkeen wat nie rein was nie, om hulle aan die Here te heilig.

18Want die meerderheid van die volk, ‘n menigte uit Efraim en Manasse, Íssaskar en Sébulon, het hulle nie gereinig nie, maar die pasga geëet soos dit nie voorgeskrywe was nie. Maar Jehiskía het vir hulle gebid en gesê: Mag die Here wat goed is, versoening doen

19vir elkeen wat sy hart daarop gerig het om God die Here, die God van sy vaders, te soek, al was dit nie volgens die reinheid van die heiligdom nie.

20En die Here het Jehiskía verhoor en die volk genees.

21So het dan die kinders van Israel wat in Jerusalem aanwesig was, die fees van die ongesuurde brode sewe dae lank met groot blydskap gevier, terwyl die Leviete en die priesters die Here dag vir dag geprys het met kragtige instrumente tot eer van die Here.

22En Jehiskía het na die hart van al die Leviete gespreek wat deeglik kennis geopenbaar het in die saak van die Here; en hulle het die feesoffer sewe dae lank geëet, terwyl hulle dankoffers geslag en die Here, die God van hulle vaders, geloof het.

23En toe die hele vergadering besluit om nog sewe dae fees te hou, het hulle dit met blydskap sewe dae lank gevier,

24want Hiskía, die koning van Juda, het aan die vergadering duisend bulle en seweduisend stuks kleinvee afgegee, en die owerstes het aan die vergadering duisend bulle en tienduisend stuks kleinvee afgegee; en die priesters het hulleself in menigte geheilig.

25En die hele vergadering van Juda was bly, ook die priesters en die Leviete, en die hele vergadering van die wat uit Israel gekom het; ook die vreemdelinge wat uit die land van Israel gekom het, en die wat in Juda woonagtig was.

26En daar was groot blydskap in Jerusalem; want sedert die dae van Salomo, die seun van Dawid, die koning van Israel, het so iets in Jerusalem nie voorgekom nie.

27Toe staan die Levitiese priesters op en seën die volk; en hulle stem is verhoor, en hulle gebed het gekom tot in sy heilige woning, tot in die hemel.

26 APRIL 2024 RIGTING VIR VANDAG 2 KRONIEKE 21-25

LIG UIT DIE WOORD

Amasia was 29 jaar lank koning van Israel, maar hy het die Here nie heelhartig gedien nie. Daar is baie redes waarom mense goeie lewens lei. Dit sluit in vrees vir die hiernamaals en om ‘n godsdienstige tradisie voort te sit. Daar is altyd mense wat goed wil wees maar nie te goed nie, want hulle wil nie hê daar moet meer van hulle geëis word as wat hulle gewillig is om te gee nie.

Ware geregtigheid en vroomheid behoort nooit ‘n las te wees nie; dit mag nie verduur maar nie geniet word nie. Die psalmis sê tereg; “Die regverdiges sal bly wees in die HERE en skuiling soek by Hom. Al die opregtes van hart sal Hom prys”‘ (Ps.64:11). As jou lewe oop is vir die invloed van die Heilige Gees en Hy volkome van jou besit neem, sal jy met entoesiasme en blydskap reageer op sy uitnodiging tot ‘n vroom en regverdige lewe. Dien God voluit en ontvang die seën van sy goedkeuring.

II KRONIEKE 21

Die goddelose Joram koning van Juda.

1EN Jósafat het ontslaap met sy vaders en is begrawe by sy vaders in die stad van Dawid; en sy seun Joram het in sy plek koning geword.

2En hy het broers gehad, seuns van Jósafat: Asárja en Jéhiël en Sagaría en Asarjáhu en Mígael en Sefátja; hulle was almal seuns van Jósafat, die koning van Israel.

3En hulle vader het hulle baie geskenke gegee in silwer en goud en in kosbaarhede saam met versterkte stede in Juda; maar die koningskap het hy aan Joram gegee, want hy was die eersgeborene.

4Maar toe Joram die koningskap van sy vader aanvaar het en homself versterk het, het hy al sy broers met die swaard vermoor en ook sommige van die owerstes van Israel.

5 Twee-en-dertig jaar was Joram oud toe hy koning geword het, en hy was agt jaar lank koning in Jerusalem.

6En hy het in die weg van die konings van Israel gewandel soos die huis van Agab gedoen het, want hy het die dogter van Agab as vrou gehad en het gedoen wat verkeerd was in die oë van die Here.

7Maar die Here wou die huis van Dawid nie vernietig nie ter wille van die verbond wat Hy met Dawid gesluit het, en volgens sy belofte om vir hom en sy seuns altyd ‘n lamp te gee.

8In sy dae het die Edomiete van Juda afvallig geword en ‘n koning oor hulle aangestel.

9Daarom het Joram oorgetrek saam met sy owerstes en al sy strydwaens; en toe hy hom in die nag klaargemaak het, het hy die Edomiete verslaan wat rondom hom was, en om die owerstes van die waens.

10So het die Edomiete dan van Juda afvallig geword, tot vandag toe; in dieselfde tyd het Libna afvallig geword onder sy mag uit, want hy het die Here, die God van sy vaders, verlaat.

11Hy het ook hoogtes op die berge van Juda gemaak en die inwoners van Jerusalem laat hoereer en Juda verlei.

12Toe kom daar ‘n brief van die profeet Elía by hom aan om te sê: So spreek die Here, die God van u vader Dawid: Omdat u in die weë van u vader Jósafat en in die weë van Asa, die koning van Juda, nie gewandel het nie,

13maar gewandel het in die weg van die konings van Israel en Juda, en die inwoners van Jerusalem laat hoereer het volgens die hoererye van die huis van Agab, en selfs u broers, die huis van u vader, vermoor het, wat beter was as u —

14kyk, die Here sal ‘n groot plaag stuur onder u volk en onder u seuns en onder u vroue en onder al u goed,

15en u self sal aan baie siektes ly, aan ‘n siekte van u ingewande, totdat u ingewande vanweë die siekte uitkom, jare lank.

16Toe verwek die Here teen Joram die gees van die Filistyne en van die Arabiere wat langsaan die Kusiete is —

17hulle het teen Juda opgetrek en dit verower en al die goed weggevoer wat in die huis van die koning te vinde was, selfs ook sy seuns en sy vroue, sodat daar vir hom geen seun oorgebly het nie, behalwe Jóahas, die jongste van sy seuns.

18En ná dit alles het die Here hom in sy ingewande aangetas met ‘n siekte waar geen genesing voor was nie.

19En ná enige tyd, naamlik teen die einde van die tweede jaar, het sy ingewande by sy siekte uitgekom, sodat hy onder hewige pyne gesterf het; en sy volk het vir hom geen wierookbrand gemaak soos die brand vir sy vaders nie.

20 Hy was twee-en-dertig jaar oud toe hy koning geword het en het agt jaar in Jerusalem geregeer; en hy het heengegaan sonder dat hulle hom terug verlang het; en hy is begrawe in die stad van Dawid, maar nie in die grafte van die konings nie.

GEDAGTE VIR VANDAG 25 APRIL 2024

RIGTING VIR VANDAG 2 KRONIEKE 17:20

“Wat het ek jou gesê?” sê die koning van Israel vir Josafat. “Hy doen dit altyd! Hy voorspel nooit enigiets anders nie as net slegte nuus vir my.”

LIG UIT DIE WOORD

Sommige mense soek net advies wat hulle graag wil hoor; hulle soek in gebed van God net die antwoorde wat hulle veheug. Ons moet die goeie saam met die slegte aanvaar. Dit is noodsaaklik dat jou geloof in God wat vir jou altyd net die beste wil. Wat nou vir jou verborge en onverstaanbaar lyk, sal eindelik blyk God se volmaakte wil vir jou lewe te wees.

Vertrou op Christus en wy jou lewe aan Hom toe; vra Hom om jou probleme oor te neem en daarmee na sy wil te handel. Dan sal jy die lewe draaglik vind en sien hoe God vir jou sorg. Laat jou geloof in jou hart bevestig dat Christus die beste weet, dan sal sy volmaakte plan vir jou toekoms ontvou.

II KRONIEKE 17

Voorspoed en mag van Jósafat.

1EN sy seun Jósafat het in sy plek koning geword en hom versterk teen Israel.

2En hy het ‘n leërmag in al die versterkte stede van Juda geplaas en wagposte in die land Juda opgestel en in die stede van Efraim wat sy vader Asa ingeneem het.

3En die Here was met Jósafat, want hy het in die vroeëre weë van sy vader Dawid gewandel en die Baäls nie gesoek nie,

4maar die God van sy vader gesoek en in sy gebooie gewandel en nie gedoen soos Israel nie.

5Daarom het die Here die koningskap in sy hand bevestig; en die hele Juda het aan Jósafat geskenke gegee, sodat hy rykdom en eer in oorvloed gehad het.

6En sy hart het moedig geword in die weë van die Here, en verder het hy die hoogtes en die heilige boomstamme uit Juda verwyder.

7En in die derde jaar van sy regering het hy sy owerstes Ben-Hail en Obádja en Sagaría en Netáneël en Migája gestuur om in die stede van Juda onderrig te gee;

8en saam met hulle die Leviete Semája en Netánja en Sebádja en Ásahel en Semíramot en Jónatan en Adónia en Tobía en Tob-Adónia, die Leviete; en saam met hulle die priesters Elisáma en Joram.

9En hulle het in Juda onderrig gegee met die wetboek van die Here by hulle, en in al die stede van Juda rondgegaan en onder die volk onderrig gegee.

10En ‘n skrik vir die Here het gekom oor al die koninkryke van die lande wat rondom Juda was, sodat hulle nie teen Jósafat oorlog gevoer het nie.

11En van die Filistyne het vir Jósafat geskenke en ‘n vrag silwer gebring; selfs die Arabiere het vir hom kleinvee gebring: seweduisend-sewehonderd ramme en seweduisend-sewehonderd bokke.

12So het Jósafat dan aldeur groter geword, buitengewoon groot, en in Juda forte en voorraadstede gebou.

13En hy het groot voorrade in die stede van Juda gehad, en krygsmanne, dapper helde, in Jerusalem.

14En dit was hulle getal volgens hulle families: Van Juda was owerstes oor duisend: die owerste Adna en saam met hom driehonderdduisend dapper helde;

15en naas hom was die owerste Jóhanan en saam met hom tweehonderd-en-tagtigduisend;

16en naas hom was Amásia, die seun van Sigri, wat hom gewillig getoon het vir die Here, en saam met hom tweehonderdduisend dapper helde;

17en uit Benjamin was Éljada, ‘n dapper held, en saam met hom tweehonderdduisend, gewapen met boog en skild;

18en naas hom was Jósabad en saam met hom honderd-en-tagtigduisend, vir kommando gewapen.

19Hulle was in die diens van die koning, behalwe die wat die koning in die versterkte stede deur die hele Juda geplaas het.

GEDAGTE VIR VANDAG 24 APRIL 2024

LIG UIT DIE WOORD

ELKE GESLAG IS OP DIE EEN OF ANDER TYD BEKOMMERD OOR DIE TOESTAND VAN DIE WêRELD WAARIN HULLE LEEF. OORLOë WOED, RAMPE TREF MENSE, HONGERSNOOD EN DROOGTE EIS HULLE TOL, PESSIEKTES MAAI MILJOENE MENSE AF. MENSE WONDER DEUR DIE EEUE HEEN WAT HULLE DAARAAN KAN DOEN. DAN IS DAAR HULLE WAT WANHOOP EN WAG VIR DIE ERGSTE OM TE GEBEUR. DIE ONWEERSPREEKBARE WAARHEID IS DAT GOD SY SKEPPING LIEFHET: SY LIEFDE IS INDERDAAD SO GROOT DAT HY SY SEUN GEGEE HET VIR DIE VERLOSSING VAN DIE MENSDOM. DIS DAAROM ONDENKBAAR DAT HY SY SKEPPING IN DIE STEEK SAL LAAT. WANNEER DIE LEWE NIE VOORSPOEDIG VERLOOP NIE EN ALLES IN DUISTERNIS GEHUL IS; WANNEER TELEURSTELLING EN TERUGSLAE JOU TEISTER, MOENIE WANHOOP NIE. KLOU VAS AAN JOU GELOOF IN DIE ALMAGTIGE GOD EN VADER. PLAAS JOU VERTROUE IN SY BELOFTE DAT HY ALTYD BY JOU SAL WEES (HEB.13:5). HY IS IN ALLE OMSTANDIGHEDE IN VOLLE BEHEER VAN ELKE SITUASIE.

II KRONIEKE 16

Asa verbind hom met Aram teen Israel. Sy dood.

1IN die ses-en-dertigste jaar van die regering van Asa het Baésa, die koning van Israel, opgetrek teen Juda en Rama gebou om niemand van Asa, die koning van Juda, te laat uit- of ingaan nie.

2Toe bring Asa silwer en goud uit die skatkamers van die huis van die Here en van die huis van die koning en stuur dit na Bénhadad, die koning van Aram, wat in Damaskus gewoon het, om te sê:

3Daar is ‘n verbond tussen my en u, en tussen my vader en u vader; kyk, ek stuur u silwer en goud; gaan verbreek u verbond met Baésa, die koning van Israel, dat hy kan optrek weg van my af.

4En Bénhadad het geluister na koning Asa en die owerstes van sy leërmagte gestuur teen die stede van Israel, en hulle het Ijon en Dan en Abel-Máim en al die voorraadstede van Náftali verwoes.

5En sodra Baésa dit hoor, het hy opgehou om Rama te bou en sy werk gestaak.

6Toe neem koning Asa die hele Juda, en hulle het die klippe en balke van Rama, waarmee Baésa gebou het, weggedra; en hy het daarmee Geba en Mispa gebou.

7En in dié tyd het die siener Hanáni na Asa, die koning van Juda, gekom en aan hom gesê: Omdat u op die koning van Aram gesteun en nie op die Here u God gesteun het nie, daarom het die leër van die koning van Aram uit u hand vrygeraak.

8Was die Kusiete en die Líbiërs nie ‘n groot leërmag met buitengewoon baie strydwaens en perderuiters nie? En tog het Hy hulle in u hand gegee; omdat u op die Here gesteun het;

9want die Here — sy oë deurloop die hele aarde om diegene kragtig te steun wie se hart onverdeeld op Hom gerig is; hierin het u dwaas gehandel, want van nou af sal daar oorloë teen u wees.

10Maar Asa het hom vererg vir die siener en hom in die gevangenis gesit, want hy was hieroor woedend op hom; ook het Asa in dieselfde tyd sommige uit die volk verdruk.

11En kyk, die geskiedenis van Asa die vroeëre en die latere, dit is beskrywe in die boek van die konings van Juda en Israel.

12En in die negen-en-dertigste jaar van sy regering het Asa gely aan sy voete; sy siekte was baie ernstig; maar selfs in sy siekte het hy die Here nie geraadpleeg nie, maar die geneeshere.

13En Asa het ontslaap met sy vaders en gesterwe in die een-en-veertigste jaar van sy regering.

14En hulle het hom begrawe in sy graf wat hy vir hom in die stad van Dawid gegrawe het, en hom op die bed neergelê wat vol speserye was, en dit van allerhande soorte, volgens die kuns van ‘n salfmenger klaargemaak; en hulle het vir hom ‘n buitengewoon groot wierookbrand aangesteek.

GEDAGTE VIR VANDAG 23 APRIL 2024

II KRONIEKE 10

LIG UIT DIE WOORD

HOEVEEL KWALITEIT VERLOOR ONS NIE IN DIE LEWE DEUR SWAK BESLUITE NIE, DEUR KOSBAARHEDE TE VERRUIL VIR DIT WAT NIE STANDHOU NIE. ONS VERRUIL, PERSOONLIKE INTEGRITEIT VIR TYDELIKE RYKDOM; GOD SE WYSE RAAD VIR SELFSUGTIG BEGEERTES. ONS KAN GOD NIE BEDRIEG NIE, EN TEN SPYTE VAN ALLES WAT HY SIEN, BIED HY ONS NOG GENADE AAN. HET JY DALK DIE BESTE IN DIE LEWE VERRUIL VIR DIE NAASBESTE? NEEM VANDAG NOG DIE REGTE BESLUITE EN PLAAS AL JOU VERTROUE OP GOD.

Skeuring van die ryk: Rehábeam koning van Juda, Jeróbeam koning van Israel.

1EN Rehábeam het na Sigem gegaan, want die hele Israel het na Sigem gekom om hom koning te maak.

2En net toe Jeróbeam, die seun van Nebat, dit hoor — hy was in Egipte waarheen hy vir koning Salomo weggevlug het — het Jeróbeam uit Egipte teruggekom.

3En hulle het gestuur en hom laat roep. Toe kom Jeróbeam met die hele Israel, en hulle het Rehábeam toegespreek en gesê:

4U vader het ons juk hard gemaak; maak u dan nou die harde diens van u vader en sy swaar juk wat hy ons opgelê het, ligter; dan sal ons u dien.

5En hy sê vir hulle: Kom oor drie dae na my terug. En die volk het gegaan.

6Daarop hou koning Rehábeam raad met die oudstes wat voor sy vader Salomo gedurende sy lewe gestaan het, en hy vra: Wat raai u aan om hierdie volk te antwoord?

7En hulle het met hom gespreek en gesê: As u vir hierdie volk goed is en hulle behaag en hulle met vriendelike woorde toespreek, sal hulle altyd u dienaars wees.

8Maar hy het die raad van die oudstes wat hulle hom gegee het, in die wind geslaan en raad gehou met die jongmanne wat saam met hom grootgeword en in sy diens gestaan het.

9En hy vra hulle: Wat raai julle aan dat ons hierdie volk sal antwoord wat my toegespreek en gesê het: Maak die juk wat u vader ons opgelê het, ligter?

10En die jongmanne wat saam met hom grootgeword het, antwoord hom en sê: Só moet u die volk antwoord wat met u gespreek en gesê het: U vader het ons juk swaar gemaak, maar maak u dit ligter oor ons — só moet u hulle antwoord: My pinkie is dikker as my vader se lendene.

11Het my vader dan nou ‘n swaar juk op julle gelaai — ék sal by julle juk nog byvoeg; het my vader julle met die sweep getugtig — ék sal julle met gésels tugtig.

12Toe Jeróbeam en die hele volk dan op die derde dag by Rehábeam kom soos die koning gespreek en gesê het: Kom na my terug op die derde dag —

13het die koning hulle ‘n harde antwoord gegee; koning Rehábeam het die raad van die oudstes in die wind geslaan

14en met hulle gespreek volgens die raad van die jongmanne en gesê: Het my vader julle juk swaar gemaak — ék sal daar nog byvoeg; het my vader julle met die sweep getugtig — ék sal julle met gésels tugtig.

15So het die koning dan nie na die volk geluister nie, want dit was ‘n beskikking van God, sodat die Here sy woord sou vervul wat Hy gespreek het deur die diens van Ahía, die Siloniet, tot Jeróbeam, die seun van Nebat.

16Toe die hele Israel sien dat die koning nie na hulle luister nie, het die volk die koning geantwoord en gesê: Watter aandeel het ons aan Dawid? En daar is geen erfdeel aan die seun van Ísai nie! Elkeen na sy tente toe, Israel! Sorg vir jou eie huis, Dawid! Daarop het die hele Israel na sy tente gegaan.

17Maar oor die kinders van Israel wat in die stede van Juda gewoon het, oor hulle was Rehábeam koning.

18Toe stuur koning Rehábeam Hadóram wat oor die dwangarbeid was, maar die kinders van Israel het hom gestenig, sodat hy gesterf het, en koning Rehábeam het hom geweer om op ‘n wa te klim, om na Jerusalem te vlug.

19So het die Israeliete dan afvallig geword van die huis van Dawid tot vandag toe.

GEDAGTE VIR DIE DAG 22 APRIL 2024

PSALMS 147

‘n LOF PSALM

NUWE HOOP

1LOOF die Here, want dit is goed om onse God te besing, ja lieflik; ‘n loflied is gepas!

2 Die Here bou Jerusalem op; Hy versamel van Israel die wat verdryf is.

3Hy genees die wat gebroke is van hart, en Hy verbind hulle wonde.

4 Hy bepaal die getal van die sterre; Hy gee hulle almal name.

5Onse Here is groot en ryk aan krag; sy verstand is oneindig.

6 Die Here rig die ootmoediges weer op; die goddelose mense verneder Hy tot die grond toe.

7Sing ‘n danklied tot eer van die Here, psalmsing tot eer van onse God met die siter;

8wat die hemel met wolke oordek, wat vir die aarde reën berei, wat op die berge gras laat uitspruit,

9wat aan die vee hulle voedsel gee, aan die jong rawe as hulle roep.

10Hy het geen welbehae in die krag van die perd, geen welgevalle in die bene van die man nie.

11Die Here het ‘n welgevalle in die wat Hom vrees, wat op sy goedertierenheid hoop.

12 o Jerusalem, prys die Here! o Sion, loof jou God!

13Want Hy het die grendels van jou poorte sterk gemaak; Hy het jou kinders binne-in jou geseën.

14Hy wat aan jou grondgebied vrede verskaf, wat jou versadig met die beste van die koring,

15wat sy bevel na die aarde stuur — sy woord loop baie vinnig.

16Hy gee sneeu soos wol; Hy strooi ryp soos as.

17Hy werp sy ys heen soos stukke — wie kan bestaan voor sy koue?

18Hy stuur sy woord en laat hulle smelt; Hy laat sy wind waai — die waters loop.

19Hy maak aan Jakob sy woorde bekend, aan Israel sy insettinge en sy verordeninge.

20So het Hy aan geen enkele nasie gedoen nie; en sy verordeninge, dié ken hulle nie. Halleluja!

GEDAGTE VIR VANDAG 19 APRIL 2024

OPENBARING 9

Die vyfde basuin of die eerste wee.

1EN toe die vyfde engel blaas, sien ek ‘n ster wat uit die hemel op die aarde geval het, en aan hom is die sleutel van die put van die afgrond gegee.

2En hy het die put van die afgrond oopgemaak, en daar het rook opgekom uit die put soos rook van ‘n groot oond, en die son en die lug is deur die rook van die put verduister.

3En uit die rook het daar sprinkane uitgekom op die aarde, en aan hulle is mag gegee soos die skerpioene van die aarde mag het.

4En aan hulle is gesê dat hulle nie die gras van die aarde of enige groenigheid of enige boom moet beskadig nie, maar net alleen die mense wat die seël van God nie op hulle voorhoofde het nie.

5En dit is aan hulle gegee, nie om hulle dood te maak nie, maar dat hulle vyf maande lank gepynig sou word; en hulle pyniging was soos die pyniging van ‘n skerpioen wanneer hy ‘n mens steek.

6En in dié dae sal die mense die dood soek en dit nie vind nie; en hulle sal verlang om te sterwe, en die dood sal vir hulle wegvlug.

7En die voorkoms van die sprinkane was soos dié van perde wat vir die oorlog toegerus is, en op hulle koppe was iets soos krone wat net soos goud gelyk het, en hulle gesigte was soos die gesigte van mense.

8En hulle het hare gehad soos vrouehare, en hulle tande was soos dié van leeus.

9En hulle het borsharnasse gehad soos van yster, en die gedruis van hulle vlerke was soos die gedruis van baie strydwaens met perde wat opruk na die oorlog.

10En hulle het sterte gehad soos dié van skerpioene, en daar was angels in hulle sterte, en hulle mag was om die mense vyf maande lank skade aan te doen.

11En hulle het as koning oor hulle die engel van die afgrond; sy naam in Hebreeus is Abáddon, en in Grieks het hy die naam van Apóllion.

12 Die een wee het verbygegaan; hierna kom daar nog twee weë.

Die sesde basuin of die tweede wee.

13EN die sesde engel het geblaas, en ek het ‘n stem gehoor uit die vier horings van die goue altaar wat voor God is,

14en dié het aan die sesde engel met die basuin gesê: Maak die vier engele los wat gebind is by die groot rivier, die Eufraat.

15Toe is die vier engele losgemaak wat gereed gehou was vir die uur en dag en maand en jaar, om ‘n derde van die mense dood te maak.

16En die getal van die leërs van perderuiters was twee maal tienduisend maal tienduisend; en ek het hulle getal gehoor.

17En só het ek in hierdie gesig die perde gesien en die wat op hulle sit, met vuurrooi en blou en swawelgeel borsharnasse. En die koppe van die perde was soos leeukoppe, en uit hulle bekke het vuur en rook en swawel uitgegaan.

18Deur hierdie drie plae is ‘n derde van die mense gedood, deur die vuur en deur die rook en deur die swawel wat uit hulle bekke uitgegaan het;

19want hulle mag is in hulle bek en in hulle sterte; want hulle sterte is soos slange en het koppe, en daarmee rig hulle skade aan.

20En die orige mense wat deur hierdie plae nie gedood is nie, het hulle nie bekeer van die werke van hul hande, om die duiwels te aanbid, of die afgode van goud en silwer en koper en klip en hout wat nie kan sien of hoor of loop nie.

21En hulle het hul nie bekeer van hul moorde en hul towerye en hul hoerery en hul diefstalle nie.