Category Archives: Sweepslag

AWB OPLEIDING AKADEMIE

 

AWB OPLEIDING AKADEMIE

INLEIDING:

Die ontwikkeling van ʼn opleidingskursus is ʼn baie ingewikkelde storie. Baie navorsing word gedoen om net die beste oor te dra aan ons  studente. Daar moet een ding nie uit die oog verloor word nie; en dit is dat daar ʼn groot verskil is tussen werklike-lewe-opleiding en die speel van ʼn speletjie. Opleiding in die AWB gaan beslis nie ʼn speletjie wees nie en die wat so gedink het, het ʼn baie groot fout begaan. Nie elkeen van ons gaan altyd verstaan waaroor die opleiding  gaan nie, of dalk die “skills” hê vir ʼn spesifieke opleiding nie, maar glo my daar is plek vir elkeen van julle in hierdie organisasie. Deelnemers aan die AWB opleiding praat dieselfde taal, kom van dieselfde kultuur en ons gaan mekaar ook respekteer deur dik en dun.

Onthou net een ding, gedurende ʼn “ GAME”  speletjie het jy net ʼn sekere tyd om dit te voltooi, en so is dit ook tydens opleiding. Indien jy nie in tyd gaan klaar maak nie is dit“ GAME OVER” en glo my nie een van ons wil dit mis nie.

Inteendeel ek of enige van die instrukteurs kan jou nie iets leer indien jyself nie ʼn wil het nie. Elke opleidingsmateriaal staan alleen. Geen opleidingsvakke sal mekaar oorvleuel nie. Die opleiding is eenvoudig binne sy formaat.

Spanwerk is ook van kardinale belang gedurende opleidingsessies. Hier word jy getoets in groepsverband sowel as individueel. Ons gaan jou ook toets van hoe jy druk kan hanteer.

Die groot rede vir opleiding is ook, dat julle  die Leiers van  môre gaan wees. Julle is die ambasadeurs van die Boervolk en die AWB!

Visie

Die doel van die Akademie is om ʼn gesamentlike gekoördinerende opleidingsentrum vir die totale AWB opleiding strategie daar te stel binne die raamwerk van ʼn reeds gevestigde maatskappy,  naamlik die “AKADEMIE”.  Met hierdie doel voor oë kan daar dan met vertroue ʼn behoefte bepaling gedoen word watter streke aktief is in die opleiding van hul offisiere en lede en daar volgens ook dan ʼn inkomste te genereer aan lede wat werkloos is. Hierdeur bemagtig ons onsself as diensverskaffer binne ʼn goed georganiseerde model.

Missie

  • Daar kan bepaal word wat die opleidingsvlakke van die lede en offisiere is.
  • Daar kan bepaal word wat die gehalte van die opleiding is wat deur die instrukteurs aangebied word.
  • Die aktiwiteitsvlak van elke streek kan gekoördineerd en ge-evalueer word.
  • Die fondse, hetsy dit van die lede, kontrakte of AWB afkomstig is, kan in berekening gebring word en verreken word. Volledige state sal beskikbaar wees vir insae.
  • Kontrakte wat deur moedermaatskappy verkry word, sal subkontrakteur word aan “WŰLFF RSS” wat dan ook verantwoordelik sal wees vir terugvoering aan moedermaatskappy.
  • Behoefte bepaling onder lede kan nou op streeksvlak gedoen word en deurgegee word aan Opleiding Akademie bestuur sodat werksplasings gereël kan word.
  • Verskeie opleidingsvlakke kan nou aangespreek word na aanleiding van kontrak behoeftes bv. CPU, wagdienste, alarms en noodoproepe.

Doelstellings

  • OPDRAG
  • RIGLYNE VIR BEPLANNING
  • MOBIELE DENKE

Wat is ons doelstellings?

  • Wat wil ons hê?
  • Hoe gaan ons dit bereik?
  • Wat is ons doelwit omskrywing?
  • Gaan ons projek volhoubaar wees?
  • Gaan die opleiding realisties wees?
  • Wat is ons vermoeëns?
  • Magspeil
  • Wat het ons in plek?

Bedreiging

  • ʼn Negatiewe houding;
  • botsende opvattings en waardes;
  • verskille in verwysingsraamwerke wat nie wedersyds erken word nie;
  • blatante manipulasie van persone en situasies;
  • gebrek aan dissipline en motifering;
  • onvermoë om aan die verwagtinge te voldoen;
  • ongeduldige houding;
  • verwerping of ignorering van sienswyse;
  • verwaandheid of ʼn gevoel van minder- of meerderwaardigheid.

Wat is die einddoel van die Akademie?

  • om as organisasie volhoubaar te wees ten tye van nood onder sy lede;
  • om as organisasie sy lede in so ʼn mate op te lei sodat hy as lid homself kan verdedig tydens enige mate van anargie;
  • om as organisasie sy lede te bemagtig in die besit, asook hantering van enige vuurwapens;
  • om as organisasie sy lede wat behoeftig is weer ʼn tweede kans te gee;
  • om as organisaie finansieël volhoubaar te wees;

Nood Kommunikasie Kamer

Hier speel die Opleiding Akademie ook ʼn baie belangrike rol in opleiding van lede vir die opstel van ʼn Nood Kommunikasie Kamer. Lede word touwys gemaak van die werking van radio sisteme asook hoe daar gekommunikeer moet word tydens enige operasie.

Die Wesrand AWB by Majuba 2018

Die Wesrand AWB by Majuba

 

Die slag van Majuba is vanuit n militere oogpunt belangrik vandag net soveel soos dit was 137 jaar gelede maar die groot waarde van die slag le in wat dit vir ons as n volk vandag verteenwoordig. Dit is n deel van ons geskiedenis maar meer as dit, dit is n toonbeeld van ons strewe na vryheid en vrede. Gelee net oor die grens van die ou Transvaal le die berg, sigbaar aan die Natal kant en is dit n toonbeeld van wat vermag kan word as ons as n volk saam kan staan.

Die Wesrand AWB het reeds maande voor die tyd beplan vir die besoek en betaal en het n groot staan plek gekry. Dit was n goeie ding want met aankoms Vryday 23 Fberuarie 2018 was dit n mier nes van aktiewitiet, met volksgenote van reg oor die land. Volksgenote van heinde en vere.

Die naweek het begin met die gebruiklike braai en die kinders wat die berg bestyg het met fakels:

Die mooi van die aand was die feit dat die kinders van reg oor die land, as die toekoms van ons volk, saam die berg uit geklim het en soos kinders van ouds met fakels die nag lig verhelder het soos net n kind kan met die klank van avontuur op hulle stemme.

Die Saterdag, was die groot dag, met vertonings en opwinding. Met die skiet van Grietjie (die ou kamnon) tot die ruiters en die baie kulturele voorstellings wat mens laat snak na heinwee en trots op tradiese en herkoms.

Die atmosfeer was groot en die verwagting nog groter en ons was nie terleurgesteld nie. Met die vlag huising deur CVO skole en n dril span van Bastion akademie is die verigtinge begin. Dit laat mens trug dink aan skool vlag huisings van ouds. Almal saam soos een man, en een volk. Die manne wat diens gedoen het en krygers wat in die toekoms hulle pa’s sal bystaan het almal van reg oor die land is gevra on aan getree in gelid en dit was n gesig om te beleef:

Daarna was die gebruiklike bestryging van die berg, en die Wesrand het dit as een man in uniform gedoen. Trots om saam as, oud en jonk, die AWB Wesrand se naam hoog te hou:

Die hele naweek was n belwewnis en mens besef die stryd wat dit moet gewees het vir die krygers van die dag. Die klim en klouter en sweet van die proses dring deur. Wat hulle als moes deur maak om aan ons n toekoms en n herkoms kaans te kon bied begin in sink. Die bloed en sweet waarmee ons land uit die hand van die kaakies trug gevat is en hoe ons as n volk ontwikkel het word wakker binne mens.

Die trots van ons herkoms en die gedeelde strewe van alle volksgenote was waaroor die naweek gegaan het. Die besef dat ons toekoms vir ons le soos die berg en die pad na daai vryheid toe is – bo op die berg. Met moeite en deur saam te werk kom jy daar maar nie sonder stywe bene en n seer lyf nie.

Oor die loop van die naweek was daar geleentheid om met ander volkgenote te kom kuier en praat en nerens te hoef skuldig voel deur aantygings van die regeering van die dag want – dis ons land, dis ons taal, dis ons herkoms en dis ons toekoms. Ons is een – is die kreet waarmee die naweek op gesom kan word. Die terein self het baie gebied en die geskiedenis is baie sorgvuldig by mekaar gebring:

Die naweek was af gelsuit deur die gebruiklike sondag erediens en daar was aan ons as volk voorgehou Jesaja 7. Dit was die gepaste afsluiting van n wonderlike naweek propvol avontuur en leer. N naweek vol verwagting wat vervul is, deur kultuur en trots om AWB en Boer te wees. Trots op ons herkoms en trots op wie en wat ons is. Hoop vir die toekoms met die berg, wat sondag ogend swaar wolke op gehad het, is n simbool van hoe en waar ons as n volk kan saam staan, en bou aan n toekoms. Waar oud en jonk saam kan kyk na wat was en wat weer sal wees. Die Vierkleur sal weer wapper en ons volk vry wees.

Lank leef die boervolk en lank leef die AWB!

KERSBOOM 2017 – Welkom AWB

Dit is hierdie jaar die 7de Kersboom vir minderbevooregte kinders en die 3de jaar wat die Welkom AWB die projek vir ons arm kinders hou in Welkom.
Die AWB in Welkom het hierdie jaar ommenby 70 kinders gehelp. Hoewel meeste bydraes van ons eie lede af kom, word sekere besighede ook betrek as borge by die geleentheid.
Hierdie jaar het ons reën gehad tydens die funksie en moes ons vir die kinders binnenshuis geskenke uit deel. Die reën het glad nie die pret en gees gedemp nie. Die geskenkboks bestaan gewoonlik uit ‘n stel klere, skoolgoedjies indien ‘n kind op skool is, ‘n speelding, seep, waslap, tandeborsel en tandepasta. Mense kan da nook aanvul by hierdie boks soos hulle voel huklle wil bydra. Ons gee ook vir die ouers ‘n bord kos en die kinders kry als wat hulle kan eet.
Hirdie jaar het ons egter ‘n trappie verder gegaan en vir ons eie lede se kinders ook bederf en die aand vir hul ook hul eie kersboom gegee. Onder ons eie lede is daar ook baie wat werklik behoeftig is. Daar was 30 kinders van ons lede. Ons lede se kinders het dieselfde gekry as die ander kinders op die oggend.
Ons streef daarna om 2018 net meer te kan doen vir ons behoeftige kinders en lede van die AWB.
Ons bedank ook Vldt Bonita en Vldt Herman Victor al hulle hulp met die lede se kersboom.

 

 

Dopamien Verslawing

’n Tyd gelede skrik ek wakker met die vraag:  Hoekom moet skoolgeld betaal word vir die implementering van “IT”?  Ek is op die Beheerraad van ’n Hoërskool hier op ons dorp en  “IT”  is my portefeulje. Ons het ons beywer om te kyk wat die beste manier is sal wees om tegnologie in te span in die leerproses.

Ek en ’n vriend het besluit om ’n kongres aan te bied en kundiges gekry om met die onderwysers te kom gesels oor “IT” in die onderwys. Dit was ’n baie suksesvolle kongres wat in die Lord Charles hotel gehou is. Die Minister van Opvoeding van die Wes-Kaap, senior amptenare van die WKOD en  van die Universiteit van Stellenbosch, het insette gelewer oor die onderwerp.

Ek het sterk gevoel dat daar ook iets gesê word oor die invloed wat “IT” op die leerling kan hê.  In my voorbereiding kry ek te doen met die werk van Brad Huddleston, skrywer van die boek: Digitale Cocaine. Hy sê onder andere dat 2 uur se intense gaming gelykstaande is aan een strepie kokaïen snuif.

Hy verduidelik dat die gevoel van genot wat ’n mens kry van gaming of enige ander aangename aktiwiteit afkomstig is van dopamien wat deur ’n hormoon in die mens se brein afgeskei word. Die kyk van pornografie, dwelmmisbruik en omtrent alle ander afhanklikhede, skei dopamien in ’n mens se brein af en gee dan die “lekker gevoel.”

Die probleem is dat die brein die mens beskerm teen té veel dopamien en dan rig hy ’n versperring op. Om volgende keer weer dieselfde gevoel van genot te kry, moet daar nou méér van die pornografie gekyk word, méér dwelms gebruik word of méér gedoen word van wat ook al die dopamien aktiveer.

Dit is dalk nou ’n baie teoretiese of biologiese verduideliking van afhanklikheid, maar dit is presies wat die oorsaak is waarom mense genot op verkeerde plekke soek. Ons brein beskerm ons, maar omdat ons nie wil luister nie, doen die mens net nog meer en in die proses verval hy of sy in afhanklikheid.

En dit is presies wat Paulus voorspel:… En dan is daar mense wat nooit genoeg kan kry nie. Hoe meer hulle het, hoe meer wil hulle hê.  Asof dit hulle god is, wy hulle al hulle tyd en energie daaraan om net al hoe meer in die hande te probeer kry.

Partykeer kan ons tog so dom wees. Dit laat dink my aan die liedjie van Johnny Lee wat sing: I was looking for love at all the wrong places, looking for love in too many places… Ons soek vir liefde of vreugde of erkenning of wat ook al op verkeerde plekke en dan verstaan ons op die ou end nie hoekom alles uitmekaar val nie.

As ons ons lewe met verkeerde dinge vol maak, of dit nou seks of pornografie of geld of mag is, is daar nie plek vir God nie.  Sonder dat ons dit besef, neem die dinge ons lewe oor en God word uitgeskuif. Die vreemdste van alles is dat mense dan op die ou end na God roep en nie kan verstaan hoekom God nie daar is nie.

Hier is ’n groot waarskuwing: Bly weg van die dinge waar God nie is nie. Dit is ’n pad van selfverwoesting. En nee, dis nie altyd die erge dinge nie. Kyk maar net na die gewone dinge wat God na die uithoeke van jou lewe druk  Raak ontslae daarvan.  Maak tyd en ruimte vir God. Dan sal dit goed gaan met jou, al die dae van jou lewe.

Teks:  Kolossense 3:5-6

Om oor na te dink:  Wat neem God se ruimte in jou lewe?  Hoe moet jy dit uitkry?  Is daar iemand wat jy moet help?

Gebed:  Vader, die vyand gebruik subtiele maniere om ons van U te vervreem. Maak ons asseblief bewus van die gevare van enige iets wat ons tyd en aandag van U wegneem. Amen.

Shalom
Gerjo Ben

Makapan Leef Weer

Geskryf deur oom Buks Barnard.

 

Op 25 Oktober 1854 het die beleg van Makapansgrot naby die teenswoordige Potgietersrus begin. Hierdie strafekspedisie teen Makapan het gespruit uit ‘n aantal grumoorde op Boeremense in September 1845.

 

Langs die destydse trekpad na Soutpansberg het daar twee stamhoofde gewoon – Makapan en Mapela. Net soos sy geestelike nakomelinge en bewonderaars langs die N1 honderd-ses-en-vyftig jaar later, het Makapan homself verryk deur tolgeld van reisigers te ontfutsel. Die reisigers op pad na die noorde moes met gewere en kruit betaal, en dié na die suide met ivoor en velle.

 

In die winter van 1854 kon Makapan en Mapela se jagters nie genoeg olifante na hulle smaak doodmaak nie. Hulle toordokter het gesê hy het die organe van ‘n dapper man nodig om medisyne vir die jagters te maak.

 

Mapela het die bobaas jagter, Hermanus Potgieter, genooi om te kom olifante jag. Sy trawante het Potgieter se trek op slinkse wyse oorval en uitgemoor. Hermanus Potgieter self is lewend afgeslag. Die toordokter het van sy hart en niere medisyne gemaak.

 

Hierdie was ‘n algemene gebruik onder barbare. Die Basoetoes het ook die dapper Louw Wepener se hart opgeëet nadat hy gesneuwel het. Vandag nog hoor ‘n mens dikwels van moetiemoorde.

 

Makapan was beïndruk met Mapela se moorddadigheid en wou hom oortref. Daarom het sy bende die niksvermoedende Markus Venter, wat wou kom tol betaal, en sy seun vermoor.

 

Dit het hulle moordlus aangewakker sodat hulle ‘n trekgeselskap by Moorddrif uitgemoor het. Die ses kinders se koppies is teen twee groot kameeldoringbome papgeslaan.

 

Hierdie barbaarsheid het ‘n strafekspedisie teen Mapela en Makapan ontlok. Die twee moordenaars en hulle bendes het met vee en graan in die grotte by Makapansgat ingevlug en die kommando het hulle beleër. Die beleg het van 25 Oktober tot 21 November 1854 geduur.

 

Op 6 November 1854 het ‘n koeël uit die grot kommandant-generaal Piet Potgieter getref en hy het dood van die krans af voor die grot geval. Die jong veldkornet, Paul Kruger, het sy leier se lyk onder hewige geweervuur vanuit die grot gaan haal sodat die barbare dit nie ook kon vermink en misbruik nie.

 

Vandag is daar weer ‘n tolpad waar Makapan reisigers met sy tolheffings uitgebuit het.

 

Vandag word onskuldige en niksvermoedende blankes weer gereeld oorval, gemartel, vermink en vermoor.

 

Vandag het ‘n regering wat met wrede maniere van terrorisme en halssnoermoorde aan bewind gekom het, Potgietersrus se naam na Mokopane verander om die barbaarse moordenaar, Makapan, te vereer.

Dit is reg dat die owerheid met dié naamsverandering wys waar sy bewondering lê, sodat elkeen kan weet watter strewes hy koester. Elke keer as ons die naam, Mokopane, hoor, moet ons onthou van die barbaarse wreedheid om kindertjies se koppe teen boomstamme stukkend te slaan. Elke keer as ons die naam, Mokopane, hoor, moet ons opnuut besef vir watter barbaarsheid die nuwe naamgewers bewondering het.

 

En elke mens wat homself beskaafd noem, moet weet dat hy elke keer wanneer hyself na Potgietersrus as Mokopane verwys, eer betoon aan ‘n uitbuiter, ‘n misdadiger, ‘n moordenaar en ‘n onmens.

 

Gaan jý Makapan vereer en laat voortleef?

 

SKOP VAS TEEN ONTEIENING

G’n onteiening  sonder betaling!

As die Regering dit goed dink om my grond of enige eiendom of bate te onteien (met of sonder vergoeding ) omdat ek ‘n “begunstigde van apartheid” is, dan moet hy alle belastings wat op hierdie grond betaal was – grondbelasting sowel as die inkomste belasting en BTW  (voorheen algemene verkoopsbelasting) aan my terugbetaal.

Volgens die Regering se eie mening en redenasie was hy dan ook ‘n begunstigde van apartheid deur hierdie belasting te aanvaar en te gebruik.

Die Regering tref geen onderskeid tussen die vorige eienaars  (wat  al lankal oorlede is) en vandag se eienaars van die grond nie en aanvaar net dat ons een en dieselfde persoon  is.  Ek aanvaar dus ook dat ‘n regering, ‘n regering is en tref geen onderskeid tussen hulle nie.  Daarom soek ek terugbetaling van al die belastings wat deur myself en die vorige eienaars van die grond betaal is.

Die hele probleem met die “grondkwessie” is dat mense in die eerste plek die propaganda  begin aanvaar dat ‘n regering die reg het om private grond  te onteien.  Stadig maar seker het hy miljoene mense se denke beinvloed en verander sodat die kwessie van onteiening nie meer  reg of verkeerd  is nie, maar hoe dit gedoen gaan word.   Stadig maar seker  is wette sonder te veel teenkanting aanvaar.  Nou bevind ‘n mens jou in die posisie om te moet onderhandel oor hoe goedkoop jy jou goed gaan weggee.

Ja, dit is maklik om te sê daardie tyd is lankal verby en ons moet konsentreer op die probleem  wat voor ons lê.  Ek  is egter van mening ons moet ‘n bietjie gaan stil sit en dink hoe ons hier gekom het,  voor  ons enige verdere skuiwe maak.  Ons moet besef hoe hierdie proses verloop het om seker te maak dat ons nie weer in ‘n rigting geskuif word sonder dat ons dit weet en eers later besef hoe vêr ons geskuif is nie.  Dit is deur net te aanvaar wat voor ons gesit word,  dat ons nou in hierdie huidige situasie beland het.

Ek vra myself nou en dan die  vraag af hoe swak ‘n mens is as hy nie teen ‘n swak regering kan of wil opstaan nie?  Daar is nog baie wat   aan die saak gedoen kan word as jy net bietjie dink.  Moet nooit die propaganda glo wat sê jy is magteloos nie.  Onthou altyd, dit is jou grond, jou belastinggeld, jou kos wat jy aan  die mark verkoop en jou kennis wat produksie moontlik maak.

Elke mens moet begin om persoonlik verantwoordelikhede te aanvaar.  Die dae  van stil sit en wag  vir iemand anders om iets te doen,  is lankal en vir altyd verby.  Ons moet eerder onsself afvra wat ons omtrent hierdie saak gaan doen.  Niemand anders is vir jou toekoms verantwoordelik nie.  Jy moet self besluit:  wil ek swem of wil ek versuip?   Jy is nie magteloos nie, inteendeel.

Die vraag is nou :  Hoe gaan jy jou kaarte speel ?

LBW OPINIONATED

DIE VOLKSRAAD HET ALLES PROBEER VIR VRYHEID

Soos berig in DIE AFRIKANER

DIE VOLKSRAAD HET ALLES PROBEER VIR VRYHEID

 Tydens die terugvoerings van die Boere-Afrikanervolksraad, is

 volledig oorsig gegee van die aktiwiteite van die Volksraad, en

  die aksies wat gevoer is om die eis van Afrikaner-selfbeskikking,

  nasionaal en internasionaal te propageer.

 

Die begin

Die proses het begin met ʼn volksvergadering in Augustus 2007, waar die Volksraad Verkiesing Kommissie (VVK) in die lewe geroep is onder voorsitterskap van mnr. Paul Kruger.

Op 25 September 2011 het die VVK ʼn landwye verkiesing gefasiliteer waar 17 kandidate hulleself verkiesbaar gestel het om te dien in die Boere-Afrikanervolksraad.  Van hierdie kandidate het gekom uit volksorganisasies soos die Verkennerbeweging, HNP, AWB, Kommandokorps en ander, terwyl ander kandidate nie aan bepaalde organisasies verbonde was nie.

Op 10 Oktober 2011, 109 jaar na 1902, is daar weer ʼn Volksraad van 9 lede ingehuldig soos deur die volk verkies.  Die lede wat daar ingehuldig is, is mnre. Andries Breytenbach, Abel  Malan, Henk van de Graaf, Ben Geldenhuys, Steyn van Ronge, Sakkie van der Merwe, Tiaan Theron, Frans Jooste en Etienne le Roux. Na die afsterwe van Etienne le Roux en Abel Malan, en die bedankings van Frans Jooste, Ben Geldenhuys en Henk van de Graaf, is hulle plekke ingeneem deur ds. Ferdie Devenier, en mnre. Frans Pieterse en Alwyn de Klerk.

Die mandaat wat die Volksraad gekry het, is om deur middel van ʼn vreedsame regsproses die Boere-Afrikanervolk se eis om territoriale selfbeskikking aan die Suid-Afrikaanse regering te stel, en indien die regering nie gunstig daarop sou reageer nie, die internasionale gemeenskap te versoek om as bemiddelaar tot die dispuut toe te tree.  Die Volksraad het hierdie opdrag uitgevoer en afgehandel met 31 Mei 2017 as die finale sperdatum.

Alhoewel daar gepoog is om die werksaamhede gouer af te handel, was dit nie moontlik nie as gevolg van omstandighede waaroor die Volksraad geen beheer gehad het nie.

Die werk begin

Direk nadat die Volksraad met sy werksaamhede begin het, is ʼn volledige eis om selfbeskikking geformuleer. Met die insette van onder andere akademici, regslui en ander rolspelers is die eis geformuleer op die basis van die oorsprong van ons as volk, die historiese agtergrond, morele waardes, prinsipiële oorwegings en die juridiese gronde.

Hierdie dokument is by ʼn volksvergadering aanvaar en onderteken op 13 Oktober 2012 te Paardekraal.

Kort na die inhuldiging van die Volksraad is daar reeds aan die regering  ʼn skrywe gerig gedateer 25/10/2011 met die versoek om met hulle in gesprek te tree aangaande die eis om selfbeskikking op ʼn eie grondgebied. Die skrywe, tesame met opvolgskrywes gedateer 17/11/2011, 08/02/2012, 17/02/2012, 05/06/2012 en 17/10/2012 is onbeantwoord gelaat deur die regime.

Daarop het die Volksraad probeer om ʼn afspraak te maak vir samesprekings, maar sonder enige sukses.

Die volgende stap was ʼn klagte by die SA Menseregtekommissie (MRK) teen die regering op 30/11/2012, terwyl die Verenigde Nasies hiervan in kennis gestel is. Byna ʼn jaar later, op 29/08/2013, ontvang die Volksraad ʼn antwoord van die MRK met die opmerking dat dit ʼn baie komplekse aangeleentheid is en dat die Volksraad dit eerder voor die howe moet plaas vir beslegting.

Papieroorlog

Intussen het die Volksraad reeds op 06/05/2013 opdrag aan sy regsverteenwoordiger gegee om ʼn skrywe  aan die Ministerie van Grondwetlike Aangeleenthede te rig met die versoek om die aangeleentheid te bespreek. Die Staat beweer toe hulle het nie afskrifte van die reeds gevoerde korrespondensie van die Volksraad nie.

Op 27/09/2013 is weer ʼn breedvoerige prokureursbrief met afskrifte van vorige korrespondensie gerig met verwysing na artikel 235 van die Suid-Afrikaanse grondwet, sowel as die bepalings van die internasionale volkereg se bepalings.

Op 25/10/2013 is die versoek herhaal en word gesê dat ons aanspraak maak op bemiddeling van die MRK van die VN indien die presidensie ons langer bly ignoreer.

Op 18/12/2013 is ʼn e-pos van ene adv. Sigodi ontvang met ʼn versoek om die aangeleentheid uit te stel tot 15/01/2014. ʼn Verdere skrywe gedateer 15/01/2014 is van adv. Sigodi ontvang met die verweer dat die regsadviseurs van die staat nog nie aandag aan die aangeleentheid kon geen nie.

Op 17/01/2014 gee die Volksraad instruksie aan sy regspan dat die staat genoegsame tyd gegun is om te reageer, dus gaan die Volksraad voort met ʼn regsproses.

ʼn Hooggeregshof-aansoek is in Pretoria gebring in die saak Boere-Afrikanervolksraad vs. President van die Republiek van Suid-Afrika, saak nr. 32656/14. Die Staat dui aan dat hulle die aangeleentheid gaan verdedig, maar hulle tyd verstryk vir die liassering van hulle opponerende stukke. Hulle versoek daarop dat hulle tyd verleng word, maar weer versuim hulle om stukke betyds in te dien.

Toe dit blyk dat die saak op verhoor moet gaan, word ʼn skrywe van die Staatsprokureur ontvang met die versoek om met die Volksraad in gesprek te tree. Die Volksraad het hierdie aksie dus loshande gewen omdat die staat nie presteer het nie en toegegee het aan samesprekings.


Tydens die terugvoervergadering by Paardekraal het die ondervoorsitter van die Volksraad,           mnr. Steyn von Rönge, die oorsig oor die Volksraad se bedrywighede uiteengesit.

 

Samesprekings vind plaas

Die samesprekings vind toe uiteindelik op 28/08/2014 in die kantoor van die land se president in die Uniegebou plaas. Die regeringsafvaardiging is gelei deur die adjunk-president – op daardie stadium die waarnemende president – Cyril Ramaphosa en sluit sy minister van justisie, Masutha, in. Die Volksraad se afvaardiging is gelei deur die voorsitter, mnr. Andries Breytenbach. Saam met hom was mnre. Henk van de Graaf en Ben Geldenhuys, terwyl mnr. Paul Kruger as regsverteenwoordiger saamgegaan het.

Ramaphosa is voorsien van ʼn voorlegging aangaande die agtergrond en grondslag  van die Volksraad se eis om selfbeskikking.

Ramaphosa het nooit te kenne gegee dat ʼn moontlike ooreenkoms nie bereik kan word deur middel van art. 235 van die grondwet nie.  Hy het wel voorgestel dat die Volksraad met die sekretaris-generaal van die ANC, Gwede Mantashe, in gesprek tree om sodoende die voorbereiding en die voorstel van die bepaalde wetgewing te bewerkstellig omdat dit funksies van die presidensie en die kabinet is. En, het Ramaphosa gesê, “ons almal kry ons opdragte van daardie man met die growwe stem.” Hy het daarop onderneem om ʼn afspraak te reël tussen die Volksraad en Mantashe. Die Volksraad se standpunt was egter dat hulle nie met die ANC praat oor selfbeskikking nie, maar met die regering van die dag wat veronderstel is om sy grondwet na te kom.

Nadat op voorstel van Ramaphosa ooreengekom is dat alle korrespondensie in die toekoms slegs sal geskied deur die onderskeie partye se regsverteenwoordigers, is dit bevestig in ʼn skrywe gedateer 10/09/2014. Dit was die laaste wat van hulle gehoor is. Op 31/01/2015 het mnr. Kruger versoek dat die proses momentum moet kry, maar tot hede is geen terugvoer van enige aard van die regering ontvang nie.

Op 17/04/2015 wend mnr. Kruger ʼn laaste poging aan deur middel van ʼn skrywe aan die regering en stel dit dat indien die samesprekings nie van die grond af kom voor 31/05/2015 nie, dit beskou sal word as ʼn eensydige opskorting deur die staat ten einde ʼn vreedsame oplossing vir die aangeleentheid te vind.

Daarop is nooit enige reaksie van enige party ontvang nie.

Daarmee was die Volksraad van mening dat hy alle binnelandse remedies uitgeput het met die doel om die geskil vreedsaam te besleg.

Internasionale bewusmaking

Deur die hele proses was daar reeds skakeling met verskillende groepe en instansies in die buiteland.

So is ʼn formele skrywe van die Volksraad aan minister Papuna Davitaia in die Republiek van Georgië oorhandig, waarin die bestaan en doel van die Volksraad uiteengesit is.

Verteenwoordigers van die Volksraad het opgetree op konferensies in Boedapest, Hongarye en in Rome, Italië. ʼn Besoek is aan die VN se Menseregtekommissie in Genève gebring om eerstehandse inligting te bekom oor hoe die proses behoort te verloop. Gesprekke is gevoer met lede van die Europese Parlement, die Vlaamse Parlement, die Belgiese Kamer en Senaat en lede van die Nederlandse parlement. Daar was ook ʼn besoek aan Israel waar die Volksraad bekend gestel is en goeie kontakte opgebou is. In Australië is die saak van die Volksraad ook aggressief uitgedra en bevorder.

Oral is die boodskap van die Volksraad goed ontvang, en was daar meer begrip in die buiteland vir die Afrikaner se posisie as wat dalk onder ons eie mense besef word.

Met al die binnelandse remedies intussen uitgeput, was die laaste uitweg om bemiddeling van die buiteland te probeer kry deur middel van die Verenigde Nasies.

Art 1 (1) van die internasionale volkereg bepaal dat alle volke die reg op selfbeskikking het. Op grond hiervan is ʼn uitgebreide memorandum opgestel en op 18/11/2016 persoonlik afgelewer by die VN in Genève, die Europese Parlement en die Vlaamse parlement, met die versoek om toe te tree tot die geskil en die aangeleentheid te bemiddel met die sperdatum van 31/05/2017. Die memorandum is ook aan ambassades beskikbaar gestel.

Tussentydse optrede

Daar is intussen voortgegaan met gesprekvoering met ander groeperings, buite-parlementêr sowel as binne-parlementêr, ten einde bondgenootskappe te vestig ter ondersteuning van die Volksraad se doelstellings.

Op 07/12/2016 is die memorandum  aan die Israelse ambassadeur in Suid-Afrika oorhandig, op 03/04/2017 is gesprek gevoer met “the first secretary for political affairs of the USA”. Op 13/04/2017 was daar samesprekings met die adjunk-ambassadeur van Nederland en is die memorandum tot sy beskikking gestel.

Die onderskeie individue is die saak goedgesind, maar hulle onderskeie regerings handhaaf nie dieselfde standpunte nie.  Sodoende val die versoek om internasionale bemiddeling, soos verwoord in die memorandum, op dowe ore.

Die memorandum aan die internasionale gemeenskap verwoord die Boervolk se eis om selfbeskikking.  Die dokument is een van die volledigste dokumente wat die geskiedenis van die Boervolk uiteensit, wat die werksaamhede van die Volksraad volledig beskryf, wat bewysstukke insluit oor die geskiedenis en gevolglike gronde vir die eis om selfbeskikking, asook alle korrespondensie insluit wat met al die partye gevoer is.

 

“GENOCIDE” – VOLKSMOORD

Volksmoord is die opsetlike aksie om ‘n volk (beskryf as etnies, nasionaal, ras of as   ’n gelowige groep) as geheel of gedeeltelik uit te moor. Die woord genocide (volksmoord) is afgelei  uit ‘n kombinasie van woorde tussen die griekse woord – genos – wat ras of mense beteken en die latynse woord – cide –  wat moord (act of killing) beteken. Die UN Genocide Convention beskryf volksmoord (genocide) as ‘n aksie wat heeltemal of gedeeltelik daartoe verbind is om ‘n  nasionale, etniese, rassige of  gelowige groep te vernietig,

In 1944 het Raphael Lemkin ‘n boek geskryf  “Axis rule in occupied Europe”. In die boek is die term genocide vir die eerste keer gebruik. Die boek beskryf die implementering van Nazi beleid in geokkupeerde Europa en hy praat van vroeëre massamoorde. Die boek  beskryf die sistematiese  vernietiging van ‘n nasie en of mense. Die woord was vinnig deur die internasionale media oorgeneem.

Volgens Lemkin is volksmoord ‘n gekoördineerde strategie om ‘n groep mense te vernietig. Dis ‘n proses wat gebruik word om so ‘n groep totaal uit te wis asook strategie wat die basiese sleutelelemente van ‘n nasie  soos sy taal, kultuur en ekonomiese infrastruktuur.

Lemkin beskryf volksmoord as volg:

In die algemeen beteken volksmoord nie die onmiddellike vernietiging van  ‘n nasie nie tensy dit geskied deur massamoord en al die mense van ‘n sekere nasie uitgeroei word. Dit kan eerder omskryf word as ‘n gekoördineerde plan met verskillende aksies wat daarop uit is om die essensiële fondasie van ‘n nasie te vernietig met die intensie om die hele groep in sy geheel te vernietig. Die doel van so ‘n plan is om die politieke en sosiale instansies, kultuur, taal, nasionaliteit, geloof en die ekonomiese voortbestaan van ‘n nasie, gesondheid en waardestelsel  te vernietig.

Na die Holocaust het Lemkin suksesvol betoog van ‘n universiele aanvaarding van internasionale wetgewing wat volksmoord beskryf en veroordeel. In 1946 het die United Nations General Assembly ‘n resolusie aanvaar wat bevestig dat volksmoord ’n misdaad is onder internaionale wetgewing. Hulle het egter nie ‘n wettige definisie van die misdaad gegee nie. In 1948 is die “Convention on the Prevention and Punishment of a crime of Genocide” aanvaar deur die UN General Assembly. Dit was die eerste keer dat volksmoord omskryf is.

Die Wet is eers geimplementeer op 12 Januarie 1951. (Resolusie 260(III)). Dit het bevat die internasionaal erkende definisie van volksmoord wat geinkorporeer is in die nasionale kriminele wetgewing van baie lande en dit was ook ingeskryf in die Roomse Wet van die internasionale kriminelehof. Artikel II van die konvensie definieer volksmoord as…enige van die volgende dade wat gepleeg word met die oog op die intensie om te vernietig, gedeeltelik of in geheel, ‘n nasionale, etniese ras of geloofsgroep soos:

(a)    Moord op lede van die groep;

(b)    Veroorsaak ernstige liggaamlike skade; of skade op verstandelike gesondheid op lede van die groep;

(c)    Opsetlike toediening van toestande wat fisiese  toestande skep wat die groep gedeeltelik of in geheel vernietig;

(d)    Matreëls wat geimplementeer is om geboortes te beperk binne die groep;

(e)    Geforseerde verplasing van kinders van die groep na ‘n  andergroep.

Die konvensie se doel en omvang was later beskryf deur die UN sekuriteitsraad as volg:

Die konvensie was klaarblyklik aangeneem vir humanitêre en siviele doeleindes. Die doel was vir die bewaring van die bestaan van sekere humanitêre groepe en om die mees elementêre beginsels van humanitêre en beskawing doeleindes te bevestig en te beklemtoon.

Met die opstel van die konvensie was dit reeds in die vooruitsig gestel dat dit nie net van toepassing was op die huidige stelsel van volksmoord nie, maar dat dit toegepas sal word op enige metode wat  mag ontwikkel in die toekoms met die oog op die vernietiging en fisiese bestaan van ‘n groep.

Volksmoord is ‘n misdaad onder internasionale wet, ongeag of dit gepleeg is tydens vrede of in ‘n tyd van oorlog. Volksmoord is strafbaar as ’n internasionale misdaad.

In 2008 het die UN se Sekuriteitsraad Resolusie 1820 aanvaar dat verkragting en ander vorme van seksuele geweld resorteer as oorlogsmisdade, misdaad teen die mensdom of ‘n konstituwe daad met betrekking tot volksmoord.

Dade van volksmoord is oor die algemeen moeilik om te vervolg as gevolg van die ketting van aanspreeklikheid. Die internasionale howe en tribunale werk alleenlik omdat die regerings betrokke,  onbeholpe of onwillig is om misdaad van die aard te vervolg.

Vir ‘n volksmoord om te gebeur moet  daar sekere voorvereistes wees.  Die belangrikste is dat daar  ‘n nasionale kultuur moet wees wat nie ‘n hoë waarde het op  menslike lewens nie.  ‘n Totalitêre samelewing met sy aanvaarde verbeterde ideologie is ook  voorvereiste vir volksmoord dade. Daarbenewens moet lede van die dominante gemeenskap   hulle potensiële slagoffers nie as mense sien nie.  Die omstandighede is nie genoeg vir die oortreders en misdadigers om volksmoord te pleeg nie. Die oortreder het ‘n sterk gesentraliseerde outoriteit nodig en  burokratiese organisasie asook patologiese individue en kriminele. mishandeling en onmenslikheid word ook benodig en dit kom gewoonlik van ‘n nuwe regering of regime wat eenvormigheid  tot ‘n nuwe ideologie as ‘n model vir ‘n gemeenskap wil implementeer.

Gregory Stanton wat die president van die Volksmoordwag is, het in 1996 ‘n inligtingsdokument voorgelê by die “United States Department of State” wat genoem word die agt stappe van volksmoord. Volksmoord ontwikkel in agt stappe wat voorspelbaar is maar nie onverbiddelik nie. Die inligtingsdokument is voorgelê kort na die Rwandan volksmoord en baie van die analiese is gebaseer op hoekom  dit plaasgevind het.

Die voorkomingsmaatreëls wat voorgestel word, was dat die VSA dit direk of indirek kon  implementeer deur  sy invloed op ander regerings kon afdwing.

 

FASE

KARAKTERISTIEKS VOORKOMINGMAATREëLS
1.    Klassifikasie Die mense is verdeeld tussen twee faksies. “Die hoof voorkomingsmaatreëls om instansies

te skep om die divisies te verbeter.

2.    Simbolisering “Wanneer simbole gekombineer met haat afgedwing word op onwillige lede van pariagroepe.”(ongewenste) Om simbole en haatspraak te beveg kan wetgewing  ingestel word”.
3.    Onmenslikheid “een groep ontken die menslikheid van ‘n ander. Lede word vergelyk as diere, peste, insekte en siektes.” “Plaaslike en  internasionale leiers moet haatspraak veroordeel en dit moet kultureel onaanvaarbaar wees.   Leiers wat volksmoord aanhits  moet verban word om internasionaal te reis en om hulle finansies buitelandse te vries.”
4.     Organisasie “Volksmoord is altyd georganiseerd. ..Spesiale weermageenhede word gewoonlik opgelei en bewapen…” “Die UN moet wapenhandel verban met lande wat betrokke is by volksmoorde.  Kommissarisse van ondersoek moet oortredings ondersoek.

5.   Polarisasie
“Haatgroepe wat polarisasie propaganda verkondig…” “Voorkoming beteken sekuriteitsbeskerming vir gematigde leiers of hulp aan menseregte groepe…Coups d’état deur ekstremiste moet geoponeer word deur internasionale sanksies.”
6.  Voorbereiding “Slagoffers word geidentifiseer en afgesonder as gevolg van hulle etniese of geloofsoortuigings en identiteit….” “Op die fase  moet volksmoord as nood verklaar word….”

7.  Uitwissing
“Dit is ‘uitwissing’ vir die moordenaars omdat hulle nie  glo dat hulle slagoffers mense is nie”. Op die stadium kan slegs vinnige gewapende intervensie ‘n volksmoord stop. Veilige areas of vlugtelingskampe moet geskep word met swaar gewapende internasionale beskerming.
8.  Ontkenning “Die oortreders ontken  dat hulle enige misdaad gepleeg het…” Die reaksie op die ontkenning is strafbaar deur ‘n internasionale tribunal of   ‘n nasionale hof.”

 

Dit is in April 2012 gerapporteer dat Stanton binnekort twee nuwe fases naamlik    diskriminasie  en vervolging by sy oorspronklike teorie gaan voeg. Dit sal ‘n tien fase volskmoord teorie tot gevolg hê. Die fases is dan ook reeds geimplementeer.

In ‘n verslag vir die Sosiale Wetenskaplike Ondersoekraad het ‘n Dirk Moses die Stanton verslag veroordeel.

In view of this rather poor record of ending genocide, the question needs to be asked why the genocide studies paradigm cannot predict and prevent genocides with any accuracy and reliability. The paradigm of genocide studies, as currently constituted in North America in particular, has both strengths and limitations. While the moral fervor and public activism is admirable and salutary, the paradigm appears blind to its own implication in imperial projects that are themselves as much part of the problem as they are part of the solution. The US government called Darfur a genocide to appease domestic lobbies, and because the statement cost it nothing. Darfur will end when it suits the great powers that have a stake in the region.”— Dirk Moses

 

Die Witmense van die land word daagliks beskuldig van haatspraak en diskriminasie. Daar is ‘n redelike klompie wette ingestel teen die Witmense om haatspraak en diskriminasie te beperk. Boere word beskuldig dat hulle werkers onmenslik behandel.  En tog word niks gesê van die onmenslikheid en wreedheid  tydens ‘n plaasaanval of ‘n gewapende huisroof nie.

Daar is reeds ‘n volksmoord wat teen ons gepleeg word. Die statistieke spreek van self en nog steeds kyk die internasionale gemeenskap anderpad.

Op sosiale media word die witmen openlik gedreig dat hy uitgemoor gaan word en dat sy grond en besittings onteien gaan word.  Die witmense word op sosiale media sleggesê maar sodra hy homself verdedig word hy “geblok” op sosiale media en uitgekryt as ‘n rassis.

Regoor die wêreld word verbastering aangehits en word die grense van lande wat oorwegend wit was, oopgegooi vir ander rasse. Die Bybel leer ons dat God alles gemaak het NA SY SOORT. Hoekom is die witman ‘n bedreiging vir die ander rasse of vir nie-kleurige rasse?

Wanneer gaan ons as Suid-Afrikaner wakker skrik en besef wat gebeur om ons?  Is die betogings regoor die land die begin van die einde?  Waar gaan dit eindig?  Is dit die begin van ’n volskaalse aanslag teen die witman van die land?

Tyd sal leer!

 

MOSIE SOOS VOORGESTEL DEUR DIE AFRIKANER WEERSTANDSBEWEGING (AWB)

MOSIE SOOS VOORGESTEL DEUR DIE AFRIKANER WEERSTANDSBEWEGING (AWB) OP VOLKSVERGADERINGS OM GEHOU TE WORD DEUR DIE VOLKSRAAD VERKIESINGSKOMMISSIE (VVK) EN BOERE-AFRIKANER VOLKSRAAD GEDURENDE 2017.

 

Die AWB stel voor dat die volgende voorstelle voorgelê word aan die landswye Volksvergaderings gedurende 2017 deur die Boere-Afrikaner Volksraad en die VVK belê; ten einde as volksbesluite aldaar aangeneem te word:

  1. Dat God die Vader, Seun en Heilige Gees as ons Skepper erken en bely word; ook as die beskikker van  lotgevalle van volkere, nasies en mense; en dat ons oog op Hom alleen as Leidsman gerig is om ons voor te gaan op die vryheidspad.

 

  1. Dat die Volk in verootmoediging voor God die toekoms sal aandurf.

 

  1. Dat onderhouding en nakoming van God’s Woord en ons volk se Geloftes aan God, die sentrale rigsnoer in ons volkslewe sal vorm.

 

  1. Dat ‘n Mosie van vertroue in die huidige Volksraad aangeneem word in die lig van sy ervaring in die vryheidsproses; op die basis dat die huidige lede van die Volksraad (wat daarvoor beskikbaar sou wees) as Volksraadslede aanbly om ‘n nuwe mandaat uit te voer, soos waarop die Volk tydens die finale volksvergaderings mag besluit.

 

  1. Dat Volksvryheid bewerkstellig word deur voort te gaan met die internasionale regsproses wat reeds gevolg is en in navolging van die mylpale wat reeds behaal is.

 

  1. Dat die Volksraad uitgebrei word na maksimum 9 (nege) lede soos wat die getal in 2011 oorspronklik was.

 

  1. Dat die huidige restant van 2 (twee) vakatures op die Volksraad (asook enige verdere vakatures wat mag ontstaan) gevul word deur middel van tussenverkiesings soos gefasiliteer deur die VVK.

 

  1. Dat die onderskeie volksorganisasies wat aan die Volksraad/VVK-proses deelneem, ‘n maksimum van 3 (drie) kandidate in voormelde tussenverkiesings stel.

 

  1. Dat die volk homself bereid verklaar om te veg vir vryheid; om ons volk se Christelike norme, ons kultuurlewe en waardes, ons lewens en ons eiendom teen bedreiging te verdedig; in stede van ‘n gesindheid van oorgawe en pasifisme.

 

  1. Dat onteiening van enige bates sonder billike vergoeding as ‘n oorlogsverklaring geag en hanteer sal word wat die opneem van wapens sal insluit.

 

  1. Dat daar in volksgeledere ‘n magsbasis geskep en in stand gehou word deur volksorganisasies en groeperinge, met die Volksraad as gesagsbasis.

 

  1. Dat die Volksraad die verantwoordelikheid aanvaar van optredes en aksies soos uitgevoer in opdrag en onder koördinering van die Volksraad saam met voormelde magsbasis.

 

  1. Dat alle voormelde aksies wettig in terme van die Internasionale Reg uitgevoer word, sonder om oor te gaan tot aksies of optrede wat deur die Internasionale Reg as terrorisme geklassifiseer word.

 

  1. Dat samewerking en eendragtigheid bevorder word tussen die onderskeie volksorganisasies wat al bogemelde beginsels aanvaar en suiwer handhaaf, sonder dat sulke organisasies hulle eie identiteit hoef prys te gee.

Opleiding Oosrand Wenkommando

Lede het n leersame opleidings sessie gehad.

Kolonel Johan Swannepoel en verskeie instrukteurs het onder andere die volgende vakke aangebied:

 

Voertuig drils

Brand beheer

Konvooi lesings

Dril

Skiet opleiding

Grypsak

 

Na die opleiding was daar n heurlike potjie gemaak en almal het die uitgeputte liggaame gevoed.

Die bywoning was baie goed en almal het huistoe gegaan met die trots in hulle harte om te weet hulle is deel van ‘n organisasie wat streef om sy lede die beste opleiding in die land te gee.

Opleiding is beslis die alfa en omega van die AWB om sodoende ons mense voor te berei vir ovoorsienne voorvalle soos motor kapings, huis en plaas aanvalle asook die veiligheid rondom vuurwapens en die hantering daarvan.

Ons vra alle lede om julle gebieds bevelvoerders te kontak om die volgende opleidings kampe te kan mee maak in julle gebiede. Dit is van uiterse belang dat u ingelig en opgelei kan word deur ons span profesionele instrukteurs.