Gedigte

DIE OFFERLAM

By Bloedrivier het Hy aan lanterns gehang

soos by Golgota vasgenael

Hy was in die lampe, die heelnag lang

en selfs die vlam wat lig

In wrede Britse konsentrasiekamp

het Hy die moedertrane afgedroog

en was Hy in die donker dodetent weer die lamp

teen die tentpaal hoog

By Majuba was die son Sy lig

wat oor die slagveld hang

en kon die Boer sekuur die mouser rig

teen die skuinste van die berg se hang

By Golgota, Bloedrivier en Amajuba

het HY vir ons gehang.

Laat nou, o ontrou volk, Sy kruis dra

hoër, hoër as Majuba!

Eugene Ney Terre Blanche

’n HONDERD JAAR VAN VREDE

Luister as die winde ween,

die Meimaand winterwind.

En hoor die klaend klank van tak gekreun

soos die hartseer huil van vrou en kind.

Dit is die geeste van vrou en kampkind

wat in tienduisende moes sterf.

Hul ween nou in die nanagwind

oor honger Boere wat koud rondswerf.

Wat ruik soos rook en roet,

Wat knars soos vuur en veldbrand?

Dit is die Boer se huis en goed

wat die Britte in wrede waansin brand.

Wat kletter soos hael,

Wat blits en knal soos swaar weer?

Dit is die vuur van bom en maksim uit die kraal

waar Groot Brittanje die Boervolk onteer.

Hoe ongelyk

en genadeloos

die bitter stryd.

Dit laat ons volk kinderloos!

Maar sterwend kreun ’n Boervrou:

Veg voort in Godsnaam!

Ons sal in die kamp uithou.

Eendag is ons in die hemel saam.

Nou is dit vrede in die Vrystaat,

vrede in Transvaal

Maar vrede sonder vryheid is verraad.

Ons moet dan met kinderlyk en bloed betaal.

’n Honderd jaar van vrede

en ’n halfwas vryheid,

maak slawe van die hede

en regeer Gam in verwaande ydelheid.

O God van Bloedrivier,

God van Amajubaberg,

sien ons smaad in hierdie uur

en leer ons wat vryheid verg.

Deur Eugene Terre Blanche geskryf vir Verootmoedigingsdag

24 November 2007

LIED VAN DIE WIT REVOLUSIE

Ons bors en ons bloed

ons siel en ons hart

ag ons nie te goed

as verraad en vyand tart

dan gee ons aan struik en gras

trane en suiwer bloed

wat die lower donker was.

Die bitter aalwyn maak ons soet

met sterf en stryd van hierdie ras

totdat donker Afrika

‘n Blank beskawing dra.

Eugene Terre Blanche

OM BOER TE WEES

O om n boer te wees wat werk

met sy hande in die son

die liewe, lange dag; om saans

moeg terug te kom

van die lande, en te slaap

tot die rooidag deur die vensters breek,

en teen die tweede hanekraai, oor die ryp,

die ploegstert vas te hou …

O om boer te wees en te werk

in God se sonskyn en reën;

om nooit te twyfel dat Hy weet

wat die beste is; om nog te glo,

as sy hart wil breek,

en voel dat hy, boer alleen,

met God kan praat, en dank

as laag-druipend daal die reën …

WEG Louw (1913 – 1980)

‘n BOER STERF OP SY PLAAS

‘n Boer sterf op sy plaas.

Die weigras knak in die nanagwind,

knak kromrug en geruisloos.

Die saailinge is agteroorgebuig,

die wind waai:  ‘n boer sterf op sy plaas.

Die saad sidder ondergronds.

‘n Boer sterf op sy kindsbeenplaas.

Hy het osse gemaak uit miershoopklei,

diere met sekelmaanhorings.

Later sy kroos geabba deur die dorings –

sy vrou vonkelend en broos in die lamseisoen.

‘n Boer sterf grusaam op sy plaas.

Hoor hoe bars die boord uit haar nate,

sap en pitte reën alomheen

in ‘n laaste seënwens

dat die bome steeds jaarringe sal maak

dat die plaas tot puinhoop van pyn nie verval.

‘n Boer sterf op sy lieflingplaas.

Die aarde gooi haar arms vir hom oop,

die kudde in die kraal luister hoopvol vir sy gefluit,

die waghond tjank sag na binne.

In die stal stamp die hings sy hoewe.

‘n Deurwinterde boer sterf op sy plaas

voordat ons kon sê

hoe die vleis uit sy veld oor ons kuiervuur sputter

die glansgroen groente van sy werf

die waatlemoene en lemoene die bulpampoene soos geel planete

bliknat sterre uit die lug geërf.

Die boer wat ons sorgsaam gevoed het

keer terug na die grond van geboorte en bloed.

Die boomgom stol traanvormig.

Vanjaar was die vrugte bittersoet.

Carina Stander