DIE AWB LUGVLEUEL

VISSIE

Om ’n entoesiastiese Lugvleuel van die AWB se lugkrag te wees en met die nodige kennis en ondersteuning ’n rol te vervul in die AWB.

MISSIE

Die AWB Lugvleuel bou ’n nasionale gemeenskapsdiens op om sy lede asook die Volk te ondersteun in observasie en beskerming asook om ’n goed toegeruste Nasionale Lugvleuel te provokeer om die doelstellings en doelwitte van die AWB te ondersteun.

DOELSTELLINGS EN DOELWITTE

  • Voorspraak – Om ’n vaardige en goed toegeruste Lugvleuel te bou vir ondersteuning van die AWB en die Volk.
  • Tradisies – Om die tradisies van die AWB te bewaar te laat voortbestaan.
  • Gemeenskap – Om deel te neem in burgerlike gemeenskapsprogramme wat deur die AWB geïdentifiseer is asook om betrokke te raak by projekte op beide plaaslike en nasionale vlak om werwing in die AWB te bevorder.

PRIMÊRE ROL

Ons wil ’n goed voorbereide, goed toegeruste Lugvleuel wees wat operasioneel gereed is. Die bevordering van die AWB is ’n populêre en doeltreffende deel van ons missie. Ons wil graag nuwe vlieëniers aan die Lugvleuel bekendstel vanuit die AWB asook mense buite ons geledere wat die doelstellings en doelwitte van die AWB ondersteun.

ONTSTAAN

In Februarie 2013 is die opdrag aan AWB Natalia gegee om ’n lugvleuel eksklusief vir die AWB te bou want geen ander regse organisasie het so ’n diens tot hul beskikking nie. Die hoofdoel van so ’n lugvleuel was om  primêr ‘n ondersteunende eenheid te wees vir die AWB.

 ‘n Kommandant uit AWB Natalia met uitgebreide kennis en ondervinding in die lugvaart bedryf is getaak met hierdie groot werk. Die Kommandant is reeds 14 jaar in die bedryf en besit sy eie vliegtuig wat op Virginia Lughawe gebaseer is en  vanwaar hy ook sy eie lugvaart besigheid bedryf het. Hy is ’n baie presiese en passievolle vlieënier wat gesien kan word in die deeglikheid waarmee hy hierdie opdrag aangepak het. Hy het boere en mede vlieëniers in sy omgewing oorreed om die AWB te ondersteun in tye van nood. Sy kontakte het ingestem om die AWB te help in tye van mediese nood, om observasie vanuit die lug te doen en om die AWB te help met die transport van goedere en personeel in ’n noodtoestand.

Daar was byvoorbeeld op die 20e Februarie 2014 ’n plaasaanval in die Volksrust gebied. Die AWB Lugvleuel is gekontak om te help met die soektog en moontlike arrestasies van die verdagtes. Die vlieënier was deur ’n SAPS lid wat op Volksrust gestasioneer is bygestaan. ’n C152 vliegtuig was gebruik in die soektog na die 5 verdagtes. Die verdagtes se voertuig was in ’n veld by Groenvlei gesien en twee verdagtes met ’n haelgeweer en 9mm pistool is aangekeer.

Hierdie was ’n goeie voorbeeld van hoe die Lugvleuel effektief gebruik kan word om in ’n nood situasie ondersteuning te gee.

Die volgende vliegtuie is tans in die AWB Lugvleuel betrokke:

  • Durban – een c152, een C172, een C182, een Beech Siërra asook ’n C206.
  • Melmoth/Eshowe: een Robbie 44 helikopter.
  • Melmoth: twee Robbie 44 helikopters
  • Pietermaritzburg/Eston/Pongola/Noord Natal: een Robbie 44 helikopter en een Huey helikopter
  • Volksrust/Perdekop/Vrede/Newcastle: twee Arrow’s, een Condor, een T18, twee C152’s, twee C206’e, twee C182’s en een Sling.

Dan is daar ook vliegtuie in die Bethal, Bethlehem en Rustenburg areas.

Indien enige verdere inligting benodig word, kan die AWB Lugvleuel gerus gekontak word by: lugvleuel@awb.co.za

Lede Teken In

Gaan Na Bo