ONTSTAANGESKIEDENIS VAN DIE AWB

foto 11

Uit die lydingsjare van die Boerevolk het die AWB ontstaan om ons volk na ‘n eie Boere volkstaat te lei.

ONS LEIDINGS GESKIEDENIS

Die hoofoorsaak vir die Groot Trek was dat die Engelse bewind die Kleurlinge en Swartes gelyk gestel het aan die Blanke boere op die Oosgrens. So het die Voortrekkers, besiel met ‘n vryheid drang die woesterny ingetrek.

Na vele omswerwinge en grootse gebeure is hierdie vryheid ideaal verwesenlik met die stigting van die Zuid-Afrikaansche Republiek en die Republiek van die Oranje Vrystaat. In hierdie twee Boererepublieke is die grondslag van die Boerevolk gelê.

Sedert die tweede besetting van die Kaap deur Brittanje het daar 'n botsing ontstaan tussen Britse Imperialisme en die aspirasies van 'n ontwakende, nuwe Volk wat later gestalte sou vind in die Boerevolk.

Die totstandkoming van die twee Boererepublieke het lynreg gebots met die siening van die jingoes, plaaslik en in Brittanje. Volgens die jingoes het die Boere geen bestaansreg gehad nie, en die Eerste Vryheidsoorlog het gevolg. Hierna het die ontdekking van goud op die Witwatersrand die toestroming van volksvreemde fortuinsoekers vanaf alle uithoeke van die wêreld tot gevolg gehad. Hierdie opdrifsels het ryk en welvarend geword. Gou het hulle hul ten doel gestel om hierdie land, wat hulle ontvang en ryk gemaak het, se regering omvêr te werp. Hierin het hulle 'n bondgenoot gevind in die Britse regering. Sogenaamde uitlander griewe is misbruik om die Britse imperialistiese saak te bevorder en die uitbuiting van hierdie vermeende griewe het dan ook gelei tot die Tweede Vryheidsoorlog. Soos die groot staatsman, President Paul Kruger dit gestel het: "Dit is nie stemreg wat julle wil hê nie; dit is my land wat julle wil hê.

Uit hierdie oorlog het die Boerevolk verarm en met die verlies van 27 000 onskuldige vrouens en kinders gekom, sowel as 4 000 burgers wat gesneuwel het. Geen volk ken konsentrasiekampe dus beter as die Boerevolk nie!

Die vrede van Vereeniging was vir ons voorvaders 'n bitter pil om te sluk, maar nog het dit die vryheidstrewe nie uitgedoof nie. Noodgedwonge moes ons nie net die Joodse geldmag nie maar ook die Britse Parlementêre stelsel aanvaar. Lord Alfred Milner se voorspelling dat "hierdie parlementêre stelsel nog die einde van die Boere sal beteken" staan op die punt om bewaarheid te word. Uniewording het vir die Boerevolk geen vryheid gebring nie, maar net verdere laste en verpligtinge meegebring. So het ons verantwoordelik geword vir die Kleurlinge, die Swartes sowel as die Indiërs van Natal. Ook moes ons nog omsien na die welvaart van die verbete Engelssprekende Boerehaters. Voorwaar: die Unie van Suid-Afrika het vir ons net verpligtinge en geen regte of vryheid meegebring nie.

Met die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog in 1914 het die jingoes in die Unie daarop aangedring dat hierdie land, as bondgenoot van Brittanje, Duitsland die oorlog moes aansê. Boere patriotte soos Genls. De La Rey, De Wet en Beyers was nie hiervoor te vinde nie en vandaar die Gewapende Protes, beter bekend as die Rebellie van 1914. Verguis deur volksvreemdes het hierdie helde van die Rebellie nogtans die vryheidsvlam brandend gehou. As dit nie vir hulle was nie, sou daar vandag seker geen Boerevolk gewees het nie.

Die verarming, teweeggebring deur die Tweede Vryheidsoorlog, is verskerp deur die Depressie van die dertigerjare. So het die Afrikaner 'n armlastige in sy eie land geword. Skaars was die Depressie verby of ons land is weer ingesleep as bondgenoot van Brittanje en Rusland in die Tweede Wêreldoorlog teen Duitsland. Afrikaners in murg-en-been was hiervoor nie te vinde nie en uit die verset wat gevolg het, het die Ossewabrandwag en die Stormjaers gegroei. Hierdie Boere wou nie 'n Nazi bewind vestig nie maar het gesmag na 'n eie vrye Boererepubliek. Helaas, ons vadere se ideale is nie verwesenlik nie.

In 1961 het die Republiek van Suid-Afrika sy beslag gekry. Die Republiek van Suid-Afrika, hoe groot die begeerte ook al daarna was, hoe daar ook al daarvoor geywer is en hoeveel trou en lojaliteit ook al vandag daarvoor bestaan, kon op die lang duur egter nie aan die vryheid ideaal van die volk beantwoord nie. In wese was dit maar net 'n "vertaalde" Republiek. Die Goewerneur-generaal is byvoorbeeld vervang met 'n Staatspresident. Die enigste positiewe aspek was die verbreking van bande met Brittanje en ons uittrede uit die Britse Gemenebes.

Steeds was ons belas met die verdelende Westminsterstelsel wat veroorsaak het dat die Afrikanerdom verdeel is in groepe en politieke partye. Meer spesifiek het die aanvaarding van die Westminster-regeringstelsel, wat daarop gerig is om die volk in politieke partye te verdeel, die Boere-ideaal van "Eendrag maak mag" totaal verydel.

Ná die sluipmoord op Dr. HF. Verwoerd, wat die belange van die Afrikanervolk nog op die hart gedra het en die apartheidsbeleid uitgebou het, is hy opgevolg deur Nasionale Party-politici wat al meer begin afwyk het van ons tradisionele beleid van skeiding tussen rasse en volke. Die nuwe toenaderings- en toegee politiek het spoedig tot 'n skeuring in die Nasionale Party gelei. Weer was daar bewys van die verdelende invloed wat die Westminster- partypolitieke sisteem op ons volk gehad het. Hoewel die ouer geslag nog tot 'n mate te vinde was en aanhangers van die party-politieke stelsel was, het daar in die sewentiger jare 'n groep jong Boere-idealiste na vore getree.

DIE AWB WORD GEBORE

In 1971 het sewe bekommerde jong Boere begin soek na 'n alternatief vir die Westminster-stelsel. Vir hulle was dit baie duidelik dat indien daar nie handelend opgetree sou word nie, die Afrikaner/Boeredom dieselfde lot sou hê as ander blanke groepe wat in die res van Afrika moes uitwyk en as verslae en arm blankes vlug en duisende verminkte lyke van hulle geliefdes agterlaat.

Hierdie sewe jong manne het besef dat daar geen kompromie te sluit is met die hebsug van swart volke nie en dat toegewings noodwendig tot uiteindelike oorgawe sal lei. So moes die volk opgeroep word om weerstand te bied teen die paai- en weggee beleid van die regerende Nasionale Party.

Na baie ondersoek, navorsing en beplanning het die sewe jong manne in 1973 in 'n motorhuis in Heidelberg die Afrikaner- Weerstandsbeweging (AWB) gestig. Een van daardie manne was Eugène Ney Terre Blanche, eertydse Hoofleier van die AWB.

'N VOLKSLEIER TREE NA VORE

Ons volk was nog altyd gelukkig en geseën dat in sy krisisuur dit nie aan dinamiese leierskap ontbreek het nie. Eugène Terre-Blanche het ook, toe die uur daar was, na vore getree.

Hy moes hoon en smaad verduur. Veral die geldmag pers met sy Afrikaanse handlangers pers het gewedywer om die leier van die AWB en die Beweging self te probeer afmaak as aanhangers van die Nazi-ideologie. Die oorspronklike doel was om die volk te kry om hom en die Beweging te verwerp. So is daar dan pogings aangewend om hom uit die gemeenskap te verwyder. Die vyand het iets gesoek en het daarin geslaag om hom vir 'n kriminele daad in die gevangenis te werp. Indien hulle hom vervolg het vir sy politieke sienings en dade sou hy martelaar status kry en dit moes te alle koste vermy word.

Hierdie ooglopende set het natuurlik nie geslaag nie want 'n Boer wat natuurlike en suiwer leierskap openbaar, word spoedig deur die volk tot sy eie gemaak. So het 'n groepie van sewe gegroei tot 'n magtige volksbeweging.

'N AANVANKLIKE WEERSTANDSBEWEGING WORD 'N VOLKSBEWEGING

Die Afrikaner- Weerstandsbeweging verwaarloos vir geen oomblik sy weerstand funksie teen alles wat volksvreemd en vyandiggesind is nie. Die prys wat 'n volk vir sy vryheid moet betaal is ewigdurende waaksaamheid. Derhalwe het die AWB die African National Congress (ANC), die frontorganisasie van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP) die stryd aangesê. Hierdie is 'n stryd tot die dood toe. Daar is geen ruimte vir kompromie met kommunistiese moord bendes wat onskuldige vrouens en kinders vermink en vermoor nie. Die AWB verwerp enige oorheersing deur wie ook al en eis vryheid vir die Boerevolk op.

Chaos heers huidig in die ANC/SAKP/Cosatu/PAC en ander rewolusionêre swart organisasies wat besig is om teen 'n ontstellende mate rewolusie aan te blaas. Met die voordele wat die blanke vir hulle gebring het is hulle nie tevrede nie. Hulle wil wat die blanke opgebou het, met geweld verteer sonder dat hulle self daarvoor gewerk het. Swartes word in poste aangestel in die plek van Boere wat moet plek maak vir Afrikanisering (swart bevoordeling). Selfs dit wat gevat word in die naam van regstelling van die verlede kan nie in stand gehou word nie en is 'n totale verval besig om in die land plaas te vind.

Blankes word gedreig met land besettings indien hulle nie grond afstaan nie, die misdaad in die land is die hoogste nog en die Rand se waarde val elke keer wanneer 'n swart leier sy mond oopmaak.

Suid-Afrika bevind hom in 'n oorlog! Die Boerevolk kan nie langer sit en kyk hoe sy land brand en niks doen nie.

DIE PAD VORENTOE

Dwarsdeur ons volk se bestaan loop 'n goue draad van protes en verset teen oorheersing maar ook vir die verwesenliking en verkryging van vryheid in 'n soewerein-onafhanklike Boere volkstaat. Hierdie goue draad het die AWB weer opgetel waar voorgeslagte dit gelaat het. Hierdie goue draad dra ons nou die toekoms in en gee daardeur sin aan die stryd. Vandag, ondanks volgehoue en berekende aanslae van die linkse politici. pers en uitsaaiwese, groei steun vir die AWB. Sewe mense het aangegroei tot duisende en duisende.

Die AWB wat vreesloos Christelik en onbeskaamd nasionaal is, het geword die nuwe regses:

- teenpool van die ANC

- borswering van sy Volk

- bolwerk teen liberalisme, Marxisme en Kommunisme

Die AWB vertolk die versugting van 'n Volk se

- diepste emosies

- suiwerste denke

- grootste vasberadenheid en

- hoogste ideaal:

'n Moderne Christelike Afrikaner-Boere volkstaat – teen die hele wêreld vry!

Lede Teken In

Gaan Na Bo