DIE SIMBOLIEK AGTER DIE EMBLEME VAN DIE AWB

foto 7

 Die Drie Sewes

Die Drie Sewes-embleem verteenwoordig die Bybelse getal van voleinding en finale oorwinning in en deur Jesus Christus. Die getal 777 staan regstreeks in teenstelling en in stryd met die getal 666 - die getal van die Antichris, die dier van Openbaring.

Die sirkelvorm waarin die Sewes geplaas is simboliseer voortdurende beweging en dus ewige lewe in en deur Christus.

Rooi: Simboliseer die bloed van Christus wat aan die kruis vir ons sondes gestort is. Ook die bloed van die Christene wat al gevloei het as gevolg van vervolging vir ons geloof en die bloed van die Boerevolk wat gevloei het in sy strewe na vryheid.

Wit: Simboliseer die suiwerheid van ons ideaal.

Swart: Is die heraldiese simboliek vir dapperheid. 

foto 8

Die Arend

Met hierdie embleem gee die AWB erkenning aan die Bybelse simboliek van die arend wat die beskermende sorgsaamheid van die Here uitbeeld: "Soos 'n arend sy nes opwek, oor sy kleintjies sweef, sy vlerke uitsprei, hulle opneem, hulle dra op sy vleuels - die Here alleen het hom gelei, en daar was geen vreemde God by hom nie" (Deut 32:11 en 12) en "Bewaar my soos U oogappel: verberg my in die skaduwee van U vleuels" (Ps 17:8)

Deur die eeue heen het Christenvolke die arend in hul landswapen, skilde en familiewapens
gebruik. Dit is derhalwe uiters gepas dat aan die bokant van elk van die
landswapens van die ou Boererepublieke 'n kragtige arend gepryk het. Die arend
wat die AWB as embleem gebruik, word stilisties uitgebeeld ten einde hom te
onderskei van alle ander arend embleme.


 

graphic2 

Die Vierkleur

Die Transvaalse Vierkleur is deur ds Dirk van der Hoff ontwerp. Die vlag is die eerste keer op 6 Januarie 1857 in Potchefstroom en op 23 Februarie 1857 in Pretoria gehys.

Op 18 Februarie 1858 bet die Volksraad die Vierkleur tot die amptelike vlag van die Zuid-Afrikaanse Republiek verklaar. Nadat die Boere besluit het om die Britte uit Transvaal te verdryf, is Heidelberg tot tydelike hoofstad verklaar en is die Vierkleur weer op Geloftedag van 1880 daar gehys. Die Eerste Vryheidsoorlog het gevolg en onder die Vierkleur is die Boerevolk tot 'n ware volk in 'n eie vrye Republiek gesmee. Roemryke oorwinnings is behaal en wêreldwyd het die Boere en hul vlag bekendheid verwerf.

Die wêreldberoemde Vrystaatse Boeregeneraal, Christiaan de Wet het ook in hier die oorlog onder die Vierkleur geveg. Die Union Jack het naamlik die Vierkleur die stryd aangesê.

Tydens die Tweede Vryheidsoorlog (1899-1902) was die Vierkleur weer die vryheidsvaandel. Onder hierdie vlag is die magtige Britse Ryk, ten aanskoue van 'n ganse wêreld, deur die Boere by ondermeer Colenso, Spioenkop, Magersfontein, Sannaspos en Stormberg verneder.

Op 31 Mei 1902 is die Vierkleur en die Vrystaatse vlag gestryk, maar hulle bly steeds simbole van 'n roemryke stryd en die volk se onblusbare strewe na vryheid in 'n eie vrye Boere volkstaat.

foto 10Boerejeug

Boerejeug is die Jeugbeweging van die AWB. Die Hoofleier van die AWB stel die Hoofleier van Boerejeug aan. Die Boerejeug is gestig vir daardie jongmense wat glo aan, droom oor en werk vir die pragtige ideal van volks vryheid in ‘n eie Boere volkstaat. Elke jongmens wat tot die besef gekom het dat die tyd van baie praat en twis verby is en die tyd van doen en daad aangebreek het, sal ‘n dinamiese vesting in Boerejeug vind. Die Boerejeug werk om die jeug by die volk se stryd om Vryheid te betrek.

Grondslag: Die grondslag van die Beweging is Christelik-Nasionaal. Die Boerejeug vestig sy Geloof in die Drie-enige God. Hy is die Rots pilaar waarop die Boerejeug nederig sy ideale bou en aan wie se Woord sy waardes gemeet moet word. Die Boerejeug aanvaar die BYBEL as enigste en onfeilbare WOORD van GOD


Doelstellings: Die Beweging beoog om die geloof in die Drie-enige God en die Christelike Godsdiens op so ‘n wyse by die jeug in te skerp dat die alledaagse doen en late uiting sal wees van die geloofslewe. Om die jongmense te inspireer om te werk vir die oprigting van ‘n Boere volkstaat op eie bodem onder ‘n volkseie owerheid. Om ‘n aktiewe bydrae te lewer ten einde die Volkstaat so spoedig moontlik te laat oorgaan van minderheid besetting na meerderheid besetting en daarvandaan na alleen besetting as uiteindelike doelwit. Om sy deel daadwerklik by te dra om die Boerevolk op ekonomiese en maatskaplike terrein onafhanklike te maak.

Simboliek: Die Vlam van voortbestaan simboliseer lewe, hoop, Vryheid en Geloof. Die Vlam is dinamies soos die dinamiek van ons jongmense. Die Vlam reik na bo soos die jeug se Geloof en hoop in ‘n nuwe toekoms. Vuur maak rein en die vlam simboliseer dan ook ons nederigheid en ons wil tot diens aan ons Skepper.

Die rooi, wit en blou segmente van die vlam simboliseer dat ons Boere is, trou aan ons Volk, trou aan ons ideale, trou aan ons Vryheid

Die skuinslyne waaruit die vlam brand, simboliseer die bewarende hande van God Drie-enig. Ons is as mens tot niks in staat nie, net in God en uit God is daar ware lewe, ware hoop en ware Vryheid. Boerejeug plaas homself volkome in die hande van die Drie-enige God

Die wit sirkel simboliseer die suiwerheid van ons ideal, eerlikheid, nederigheid en reinheid.

Die groen veld daaromheen simboliseer jeugdigheid, groei en nuwe lewe

Ons leuse vat alles waarin ons glo en waarvoor ons werk en droom sterk en treffend saam: “BLAAS HOOG DIE VLAM VIR GOD, VOLK EN VADERLAND”

Lede Teken In

Gaan Na Bo