• Slider Image

Geloftefees 2018

Die AWB vier hierdie jaar Geloftedag by Bloedrivier naby Vryheid.  Ons nooi alle lede en ondersteuners na hierdie herdenking van een van ons Volk se belangrikste dae.

180ste Herdenkingsjaar

Hierdie jaar op 16 Desember kom ons Volk ons belofte na soos dit deur Andries pretorius en 464 krygers en Voortrekkers aan Ons Heilige Vader belowe is in die Gelofte by Bloedrivier.

Hieronder is die program vir hierdie jaar se Geloftefees:

 

Die Gelofte

Hier staan ons voor die Heilige God van hemel en aarde om ‘n gelofte aan Hom te doen, dat, as Hy ons sal beskerm en ons vyand in ons hand sal gee, ons die dag en datum elke jaar as ‘n dankdag soos ‘n Sabbat sal deurbring; en dat ons ‘n huis tot Sy eer sal oprig waar dit Hom behaag, en dat ons ook aan ons kinders sal sê dat hulle met ons daarin moet deel tot nagedagtenis ook vir die opkomende geslagte. Want die eer van Sy naam sal verheerlik word deur die roem en die eer van oorwinning aan Hom te gee.

 


Opleidings Kamp (Bergkamp) – 23-25 November 2018

Elke maand is daar opleiding in verskeie streke.

Die AWB Wesrand bied dan ook ‘n opleidings kamp (Bergkamp) van 23 tot 25 November 2018 aan naby Magaliesburg.

Die kostes beloop R100 per gesin.

Kontak asseblief vir Hoof Kmdt Erika op 081 766 2915 vir besonderhede

 

 

Dis ‘n oorlewings kamp en nie ‘n gewone kamp nie. U sal die hele naweek van Vrydag tot Sondag in die veld wees. Dus is daar reëls en voorwaardes waarvan u moet kennis neem.

Hier volg van die reëls:

  1. Die waardes van die AWB en alle reëls van die AWB moet na gekom word.
  2. Niemand mag deelneem as die vrywaring nie geteken is nie en u streng kennis neem – die is ‘n oorlewings kamp in die natuur wat met risiko gepaard gaan. Son, weer en die natuur.
  3. Alle beserings moet gerapporteer word aan a/Vldt Rudi sonder versuim.
  4. Kinders bly elke ouer se verantwoordelikheid. Die AWB en Wesrand en sy offisiere en lede neem geen verantwoordelikheid vir kinders of ouers – hoegenaamd en geen.
  5. In die son moet hoof bedekking gedra word om son steek te voorkom. Bring son room indien jy dit gaan benodig en genoeg water – u is in die bos daar is nie geriewe nie
  6. Elke lid is verantwoordelik vir sy chroniese of ander medikasie
  7. Alle ouers moet sorg dat al die kinders veral genoeg vog in neem. Dit is en bly die ouers se Verantwoordelikheid
  8. Almal is soos een familie en elkeen moet mekaar ten alle tye die nodige respek toon. Ons leer dan ook om mekaar te ondersteun en aan te moedig.

Ons kultuur is die meetsnoer van ons voortbestaan

‘n Volk se getrouheid aan sy kultuur is die meetsnoer van sy voortbestaan.

Ons Volkskultuur het begin by Jan van Riebeek.  Hulle het dinge anders gedoen as in Europa omdat hulle omstandighede anders was.  Die voortrekkers het weer anders gedoen op trekpad as in die Kaap, weer omstandighede. Omstandighede is dus ‘n bepalende faktor by vorming van kultuur VIR DIE GEWONE MAN, maar Volkskultuur word gevorm deur die dinge wat nie deur omstandighede verander kan word nie.  Die goed wat die Volk nie bereid is om verlore te laat gaan nie; die goed wat hom as Volk identifiseer, by voorbeeld:  Christelike waardes en normes.

Ek as individu neem alle besluite met inbegrip van my Christelike waardes en normes.  Dit maak my deel van hierdie Volk.  Doen ek dit nie verwerp hulle my.  So is daar ook ander kulturele vereistes waaraan voldoen moet word om deel van Volk te wees.


Nou hoe is ons in 2018 ?

Dink bietjie hoe moet ons wees.  KOM loop en werk saam met my.  Ons laat ons kultuur herleef en ons bou dit tot hoogtes wat ons nageslag in verwondering sal laat wanneer hulle terugkyk en sien waaruit ons gebou het tot waar hulle dan is.


Ons is n volk wat wondere kan verrig

Ons is n onoorwone volk wat laat slaplê het, maar vir ons wag daar n blink toekoms.  ‘n Mooi toekoms vir ons kinders wanneer ons bou aan Volkskultuur.  Vir elke tree wat ons gee, gee ons SKEPPER ‘n tree saam met ons en dan sal ons sien wie kan ons vertrap!

AWB Skiet Dag 10 November 2018

AWB Skiet Dag 10 November 2018

Plek: Derby Skietbaan Noordwes
Tyd:  Inskrywings begin om 07h30
Koste:  R50 baanfooi per skut

Kom bymekaar 06h00 by Derby Afdraai… vetrek om 06h15

GEEN ONWETTIGHEDE ASSEBLIEF

Onthou eie stoel en Sambreel/Gazebo
AMMUNISIE KAN BESTEL WORD by Brig. Bezuidenhout 084 250 2150

LEKKER POTJIEKOS BESKIKBAAR!
Beskikbaar teen ‘n fooitjie: Koffie, Koeldrank, Water en Lekker Pannekoek

DERBY SKIETBAAN – 10 NOVEMBER 2018

STANDAARDISERING VAN SKIETBYEENKOMSTE: AWB 1. Met die oog op komende skietbyeenkomste, is opdrag gegee dat ‘n standaard prosedure vasgestel word.

2. Die volgende aanbevelings word gedoen: 2.1 GEWEER 2.1.1 Kaliber: 223 en groter. Kleiner kalibers beskik nie die verlangde rykafstande nie. 2.1.2 Afstande: 50m uit die vuis, staande. 100m vanaf skiettafel met geen ondersteuning soos sandsakkies. 150 en 200m, dooierus oor sandsakkies. Vyf (5) skote per afstand. Daar kan van valplate gebruik gemaak word, indien dit beskikbaar is.

2.2 HANDWAPENS (PISTOOL/REWOLWER) 2.2.1 Kaliber: Enige kaliber. 2.2.2 Afstande: 5, 7, 9 en 12 meter. Al genoemde afstande word staande geskiet. Vyf (5) skote per afstand – 60 sekondes (1 minuut.) Indien ‘n lid van ‘n BXP of handkarabyn gebruik maak, kan hy wel die afstande skiet, maar sal telling apart gehou word. Die lede het ‘n voordeel bo die ander skuts, aangesien die wapen oor ‘n opvou kolf beskik en teen die skouer vasgedruk word.

3. ALGEMEEN 3.1 Om onmin te verhoed moet lede poog om met hul eie wapens te skiet en net in spanverband mekaar se wapens te leen. 3.2 Alle skuts is verplig om wapenlisensies te toon en die betrokke baanregister te teken. 3.3 Spanne van vyf (5) lede behoort ingeskryf te word, vir bepaling van beste span. 3.4 Waar gebiede minder as vyf (5) lede het, sal hierdie skuts slegs meeding vir beste skut vir

die onderskeie wapens. 3.5 Pryse moet deur die gebied wat die skietdag aanbied, gereël word. • Beste skut – telling lang geweer. • Beste skut – telling handwapen. • Beste span – telling lang geweer en handwapen. • Beste span – algeheel 3.6 Daar moet gepoog word om dames ook by die skietdae te betrek en ook om vir pryse mee te ding. 4. Skietoefening moet om 09h00 begin. Inskrywings kan reeds vanaf 07h30 geskied. 5. Daar is toiletgeriewe by die skietbaan . 6. Daar is ‘n bestaande afdak. Elkeen – deelnemer asook lede wat nie by die oefening betrokke is nie – bring eie stoel vir gerief. 7. Indien ‘n gebied nie oor genoegsame baanoffsiere beskik nie, moet vroegtydig reëings met ander gebiede getref word. 8. Die plaaslike SA Jagtersvereniging moet ook genader word sodat lede se deelname vir die dag na hul gestuur kan word. 9. Wapens moet te alle tye in skede of geweersak wees.

10. Bril en gehoorbeskerming sal gedra word op die baan. Geen doppies in ore nie slegs oor- mowwe. Indien u nie het nie, sal dit voorsien word.

11. Ouers is verantwoordelik vir hulle kinders en hulle moet ten alle tye onder toesig wees. 12. Terrein moet ten alle tye skoon en netjies gehou word. Na afloop van die verrigtinge, moet alle doppies opgetel en verwyder word. 13. Genoegsame hulp moet vir die dag gereël word sodat dit nie nodig vir skuts is om self hul teikens af te haal nie. 14. Verversings sal te koop aangebied word en u word versoek om die streke te ondersteun.

Brig. Jerry Bezuidenhout Bevelvoerder Noord-Wes Streek (Organiseerder skietdag)

Kaart na Skietbaan

Durban Openbare Vergadering

Openbare AWB vergadering sal in Durban gehou word Donderdag 18 Oktober 2018 stiptelik om 19:00 te Firwood Sportsklub, Northdene, Durban.

Hoofspreker: Leier Steyn von Ronge.

Vir verdere inligting en navrae kontak gerus vir

/Kmdt. Hendrik Meyer 073 532 8693 of

Kol. Ken Terblanche 078 451 5431.

Richardsbaai Openbare Vergadering

Openbare AWB vergadering sal in Richardsbaai gehou word Dinsdag 16 Oktober 2018 stiptelik om 19:00 te Nyati Lodge Birdswood, Richardsbaai.

Hoofspreker: Leier Steyn von Ronge.

Vir verdere inligting en navrae kontak gerus vir

H/Kmdt. Danie Heenop 0630115704 of

Kol. Ken Terblanche 078 451 5431.

Krugerdag

Na die 1994 verkiesing het die ANC regering Krugerdag weggeneem as deel van hulle aanslag op ons Volk se taal en kultuur.  Krugerdag, ook bekend as Heldedag, is sedert 1882 gevier terwyl Paul Kruger nog gelewe het.  Hy was op daardie stadium nog adjunkpresident, maar omdat hy soveel respek van volksgenote geniet het is sy verjaardag, 10 Oktober, met ‘n feesdag gedenk.  In 1883 het die dag ‘n openbare vakansiedag geword.  Toe die  Zuid-Afrikaansche Republiek deur Brittanje verslaan is het hulle ook die dag nie meer as openbare vakansiedag erken nie. Selfs met Uniewording is die dag nie weer ingestel as vakansiedag nie en het dit so gebly tot 1952.  Toe die Nasionale Party aan bewind kom het hulle in 1952 die dag ingestel as Heldedag hoewel meeste mense dit steeds Krugerdag genoem het.  Dit het aanvaarbaar geword om beide name te gebruik waar verwys word na 10 Oktober.

Ons onthou en vier vandag Krugerdag en onthou ook ons helde uit ons geskiedenis.  President Paul Kruger het ons dan ook geleer: “Neem uit die verlede wat goed is en bou daarop vir die toekoms”

State President Paul Kruger at his inauguration in 1898

AWB Vaaldriehoek Skenkings

Die AWB Vaaldriehoek streek was die naweek by n wit plakkerskamp uitreiking gewees.

Ons het in Samewerking met vele organisasies skenkings ingesamel met insamelings veld togte en met behulp van media, skenkings gekry vir die doel van uit deel van voedsel en kleurasie en speelgoed vir kinders en Groot mense wat in wit plakkers kampe woon agtig is en nie regig n inkoste het nie die Las vir n paar dae te Kan verlig. One is met ope hande ontvang en die behoeftiges is gehelp in 2 verskillende kampe. Ja daar is baie politiek in die kampe met uit deel van voedsel en kleure wat ontvang word Deur mense wat daar bly en die eienaars van die perseel. Ons doel is bereik en die voedsel en speelgoed het op regte plekke uitgekom. Dit is baie hartseer om te sien hoe ons mede mense so verval en agteruit gegaan het weens elke een se eie omstandaghede. Ons vra vir meer nie bederfbare voedsel en Dames benodaghede aseblief. Klere is nie nodag nie omdat hulle in hul Klein kamerkies nie kaste het nie en ook nie plek het om klere te bere nie.