AWB NoodWes Voertuig Ontruiming en Drill
Opleiding op 3 Maart 2018
Opleiding op 3 Maart 2018
Die Eerste Vryheidsoorlog
In die hele 19de eeu tot vandag toe het Groot Brittanje net een oorlog verloor: teen die Boere van Transvaal gedurende Desember 1880 tot Maart 1881. Bowendien is Groot Brittanje in al die veldslae van hierdie oorlog verslaan: Bronkhorstspruit (20 Desember 1880), Laingsnek (28 Januarie 1881), Ingogo (8 Februarie 1881) en Majuba (27 Februarie 1881).
Wat was die hoofoorsaak van die Eerste Vryheidsoorlog?
Dit lê in die feit dat Groot Brittanje op 12 April 1877 die vrye, onafhanklike Transvaalse Republiek geannekseer het en dit ‘n kolonie van die Britse Ryk gemaak het. Sir Theophilus Shepstone , goewerneur van Natal, het dit in opdrag van die Britse regering gedoen. Dit was ‘n verbreking van die Sandrivier-Konvensie van1852.
Aanhoudende proteste deur die Boereleiers se deputasies na die Britse owerhede in Londen en in die Kaap – o.a. deur Paul Kruger – op grond van die Sandrivier-Konvensie, het egter na drie jaar (1877-1880) steeds op dowe ore geval. ‘n Reeks protesvergaderings wat deur duisende Boere op verskillende plekke gehou is, het die dreiging van oorlog duidelik uitgespel.
‘n Nuwe protesvergadering is vir 8 Desember1880 op die plaas Paardekraal opgeroep. Hier het ‘n vergadering van tienduisend Boere die onafhanklikheid van Transvaal uitgeroep en die Volksraad herstel onder leiding van Paul Kruger, Piet Joubert en MW Pretorius. ‘n Proklamasie wat die herstel van die Transvaalse Republiek aankondig, is dadelik aan die Britse owerheid gestuur. Dit het ‘n oorlogsverklaring beteken. Heidelberg is as tussentydse hoofstad gekies.
Die Slag van Majuba
Vandag is dit die 137ste herdenking van een van die veldslae van hierdie oorlog : Die Slag van Majuba. Die ou Romeine het ‘n spreuk gehad: “Montari simper liberi.” Dit beteken bergklimmers is altyd vry: Vir die Boere het dit op 27 Februarie 1881 letterlik waar geword. Hoe hoër hulle Majuba – Berg van duiwe – opgegaan het, hoe vryer het hulle geword! Die Boere onder genl Piet Joubert het die Engelse onder genl George Pomry Colley verpletterend verslaan. Colley het ook tydens die slag gesneuwel.
Die Boere het in drie afdelings die berg bestorm: In die middel regs na bo assistant-veldkornet Fanus Roos en sy manne; regs van hom kommandant Joachim Ferreira en sy manne en links assistant-veldkornet Danie Malan met sy manne. Roos het die noordelike flank aangeval en het oos van Gordon se koppie oor die berg gekom. Ferreira het die westelike flank aangeval en oor die berg by Mc Donald se koppie gekom. Malan het die oostelike flank aangeval en oor die berg by Hays se koppie gekom.
Die Boere se taktiek was meesterlik. Die gebruikmaking van “dooie grond”, dws waar die vyand jou nie kan sien nie en kruisdekking met akkurate vuur was dodelik.Feitlik ongesiens het die Boere in ‘n lang halfmaan rondom die Majubakruin al nader en nader beweeg. Dit was met ‘n ongelooflike geduld vir ses ure lank. Teen elfuur se kant was die voorstes alreeds onder die regop kranse van die kruin ….
Die betekenis van Majuba
Naas Bloedrivier was die veldslag van Majuba vir die Boere die belangrikste in hulle geskiedenis. Die betekenis is onberekenbaar:
1. Afrikaners met hul eie identiteit van taal en kultuur en ‘n eie volksbestaan soos alle ander volke in die wêreld, het met Majuba, ‘n voldwonge feit geword.
2. Die Britse politieke beleid in Afrika moes aangrypende aanpassings maak. Sy kolonialisme het ‘n nuwe dimensie gekry.
3. Maar helaas, Majuba het die grootste wraak van Groot Brittanje wat nog ooit teen die klein Boerevolkie gepleeg is, ontketen. Die Britse trots kon nooit die vernedering van Majuba verwerk nie. Koningin Victoria het met verbittering uitgeroep:”I do not like peace before we have retrieved our honour.” “Remember Majuba!” het die Engelse se nuwe strydkreet geword. Die oorlog van 1899 tot 1902 tussen Boer en Brit het op ‘n massale bloedvergieting uitgeloop…
Majuba – Berg van duiwe
Majubaberg staan 2 150 meter bo seespieël. Die Zoeloes noem hom Majuba – berg van duiwe. Staan ‘n mens op ‘n helder dag op die kant van Majuba se top, sien jy in alle rigtings byna eindelose panoramas. Na die suide sien jy die pragtige middelande van Natal met die reuse Drakensberge na jou regteroog se kant toe. In die weste lê die Oranje-Vrystaat. Na die noorde wink die heuwels en dale van Oos-Transvaal. En na die ooste gaan jou oë oor Laingsnek waar die Boere hulle stellings gehad het.
Op die berg Majuba staan jy op ‘n uitkyktoring van die Boere-Afrikaner se geskiedenis. Die woord “vryheid” kry hier ‘n aanskoulike betekenis. En ook die woord “vrede” word geweldig belangrik. Inderdaad “Berg van duiwe.”
Geagte Volksgenoot
Die afgelope naweek was die 137ste herdenking van die Slag van Majuba. Die Sentrale Komitee het dit as ‘n gulde geleentheid gesien om ‘n vergadering te hou in Volksrust, ten einde sekere aangeleenthede te finaliseer met die oog op die komende verkiesing.
Dit is met groot dankbaarheid teenoor almal wat die vergadering bygewoon het, dat ek vandag die volgende met al ons kiesers en voornemende kiesers kan deel:
1. Die datums is as volg
1.1 Vir die verkiesing:
Spesiale stemmme: 11 en 12 Oktober
Stembus stemme: 13 Oktober
1.2 Nominasies vir Volksraadlede open 1 Maart en sluit 30 Junie
1.3 Sekondante vir Volksraadlede open 1 Maart en sluit 30 Augustus
1.4 Registrasie van kiesers sluit 30 Augustus (sodat naam op kieserslys kan verskyn)
2. Geen elektroniese registrasie van kiesers sal toegelaat word nie, maar wel die aanstellings van RB’s en SK’s wie reeds geregistreer is as kiesers.
3. Daar sal binnekort ‘n verkiesingskonferensie/werkswinkel gehou word waarna alle streek-koördineerders uitgenooi sal word. Bywoning is verpligtend. Kennis sal betyds gegee word.
Hou in gedagte dat die reg op selfbeskikking slegs namens ‘n volk opgeëis en beding kan word deur diegene wat van die volk daartoe opdrag ontvang het by wyse van ‘n vry, regverdige en demokratiese volksverkiesing.
Ek sluit af met ‘n aanhaling van Dr DF Malan. Lees dit, begryp dit en kom u verantwoordelikhede teenoor die Boere-Afrikanervolk en sy opkomende geslagte na. Hy het gesê: “Roepingsbewustheid is vir enige volk, net soos vir enige individuele mens, onontbeerlik. Dit alleen gee aan hom ‘n gevoel van eiewaarde en skep ‘n innerlike krag wat berge kan versit.”
Volksgroete.
Christo Snyman
Voorsitter VVK
Die afgelope tyd het ons van verskeie persone en ook organisasies korrespondensie gekry, waar hulle vanuit die buiteland as individue hulle steun asook hulp aangebied het aan die AWB. Hier is ons reaksie en terugvoer aan n persoon. Ongelukkig kan ons nie name noem nie om hulle identiteit te beskerm.
Goeie dag geagte Kolonel / Generaal
Ek sit in Neeu Seeland en het n epos gestuur vir aansoek vorms, na aanleiding van n klompie versoeke wat gedoen is vir mense om voor te berei en op te teken. Ek wou weet of daar oorseese komandos is ens. My idee was dat ons van die buiteland af kan help en ondersteun, gehoop so iets was al in plek. Ek het nog geen vorm of epos ontvang nie.
Soos ek gewag het vir die AWB om terug te kom na my toe het ek meer van julle gesien en tot die besef gekom, ek sien baie geweld en baie van die AWB, maar nooit saam nie. So het ek een van die mense geword wat vra waar is die AWB?
Om mense te oortuig dat julle n waardige beweging is om te ondersteun raak moeilik as jy die byeenkomste sien en almal wat so mooi en getrou by die vergaaderings opdaag en in uniform staan, maar daar is niks as die videos kom met moeilikheid en op togte nie.
Ek probeer verstaan, nie afbreek of moeilikheid soek nie, ek besef goed genoeg ons moet saam staan, so hierdie is nie n brief van twis nie.
Waarvoor teken ek op, wat gaan my bydra help?
Gaan die AWB daar wees as my famielie lede in nood is by n skool waar optogte en onliste is of hulle besighede word af gebrand? Wat se ek vir mense hier wat die doel is om julle te ondersteun en wat wys ek hulle wat julle doen en/of gedoen het?
Wel daar is baie vra en ek kan boekdele skryf, maar tot daar gelaat vir eers.
Onthou assseblief, ek is nie hier in Neeu Seeland omdat ek mal is oor die engelse nie, ek soek my land terug en as ek kan help gaan ek.
God se seen oor julle.
Mnr XXXXXX
WAAR IS ONS?
Geagte mnr XXXXXXX
U besondere skrywe is met uiterse positiwiteit deur die Generale Staf van die beweging ontvang en bespreek. Dit is dan ook met genoeë dat ons u paar knellende vrae baie eerlik wil beantwoord.
U maak die stelling dat u een van die mense geword het wat vra “waar is ons?”. Dis met trots dat ons u kan meedeel dat ons nog dieselfde organisasie en gesetel op dieselfde plek is.
Die beweging is tans soos nog altyd goed georganiseer en bestaan uit ‘n effektiewe, duidelik gedefineerde en doelwitgerigte hoofkwartier en generale staf. Mr Steyn von Rönge, ‘n bekende boer vanuit die Vrystaat, lei alreeds die beweging op ‘n uiters bekwame en professionele wyse vanaf lank voor die heengaan van mr Eugéne Terre Blanche.
‘n Adviesraad beman deur gesoute en bekwame lede is voortdurend besig om die situasie in Suid Afrika te monitor en op meer as gereelde basis die leierskap te adviseer ten opsigte van optrede tydens natuur- sowel as mensgemaakte rampe. Hierdie funksie navigeer tussen die werklike bedreiging en die relatiewe bronne en vermoëns wat werklik en potensieël tot ons beskikking is. U sal dus besef dat die beweging hom beywer vir die beskerming van sy lede.
Voorts word ons steeds in al die gebiede in die RSA deur bevelslui en tiene van duisende lede verteenwoordig. Daar sal sekerlik nooit genoeg wees nie en ons is voortdurend besig met werwing ten einde die normale atrisie en kundigheid te ondervang.
U noem voorts dat u van ons sien maar nooit saam nie. U sal ook wil vra hoekom u nie van ons hoor nie? Die antwoord daarop is baie duidelik. Gedurende 1994 het hier ‘n regering oorgeneem wat die Afrikaner nie goedgesind is nie. Dieselfde regering beheer die media en sodoende word die beweging dus doodgeswyg. Behalwe vir die verlies aan reklame, pas dit ons ook soos ‘n handskoen.
U verneem of ons oor buitelandse kommandos beskik. Die beweging bestaan in wese oor dienende lede, nie-dienende lede asook simpatiseerders. Van hierdie simpatiseerders verkeer hoofsaaklik in die buiteland en ons noem graag een voorbeeld. n Persoon, gebore en getoë in Suid Afrika en ‘n vooraanstaande lid van United Airways, bevorder tans ons saak in die VSA vanwaar hy woonagtig is in Knoxville Tennessee. So kom ons in aanraking met groter organisasies soos wie ons wel baie simpatiek gesind is. U voorstel van buitelandse kommandos word ernstig ter harte geneem maar nie oorweeg nie aangesien die bedreiging van binne is. U steun vanaf die buiteland sal wel waardeer word.
U vra die knellende vraag of die AWB daar gaan wees as u familie in die nood is. Die antwoord is hier weereens ‘n onomwonde ja aangesien die beweging hom vir die vryheid en selfbeskikking van die Afrikaner bearbei. In dieselfde asem moet ons ook baie eerlik wees dat die beweging nie oor die menslike sowel as ander volhoubaarheidsbronne beskik om die Volk as geheel te dien nie. Op hierdie stadium oefen die Suid Afrikaanse Polisie beheer uit oor onluste en die AWB is ook deeglik betrokke by die polisieforums en op bystand sou ingryping benodig word. U sal begryp dat die bestuur hiervan baie sensitief benader word. Alhoewel ons nooit ons rug op mede Afrikaners sal draai nie werk ons tog op ‘n beginsel dat ons primêr ons eie lede sal beskerm.
Die AWB is geen geheime organisasie nie en beskik ook oor ‘n webtuiste waar u kan gaan rondblaai en u vergewis van wat ons, spesifiek in die gebiede en streke doen. As doelstellings het die AWB net twee strategiese doelwitte en dit is fisiese- sowel as geestelike weerbaarheid van sy lede. In die onderskeie gebiede en streke word gereeld verootmoedigingsaande/dienste gehou en die beweging beskik selfs oor ‘n eie geloftefees-komitee.
Die beweging het aan die hand van sy leier mr. Steyn Von Rönge, asook met die medewerking van die beweging se adviesraad, ‘n alliansie, Veiligheids Alliansie Suid Afrika (VASA) met meer as 30 ander Afrikanerorganisasies in die lewe geroep. VASA word bestuur onder voorsitterskap van die AWB leier mr Von Rönge. Die AWB bly die hoofrolspeler in hierdie alliansie.
In huis beskik die beweging ook oor ‘n eie opleidingsfasiliteit asook ‘n baie goed georganiseerde opleidingsakademie waar volksgenote (nie noodwendig lede nie) opleiding in noodweer asook huis en haartbeskerming en vele ander veiligheids- en leieropleiding ontvang.
Laastens deel ons ook graag met u dat ons steeds oor die trotse Ystergarde beskik. Hierdie komponent is nie gebiedsgebonde nie en kan vir spesiale take sowel as ‘n reaksiemag getaak word.
Ons hoop regtig dat daar van die kwellende vrae beantwoord is.
Ons lei af dat u familie en vriende in Suid Afrika het. Motiveer hulle om by die beweging aan te sluit en aktief deel te neem. Laat hulle asseblief met ons skakel of kom kuier as u weer in die land is.
Baie sterkte daar in die vreemde
777groete
CHRIS VAN WYK
KOMMANDANT GENERAAL
Die Overvaal Skoolsaak
Die staat (onderwysdepartement) en ondersteuners van die EFF, ANC en SAKP se optrede in die Overvaal-skoolsaak toon onmiskenbaar dat dit nie vir hulle om die kinders se belange gaan nie, maar eerder om nóg ’n Afrikaanse skool te verengels. Daarom is hoofde van omliggende skole deur die departement geïntimideer om valse verklarings te maak, betoog die mense by die skool en dreig selfs om dit af te brand.
Ons dank aan regter Prinsloo wat in die skool se guns beslis het. Hy kon dit doen omdat die skool se getalle reeds vol is, en nie om die Afrikaanse kultuur van Overvaal te beskerm nie, want die Grondwethof het mos reeds op 21 Junie 2016 uitspraak gelewer wat daarop neerkom dat “any reliance by white South Africans, particularly White Afrikaner people, on a cultural tradition founded in history, finds no recognition in the Constitution.” Daarom weet die departement dat hy met ’n appèl tot in die Grondwethof waarskynlik sy sin sal kry. Oorvol taxi’s, busse, treine en skole pla daardie mense nie.
Wat is die kanse dat ’n Afrikaanse kind aanspraak kan maak op sy grondwetlike mensereg om by ’n Engelstalige skool toegelaat te word en daar in Afrikaans onderrig te word? ’n Ronde nul, want telkens werp die menseregte net na die een kant toe en is dit die Afrikaner wat moet bes gee. Van De Klerk se “wigte” en “teenwigte” sien ons net die (ge)wigte van die blink uitgevrete ministers en amptenare wat hulleself help en ons vertrap.
Hoe smalend sommige mense ook al oor ons strewe na selfbeskikking mag wees, dring dit ook al meer tot volksgenote deur dat eie regering vir ons volk in ’n eie staat die enigste oplossing is vir ons behoud, want in ’n demokrasie bepaal getalle, en slegs getalle, die gang van sake, niks anders nie. En wee jou as jy een van ’n wit minderheid in ’n swart “democracy” is!
AE BREYTENBACH
Voorsitter van die Boere-Afrikanervolksraad en
Leier van die HNP
18 Januarie 2018
Geagte Volksgenote
Aan alle lede en vriende van die AWB :
Bravo …..ons is 8%, maar ons het die invloed van ‘n 80% ! Aan die suidpunt van Afrika bly daar ‘n spesiale klomp mense. Al tel hulle onder minder as 8% van die land se bevolking, is hierdie mense besonder merkwaardig:
So merkwaardig dat die ANC – meerderheidsregering amper daagliks wette skep of wysig om hierdie klein minderheidsgroepie te kriminaliseer, te marginaliseer en te penaliseer;
So merkwaardig dat hulle sonder ‘n parlement, polisie, stemkrag en staatshulp elke dag aan ‘n toekoms voortbou omdat hul glo dat God hulle hier geplaas het met ‘n spesifieke doel en roeping; en
So merkwaardig is dat hul vir bykans vier eeue reeds hier oorleef – geboelie deur die magtige Brittanje, die Groot Depressie, die onregverdige ANC en barbaarse plaasaanvalle.
Die omstandighede waarin hierdie mense leef, is ontwerp om hulle te vernietig, maar hulle word net sterker en sterker, en hul geloof in God net groter.
Hulle eet biltong en beskuit, drink moerkoffie en gaan Sondae kerk toe. Hulle sing “Ou ryperd” en hou vakansie by die see; hulle hou van braai ( met mieliepap of patats); hulle help graag ook ander mense.
Hulle is trotse BOERVOLK lede – en ek is ook een !
God’s rykste seën vir die jaar wat voorlê. Mag julle elke oomblik Sy genade, beskerming en oorvloed ervaar.
Met ons oog gerig op God ons Skepper en Hemelse Vader, en met Hom as ons Leidsman glo en vertrou ons dat ons redding en die vryheidsideaal wat ons koester eersdaags in vervulling sal gaan.
“ GOD IS DIE LAER OM ONS HEEN,
GOD DIE GETALLE WAT ONS STEUN”
Mag ons in 2018 steeds van krag tot krag groei !
Hoog die Vierkleur
Hoog die Boervolk
Laat paraatheid u wagwoord en leuse wees.
Leier van die AWB en Generalestaf.