Persverklaring t.o.v. Swart Maandag
Persverklaring t.o.v. Swart Maandag – 30 Oktober 2017
Hierdie verklaring word uitgereik na aanleiding van goed nagevorste informasie en inligting deur die AWB se Hoof van inligting.
In die eerste plek is dit nie onbekend dat die Khoisan volk reeds lank ook streef na selfbeskiking nie, en het hulle al sedert 7 Julie 2002 aanspraak gemaak op erkenning van selfbeskiking.
Hulle het in die onlangse verlede ‘n grondeis ingedien wat van die hand gewys is.
Sover ons kon vasstel tot op 25 September 2017 kon geen nuwe inligting of bewyse bekom word aangaande die huidige sogenaamde “Verdrag van Goeie Hoop” en of die “Verenigde State van Goeie Hoop” behalwe dit wat op die sosiale media beskikbaar is nie. Ook geen nuwe inligting aangaande hulle grondeis en erkenning om selfbeskiking nie, sowel as hulle doelwit vir die toekoms nie.
Hierdie dokumente is ook onderteken namens die Eurokaners. Nou wie hierdie groepering ook al mag wees is ons nie bewus van nie, en wie hulle verteenwoordig het om die dokument te onderteken is tans ook onbekend aan ons.
Om sessesie te wil pleeg vereis ‘n bepaalde proses, en is die AWB van mening dat daar nie behoorlik aan die proses voldoen is nie. Daar moet aan bepaalde staatkundige bepalings voldoen word. Om rede daar nie bewyse bestaan vir die proses nie is dit te betwyfel of aan die bepalings voldoen is.
In praktyk beteken dit om sessesie te pleeg, dit wil sê eensydige afskeiding binne staatsverband, dat hierdie grondgebied beset moet kan word, sowel dat dit verdedig moet kan word. Hier word beoog om sessesie oor internasionale grense heen te pleeg, volgens dokumente in die AWB se besit. Lande wat dit insluit is onder andere Namibië, Angola, Botswana, Lesotho en groot dele van Suidelike Afrika.
Wat verder kommerwekkend is, is die feit dat die inwoners van die gesesseseerde gebied onderdane word en ondergeskik sal wees aan Khoisan Koning Khoebaba Calvin Cornelius III. Verder word verkondig dat die aksie plaasvind in die naam van God Almagtig . Ons as lede van die AWB en die Boervolk is net ondergeskik aan die Leierskap van God ons Skepper en ons Hemelse Vader, en niemand anders nie.
‘n Vreedsame proses word verkondig maar ‘n geweldadige poging word gepredik om onwelkome persone binne die bepaalde gebied te verwyder soos die ANC, EFF , BLF en andere. Hierdie aksie gaan lei tot konfrontasie wat tot geweld en bloedvergieting aanleiding gaan gee.
Sover dit die AWB se kennis strek is ons onbekend vir wie die mandaat gegee is om namens die “Afrikaner” in die proses betrek te word, sowel as die ander deelnemende partye.
Die Boere-Afrikaner Volksraad onder die leiding van die Volksraad Verkiesings Kommissie is al bykans 7 jaar besig met die proses van selfbeskiking in ‘n eie grondgebied vir die Boervolk en het tot hede nog geen finale uitslag in die proses behaal nie, alhoewel sekere doelwitte suksesvol bereik is. Vir 300 jaar streef die Boervolk al na Vryheid.
Dit is die AWB se beskeie mening dat hierdie eensydige sessesie proses wat van stapel gestuur is grens aan Hoogverraad; dieselfde as die Mangaung verhoor te Bloemfontein en die moontlike beskuldigdes etlike jare van tronkstraf in die gesig kan staar.
Die AWB se ondersteuners basis is oor totaal die hele Suid-Afrika versprei, en uit die aard van die saak sal die leierselement van die AWB na die belange van die lede van die beweging omsien in hoe verre dit hul veiligheid aangaan, en sal nie betrokke raak by aangeleenthede waar die veiligheid van lede bedreig word nie, soos blyk uit hierdie aksie.
Die “Afrikaner Gemeenskap” wie hulle ookal mag wees verwerp ook hierdie plan van geweldadigde aksie.
Oor die totale bestaanstydperk van die Khoisan is en was hulle ‘n nomadiese volk. Om ‘n gebied soos deur hulle voorgestel eensydig in besit te neem is volgens die AWB nie haalbaar nie, alhoewel hulle moontlik oor honderde jare heen daaroor getrek het.
Die moontlikheid moet ook nie uitgesluit word oor watter invloed daar deur duistere “magte” uitgeoefen word in hierdie proses nie, en watter moontlike rol deur “hulle” gespeel word nie.
Die AWB is van mening dat hier net ‘n halwe waarheid verkondig word omrede daar in die verlede wel aanspraak was op selfbeskiking deur die Khoisan sowel as ‘n moontlike grondeis.
Die AWB doen ‘n beroep op sy lede om hierdie as ( “fake news” en “hoax” ) vals berigte af te maak tot tyd en wyl meer besonderhede verkry kan word wat die aangeleentheid kan bevestig. Bewyse van onoordeelkundige besluitneming is hier aan die orde van die dag en spruit duidelik na vore in die dokumente wat deur die AWB ondersoek is.
Die AWB erken ook nie die ANC Regering van die dag nie, waar misdaad en korrupsie hoogty vier nie. Maar om volksvreemdes te ondersteun en aan wie jy onderdanig moet wees, is nie vervat in die Program van Beginsels soos deur die Leiers van die AWB en sy lede onderskryf nie.
Die AWB is nie bereid om binne hierdie komglomoraat van rolspelers deel van te word nie. Vryheid is primer ‘n doelstelling van die AWB – maar dan word ons regeer deur ons eie mense, in ons eie grondgebied en met God alleen as ons Leidsman.
Die AWB doen ‘n beroep op sy lede en ondersteuners om kalm te bly in die huidige omstandighede, u self paraat te kry en voor bereid te wees teen die misdaad vlaag in die land wat tans heers. Verder poog ons binne die AWB en ander alliansie vennote om soewereine Vryheid vir die Boervolk te beding.
Die AWB het die vinger op die pols deurmiddel van sy Adviesraad, beman deur kundige en wel deurwinterde persone, om in tye van nood ‘n Gesamentlike Operasionele Sentrum te beman en van daar insedent bestuur toe te pas.
HOOG DIE VIERKLEUR
AWB
26 September 2017
Geagte Kiesers,
Kiesers wie nie by een van die stemvergaderings hulle stem kon uitbring nie, is welkom om dit aanlyn te doen by die volgende skakel: http://vvk.co.za/Stem/
ID-nommers sal nagegaan word om te verseker dat elke kieser slegs 1 keer stem.
27 April 1994: Ons vaderland word op ‘n skinkbord aan ‘n Swart terroriste-organisasie oorhandig. Die mate van vryheid wat ons gehad het, is daarmee heen. Maar min mense weet dat skaars ses maande later, die deur na nuwe moontlikhede op ‘n skrefie begin oopgaan: Op 3 Oktober 1994 onderteken die ANC-regering die International Covenant on Civil and Political Rights (“ICCPR”). Artikel 1 van die ICCPR bepaal: “Alle volke het die reg op selfbeskikking. Ingevolge daardie reg, bepaal volke vrylik hulle politieke status…”
Dus: Ons het die reg om vry te wees. Maar solank ons niks doen om onder die ANC-bewind te probeer uitkom nie, sal ons verkneg en onderdruk bly; en moet ons nie daaroor kla nie. Die Volksraad wat ons in 2011 gekies het, het die weg gevolg wat die Reg voorskryf in die verband en die lang papierspoor getrap wat getrap moes word. Nou is die bal in die hande van die volk – in jou hande. Sedert Junie 2017 het die VVK en die Volksraad landwyd volksvergaderings gehou waartydens die volk geleentheid gehad het om voorstelle in te dien oor die pad vorentoe.
Sowat ‘n honderd sulke voorstelle is ontvang, en hulle is gekonsolideer tot ‘n totaal van 27. Daardie voorstelle word uiteengesit op ‘n stembrief en hulle gaan aan die volk tot stemming voorgelê word op twee volksvergaderings: Die eerste in Bloemfontein op 12 Augustus 2017, en die laaste te Paardekraal, Krugersdorp, op 19 Augustus 2017. Maak seker jy woon een van daardie byeenkomste by: Dit is waar JY jou stem kan uitbring oor die pad wat ons volk nou moet loop. Dit is JOU afspraak met die toekoms.
Krugersdorp, 19 Augustus 2017. Tyd: 10h00. Plek: Paardekraalmonument-terrein, h/v Paardekraalweg en Andries Pretoriusstraat, Krugersdorp.
Versprei asseblief hierdie inligting so wyd moontlik!
“Hoe groter die uitdaging, hoe groter die uur”.
Volksgroete,
Paul Kruger (Voorsitter: Sentrale Komitee, VVK)
MEDIA-VERKLARING DEUR: STEYN VAN RÖNGE – ONDERVOORSITTER VAN DIE VOLKSRAAD EN LEIER VAN DIE AWB
DATUM: 15 JULIE 2017
ONDERWERP: VADERLANDSALLIANSIE
KONTAKBESONDERHEDE
TELEFOONNOMMERS: 012 803 0712 / 084 250 2150 / 082 267 0364
E-POS ADRES: rustenburgawb@gmail.com
Op Saterdag 15 Julie 2017 is ‘n belangrike mylpaal op die vryheidspad bereik; toe die AWB as sameroeper opgetree het en met ‘n hele aantal volksorganisasies vergader het met die oog op eendragtige optrede in die stryd vir vryheid en veiligheid van ons volk.
Die byeenkoms wat in die Magaliesburg-omgewing plaasgevind het, was bygewoon deur leiers en afgevaardigdes van die volgende groeperings:
Die AWB (Afrikaner Weerstandsbeweging)
Die VVK (Volksraad Verkiesing Kommissie)
Die Orde Boerevolk
Die Boere Republikeine
Die Kommandokorps
Die Ware Boere Weerstandsbeweging (WBW)
Die Stormloopkorps
Die Federasie van Vrye Boere
Die EMM beweging (Eendrag Maak Mag)
Die Vryheidstryders
Die Deltagroep
Die Suidlanders
Die Volkseie Verootmoedigingsaksie (VEVA)
Die GKK (Geloftevolk Koördineringskomitee)
Kinders in Nood
Mnr. Steyn van Rönge, leier van die AWB, het as Voorsitter van die byeenkoms opgetree en die aanwesiges uitgenooi om vrylik hulle insette te lewer ten opsigte van samewerking tussen die groeperings betreffende die herwinning van volksvryheid en volksveiligheid. Hy het ‘n beroep op die aanwesiges gedoen om te fokus op onderlinge raakpunte eerder as verskille. Die aanwesiges het hulle insette tydens spreekbeurte gelewer en die oorgrote meerderheid het ingestem tot samewerking op die volgende basis:
Op voorstel van Mnr. Piet Rudolph van die Orde Boerevolk, het die beraad ook besluit dat die Vaderlandsalliansie ‘n volkstribunaal in die lewe sal roep waar aantygings en swartsmeerdery tussen volksgenote wat die vryheidstryd knou, ondersoek en bereg sal kan word.
Mnr. Van Rönge nooi alle organisasies wat nie die beraad kon bywoon nie en die inisiatief onderskryf, om deel van die Vaderlandsalliansie te word. Belangstellendes kan die skakelpersoon, Jerry Bezuidenhout kontak by: rustenburgawb@gmail.com of telefoonnommer 084 250 2150.
STEYN VAN RÖNGE.
Geagte Meneer
Hiermee word u vriendelik uitgenooi na ‘n Leiersberaad van die Boervolk organisasies wat gaan plaasvind op Saterdag 15 Julie 2017 om 10h00 op die plaas Naauwpoort (Sikelele Konferensie Sentrum ) in die distrik van Rustenburg NW. D2730 pad indraai by plaas no NV 17 . GPS : S25 ֯ 56.279 E27 ֯ 20.152
Organisasies word versoek om slegs 2 persone ( Leier en Onderleier ) af tevaardig na die eerste rondte van samesprekings. Individue wat die verrigtinge gaan bywoon sal slegs oor waarnemer status beskik.
Samewerking en koördinering tussen organisasies, en moontlike ander rolspelers met die oog op veiligheid en die pad vorentoe sal die tema van bespreking wees.
Sien uit na u teenwoordigheid en insette tot die aangeleentheid.
Bevestig asseblief u teenwoordigheid voor of op Woensdag 12 Julie 2017 om 12h00 ten einde logostieke reëlings te finaliseer, by awb@awb.co.za
Baie dankie,
Boeregroete.
Steyn von Rönge
Ons as die AWB wil graag met alle regse groeperings in gesprek tree.
Ons kan nie langer die toestand wat huidiglik heers in ons land net meer aanvaar nie. Ons kan nie net stil sit en niks doen nie. Ons stem moet gehoor word en dit moet die stem van ons volk wees want ons het nie die mandaat om namens ander verdrukte patriotte soos ons te praat of dinge doen nie. Ons het elk een van u nodig want die tyd van tweespalk is lankal verby.
Indien u deel van hierdie samewerkings inisiatief wil wees stuur asb n e pos na steynvr@webmail.co.za of rustenburgawb@gmail.com toe met u organisasie se naam en kontak besonderhede asook afgevaardigdes wat die organisasie sal verteenwoordig. Hierdie is nie n oproep om lid te word nie. Dit is n oproep om deel te wees van ons vryheid s idiaal en die oorlewing van ons blanke boerevolk. Ons sper datum is die 25e Junie sodat ons n dringende vergadering kan hou voor die 6e Julie 2017.
Landsberaad 12-14 Mei 2017 te Ottosdal plaas Holfontein.
Alle offisier en manskappe moet asb bywoon.
Almal se gesinne, families en vriende is welkom.
Kampgeriewe is gratis en die naweek is ‘n self sorg geleentheid.
Bring eie kamp stoele en hout vir vure aangesien die aande bitter koud kan word.
Ligte eetgoed en koeldrank is te koop.
Maak seker u het alles vir die naweek want die naaste winkels is 10km van die terrein.
Die Leier en Generale staf sien uit om u almal daar te sien.
Enige navrae skakel die kantoor by 0182643669 of 0182642516 gedurende kantoor ure 08H00 – 16H00
Boere groete
Vrydag:( 12 Mei)
15:00 – 17:00- Aankoms te Holfontein.
18:00 – 21:00 – Aandete – Vetkoek en vleis ( R20.00)
Koffie (R5.00) ( deurlopend)
Saterdag: (13 Mei)
Ontbyt: 07:00 – 8:00 – Pap en Kaiings (R25.00) / Pap en Melk. (R10.00)
09:00 – Vlagparade
10:00 – Landsberaad begin.
13:00 – 14:00 – Middagete.
Worsbroodjies (R20.00) / Sop (R10.00).
14:00 – 16:45 – Verdere verrigtinge.
17:00 – 21:00 – Aandete beskikbaar. Potjiekos (R50.00).
Sondag: (14 Mei)
07:00 – 08:00 – Koffie.
08:00 – Kerkdiens
Ons is tans besig om ‘n hele nuwe webtuiste vir die AWB en Die Brandwag te onwikkel en waardeer u geduld.