Verootmoediging

DIE AWB en   VEROOTMOEDIGING

Tydens die AWB se massa Volksverootmoedigingsaksie op 8 September 2012 te Paardekraal, is besluit om op die 10e van elke maand verootmoediging te hou in elke gebied. Kontak asseblief u Gebied om te hoor wat hulle program is vir hierdie maandelikse verootmoediging.

Vir bykans veertig jaar was dit nog altyd die AWB se primêre taak om hom te beywer vir die vryheidstryd van die Boervolk. Die doel en strewe van die AWB is nog steeds om te poog om die Boervolk te laat woon in ‘n veilige hawe op sy eie grondgebied in sy eie Vaderland; hom kan laat regeer en sy kinders laat onderrig deur sy eie Volksgenote in sy eie Moedertaal; sy eie tradisies, etos en kultuur te kan handhaaf en uit te leef en die Christengeloof as basis van sy bestaan uit te bou.

Sedert die ontstaan van die AWB in 1973 is daar op alle vlakke van die samelewing weerstand gebied deur die AWB teen ‘n bewindsoorname en oorgawe aan ‘n kommunisties gesinde Staats- en Regeringsbestel. Na die gedwonge oorgawe deur die voormalige Nasionalistiese Blanke Regering van FW de Klerk en sy meelopers in 1994, het die AWB hom toegespits op die beskerming van sy lede en mede volksgenote deur opleiding te verskaf aan hulle vir onder andere huis en haard beveiliging en ook om die aanslae op hul lewens en eiendom, deur misdadigers, die hoof te kan bied. Hierdie is ‘n selfopgelegde taak waarvoor ons ons tans nog  beywer en steeds daagliks toepas in ons gemeenskappe en diens wat ons lewer aan ons lede.

Na die sinnelose en gruwelike geweldadige moord op die voormalige Leier van die AWB Mnr Eugene Terre Blanche in 2010, het die Leierskap van die AWB en die Uitvoerende Raad tot die besef gekom dat as die Boervolk in hierdie land wil oorleef daar net een enkele uitweg is en dit is om hom te wend tot sy Skepper en Hemelse Vader vir hulp en leiding.  Hierdie is voortspruitend uit die sprekende voorbeeld van wat ons voorvaders beleef en ervaar het by die Slag van Bloedrivier op 16 Desember 1838.

________________________________

Geagte Volksgenoot

IS DIT WIE JY IS ?

Die primêre doel van die bestaan van die mens op aarde is :

“OM GOD TE EER, TE DIEN EN TE VERHEERLIK.”

Sou ‘n persoon egter navorsing in hierdie verband oor die verskillende volke op aarde doen, kom jy tot die verrassende ontdekking dat daar net een klein volkie is wat homself onderskei van ander volke, en dit in die sin dat hulle oor ‘n unieke identiteit beskik, sonder noodwendig deur hulle eie toedoen, maar eerder deur die werking van die Hoër Hand wat dit binne hierdie volk ontwikkel het. Treffend is ook die unieke ontstaan en volksplanting van hierdie Volk.

Nadat die Room-Katolieke klug deur Martin Luther oopgevlek is en namate die Protestantse geloof ontwikkel en gegroei het in Wes Europa, het ‘n tydperk van wrede vervolging deur die Katolieke op die Protestante gevolg.  Hulle moes vlug vir hul lewens weens hulle geloofsoortuigings vanuit verskeie Wes Europese lande.  Baie het dan ook na Afrika uitgewyk, waar aan die Suidpunt toe reeds ‘n halfwegstasie vir skeepvaart deur die Nederlands Oos Indiese Kompanjie (NOIK) bedryf was.

Hierdie mense het dus as vlugtelinge hoofsaaklik na die “ Kaap” gekom vanweë hul onwrikbare geloofsoortuiging (Christengeloof) in die Drie Enige God van die Bybel. Dus: Die enigste gemeenskaplike samebindende faktor wat hulle uiteindelik as volk sou laat ontwikkel het, was hul geloofsoortuiging.  Nodeloos om te sê, het hierdie Volk dus naby aan hul God geleef en was die Bybel hul kosbaarste besitting en bykans enigste lering.   Na die oorname van die Kaap deur die Britse magte met hul liberale sienswyse, het hul as gevolg van hul oortuigings en beginsels die onbekende en onherbergsame binneland van Suid-Afrika verken,  binne getrek en beset. As pioniers met die strewe na onafhanklikheid en die vryheidsdrang wat hoogty in hul binneste gevoer het, het hulle vir hul nageslag vryheid verseker in Godsnaam aan die Suidpunt van Afrika.

Die bewys van hul onwrikbare geloof vind gestalte deurdat hul op 16 Desember 1838 ‘n Gelofte met hul God maak, wat vooraf gegaan is deur die Jan van Riebeeck Gelofte van 1654 en opgevolg is met die Gelofte by Paardekraal in 1880 en dit jaarliks nagekom het en dit word tot vandag toe onderhou. Hierdie Volk staan vandag nog bekend as Die Boervolk van Suid–Afrika.

Gesien teen hierdie agtergrond van hul onwrikbare geloof, vertroue en hul volgehoue verbintenis met hul Hemelse Vader, is dit dan ook geensins eienaardig dat hul later as jong Volk sou presteer op vele terreine  en sodoende prestasies sou behaal wat die wêreld verstom sou laat. Ten tye van verskeie boikotte en sanksies deur nie goedgesinde lande en wêreld moondhede, is hierdie Volk afgesonder  en was omrede hulle geweier het om kompromië aan te gaan en ooreenkomste te sluit tussen lig en duisternis, afgodery verwerp het en rasvermenging volgens die Bybelse voorskrifte afgekeur het,  verplig  om in hulle eie behoeftes te voorsien deur bv. hul brandstof uit steenkool en gas te vervaardig en  van die beste wapentuig ter wêreld te ontwikkel.  Ja en selfs die wêreld se eerste hart oor te plant.  Dit was ook ‘n tydperk wat hul ekonomie met ongekende opwaartse koerse gegroei en uitgebrei het.

Hierdie Volk se politieke leiers het ‘n politieke model bedink en inwerking gestel wat alle rasse in Suid-Afrika sou insluit en aan elkeen uiteindelik volle onafhanklikheid binne ‘n bepaalde bestel sou voorsien. Hierdie wenresep was egter onaanvaarbaar vir die liberale wêreld wat toe alreeds ‘n allesineensluitende bestel ontwerp het waarin vir die Boervolk met sy Bybelse beginsels nie voor plek gevind kon word nie. Deur die Leier en Argitek van die Volk te vermoor en stelselmatig te vervang met hul eie liberale lakeie, het hul daarin geslaag om die Volk tot so ‘n mate te mislei deurdat die Volksgenote nie eens meer hul eie herkoms besef en begryp het nie. Hulle het selfs op die geestelike gebied sommige leraars en kerkinstellings misbruik  sodat die Volk van sy vaste Bybelse beginsels afgewyk het  en hulle dus vreemde gode aangehang, begin dien en omarm het.

Die basiese beginsels soos onweerlegbaar gegrond op die Bybel, as hoekstene waarop die Boervolk gebou is, is en word deur leuens en gruwelike misleiding onder hierdie Volk uitgeruk. By die stembus slaan hul die laaste spyker in die doodskis van ‘n model Volk wat die ‘’Liefling van God “ was. Gelofteland en Offerland word sonder slag of stoot oorhandig aan die satan.  Met hul nuwe wêreld orde leerplanne word ons kinders as nageslag mislei en deur hul goddelose regeringsbeleid word euwels soos aborsie, dobbelary, sabbatsontheiliging, homoseksualisme, prostutisie, afgodery en vele ander gruwels gewettig.

Danksy die genade van ons Hemelse Vader het ‘n klein splintergroepie van Die Geloftevolk behoue gebly ten spyte van vervolging en miskenning wat steeds die Geloftes van hul Vadere eer en nakom en aan hul God, Skepper en Hemelse Vader getrou bly en glo.

Dit is hierdie klein splintergroepering wat met die oortuiging van hul gemoed, met die insig en die lig tot hul beskikking gaan strewe na ‘n volgehoue reeks Verootmoedigingsdienste en byeenkomste. Die eerste byeenkoms vind plaas  op 8 September 2012 om 11vm. te Paardekraal Monument voor die Lewende God van die Bybel en die Boervolk gaan neerkniel in diepe verootmoediging en Hom gaan smeek om vergifinis van ons Volksondes en verlossing te bepleit uit die hand van die sataniese magte wat ons Vaderland en ook die wêreld regeer. Hierdie gebeurtenis sal op ‘n deurlopende basis volgehou word totdat Die Boervolk sy soewereine vryheid ontvang binne die Raadsplan van God ons Hemelse Vader.

Maak nou alreeds erns met u verhoudig met u Hemelse Vader, ook in die huishouding.

•    BEKEER U VAN SONDE EN WEERHOU U VAN VOLKS-SONDES
•    BID SONDER OPHOU OM VERLOSSING !!!

2 Kronieke 7 : 14 ( 1953 vertaling )
“EN MY VOLK, OOR WIE MY NAAM UITGEROEP IS, HULLE VEROOTMOEDIG EN BID EN MY AANGESIG SOEK EN HULLE BEKEER VAN HUL VERKEERDE WEë, DAN SAL EK UIT DIE HEMEL HOOR EN HULLE SONDES VERGEWE EN HULLE LAND GENEES”

VEROOTMOEDIG: JA OF NEE? EN INDIEN JA, HOE?

Terwyl al meer volksgenote na vore kom en vra vir volksverootmoediging, neem die debatte oor

  • die motiewe vir verootmoediging,
  • wat verootmoediging presies behels en
  • die proses waardeur dit moet geskied

ook al meer toe.

Daar word veral geredeneer rondom welke een van bekering of verootmoediging eerste moet plaasvind en of persoonlike verootmoediging (op individuele vlak) of groepsverootmoediging (volksverootmoediging tydens ‘n byeenkoms) gepas is. En heel dikwels word die motief vir verootmoediging dan ook in hierdie debatte bygebring met beide kante wat hul standpunte uit die Skrif staaf.

 1. Maar kom ons kyk eers wat sê die Skrif hieromtrent? Wat is verootmoediging en waar kom dit vandaan?

In die Skrif (Ou Afrikaanse Vertaling) verskyn die woord verootmoedig 24 keer in 22 verse. Voeg hierby die variasies van die woord soos ootmoediges, ootmoed en verootmoediging en jy vind 49 verwysings in 45 verse.

In die ou King James weergawe word die woord verootmoedig meestal vertaal met humble (nederig, beskeie, onderdanig, dienswillig) en in ‘n mindere mateafflict (beproef) en chasten (kasty, tugtig, suiwer).

Die Griekse en Hebreeuse betekenis van hierdie drie en aanverwante woorde verwys regdeur na (word gelyk gestel aan) konsepte wat dui op selfvernederingen onderdanigheid deur onder meer die knie te buig en af te kyk.

En die Skrif is baie duidelik oor waar dit vandaan kom en op wie dit van toepassing is. In Miga 6:8 staan geskrywe: Hy het jou bekend gemaak, o mens, wat goed is; en wat vra die HERE van jou anders as om reg te doen en liefde te betrag en ootmoedig te wandel met jou God?

Verootmoediging is dus baie duidelik ‘n eis van God om die knie te buig voor Hom en jouself te verneder (klein/laag te maak) voor Hom.

2.   So wie moet die eerste stap neem?

Uit bg. is dit alreeds duidelik dat God vra (vereis) dit van ons om die eerste stap te neem en elke dag ootmoedig te lewe.

3.   En as ons dit nie doen nie, maar in sonde bly lewe?

In beide 1 Konings 8:35 en 2 Kronieke 6:26 lees ons dat Salomo die volgende vir sy volk gebid het:

As die hemel toegesluit bly, dat daar geen reën is nie, omdat hulle teen U gesondig het, maar hulle na hierdie plek toe bid en u Naam bely en van hulle sonde hul bekeer, omdat U hulle verootmoedig,

In 2 Kronieke 7:14 antwoord God wanneer Hy sê: en (as) my volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en my aangesig soek en hullebekeer van hul verkeerde weë, dan sal Ék uit die hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees.

Uit beide verse is dit duidelik dat gebed, belydenis van sonde en bekering die gevolg is van hul verootmoediging (vernedering) deur God en hul aanvaarding daarvan / reaksie daarop.

God vereis dus van Sy kinders ‘n ootmoedige lewe, maar as hulle dit nie doen nie sal Hy hulle laat verootmoedig (sal Hy hulle verneder) sodat hulle weer sal bekeer (na Hom terugkeer) en Sy Naam bely.

4.  Hoe doen God dit? Hoe verneder/verootmoedig hy ons? Anders gestel: Hoe lyk die gevolge van ons weiering om te verootmoedig?

Kyk na die volgende enkele voorbeelde uit die Skrif:

4.1       Deuterenomium 8:2-3

En jy moet dink aan die hele pad waarlangs die HERE jou God jou nou veertig jaar lank in die woestyn gelei het tot jou verootmoediging en beproewing, om te weet wat in jou hart is, of jy sy gebooie sal hou of nie.

En Hy het jou verootmoedig en jou laat honger ly en jou die manna laat eet wat jy en jou vaders nie geken het nie, om aan jou bekend te maak dat die mens nie van brood alleen lewe nie, maar dat die mens lewe van alles wat uit die mond van die HERE uitgaan.

4.2       Deuterenomium 8:16

(God) wat jou in die woestyn manna laat eet het, wat jou vaders nie geken het nie, om jou te verootmoedig en jou te beproef, om uiteindelik aan jou goed te doen—

4.3       Nehemia 9:34-38

……ons konings, ons owerstes, ons priesters en ons vaders het u wet nie volbring en na u gebooie en u getuienisse waarmee U hulle gewaarsku het, nie geluister nie. En hulle het in hul koninkryk en by u groot seën wat U hulle geskenk het, en in die wye en vet land wat U aan hulle oorgegee het, U nie gedien nie en hulle nie van hul verkeerde handelinge bekeer nie.

Ons is vandag slawe, en die land wat U aan ons vaders gegee het om die vrug en die volle seën daarvan te geniet – daarin is ons slawe. En dit vermeerder sy opbrings vir die konings wat U oor ons gestel het om ons sondes ontwil, en hulle heers oor ons liggame en oor ons vee na hulle willekeur, en ons is in ‘n groot benoudheid.

Maar op grond van dit alles sluit ons ‘n vaste verbond en beskryf dit; en op die verseëlde stuk het ons owerstes, ons Leviete, ons priesters geteken.

Ons moet vandag erken dat ons as volk gedwaal het en nie ‘n ootmoedige lewe voor God (soos deur Hom vereis) lewe nie en aldus is God tans besig om ons in die spreekwoordelike woestyn te lei tot verootmoediging en beproewing sodat ons weer tot bekering kan kom en Sy Naam kan verheerlik.

5.  Wat is ons motief vir verootmoediging?

Wil ons nou skielik na God hardloop omdat ons in die moeilikheid net dat Hy ons daaruit moet red of wil ons in alle opregtheid tot hom terugkeer?

Hoor dan God se woorde aan Salomo in 1 Kronieke 28: 9: “En jy, my seun Salomo, ken die God van jou vader en dien Hom met ‘n volkome hart en met ‘n gewillige siel, want die HERE deursoek al die harte, en Hy verstaan elke versinsel van die gedagtes. As jy Hom soek, sal Hy Hom deur jou laat vind; maar as jy Hom verlaat, sal Hy jou vir altyd verstoot.“

Indien die uitgangspunt dié van Neh 9:33 is, nl.

“Maar U is regverdig in alles wat oor ons gekom het; want U het getrou gehandel, maar ons het goddeloos gehandel”

en ons Hom erken soos Hy Hom bekend maak in Jesaja 42:8, nl.

“Ek is die HERE, dit is My Naam; en my eer sal Ek aan geen ander gee, of ook my lof aan die gesnede beelde nie“,

dan kan ons met die proses voortgaan.

6.  Die proses

In die raad van Neh 4:9 staan geskrywe

Maar (1) ons het tot onse God gebid en (2) om hulle ontwil ‘n wag teen hulle uitgesit, dag en nag.

Die oplossing is dus tweevoudig. Ons moet na God en Sy  weë terugkeer en ons moet onsself in hierdie onsekere tye beskerm. ‘n Daad van geestelike- en fisiese voorbereiding dus.

Maar hoe moet hierdie voorbereiding plaasvind mag u vra? Waar begin ‘n mens?

6.1  Geestelike voorbereiding

In  Neh 9:3 lees ons

En hulle het van hulle plek opgestaan, en gedurende ‘n vierde deel van die daggelees uit die wetboek van die HERE hulle God, en gedurende ‘n vierde deelbelydenis gedoen en die HERE hulle God aanbid.

En in 2 Kro 7:14 staan geskrywe

en (as) my volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid enmy aangesig soek en hulle bekeer van hul verkeerde weë, dan sal Ék uit die hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees.

Dit is dus glashelder dat:

  • Ons sal moet opstaan, ophou passief wees en beslissende stappe moet neem.
  • Ons sal ons moet bekeer van ons verkeerde weë.
  • Ons sal die Woord van God moet bestudeer.
  • Ons sal God se aangesig moet soek.
  • Ons sal ons sondes (ook sondes van versuim) moet bely.
  • Ons sal ons voor God moet verootmoedig.
  • Ons sal God in gees en waarheid moet aanbid.

Want eers dan sal God uit die hemel hoor en ons sondes vergewe en ons land genees.

6.2  Fisiese voorbereiding

Ons lees  in Neh 4:9 en Neh 4:21 onder andere die volgende:

Maar ons het tot onse God gebid en om hulle ontwil ‘n wag teen hulle uitgesit,

En ons het die werk gedoen, terwyl die helfte van hulle die spiese vashou vandat die rooidag uitkom totdat die sterre verskyn.

Ons sal dus voortaan (dag en nag) moet oplet wat om ons aangaan en voorbereid wees op enige moontlike gebeurtenis terwyl ons voortgaan met ons elke dag se lewe en werk.

7.  Wie moet verantwoordelikheid en leiding vir die proses neem?

Weereens vind ons die antwoord in Nehemia. En die keer in Neh 3:28 waar geskrywe staan:

Bokant die Perdepoort het die priesters herstel, elkeen teenoor sy huis.

Elke huisgesin (meer spesifiek: elke gesinshoof) is verantwoordelik vir die geestelike en fisiese voorbereiding van sy/haar gesin.

8.  Watter vorm moet die verootmoediging aanneem?

Trek ons nou die hele volk saam om te verootmoedig of laat ons dit aan elke volksgenoot oor?

Soos reeds gesien verwag God van elke mens om elke dag in ootmoed voor Hom te wandel. En so sal God ook met elke individu werk en hom beproef tot verootmoediging.

Die Skrif vertel egter ook van volksaamtrekke waartydens verootmoedig is. Sommige hiervan (Heilige dae) is deur God ingestel (Sien Levitikus 23) en ander deur leiers uitgeroep.

Vandag word sodanige dae met die oog op sondebelydenis en verootmoediging ook deur leiers in die volk uitgeroep. En onmiddellik is die vraag hoe bindend is dit, maar meer nog sal die teenwoordigheid van onreines by so ‘n dag nie die volk in groter skuld dompel nie? Moet diesulkes nie eers by die huis hul saak met God regmaak nie?

‘n Soortgelyke gebeurtenis het in die dae van Jehiskia afgespeel (Sien 2 Kronieke 29 en 30) toe dit in sy hart gekom het om ‘n verbond te sluit met die HERE, die God van Israel, dat sy toorngloed van hulle afgewend kan word. (‘n Gelofte dus met die motief dat God Sy toorngloed van hulle kan afwend.)

So is dit vasgestel om ‘n oproep deur die hele Israel, van Berséba tot Dan, te laat gaan dat hulle (die volk) moes kom om die pasga tot eer van die HERE, die God van Israel, in Jerusalem te hou; want hulle het dit nie as ‘n menigte gehou soos voorgeskrywe was nie.

(Net soos wat ons vandag baie van God se insettinge en verordeninge en gebooie nie hou nie.)

Dan lui die res soos volg:

Die hardlopers gaan toe met die briewe uit die hand van die koning en sy owerstes deur die hele Israel en Juda, en volgens die gebod van die koning, om te sê: Kinders van Israel, bekeer julle tot die HERE, die God van Abraham, Isak en Israel, dat Hy Hom mag wend tot die vrygeraaktes wat vir julle oorgebly het uit die hand van die konings van Assirië.

Maar toe die hardlopers van stad tot stad die land Efraim en Manasse deurgaan tot by Sébulon, het hulle hul uitgelag en met hul gespot.

Maar (slegs) manne uit Aser en Manasse en Sébulon het hulle verootmoedig en na Jerusalem gekom.

…. die meerderheid van die volk, ‘n menigte uit Efraim en Manasse, Issaskar en Sébulon, het hulle nie gereinig nie, maar die pasga geëet soos dit nie voorgeskrywe was nie. Maar Jehiskía het vir hulle gebid en gesê: Mag die HERE wat goed is, versoening doen vir elkeen wat sy hart daarop gerig het om God die HERE, die God van sy vaders, te soek, al was dit nie volgens die reinheid van die heiligdom nie.

En die HERE het Jehiskía verhoor en die volk genees.

S L O T S O M

In Suid-Afrika bevind die Geloftevolk hom vandag in ‘n soortgelyke situasie waar volksgenote nie God se voorskrifte as ‘n menigte hou nie en waar uitnodigings na verootmoedigings-geleenthede (sommige so klein soos verootmoedigingsbidure) deur leiersfigure uitgestuur word en die boodskappers uitgelag en daaroor gespot word, terwyl slegs enkeles (ingesluit sommiges wat hulself nog nie gereining het nie) die uitnodiging aanvaar.

Laat ons daarom nie mekaar oordeel nie, maar bid (nee pleit) dat God versoening doen vir elkeen wat sy hart daarop rig om God die Here, die God van ons vaders, te soek, al is dit (weens oortuiging) op sy eie of al is dit by ‘n volksgeleentheid en nie in volkome reinheid nie.

Mag God ons gebede wat in gees en waarheid aan Hom opgedra word verhoor en ook ons land genees!