LEIERSBERAAD

Geagte Meneer

Hiermee word u vriendelik uitgenooi na ‘n Leiersberaad van die Boervolk organisasies wat gaan plaasvind op Saterdag  15 Julie 2017 om 10h00 op die plaas Naauwpoort  (Sikelele  Konferensie Sentrum ) in die distrik van  Rustenburg NW.  D2730 pad indraai by plaas no  NV 17 .                        GPS   :  S25 ֯ 56.279     E27 ֯ 20.152

Organisasies word versoek om slegs  2 persone ( Leier en Onderleier ) af tevaardig na die eerste rondte van samesprekings.  Individue wat die verrigtinge gaan bywoon sal slegs oor  waarnemer   status beskik.

Samewerking en koördinering  tussen organisasies, en moontlike ander rolspelers  met die oog op veiligheid en die pad vorentoe sal die tema van bespreking wees.

Sien uit na u teenwoordigheid en insette  tot die aangeleentheid.

Bevestig  asseblief  u  teenwoordigheid  voor of op  Woensdag 12 Julie 2017 om 12h00  ten einde logostieke reëlings te finaliseer, by  awb@awb.co.za

Baie dankie,

Boeregroete.

Steyn von Rönge