MEDIA-VERKLARING – VADERLANDSALLIANSIE

MEDIA-VERKLARING DEUR:  STEYN VAN RÖNGE – ONDERVOORSITTER VAN DIE VOLKSRAAD EN LEIER VAN DIE AWB
DATUM: 15 JULIE 2017
ONDERWERP: VADERLANDSALLIANSIE
KONTAKBESONDERHEDE
TELEFOONNOMMERS: 012 803 0712 / 084 250 2150 / 082 267 0364
E-POS ADRES: rustenburgawb@gmail.com

Op Saterdag 15 Julie 2017 is ‘n belangrike mylpaal op die vryheidspad bereik; toe die AWB as sameroeper opgetree het en met ‘n hele aantal volksorganisasies vergader het met die oog op eendragtige optrede in die stryd vir vryheid en veiligheid van ons volk.

Die byeenkoms wat in die Magaliesburg-omgewing plaasgevind het, was bygewoon deur leiers en afgevaardigdes van die volgende groeperings:

Die AWB (Afrikaner Weerstandsbeweging)

Die VVK (Volksraad Verkiesing Kommissie)

Die Orde Boerevolk

Die Boere Republikeine

Die Kommandokorps

Die Ware Boere Weerstandsbeweging (WBW)

Die Stormloopkorps

Die Federasie van Vrye Boere

Die EMM beweging (Eendrag Maak Mag)

Die Vryheidstryders

Die Deltagroep

Die Suidlanders

Die Volkseie Verootmoedigingsaksie (VEVA)

Die GKK (Geloftevolk Koördineringskomitee)

Kinders in Nood

 

Mnr. Steyn van Rönge, leier van die AWB, het as Voorsitter van die byeenkoms opgetree en die aanwesiges uitgenooi om vrylik hulle insette te lewer ten opsigte van samewerking tussen die groeperings betreffende die herwinning van volksvryheid en volksveiligheid. Hy het ‘n beroep op die aanwesiges gedoen om te fokus op onderlinge raakpunte eerder as verskille. Die aanwesiges het hulle insette tydens spreekbeurte gelewer en die oorgrote meerderheid het ingestem tot samewerking op die volgende basis:

  1. Dat die onderskeie organisasies elkeen hulle organisatoriese identiteite behou.
  2. Dat die onderskeie organisasies gaan saamwerk op volksveiligheidsterrein in ‘n alliansie met die naam “Vaderlandsalliansie”.
  3. Dat die onderskeie organisasies wat aan die Vaderlandsalliansie deelneem, die Volksraad (soos verkies deur fasilitering van die VVK) en die proses wat die Volksraad volg tot herwinning van volksvryheid, ondersteun soos wat etlike organisasies reeds die Volksraad steun.

Op voorstel van Mnr. Piet Rudolph van die Orde Boerevolk, het die beraad ook besluit dat die Vaderlandsalliansie ‘n volkstribunaal in die lewe sal roep waar aantygings en swartsmeerdery tussen volksgenote wat die vryheidstryd knou, ondersoek en bereg sal kan word.

Mnr. Van Rönge nooi alle organisasies wat nie die beraad kon bywoon nie en die inisiatief onderskryf, om deel van die Vaderlandsalliansie te word. Belangstellendes kan die skakelpersoon, Jerry Bezuidenhout kontak by: rustenburgawb@gmail.com of telefoonnommer 084 250 2150.

STEYN VAN RÖNGE.