Boerejeug
Boerejeug is die Jeugbeweging van die AWB. Die Hoofleier van die AWB stel die Hoofleier van Boerejeug aan. Die Boerejeug is gestig vir daardie jongmense wat glo aan, droom oor en werk vir die pragtige ideal van volks vryheid in ‘n eie Boere volkstaat. Elke jongmens wat tot die besef gekom het dat die tyd van baie praat en twis verby is en die tyd van doen en daad aangebreek het, sal ‘n dinamiese vesting in Boerejeug vind. Die Boerejeug werk om die jeug by die volk se stryd om Vryheid te betrek.
Grondslag: Die grondslag van die Beweging is Christelik-Nasionaal. Die Boerejeug vestig sy Geloof in die Drie-enige God. Hy is die Rots pilaar waarop die Boerejeug nederig sy ideale bou en aan wie se Woord sy waardes gemeet moet word. Die Boerejeug aanvaar die BYBEL as enigste en onfeilbare WOORD van GOD
Doelstellings: Die Beweging beoog om die geloof in die Drie-enige God en die Christelike Godsdiens op so ‘n wyse by die jeug in te skerp dat die alledaagse doen en late uiting sal wees van die geloofslewe. Om die jongmense te inspireer om te werk vir die oprigting van ‘n Boere volkstaat op eie bodem onder ‘n volkseie owerheid. Om ‘n aktiewe bydrae te lewer ten einde die Volkstaat so spoedig moontlik te laat oorgaan van minderheid besetting na meerderheid besetting en daarvandaan na alleen besetting as uiteindelike doelwit. Om sy deel daadwerklik by te dra om die Boerevolk op ekonomiese en maatskaplike terrein onafhanklike te maak.
Simboliek: Die Vlam van voortbestaan simboliseer lewe, hoop, Vryheid en Geloof. Die Vlam is dinamies soos die dinamiek van ons jongmense. Die Vlam reik na bo soos die jeug se Geloof en hoop in ‘n nuwe toekoms. Vuur maak rein en die vlam simboliseer dan ook ons nederigheid en ons wil tot diens aan ons Skepper.
Die rooi, wit en blou segmente van die vlam simboliseer dat ons Boere is, trou aan ons Volk, trou aan ons ideale, trou aan ons Vryheid
Die skuinslyne waaruit die vlam brand, simboliseer die bewarende hande van God Drie-enig. Ons is as mens tot niks in staat nie, net in God en uit God is daar ware lewe, ware hoop en ware Vryheid. Boerejeug plaas homself volkome in die hande van die Drie-enige God
Die wit sirkel simboliseer die suiwerheid van ons ideal, eerlikheid, nederigheid en reinheid.
Die groen veld daaromheen simboliseer jeugdigheid, groei en nuwe lewe
Ons leuse vat alles waarin ons glo en waarvoor ons werk en droom sterk en treffend saam: “BLAAS HOOG DIE VLAM VIR GOD, VOLK EN VADERLAND”



