AWB TOEKOMS PLAN 2025
‘N PLAN VIR OORLEWING EN DIE VOORTBESTAAN VAN DIE BOERVOLK – KOESTER VRYHEID (SOEWEREINE SELFBESKIKKING) 2025
Die organisasie AWB bestaan reeds vir 52 jaar en beskik oor ‘n bewese voetspoor aangaande sy doen en late. Gegewe die gebeure van die afgelope klompie jare waaraan die BOERVOLK blootgestel is kan die vraag onwillekeurig gestel word : Lei die witman, en by name die BOERVOLK, aan ‘n selfvernietigings drang en/of is hy net moedeloos of vuisvoos ? Die rede tot hierdie opmerking spruit voort uit die feit dat daar blykbaar geen oorlewingsdrang met gepaard gaande optredes by hierdie deel van die bevolking waarneembaar is nie.
Ja ons besef die BOERVOLK bevind hom in ‘n baie onbenydenswaardige posisie binne die huidige miljeu met die miskenning van die owerheid jeens die volk, maar tesame daarmee ook van uit die internasionale gemeenskap.
Om te kan oorleef en om as ‘n Volk sy regmatige bestaansreg op te eis moet ons onvoorwaardelik positief in ons gesindheid jeens volkskap bly en wees. Die uitkoms vir ons voortbestaan is menslik gesproke geen kits oplossing nie en ook geensins ‘n eenmans taak of poging nie.
Die AWB vorm, van nature en weens sy agtergrond en ontstaansgeskiedenis, ‘n integrale deel van die BOERVOLK, vandaar ons leuse : Vir GOD, VOLK en VADERLAND en is ons primêre doelwit en strewe VRYHEID – SOEWEREINE SELFBESKIKKING op ons eie grondgebied waar die BOERVOLK deur homself regeer kan word, deur sy eie volksgenote, in ‘n eie Vaderland, in ons Moerdertaal, geskoei op die BOERVOLK se eie kultuur en etos maar onderworpe aan Christelike norme en standaarde. Waar ons vir ons nageslagte ‘n toekoms kan skep !!
- Om hierdie plan volhoubaar te bedryf en te onderhou onderskryf die AWB die volgende :
- Daar moet intense samewerking wees deur al die regdenkende leiers van organisasies en rolspelers.
- Die doelwit moet wees soewereine vryheid vir die BOERVOLK.
- Die beginsel moet begrond wees op Christelike norme en standaarde.
- Die strewe moet gevestig word op volkseendragtigheid deur middel van betrokkenheid en ondersteuning deur die volkshuishouding.
- Strategie moet beplan word ten einde die doelwit te bereik. Die doelwit bepaling moet haalbaar wees en alle rolspelers moet geloofwaardig, met integriteit en deursettings vermoë toetree.
- Die werkswyse moet streng afgebaken word met wie doen wat, waar, wanneer, hoe en dan die belangrikste die wat daarna. Is dit nou haalbaar en volhoubaar ?
Ons moet ons vyand ken en identifiseer. Ons moet weet wie hulle is !! Ons moet ons stem kan dik maak en ons moet ons rug kan styf maak. Ons moet deurentyd ‘n faktor wees om mee rekening gehou te word. Tyd vir slapgatte en politiek korrekte optrede is iets van die verlede. Ons is geen bywoners op ons eie grondgebied nie. Hierdie land is opgebou met die intelek en finansiële vermoë van die witman tot ‘n eerste rangse wêreld model staat.
Daar moet bondgenootskappe gesmee word met ander volkere en / of organisasies, binnelands sowel as buitelands met hulle wat dieselfde doelstellings as ons nastreef.
Die onderskeie rolspelers (die regdenkendes ) moet die raakpunte wat daar tussen hulle bestaan uitbou en verstewig. Elke organisasie moet sy eie identiteit behou maar deur samewerking ‘n magsbasis daarstel wat kan dien as ‘n spreekbuis vir die BOERVOLK. ONS HARDLOOP NêRENS HEEN WEG NIE. Die getuienis van die stryd is die bewese voetspoor van die verlede waarop ons die toekoms moet bou.
GOD ons Skepper en Hemelse Vader se wil moet deurentyd afgebid en gesoek word en HY alleen sal ons lei, en moet ons bid vir kennis, insig en wysheid. In nederigheid moet ons geloof gevestig wees op HOM alleen ten einde ons doel van VRYHEID te verwesenlik.
Deurlopend moet daar gesoek word na geskikte rolspelers wat simpatie tot ons saak het, en moet daar altyd kundige persone gekoöpteer word. Die saak bly altyd groter en belangriker as ‘n persoon.
Wat ons egter altyd moet vermy is die liberalisme en hulle denke, die sogenaamde verligtes, volks vreemde organisasies en persone met ‘n eie ek ego ulissie, wat wil glo hul alleen het ‘n plan en oplossing vir die BOERV0LK se vryheidsstrewe.
Ons grootste struikelblok bly egter altyd die tekort aan finansies om behoorlike bemarking en propaganda veldtogte te loods ten einde die beeld van die BOERVOLK te vestig.
Ons moet egter baie versigtig wees om in ons strewe nie deur die owerheid as terroriste geoormerk te word en van Hoogverraad aangekla te word nie. Daar bestaan tans genoegsame wetgewing om ons toekomsplan te verydel sou ons buite hulle lyn van orde optree.
Ons moet baie bedag wees op die verraad element binne en buite ons volksverband wat die saak kan ondermyn.
As ons sukses wil behaal het die tyd aangebreek om onverskrokke ons doelwit na te streef.
VRYHEID is nie goedkoop nie en ‘n dure prys is reeds daarvoor betaal in die verlede met baie bloed, baie sweet, baie trane en vele opofferinge en vernederinge.
As gevolg van die huidige situasie van onstabiliteit en die moontlike nabye uitbreek van chaos en anargie, sowel as die onwelvoeglike uitsprake van politici is die AWB voltyds besig met die opleiding van sy lede deur middel van huis en haard beskerming, deur goed opgeleide, toegeruste en geakrediteerde instrukteurs en medici. Alles binne die norme van bestaande wetgewing.
ONS SAL WEER OPSTAAN – ONS SAL WEER OORWIN
Kom lê jou hand in my hand kameraad, want dan word ons arms ketting skakel sterk !!
Ek stel voor ‘n dinamiese groep van 10 of meer persone / rolspelers om hierdie aksieplan te bedryf van oor die hele spektrum van deelnemende regdenkende organisasies.
Vir meer Inligting kontak :
AWB Hoofkantoor: Posbus 274 Ventersdorp 2710 / Rothstraat 25 Ventersdorp 2710
Tel 018 – 264 3669 / 018 – 264 2516
Fax 087 – 809 5849
awbhoofkantoor777@gmail.com of steyn@awb.co.za
LEIER van die AWB
(GSvR/AWB/25-05-2025)