• Slider Image

LEIER SÊ – Grondonteiening en Selfbeskikking

Reeds op 28 Februarie 2018, die dag nadat die Parlement die onteiening van grond sonder vergoeding aanvaar en goedgekeur het, en ironies genoeg is hierdie besluit geneem deur die Regering op die dag, 27 Februarie (Majuba dag ) waar ons voorgeslagte  die oorwinning behaal het in die eerste Vryheidsoorlog oor die Britse magte en waarna hierdie dag in die destydse Staatskoerant afgekondig is as ‘n Dag van Verootmoediging vir die Boervolk ,  en het die AWB en ander deelnemende groepe reeds ‘n skrywe gerig aan die President van die RSA, om ons standpunt en misnoe te kenne te gee aangaande die aangeleentheid.

Die AWB het ook by monde van die Boere-Afrikaner Volksraad, waarvan die Leier die Ondervoorsitter is, ‘n gesamentlike  media verklaring  in die verband uitgereik rakende die standpunt van die Beweging oor die onteiening van enige bate sonder vergoeding.

Hierdie skrywe aan Ramaphosa sowel as die mediaverklaring is wyd deur die media gedra.

Die Leier van die AWB tesame met die Generale Staf en Uitvoerende Raad het die vinger op die pols en verskaf  rigtinggewende leiding aan die Beweging  en sy  lede.

Die bereiking van ons doelwit en die sukses wat behaal mag word is nie gesetel in die handjievol leiers nie, maar in die bree aantal lede en ondersteuners  wat hulle deelname, wil en betrokkenheid moet demonstreer deur aktief deel te neem en op te tree in tye van wanneer dit van hulle verwag word.  Die lede se optrede is die sleutel tot sukses.

Weldeurdagte besluite en berekende en kalm optrede sal die sleutel tot sukses weerspieel.

Die Boervolk se eis om Selfbeskking en Weerstand teen die  onteiening van grond  sonder vergoeding is ononderhaldelbaar.

Deurlopende  opleiding om u instaat te stel om u teverweer  en te beskerm teen die aanslag van rowerbendes  en sodoende huis en haard beskerming  te kan toepas  en lewens te beskerm en om te kan oorleef is gebiedend noodsaaklik vir ‘n ieder en elke lid van die AWB.

Tree in verbinding met u plaaslike  gebied, streek of wyk bevelvoerder om sodoende eerstehandse Inligting te bekom.

 

Steyn von Ronge

Leier AWB

14  Maart 2018

 

BRIEF

 

27 February 2017


Statement by the Boer-Afrikaner Assembly (Volksraad):
Land grab an act of war

Statement supported by

The AWB
The HNP
The Verkenners
The VVK

When one nation or state appropriates another people’s land, it inevitably results in armed conflict. Since the beginning of times, it has been an accepted right of peoples to defend the integrity of their land against such infringements like Brittain did in 1982 when Argentina had occupied the Falkland Islands.
Accordingly, history also offers many examples of third parties that intervened to defend the territorial integrity of smaller nations against states and governments who abused their superior power to bereave others. A recent example is the 1990-1991 Gulf War led by the United States against Iraq when the latter annexed Kuwait.
The Boer Afrikaner people obtained the land it possesses, by rightful means. The facts on this issue have been researched more than once in the well-documented history of land occupation and possession in South Africa, and can easily be verified.
This notwithstanding, the ANC has repeatedly stated that the land we own, was “stolen” from the black people. (In this regard a charge of hate speech was lodged on 21 January 2016 at the South African Human Rights Commission against the President of South Africa for making the said statement in public. The President was challenged to prove his statement and to say why he ignored or rejected the recorded history of land occupation. The Commission, however, manipulated the complaint into the sand, making sure that up to the present day it has come to nothing).
The ANC’s response to the challenge to prove its unfounded lie, was, inter alia, a statement on 13 February 2017 by its Deputy Minister of Public Service and Administration, Ms. Ayanda Dlodlo, that

“The ANC should use its majority in the government to push for the expropriation of land without compensation because it was ‘stolen in the first place’”.
“The burden of land ownership should never be ours. Those who today claim ownership must prove that land was actually paid for in the 17th and 18th centuries,” she said.

This conception was repeated by Historian Professor Jabulani Maphalala who said that “blacks had been dispossessed of their land since as far back as the arrival of whites in the country.”
Clearly, the stance is that when a lie is just repeated long and often enough, it becomes an accepted “fact” that needs no proof.
We declare:

  • The Boer-Afrikaner people stole nobody’s land. The land we possess was obtained by rightful and internationally accepted means and apportioned to us by God as an inheritance to be defended and preserved. We may not and shall not abandon it and allow ourselves to be degraded to possessionless peasants in South Africa.
  • Crime cannot be legitimated by passing acts through Parliament to “legalise” it. Therefore any act of Parliament that authorises the dispossession of our land or any other property without compensation, or even with compensation for means other than those essential for the creation of physical infrastructure, will be regarded as “legalising” theft of our property. We shall not acknowledge it as legitimate legislation, and in view of the abovementioned utterances of government spokespeople and the sheer political obstinacy of the government to take vigorous action to stop farm attacks (which in itself is an antagonistic neglect which would justify retaliation), we shall deem it as an act of hostility against the white population.
  • Deprivation, dispossession and occupation of our land under any such act, will be considered to be formal acts of war against the Boer-Afrikaner people, to which we shall hit back at the moment of our choice with internationally accepted means and methods to defend and restitute our property rights.


Andries Breytenbach
Chairman

_____________________________

27 Februarie 2017


Verklaring deur die Boere-Afrikanervolksraad:
Grondroof ‘n daad van oorlog

Verklaring ondersteun deur

Die AWB
Die HNP
Die Verkennersbeweging
Die VVK

 

Wanneer ‘n staat of volk ‘n ander volk se grondgebied vir homself toe-eien, lei dit noodwendig tot gewapende konflik. Sedert die vroegste tye was dit die aanvaarde reg van volkere om hul gebiedsintegriteit teen sulke vergrype te verdedig, soos Brittanje byvoorbeeld in 1982 gedoen het toe Argentinië die Falkland-eilande beset het.
Eweneens is daar baie voorbeelde in die geskiedenis van derde partye wat ingetree het om die territoriale integriteit van kleiner volke te beskerm teen state en regerings wat hul meerdere mag misbruik het om ander te beroof. ‘n Onlangse voorbeeld is die VSA-geleide Golf-oorlog van 1990-1991 teen Irak toe laasgenoemde Kuweit geannekseer het.
Die Boere-Afrikanervolk het die grondgebied wat hy besit, regmatig verkry. Die feite hieroor is al verskeie kere nagevors in die goed gedokumenteerde geskiedenis van landbesetting en grondbesit in Suid-Afrika, en kan maklik nagegaan word.
Desnieteenstaande het die ANC herhaaldelik beweer dat die grond wat ons besit, van die swartmense gesteel is . (In hierdie verband is ‘n klag van haatspraak op 21 Januarie 2016 teen die president van Suid-Afrika by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie gelê, nadat hy dit in die openbaar gesê het. Die president is uitgedaag om sy bewering te bewys en te verklaar waarom hy die opgetekende geskiedenis van landbesetting ignoreer of verwerp. Die Kommissie het egter die klag in die sand laat verloop en seker gemaak dat daar tot op hede niks van gekom het nie).
Die ANC se reaksie op die uitdaging om sy ongegronde leuen te bewys, was onder andere ‘n verklaring op 13 Februarie 2017 deur die Adjunkminister van Staatsdiens en Administrasie, me. Ayanda Dlodlo, dat

“The ANC should use its majority in the government to push for the expropriation of land without compensation, because it was ‘stolen in the first place’”.
“The burden of land ownership should never be ours. Those who today claim ownership must prove that land was actually paid for in the 17th and 18th centuries,” het sy gesê.

Dié denkbeeld is deur historikus prof. Jabulani Maphalala herhaal toe hy gesê het dat “blacks had been dispossessed of their land since as far back as the arrival of whites in the country.”
Die benadering is blykbaar dat as ’n leuen net lank en dikwels genoeg herhaal word, word dit ‘n aanvaarde “feit” wat nie bewys hoef te word nie.
Ons verklaar:

  • Die Boere-Afrikanervolk het niemand se land gesteel nie. Die grondgebied wat ons besit, is regmatig en op internasionaal aanvaarde maniere bekom en deur God as erfdeel aan ons toebedeel om te verdedig en te bewaar. Ons mag en sal dit nie prysgee en toelaat dat ons tot besitlose bywoners in Suid-Afrika gedegradeer word nie.
  • Misdaad kan nie gelegitimeer word deur wette in die parlement te aanvaar om dit te “wettig” nie. Daarom sal enige wet van die Parlement wat onteiening van ons land of enige ander eiendom sonder kompensasie, of selfs met kompensasie vir doeleindes anders as dit wat noodsaaklik is vir die skepping van fisiese infrastruktuur, geag word “wettiging” van diefstal van ons eiendom te wees. Ons sal dit nie as legitieme wetgewing erken nie, en in die lig van die voorgenoemde uitsprake van regeringswoordvoerders en die politieke onwil van die regering om sterk op te tree ten einde plaasaanvalle hok te slaan (wat op sigself ‘n vyandige versuim is wat vergelding sou regverdig) , sal ons dit as ‘n daad van vyandigheid teen die blanke bevolking ag.
  • Ontneming, onteiening en besetting van ons land kragtens sodanige wet sal beskou word as formele dade van oorlog teen die Boere-Afrikanervolk, waarop ons op ‘n tydstip van ons keuse sal terugslaan met internasionaal aanvaarde middele en metodes ten einde ons eiendomsreg te verdedig en te herstel.


Andries Breytenbach
Voorsitter

 

 

28 Februarie 2018

Aan: Die President van Suid-Afrika (Mnr. Cyril Ramaphosa)

       President@presidency.gov.za

Geagte mnr. Ramaphosa,

Ek vestig graag u aandag op die Boere-Afrikanervolk se standpunt oor diefstal van private eiendom, insluitend grond, deur die staat. Dit is op 27 Februarie 2017 bekend gemaak in ’n verklaring van die Boere-Afrikanervolksraad en word vir u gerief hierby aangeheg. Ons standpunt oor die saak is onveranderd.

Daar is ook op 21 Januarie 2016 ’n klag teen die toenmalige president, Jacob Zuma by die SA Menseregtekommissie gelê oor sy ongegronde haatskeppende bewering dat die blankes hulle grond van die swartes “gesteel” het. In die klag is Zuma gedaag om te sê waarom hy die gedokumenteerde geskiedenis van grondbesetting in SA verwerp. Daardie selfde vraag word nou aan u gestel.

Die geskiedenis van grondbesetting in SA is goed gedokumenteer. Die bloedige oorloë wat gevolg het op imperialistiese magte se pogings om ander volke van hul grond te beroof — elders in die wêreld sowel as hier in Suid-Afrika — is ook goed gedokumenteer.

In die Eyewitness reisigershandleiding oor Rusland verskyn die volgende oor die Stalin-era:

“The collectivisation of agriculture under the first Five-Year Plan (1928-33) forced peasants to surrender all livestock, machinery and land to collective farms. Up to 10 million peasants are thought to have died during the famine of 1931-2, or in the slave-labour camps of the Gulag, building such “hero projects” as the White Sea Canal.” (p. 44).

Meer onlangs het die gebeure in Zimbabwe die katastrofiese gevolge van die owerheid se grondroof getoon.

Wil u werklik so dwaas wees om die lesse van die geskiedenis te ignoreer en ’n vuur aan te steek wat u nie sal kan blus nie? Daar is ’n gesegde dat diegene wat dit doen, gevonnis word om dit oor te leef.

Diefstal kan nie gewettig word nie. Om wetgewing daarvoor deur die parlement te stoomroller is immoreel. Die mosie daaroor wat nou deur die parlement aanvaar is en die wetgewing wat daarop moet volg, sal wit en swart in ongekende stryd en vyandigheid teen mekaar dompel want grond het méér as net ekonomiese betekenis. Dit sal hierdie land sosiaal en ekonomies vernietig en sal uitkring buite die grense van Suid-Afrika. Ons volk was in die verlede meer as een keer genoodsaak om ons teen oormagte te verdedig. As ons daartoe gedwing word, sal ons dit weer doen.

Waarom wil u die Grondwet verander om die beginsel van private besit te skrap, terwyl u die beginsel van selfbeskikking in ’n eie land vir volke wat dit begeer, ignoreer?

Oor laasgenoemde onderwerp het hierdie Volksraad op 28 Augustus 2014 met ’n regeringsafvaardiging wat onder u leiding gestaan het, gesprek gevoer. U het onderneem dat die gesprekvoering voortgesit sou word, dog dit is eensydig deur die regering beëindig, klaarblyklik in opdrag van die destydse president, onder wie se gesag u toe gestaan het. Nou swaai u die septer. Is  u bereid is om daardie gesprek te hervat met die oog op ’n positiewe uitkoms?

Ons, die Boere-Afrikanervolk en julle, die negroïede volke van Afrika, verskil hemelsbreed van mekaar. Die verskille  is vasgelê in God se ewige skeppingsorde. Geen menslike wette en dwang kan dit uitwis nie. Ons wil nie ons identiteit prysgee (transformeer) om soos julle te wees nie.

As buurvolke kan ons naas mekaar in vrede en tot almal se heil en welvaart bestaan, elk volgens sy eie aard en onder sy eie wette. As ’n deurmekaarspul in dieselfde land sal daar voortdurend onderlinge wedywering, ongelykheid en vyandigheid wees. Die aanhoudende hofsake om die verskille te besleg, laat telkens een van die partye met ’n gevoel van veronregting. Dit laat die animositeit net toeneem. Ná 24 jaar van hierdie bedeling is daar groter rasbewustheid en rassehaat as ooit in SA se geskiedenis.

U staan voor die keuse om volgens die goddelose Kommunisme se Freedom Charter te regeer met die rampspoedige gevolge wat dit inhou, of om die ewige beginsels wat in God se Woord neergelê is te gehoorsaam en hierdie land tot heil en voorspoed van al sy inwoners te bestuur.

Die uwe,

A.E. Breytenbach
Voorsitter

Die Slag van Majuba

Die Eerste Vryheidsoorlog

In die hele 19de eeu tot vandag toe het Groot Brittanje net een oorlog verloor: teen die Boere van Transvaal gedurende Desember 1880 tot Maart 1881. Bowendien is Groot Brittanje in al die veldslae van hierdie oorlog verslaan: Bronkhorstspruit (20 Desember 1880), Laingsnek (28 Januarie 1881), Ingogo (8 Februarie 1881) en Majuba (27 Februarie 1881).

 

Wat was die hoofoorsaak van die Eerste Vryheidsoorlog?

Dit lê in die feit dat Groot Brittanje op 12 April 1877 die vrye, onafhanklike Transvaalse Republiek geannekseer het en dit ‘n kolonie van die Britse Ryk gemaak het. Sir Theophilus Shepstone , goewerneur van Natal, het dit in opdrag van die Britse regering gedoen. Dit was ‘n verbreking van die Sandrivier-Konvensie van1852.

Aanhoudende proteste deur die Boereleiers se deputasies na die Britse owerhede in Londen en in die Kaap – o.a. deur Paul Kruger – op grond van die Sandrivier-Konvensie, het egter na drie jaar (1877-1880) steeds op dowe ore geval. ‘n Reeks protesvergaderings wat deur duisende Boere op verskillende plekke gehou is, het die dreiging van oorlog duidelik uitgespel.

‘n Nuwe protesvergadering is vir 8 Desember1880 op die plaas Paardekraal opgeroep. Hier het ‘n vergadering van tienduisend Boere die onafhanklikheid van Transvaal uitgeroep en die Volksraad herstel onder leiding van Paul Kruger, Piet Joubert en MW Pretorius. ‘n Proklamasie wat die herstel van die Transvaalse Republiek aankondig, is dadelik aan die Britse owerheid gestuur. Dit het ‘n oorlogsverklaring beteken. Heidelberg is as tussentydse hoofstad gekies.

 

Die Slag van Majuba

Vandag is dit die 137ste herdenking van een van die veldslae van hierdie oorlog : Die Slag van Majuba. Die ou Romeine het ‘n spreuk gehad: “Montari simper liberi.” Dit beteken bergklimmers is altyd vry: Vir die Boere het dit op 27 Februarie 1881 letterlik waar geword. Hoe hoër hulle Majuba – Berg van duiwe – opgegaan het, hoe vryer het hulle geword! Die Boere onder genl Piet Joubert het die Engelse onder genl George Pomry Colley verpletterend verslaan. Colley het ook tydens die slag gesneuwel.

Die Boere het in drie afdelings die berg bestorm: In die middel regs na bo assistant-veldkornet Fanus Roos en sy manne; regs van hom kommandant Joachim Ferreira en sy manne en links assistant-veldkornet Danie Malan met sy manne. Roos het die noordelike flank aangeval en het oos van Gordon se koppie oor die berg gekom. Ferreira het die westelike flank aangeval en oor die berg by Mc Donald se koppie gekom. Malan het die oostelike flank aangeval en oor die berg by Hays se koppie gekom.

   Die Boere se taktiek was meesterlik. Die gebruikmaking van “dooie grond”, dws waar die vyand jou nie kan sien nie en kruisdekking met akkurate vuur was dodelik.Feitlik ongesiens het die Boere in ‘n lang halfmaan rondom die Majubakruin al nader en nader beweeg. Dit was met ‘n ongelooflike geduld vir ses ure lank. Teen elfuur se kant  was die voorstes alreeds onder die regop kranse van die kruin ….

Die betekenis van Majuba

Naas Bloedrivier was die veldslag van Majuba vir die Boere die belangrikste in hulle geskiedenis. Die betekenis is onberekenbaar:

1.       Afrikaners met hul eie identiteit van taal en kultuur en ‘n eie volksbestaan soos alle ander volke in die wêreld, het met Majuba, ‘n voldwonge feit geword.

2.       Die Britse politieke beleid in Afrika moes aangrypende aanpassings maak. Sy kolonialisme het ‘n nuwe dimensie gekry.

3.       Maar helaas, Majuba het die grootste wraak van Groot Brittanje wat nog ooit teen die klein Boerevolkie gepleeg is, ontketen. Die Britse trots kon nooit die vernedering van Majuba verwerk nie. Koningin Victoria het met verbittering uitgeroep:”I do not like peace before we have retrieved our honour.” “Remember Majuba!” het die Engelse se nuwe strydkreet geword. Die oorlog van 1899 tot 1902 tussen Boer en Brit het op ‘n massale bloedvergieting uitgeloop…

 

Majuba – Berg van duiwe

Majubaberg staan 2 150 meter bo seespieël. Die Zoeloes noem hom Majuba – berg van duiwe. Staan ‘n mens op ‘n helder dag op die kant van Majuba se top, sien jy  in alle rigtings byna eindelose panoramas. Na die suide sien jy die pragtige middelande van Natal met die reuse Drakensberge na jou regteroog se kant toe. In die weste lê die Oranje-Vrystaat. Na die noorde wink die heuwels en dale van Oos-Transvaal. En na die ooste gaan jou oë oor Laingsnek waar die Boere hulle stellings gehad het.

Op die berg Majuba staan jy op ‘n uitkyktoring van die Boere-Afrikaner se geskiedenis. Die woord “vryheid” kry hier ‘n aanskoulike betekenis. En ook die woord “vrede” word geweldig belangrik. Inderdaad “Berg van duiwe.”

Nuusbrief van die VVK – 26 Februarie 2018

Geagte Volksgenoot

Die afgelope naweek was die 137ste herdenking van die Slag van Majuba. Die Sentrale Komitee het dit as ‘n gulde geleentheid gesien om ‘n vergadering te hou in Volksrust, ten einde sekere aangeleenthede te finaliseer met die oog op die komende verkiesing.

Dit is met groot dankbaarheid teenoor almal wat die vergadering bygewoon het, dat ek vandag die volgende met al ons kiesers en voornemende kiesers kan deel:

1.       Die datums is as volg

1.1   Vir die verkiesing:

Spesiale stemmme: 11 en 12 Oktober

Stembus stemme: 13 Oktober

1.2   Nominasies vir Volksraadlede open 1 Maart en sluit 30 Junie

1.3   Sekondante vir Volksraadlede open 1 Maart en sluit 30 Augustus

1.4   Registrasie van kiesers sluit 30 Augustus (sodat naam op kieserslys kan verskyn)

2.       Geen elektroniese registrasie van kiesers sal toegelaat word nie, maar wel die aanstellings van RB’s en SK’s wie reeds geregistreer is as kiesers. 

3.       Daar sal binnekort ‘n verkiesingskonferensie/werkswinkel gehou word waarna alle streek-koördineerders uitgenooi sal word. Bywoning is verpligtend. Kennis sal betyds gegee word.

Hou in gedagte dat die reg op selfbeskikking slegs namens ‘n volk opgeëis en beding kan word deur diegene wat van die volk daartoe opdrag ontvang het by wyse van ‘n vry, regverdige en demokratiese volksverkiesing.

Ek sluit af met ‘n aanhaling van Dr DF Malan. Lees dit, begryp dit en kom u verantwoordelikhede teenoor die Boere-Afrikanervolk en sy opkomende geslagte na. Hy het gesê: “Roepingsbewustheid is vir enige volk, net soos vir enige individuele mens, onontbeerlik. Dit alleen gee aan hom ‘n gevoel van eiewaarde en skep ‘n innerlike krag wat berge kan versit.”

Volksgroete.

Christo Snyman

Voorsitter VVK

ONDERSTEUNING VANUIT DIE BUITELAND

Die afgelope tyd het ons van verskeie persone en ook organisasies korrespondensie gekry, waar hulle vanuit die buiteland as individue hulle steun asook hulp aangebied het aan die AWB. Hier is ons reaksie en terugvoer aan n persoon. Ongelukkig kan ons nie name noem nie om hulle identiteit te beskerm.

Goeie dag geagte Kolonel / Generaal

Ek sit in Neeu Seeland en het n epos gestuur vir aansoek vorms, na aanleiding van n klompie versoeke wat gedoen is vir mense om voor te berei en op te teken. Ek wou weet of daar oorseese komandos is ens. My idee was dat ons van die buiteland af kan help en ondersteun, gehoop so iets was al in plek. Ek het nog geen vorm of epos ontvang nie.

Soos ek gewag het vir die AWB om terug te kom na my toe het ek meer van julle gesien en tot die besef gekom, ek sien baie geweld en baie van die AWB, maar nooit saam nie. So het ek een van die mense geword wat vra waar is die AWB?
Om mense te oortuig dat julle n waardige beweging is om te ondersteun raak moeilik as jy die byeenkomste sien en almal wat so mooi en getrou by die vergaaderings opdaag en in uniform staan, maar daar is niks as die videos kom met moeilikheid en op togte nie.

Ek probeer verstaan, nie afbreek of moeilikheid soek nie, ek besef goed genoeg ons moet saam staan, so hierdie is nie n brief van twis nie.
Waarvoor teken ek op, wat gaan my bydra help?
Gaan die AWB daar wees as my famielie lede in nood is by n skool waar optogte en onliste is of hulle besighede word af gebrand? Wat se ek vir mense hier wat die doel is om julle te ondersteun en wat wys ek hulle wat julle doen en/of gedoen het?

Wel daar is baie vra en ek kan boekdele skryf, maar tot daar gelaat vir eers.
Onthou assseblief, ek is nie hier in Neeu Seeland omdat ek mal is oor die engelse nie, ek soek my land terug en as ek kan help gaan ek.

God se seen oor julle.
Mnr XXXXXX

 


Terugvoer van KG Van Wyk

 

WAAR IS ONS?

Geagte mnr XXXXXXX

U besondere skrywe is met uiterse positiwiteit deur die Generale Staf van die beweging ontvang en bespreek. Dit is dan ook met genoeë dat ons u paar knellende vrae baie eerlik wil beantwoord.

U maak die stelling dat u een van die mense geword het wat vra “waar is ons?”. Dis met trots dat ons u kan meedeel dat ons nog dieselfde organisasie en gesetel op dieselfde plek is.

Die beweging is tans soos nog altyd goed georganiseer en bestaan uit ‘n effektiewe, duidelik gedefineerde en doelwitgerigte hoofkwartier en generale staf. Mr Steyn von Rönge, ‘n bekende boer vanuit die Vrystaat, lei alreeds die beweging op ‘n uiters bekwame en professionele wyse vanaf lank voor die heengaan van mr Eugéne Terre Blanche.

‘n Adviesraad beman deur gesoute en bekwame lede is voortdurend besig om die situasie in Suid Afrika te monitor en op meer as gereelde basis die leierskap te adviseer ten opsigte van optrede tydens natuur- sowel as mensgemaakte rampe. Hierdie funksie navigeer tussen die werklike bedreiging en die relatiewe bronne en vermoëns wat werklik en potensieël tot ons beskikking is. U sal dus besef dat die beweging hom beywer vir die beskerming van sy lede.

Voorts word ons steeds in al die gebiede in die RSA deur bevelslui en tiene van duisende lede verteenwoordig. Daar sal sekerlik nooit genoeg wees nie en ons is voortdurend besig met werwing ten einde die normale atrisie en kundigheid te ondervang.

U noem voorts dat u van ons sien maar nooit saam nie. U sal ook wil vra hoekom u nie van ons hoor nie? Die antwoord daarop is baie duidelik. Gedurende 1994 het hier ‘n regering oorgeneem wat die Afrikaner nie goedgesind is nie. Dieselfde regering beheer die media en sodoende word die beweging dus doodgeswyg. Behalwe vir die verlies aan reklame, pas dit ons ook soos ‘n handskoen.

U verneem of ons oor buitelandse kommandos beskik. Die beweging bestaan in wese oor dienende lede, nie-dienende lede asook simpatiseerders. Van hierdie simpatiseerders verkeer hoofsaaklik in die buiteland en ons noem graag een voorbeeld. n Persoon, gebore en getoë in Suid Afrika en ‘n vooraanstaande lid van United Airways, bevorder tans ons saak in die VSA vanwaar hy woonagtig is in Knoxville Tennessee. So kom ons in aanraking met groter organisasies soos wie ons wel baie simpatiek gesind is. U voorstel van buitelandse kommandos word ernstig ter harte geneem maar nie oorweeg nie aangesien die bedreiging van binne is. U steun vanaf die buiteland sal wel waardeer word.

U vra die knellende vraag of die AWB daar gaan wees as u familie in die nood is. Die antwoord is hier weereens ‘n onomwonde ja aangesien die beweging hom vir die vryheid en selfbeskikking van die Afrikaner bearbei. In dieselfde asem moet ons ook baie eerlik wees dat die beweging nie oor die menslike sowel as ander volhoubaarheidsbronne beskik om die Volk as geheel te dien nie. Op hierdie stadium oefen die Suid Afrikaanse Polisie beheer uit oor onluste en die AWB is ook deeglik betrokke by die polisieforums en op bystand sou ingryping benodig word. U sal begryp dat die bestuur hiervan baie sensitief benader word. Alhoewel ons nooit ons rug op mede Afrikaners sal draai nie werk ons tog op ‘n beginsel dat ons primêr ons eie lede sal beskerm.

Die AWB is geen geheime organisasie nie en beskik ook oor ‘n webtuiste waar u kan gaan rondblaai en u vergewis van wat ons, spesifiek in die gebiede en streke doen. As doelstellings het die AWB net twee strategiese doelwitte en dit is fisiese- sowel as geestelike weerbaarheid van sy lede. In die onderskeie gebiede en streke word gereeld verootmoedigingsaande/dienste gehou en die beweging beskik selfs oor ‘n eie geloftefees-komitee.

Die beweging het aan die hand van sy leier mr. Steyn Von Rönge, asook met die medewerking van die beweging se adviesraad, ‘n alliansie, Veiligheids Alliansie Suid Afrika (VASA) met meer as 30 ander Afrikanerorganisasies in die lewe geroep. VASA word bestuur onder voorsitterskap van die AWB leier mr Von Rönge. Die AWB bly die hoofrolspeler in hierdie alliansie.

In huis beskik die beweging ook oor ‘n eie opleidingsfasiliteit asook ‘n baie goed georganiseerde opleidingsakademie waar volksgenote (nie noodwendig lede nie) opleiding in noodweer asook huis en haartbeskerming en vele ander veiligheids- en leieropleiding ontvang.
Laastens deel ons ook graag met u dat ons steeds oor die trotse Ystergarde beskik. Hierdie komponent is nie gebiedsgebonde nie en kan vir spesiale take sowel as ‘n reaksiemag getaak word.

Ons hoop regtig dat daar van die kwellende vrae beantwoord is.

Ons lei af dat u familie en vriende in Suid Afrika het. Motiveer hulle om by die beweging aan te sluit en aktief deel te neem. Laat hulle asseblief met ons skakel of kom kuier as u weer in die land is.

Baie sterkte daar in die vreemde

777groete

CHRIS VAN WYK
KOMMANDANT GENERAAL

Die Overvaal Skoolsaak – Mediaverklaring

Die Overvaal Skoolsaak

Die staat (onderwysdepartement) en ondersteuners van die EFF, ANC en SAKP se optrede in die Overvaal-skoolsaak toon onmiskenbaar dat dit nie vir hulle om die kinders se belange gaan nie, maar eerder om nóg ’n Afrikaanse skool te verengels. Daarom is hoofde van omliggende skole deur die departement geïntimideer om valse verklarings te maak, betoog die mense by die skool en dreig selfs om dit af te brand.

Ons dank aan regter Prinsloo wat in die skool se guns beslis het. Hy kon dit doen omdat die skool se getalle reeds vol is, en nie om die Afrikaanse kultuur van Overvaal te beskerm nie, want die Grondwethof het mos reeds op 21 Junie 2016 uitspraak gelewer wat daarop neerkom dat “any reliance by white South Africans, particularly White Afrikaner people, on a cultural tradition founded in history, finds no recognition in the Constitution.” Daarom weet die departement dat hy met ’n appèl tot in die Grondwethof waarskynlik sy sin sal kry. Oorvol taxi’s, busse, treine en skole pla daardie mense nie.

Wat is die kanse dat ’n Afrikaanse kind aanspraak kan maak op sy grondwetlike mensereg om by ’n Engelstalige skool toegelaat te word en daar in Afrikaans onderrig te word? ’n Ronde nul, want telkens werp die menseregte net na die een kant toe en is dit die Afrikaner wat moet bes gee. Van De Klerk se “wigte” en “teenwigte” sien ons net die (ge)wigte van die blink uitgevrete ministers en amptenare wat hulleself help en ons vertrap.

Hoe smalend sommige mense ook al oor ons strewe na selfbeskikking mag wees, dring dit ook al meer tot volksgenote deur dat eie regering vir ons volk in ’n eie staat die enigste oplossing is vir ons behoud, want in ’n demokrasie bepaal getalle, en slegs getalle, die gang van sake, niks anders nie. En wee jou as jy een van ’n wit minderheid in ’n swart “democracy” is!

AE BREYTENBACH

Voorsitter van die Boere-Afrikanervolksraad en

Leier van die HNP

18 Januarie 2018

AWB – Nuwejaars boodskap – 2018

Geagte Volksgenote

Aan alle lede en vriende van die AWB :

Bravo …..ons is 8%, maar ons het die invloed van ‘n  80% !  Aan  die suidpunt van Afrika bly daar ‘n spesiale klomp mense.  Al tel hulle  onder minder as 8% van die land se bevolking, is hierdie mense besonder merkwaardig:

So merkwaardig dat die ANC – meerderheidsregering amper daagliks wette skep of wysig om hierdie klein minderheidsgroepie te kriminaliseer, te marginaliseer en te penaliseer;

So merkwaardig dat hulle sonder ‘n parlement, polisie, stemkrag en staatshulp elke dag aan ‘n toekoms voortbou omdat hul glo dat God hulle hier geplaas het met ‘n spesifieke doel  en roeping; en

So merkwaardig is dat hul vir bykans vier eeue reeds hier oorleef – geboelie deur die magtige Brittanje, die Groot Depressie, die onregverdige ANC en barbaarse plaasaanvalle.

Die omstandighede waarin hierdie mense leef, is ontwerp om hulle te vernietig,  maar hulle word net sterker en sterker, en hul geloof in God net groter.

Hulle eet biltong en beskuit, drink moerkoffie  en gaan Sondae  kerk toe. Hulle sing “Ou ryperd”  en hou vakansie by die see; hulle hou van braai ( met mieliepap of patats); hulle help graag ook ander mense.

Hulle is trotse BOERVOLK lede – en ek is ook een !

God’s rykste seën vir die jaar wat voorlê.  Mag julle elke oomblik Sy genade, beskerming en oorvloed ervaar.

Met ons oog gerig op God ons Skepper en Hemelse Vader, en met Hom as ons Leidsman glo en vertrou ons dat  ons redding en   die vryheidsideaal   wat ons koester eersdaags in  vervulling sal gaan.

“ GOD IS DIE LAER OM ONS HEEN,

GOD DIE GETALLE WAT ONS STEUN”

Mag ons in 2018 steeds  van krag tot krag groei !

Hoog die Vierkleur

Hoog die Boervolk

Laat paraatheid u wagwoord en leuse wees.

Leier van die AWB en Generalestaf.