• Slider Image

AWB MEDIA VERKLARING – WAPENONTEIENING

Die voorgenome implementering van Wetgewing, en ander pogings wat aangewend word, om persone wat beskik oor lisensies om ‘n wapen te mag besit en te gebruik, van hulle wapens te ontneem op slinkse en slu wyses word deur die AFRIKANER WEERSTANDSBEWEGING (AWB)  ten sterkste veroordeel en geminag.

Ons woon in ‘n land waar daar meer as 20,000 moorde per jaar gepleeg word.  Misdaad in die Republiek van Suid-Afrika is totaal en al buite beheer en kan die Suid-Afrikaanse Polisie Diens dit nie beheer en onder bedwang kry nie.  Plaasmoorde is aan die orde van die dag en van die wreedste denkbare metodes word gebruik om Landbouers en hulle naasbestaandes op die wreedaardigste moontlike wyses te moor, te verkrag en te skend sedert 1994. Polarisasie van blankes word aangevuur en aangehits deur senior politici van die land sowel as van die Opposisiepolitiekepartye in die Parlement.  Die blankes in die land word uitgekryt en beskryf as “KOLONIALISTE” as sogenaamde “IMMIGRANTE” as “SETTLERS”en as die “ROWERS” en “DIEWE” van landbougrond.  Die grootste verlies van vuurwapens tesame met ammunisie vind plaas by die veiligheidsmagte van Suid-Afrika en wel by die SAPD en die SANW.  Daar is ook vele bewyse wat bestaan dat lede van die Veiligheidsmagte betrokke is by misdaad, soos plaasaanvalle, transito rooftogte van geld en vele meer.  Wapens van die Veiligheidsmagte asook vuurwapens wat reeds ingehandig is vir vernietiging, deur wettige eienaars, word deur die misdadigers gebruik as onwettige en ongelisensieerde vuurwapens om hierdie aksies uit te voer.

Met die voormelde inagenome is daar nou pogings en dreigemente om die eienaars van wettige vuurwapens hulle reg op die besit en gebruik van hulle wapens te ontsê en te ontneem, en selfs in gevangenisse te laat opsluit.

Met die huidige stand van sake in die land is daar nie ‘n manier hoe wettige vuurwapen eienaars van die AWB hulle wapens kan of sal terug handig aan die SAPD nie.   Daar word voortdurend ‘n beroep op AWB lede gedoen om binne die wette handel en te wandel.

As die ANC, wat tans die Regering van die dag is, wet te wil implementeer wat teen die verloop van die huidige Grondwet van die land is, sal die AWB dit nie erken nie.  Die huidige Grondwet van die land bepaal uitdruklik dat elke wettige burger en inwoner van die land oor die reg beskik om sy lewe te mag BESKERM. In die Handves van Menseregte, Hoofstuk 2 van die Grondwet, wet 108 van 1996, wat geinkoporeer is in die Grondwet van die RSA, word dit duidelik en breedvoerig omskryf dat elkelandsburger die reg het op menswaardigheid en dit dus kan beskerm. Verder dat daar nie teenoor ‘n persoon wat ‘n burger van hierdie land is gediskrimineer mag word nie.

Mnr Malema van die EFF maak uitsprake dat: “ ….die slagting van blankes nie nou gaan plaasvind nie …. ”Uitsprake deur senior ministers van die Regering en selfs voormalige Presidente van die land huldig dieselfde strekking. Hierdie tipe van  uitsprake bring ‘n gevoel van onrustigheid, bedreig en geintemedering by sommige landsburgers tuis.

Om hierdie rede ag die AWB se Uitvoerende Raad dit dwaas en onbedag om enigsins van ‘n wettig gelisensieerde wapen ontslae te wil raak.

Die oorgrote meerderheid van misdaad in Suid-Afrika word met onwettige wapens deur misdadigers gepleeg.

Die Owerheid word gemaan om versigtig te wees met uitsprake en die moontlike implementering van wetgewing om van wettig gelisensieerde wapens van burgers van die land onregmatig te wil terug neem om rede die Grondwet van die RSA  en die Internasionale Reg dit voorstaan dat elke burger van die land die reg het om sy eiendom en sy lewe te mag beskerm.

Daar bestaan vele bewyse dat hulle wat onsbeskuldig en beswadder aandadig is aan die Volksmoorde in ander lande.

Dit word wyd en algemeen in die media verkon dig dat : “Africa’s most endangerd species – the white farmer “ tans onder beleg is.  Hierdie gaan aanleiding gee tot ‘n tekort aan voedsel sekerheid wat verder gaan lei tot hongersnood en ‘n drastiese toename in misdaad,  weens mense se strewe na oorlewing.

Die AWB sê prontuit ons kan nie ons wapens inhandig nie.  Maar as gevolg van die bogenoemde stellings sê ons nou ons sal nie en gaan nie ons wapens aan misdadigers oorhandig nie.

Die AWB wil met niemand in konflik wees nie.  Die AWB wil met niemand in ‘n geveg betrokke wees nie.  Die AWB wil net dat sy lede en ondersteuners oor  die reg beskik  om hulle self te beskerm,  hulle lewens en hulle eiendom en die van hulle naasbestaandes.  Maar as daardie reg van ons weggeneem wil word, of gaan word, dan sal die AWB sê: Ons sal nie ons wapens inhandig nie.  Wie gaan ons beskerm?  Die SAPD is nie bevoeg om die burgers van die land in veilige omstandighede te laat voortleef nie en daarmee saam kan en wil hulle nie toesien tot vreedsame naasbestaan van die burgers van die RSA nie.  Die SAPD is hoogs omstrede weens hulle betrokkenheid  by plaasaanvalle en misdaad van self kontant transitorooftogte.

Die AWB is genoodsaak om in die bres te tree vir die nageslag, of daar sal nie een wees nie.

Die AWB wil dit weereens beklemtoon dat Internasionale Wette en die Internasionale Reg, sowel as die Grondwet van die RSA maak uitdruklik daarvoor voorsiening dat ‘n persoon homself en sy eiendom kan en mag beskerm, tydens geweld, tydens volksmoord en tydens enige misdaad van welkeaard ookal.

Die AWB en sy ondersteuners staan op die kantlyn en is nie betrokke of ‘n party tot die konflik nie.  Maar indien daar ‘n aanslag op ons mag wees  wil ons onsself daar kan verdedig en beskerm met wettig gelisensieerde vuurwapens.  In hierdie verband streef die AWB en sy ondersteuners daarna  om wetsgehoorsame burgers te wil wees.  Om nie soos die misdadigers en ongehoorsame persone met onwettige en ongelisensieerde vuurwapens op te tree nie.

Waar het die AWB se lede, wat hoogs gedissiplineerd is,  die afgelope 10 tot 15 jaar enige moord gepleeg?  Of was hulle betrokke by transito rowe, misdaad of korrupsie?  Die AWB lede weerhou hulle van aanranding op onskuldige persone. Misdaad, korrupsie, aanranding, verkragting, handeldryf in mensehandel, transito rowe en ander misdaad is nie in die styl van die AWB nie.

Met die onfeilbare skoon rekord van hierdie Beweging waaroor dit beskik en sy strewe om slegs sy lede paraat te kry deur die beskerming van huis en haard toe te pas  en nou sy lede wederegtelik te wil ontneem van sy konstitusionele reg om ‘n vuurwapen te mag besit om sodoende sy lewe en eiendom te mag beskerm, dit in stryd is met die Internasionale Reg.

Om die WETSGEHOORSAME burgers van hierdie land onregmatig te ontwapen – Daar is nie ‘n manier nie!!! Ons sal dit teenstaan en met alles tot ons vermoë bestry en beveg.

Generale Staf en Uitvoerende Raad

AWB

07/02/2020

Berig t.o.v. Crusaders, Boereligioen en ander groepe

Die AWB distansieer hom totaal en al van die Crusaders groep en hulle leier Knoesen se optredes, beplannings en uitlatings. Die AWB was nog nooit in die verlede in samewerking met hulle nie.

Indien enige lid van die AWB mede lidmaatskap het van die Crusaders, Boereligioen of enige ander organisaie of beweging waarvan die Generalestaf van die AWB nie kennis dra nie word u hiermee met onmiddelike effek geskors uit die AWB totdat u u saak na behore gestel het aan die Opperraad van die AWB.


Op las van die Leier van die AWB.
Steyn v Ronge

Tweeledige verbond. Paardekraal, 29 November 1986

Soos ons voorgeslag wanneer hulle aan die vooraand van ’n groot stryd gestaan het, het die AWB hom ook in ’n Gelofte aan God Drie-Enig verbind.

Die Beweging, het ’n volgende fase in sy stryd om die herstel van die Boererepublieke binne gegaan toe hy op 29 November 1986 klein geword het voor sy Skepper en in biddende ootmoed by wyse van ’n Tweeledige Verbond ’n Gelofte aan God gemaak het. Die Gelofte, wat tydens ’n groot saamtrek op die Paardekraalse feesterrein in gietende dog verkwikkende reën afgelê is, sluit ook die Gelofte was in 1838 deur die Voortrekkers by Bloedrivier gemaak is, in.
Die tweede gedeelte van die Verbond bevat ’n onderneming tussen volksgenote onderling “om tot die dood toe aan mekaar getrou te bly in die stryd om die herstel van ons vryheid in ’n Christelike Republikeinse Boerevolkstaat en om die offers ter bereiking van die ideaal te bring” – Voorwaar gelaaide woorde.

Hierdie Verbond is hierna weer op twee geleenthede herbevestig te wete op 10 Oktober 1987 te Bloedrivier en ook op Majubadag, 27 Februarie 1987 in die Skilpadsaal, Pretoria.

TWEELEDIGE VERBOND In teenwoordigheid van die Almagtige Drie-enige God, onder biddende opsien om Sy genade, hulp en ontferming en bewus van ons verantwoordelikheid voor God en teenoor ons volk rig ons ’n tweeledige verbond op:

Eerstens met God
In nederige erkentlikheid teenoor U, Drie-enige God, beskikker oor die lotgevalle en toekoms van volke en deur wie se beskikking ook die Boerevolk tot stand gekom en tot volwaardige volk uitgegroei het, is ons hier byeen om gehoor te gee aan U Woord in Psalm 50:5 waarin U ons oproep om die offer by die GELOFTE te bring en volgens vers 14 ons beloftes aan God die Allerhoogste te betaal:
Vers 5: “Versamel my gunsgenote vir My, hulle wat my verbond by die offer sluit!”
Vers 14: “Offer dank aan God, en betaal jou geloftes aan die Allerhoogste;”

Voor U buig ons ootmoedig in berou en skuldbelydenis. Ons vra om Christus wil vergifnis van ons volk se sondes. Ons bid om krag vir die offer van terugkering en diens. Ons onderneem as volk en as individuele volksgenote:
1. Om ons volksroeping te vervul, naamlik om heilig te lewe, U dankbaar te dien en te eer en U Koninkryk te laat kom.
2. Om ons voortdurend tot U te bekeer.
3. Om getrou te wees in die omgang met U Woord en die beoefening van die gebed.
4. Om elk ’n lewende en getroue lidmaat van die gemeente van U Seun, Jesus Christus, te wees.
5. Om die Dag van die Here heilig te hou.
6. Om die Gelofte van Bloedrivier te handhaaf en na te kom wat soos volg lui: “My broeders en mede-landsgenote, hier staan ons voor die Heilige God van hemel en aarde om ’n gelofte aan Hom te doen, dat, as Hy ons sal beskerm en ons vyand in ons hand sal gee, ons die dag en datum elke jaar as ’n dankdag soos ’n Sabbat sal deurbring, en dat ons ’n huis tot Sy eer sal oprig waar dit Hom behaag, en dat ons ook aan ons kinders sal sê dat hulle met ons daarin moet deel tot nagedagtenis ook vir die opkomende geslagte. Want die eer van Sy naam sal verheerlik word deur die roem en die eer van oorwinning aan Hom te gee.”

Tweedens rig ons met mekaar ’n verbond op

Steeds gedagtig aan die offer van die verbond, wil ons in teenwoordigheid van die Kenner van die harte aan mekaar sê: Kom lê jou hand in myne volksgenoot, sodat ons voor die Heilige God met mekaar ’n verbond kan sluit:
1. Om tot die dood toe aan mekaar getrou te bly in die stryd om die herstel van ons vryheid in ’n Christelike Republikeinse Boerevolkstaat.
2. Om die offers te bring wat ter bereiking van diè ideaal geverg en gevra sal word.
3. Om ons kinders Christelik-Nasionaal op te voed.
4. Om elke onderneming waartoe ons ingestem het, nougeset na te kom. So waarlik help ons God Almagtig.

Die kommando wat van Pretoria af gery het, kom in gietende reën by Paardekraal aan

Krugerdag viering by Paardekraal

“God se Woord is dan ook die rigsnoer in alles. Om dit te kan volg, moet die volk met die Bybel vertroud wees.”
Paul Kruger

Op Saterdag 12 Oktober, twee dae na President Paul Kruger se geboortedatum van 10 Oktober, word die jaarlikse feesvieringe weer aangebied by Paardekraal in Krugersdorp.
Soos gewoonlik sal dit weereens ’n luisterryke geleentheid wees en alle volksgenote word opgeroep om die dag saam te trek by een van ons volk se beroemdste monumente.
Die program is soos hiermee aangedui, waarna almal heerlik saam kuier om die braaivleisvuur:

10H00 – Opening by Paardekraal
10H15 – Vaandel parade
10H30 – Prosessie na standbeeld
11H00 – Historiese oorsig
12H00 – Braai by Paardekraal
Pap, sous en kole sal verskaf word.

Foto – Paardekraal-monument is ‘n monument geleë in Paardekraalstraat in Krugersdorp. Die monument het as ‘n stapel klippe ontstaan, wat gepak is as deel van ‘n versetaksie teen Britse oorheersing. Die monument is in November 1890 voltooi.

SKIET KOMPETISIE

Die AWB Bied ‘n Skietkompetisie aan op 19 Oktober 2019 te Ventersdorp Skietbaan.

Inskrywing begin om 9h00

Bring eie stoel en sonbrandmiddel

Koeldrank, Koffie, Jaffels en Potjiekos (R50) sal te koop wees

KONTAK
Generaal Bezuidenhout @ 084 250 2150
Kolonel Prinsloo @ 082 959 9801
vir verdere inligting