• Slider Image

Volksaamtrek, Paardekraal

 

2 Junie 2018

Ter herdenking van Republiekwording in 1961, die ingebruikneming van die Oranje Blanje Blou as landsvlag in 1928 en die skryf van Die Stem van Suid-Afrika in 1918.

Die volksaamtrek word deur die HNP, AWB en die Verkennersbeweging gereël.

Bykans 30 ander Afrikaner-organisasies is genooi om deel te neem.

Program:

07:00 Aankoms en Terrein-inrigting
09:00 Opening:
09:10 Verwelkoming Mnr Henk van de Graaf
09:15 Samesang van volksliedere
09:30 Vlagseremonie
09:50 Vlaghysing: Oranje Blanje Blou (In stilte. Almal staan op aandag)
Samesang:Die Vlaglied
10:00 Toespraak:  Mnr Steyn van Rönge     Die Oranje Blanje Blou
Samesang:  Die Stem van Suid-Afrika, Strofe 1
10:30 Toespraak: Mnr Alwyn de Klerk                    Die Stem van Suid-Afrika
Samesang: Die Stem van Suid-Afrika, Strofe 2 en 3
11:00 Toespraak:Herdenking van Republiekwording
Mnr Andries Breytenbach
11:30 Die Volksverkiesing (13/10/2018)

Mnr Christo Snyman

11:45 Bedankings

Mnr Henk van de Graaf

12:00 Afsluiting:

4e Strofe van Die Stem van SA

LAAI PROGRAM IN PDF FORMAAT AF

VVK Verkiesingsnuus

Verkiesingskonferensie, 5 Mei 2018

Ons hartlike dank aan elkeen wat die Verkiesingskonferensie die afgelope naweek bygewoon het. Dit was ‘n reuse sukses. Die bemarkingsvideo is vertoon en sal aan u beskikbaar gestel word vir verdere verspreiding sodra die laaste redigering afgehandel is.

Verdermeer is die nuwe fondsinsamelingsprojek bekendgestel, naamlik “Borg-‘n-stempunt”. Laai gerus die brosjure af onder hierdie skrywe om meer inligting omtrent die projek te bekom.

Borg ‘n stempunt!

 

Vakante betrekking

Die VVK het ‘n vakante betrekking vir ‘n ontvangsdame. Stuur asseblief u CV na info@vvk.co.za om in aanmerking te kom.

 


Registrasie- geleentheide

Groblersdal:

Republiekfees 26 Mei 2018 vanaf 08h00 te CVO Gromar.

Paardekraal, Krugersdorp:

Republiekfees 2 Junie 2018 te Paardekraal Feesterrein.

Indien u nie een van hierdie geleenthede kan bywoon nie, maar nog wil registreer op die VVK se kieserslys, volg die onderstaande skakel na die lys van registrasie-beamptes landswyd.

Registrasie-beamptes

Voorstelle ingewag!

Is u goed met inligtingverspreiding en bemarking? Stuur vir ons u voorstelle vir ‘n bemarkingspamflet vir die Verkiesing van Oktober 2018.

Voorstelle kan gestuur word na info@vvk.co.za

Volksraad Verkiesing Kommissie
www.vvk.co.za

 

BESOEK DIE AWB FACEBOOK BLAD

LANDSBERAAD 2018: HOLFONTEIN

PROGRAM 

LANDSBERAAD 2018:   HOLFONTEIN

 

Programleier :                        Brig. P. Breytenbach

Kampkommandant :             Kol. J. Breytenbach

 

VRYDAG 18 MEI

 

   15:00 – 20:00  :  Aankoms van lede – kry kampplek gereed

   20:00 – 20:15  :  Aandgodsdiens – Brig. P. Breytenbach

   20:15  –             :  Saamkuier

 

SATERDAG 19 MEI 

       

   07:30 – 08:00  :      Registrasie en ontbyt

   08:00 – 09:00  :      Vlagparade – Brig. Potgieter 

  • Eerbetoon: Gestorwe kamerade – Brig. P. Breytenbach
  • Drilparade – H/Kmdt. J. Swanepoel 
  • Garde demonstrasie – Nico Prinsloo 
  • Selfverdediging demonstrasie – Pieter Swanepoel

   09:00 –09:30  :  Opening – Kapelaan F. Devenier
                                     Verwelkoming – Leier : Steyn von Ronge

   09:30 –11:30  :  Landsberaad – Gebiede doen verslag:

  • Weskaap – Bertie Kruger
  • Oostelike gebied – H/Kmdt. Dawie Jacobs
  • Noordwes – Jerry Bezuidenhout
  • Natal – Barney Dreyer
  • Kalahari – Bill  Nagel

   11:30 – 12:00  –  Verversingsbreek

                           Toekenning van trofees:

  • Vrystaat – Danie Wessels
  • Wes-Rand – H/Kmdt. Johan Swanepoel
  • Diamantstreek – Johan Breytenbach
  • Oos-Transvaal
  • Noord-Transvaal – Pieter Swanepoel
  • Pretoria
  • Oos-Kaap – H/Kmdt. Willie Geere

12:00 – 13:00  :  Middagete

13:00 – 16:00  : 

  • Kommunikasie – Hennie Le Roux
  • Jeug en Geestesweerbaarheid – Piet Breytenbach
  • Inligting – De wet Marx
  • Opleidingsakademie – Danie Wessels
  • Kantoor en Admin – Paul Visagé
  • Garde/Valke en Spesmagte – Nico Prinsloo

16:00  –           :  Leier se opsomming en repliek

17:00  –           :  Saamkuier en vleisbraai

 

SONDAG 20 MEI

08:00 – 08:30  :  Oggenddiens – Brig. Piet Breytenbach

08:30                  :  Kamp opruiming en vertrek huistoe

 

N.B.                    

  • Staanplek en navrae moet met Brig. Piet Breytenbach – telefoon 071 340 9658 –  gereël word voor 7 Mei 2018 indien jy ‘n skadu staanplek wil hê.  Daar is agt beskikbaar.
  • Baie ander kampplekke.
  • Lekker kos te koop.
  • Snoepie beskikbaar.

 

Kaart na Holfontein Kampterrein:  https://goo.gl/maps/G4SEQrxWRrH2

Kennisgewing: Kranslegging 7 April 2018

Vanweë omstandighede buite ons beheer, sal die kranslegging  wat
op 7 April 2018 te Ventersdorp sou plaasvind nie voortgaan nie.

Ongelukkig is die kranslegging afgestel asgevolg van baie reën op die plaas in Ventersdorp.
Dit maak dat die paaie nie met gewone voertuie daar kan ry nie. Ons sal wel n datum aankondig vir die kranslegging in die toekoms.
Ons se hartlike dank aan al ons mense wat die geleentheid wou bywoon.

AWB vergadering op 12 April 2018

Hiermee kennis dat daar ‘n algemene AWB vergadering sal plaasvind op 12 April 2018, stiptelik om 18:30.

Die vergadering sal plaasvind te Firwood Sports Klub in Northdene, Durban.

Alle AWB lede asook belangstellendes in die Durban en omliggende gebiede word versoek om die vergadering by te woon.

Skakel na kaart: https://goo.gl/maps/Z9WC1NHqpaq

 

Herdenking van die Volkstigting

DIE PAARDEKRAAL FEESKOMITEE

U word vriendelik uitgenooi na ‘n herdenking van die Volkstigting aan die Suidpunt van Afrika.

Dit sal plaasvind op Van Riebeeckdag op

6 APRIL 2018 OM 18:30

by die Paardekraal Feesterrein

Die program sal bestaan uit ‘n kort spreekbeurt deur Mnr. Paul Kruger oor Van Riebeeckdag en die Gelofte van 1654.

Daarna sal ‘n erediens gehou word. Ons sal om 20:00 saam koffie drink.