Mediaverklaring: Ramphosa se leuens

Ramaphosa se stelling in die buiteland dat daar geen moorde op wit plaasboere in Suid-Afrika plaasvind nie en ook geen grondgry

pe (“land grabs”) nie, is so ‘n blatante leuen dat mens nouliks kan glo dat iemand in sy posisie so vermetel en onbeskaamd kan wees om in weerwil van al die feite op die grond en die getuiens daaroor in die plaaslike en internasionale media, sulke twak te praat en dan te verwag dat die internasionale gemeenskap hulle aan hom moet steur. Hy wéét mos ander ander lande het ambassadeurs en intelligensie-agente in Suid-Afrika wat hulle regerings inlig oor wat hier aangaan.

Dit is nou die man wat wil hê die Veiligheidsraad van die VN moet hervorm (getransformeer) word om aan Afrika groter seggenskap en mag in dié liggaam te gee! Met so ‘n demonstrasie van onverantwoordelikheid en ongeloofwaardigheid sidder ons vir die wêreld as daar aan sy pleidooi toegegee moet word.

Ramaphosa se stelling het getoon hoe koud die moordveldtog teen die witmense in Suid-Afrika hom en sy regime laat, en dat hulle nog dieselfde gees van terrorisme  in hulle omdra as waarmee hulle voor 1994 hulle veldtog van moord en terreur gevoer het. Hoe waar tog dat ‘n jakkals van haar verander, maar nie van snaar!

Met elke sodanige optrede is daar gelukkig méér volksgenote wat tot die besef kom dat die kunsmatige saamboerdery van wit en swart in een staatsbestel ‘n onmoontlikheid is wat so gou moontlik beëindig moet word.

Andries Breytenbach
Voorsitter van die Boere-Afrikanervolksraad en leier van die HNP

Tel: 012 802 4285
Mobiel: 082 322 6590
E-pos: andries.breytenbach@gmail.com