07Nov

KERSBOOM 2017

Dit is dié jaar die 7de kersboom vir minderbevooregte kinders 3de jaar wat die Welkom AWB se projek is vir ons arm kinders. Ons so 70 kinders die jaar gehad. Meeste van ons sponsors is net ons lede ons probeer hulle soveel as moontlik betrek maar gaan sien ook besighede anders gaan ons dit nooit gedoen kry nie. Die jaar het ons reen gehad so kids moes binne huis hul geskenkies kry maar dit gladnie die gees gebreuk nie. Ons geskenkboks bestaan gewoonlik uit n stel klere, skoolgoedjies as kind in skool is. Speelding, seep, waslap, tandeborsel en pasta. Daarna mag mense insit net wat hulle wil. Ons gee ook vir die ouers daai dag n bord kos en die kinders kry als wat hulle kan eet letterlik. Die jaar het ons egter n trappie verder gegaan en vir ons eie lede se kinders ook bederf en die aand vir hul ook hul eie kersboom gegee want onder ons eie lede is daar ook baie wat werklik behoeftig is. Daar was 30 kinders. Het vir hulle dieselfde gedoen as vir die ander kinders die oggend. Ons streef egter daarna om 2018 net nog beter. Wil net ast veld Bonita en vldt Herman Victor bedank vir al hulle hulp met die lede se kersboom.