• Slider Image

GEDAGTE VIR VANDAG 28 MAART 2024

‘N LIGGIE VAN BO

Om die volheid van God se liefde te ken

en in sy groot genade te glo,

moet jy soms in die stikdonker wees,

met net sy liggie van bo.

Hy laat sy lig in die donker

uitstraal vir die opregtes, hy is

genadig, barmhartig en regverdig.

Psalm 112:4

Dank die Here vandag, want

Hy is jou veiligheidslamp; ‘n lamp

wat altyd daar is en altyd skyn,

hoe donker dit ook al mag wees.

GEDAGTE VIR VANDAG 27 MAART 2024

DIE GELOOFSTOETS

Here, help my om aan U vas te hou,

elke dag van my lewe op U te vertrou;

ek wil U volg sonder vrae of twyfel,

in die toets van geloof wil ek nie weifel.

Toets my, Here, keur my, ondersoek

my deur en deur. Ek laat my

deur U liefde lei en ek lewe deur U trou.

Psalm 26:2-3

Laat jou geloof vandag

help om die toets te slaag.

GEDAGTE VIR VANDAG 26 MAART 2024

‘N TYD OM GOD TE DIEN

Herfs is ‘n tyd van kleureprag,

van songeel dae en koel sterrenag.

‘n Tyd wat jy God se liefde kan sien

en Hom met jou hart en lewe kan dien.

Hy verander wostyngebied in

rietvlei, dorsland in fonteinwêreld.

Psalm 107: 35

Sê vandag: “Ja, Here

hier is ek’ gebruik my.”

GEDAGTE VIR VANDAG 25 MAART 2024

GOD WIL JOU NABY HOM Hê

Die wonder van herfs wat jy elke jaar

in hierdie tyd so oorvloedig ervaar,

is God se manier om vir jou te sê

dat Hy jou graag naby Hom wil hê.

Die aarde is vol van u troue liefde,

Here. Leer my u voorskrifte.

Psalm 119:64

Wees vandag dankbaar vir God

se onmeetbare liefde en sensitief

vir alles wat Hy vir jou sê.

GEDAGTE VIR DIE DAG 22 MAART 2024

GOD GEE DIE NUWE LEWE

Ons God wat die winter na die wêreld stuur

en alles in die natuur laat rus,

sal ook weer die wêreld sy lentekleed gee

op die tyd wat deur Hom bepaal is.

U het my van die dood

gered, my voet nie laat struikel nie,

en met God by my kon ek my pad

aanhou loop en die lewenslig bly sien.

Psalm 56:14

Dank God vandag vir die

veranderende seisoene in die natuur

en die nuwe lewe wat Hy gee.

GEDAGTE VIR VANDAG 20 MAART 2024

GOD IS ALTYD BY JOU

God is oral en altyd by jou,

sit jou hand vandag in Syne,

vertel vir Hom van alles wat pla –

Hy ken jou wêreld … en ook myne.

U leer my hoe om te lewe.

By U is daar oorvloedige blydskap.

Uit U hand kom net wat mooi is.

Psalm 16: 11

Praat vandag met God –

en luister ook na Hom.

GEDAGTE VIR VANDAG 19 MAART 2024

GOD IS IN ELKE DAG

Ek sien die kristalglans van vroegoggenddou,

ek voel die varsheid wat alles omvou

as die maan en sterre vir eers vedwyn

en die goue son oor die nuwe dag skyn.

Bedags sal die son jou nie

steek nie en snags sal die

maan jou nie kwaad doen nie.

Psalm 121:6

Wees bly oor hierdie vars, nuwe

môre en oor die geleenthede

wat vandag op jou wag.

GEDAGTE VIR VANDAG 18 MAART 2024

GOD WIL JOU HELP

Moenie probeer om alleen te staan –

dis dan dat jy struikel en val,

steek jou hand na God toe uit,

Hy wil jou help … en Hy sal!

My seun, jy moet luister na die

onderrig wat jou Vader jou gee.

Spreuke 1:8

Vra God om jou vadag by

te staan. Met Hom aan jou sy

kan jy enige uitdaging aanvaar.