Kontak ons/Contact us

 

             

AWB Hoofkantoor/Headoffice                                  

+2718 264 3669 / +2718 264 2516

Faks/Fax:  +2787 809 5849

Epos adres/Email address:

awbhoofkantoor777@gmail.com

Krap in ons medisyne tas vir n boereraad wat u pas

Funksionele medisyne 2019

Inspirasie vir elke dag …

28 November – ‘N OPREGTE HART – Waar jy ook al is – of jy nou staan of sit- as jy met ‘n opregte hart tot jou Vader bid, sal Hy hoor wat jy vir Hom wil sê, want dis die soort gebede wat Hy van ons wil hê. “Op die dag van my nood roep ek na U, U sal my gebed verhoor.” Psalm 86:7 Bid vandag met ‘n opregte hart tot Vader.

27 November 2019 – ‘N VEILIGE PLEK – Vader het jou lief en Hy wil jou ook in sy koesterende hand toevou. Soek na daardie plek van rus en veiligheid; soek daarna in stil gebed, in lof en nederigheid. “Elke belofte van Vader is betroubaar; Hy beskerm die wat by Hom skuil.” Spreuke 30:5 Soek vandag na die rus en beskerming wat Vader se ewige arms jou bied.

26 November 2019 – STEEK ‘N LAMP AAN – ‘n Lamp wat dood is, kan nie skyn; dit moet eers brand voor die donker verdwyn. As die lewe leeg is, ‘n diep, donker kelder is, is ‘n goeie daad nodig om dit te vehelder. “U Vader laat my lamp helder skyn; my Vader gee lig as dit donker is om my.” Psalm 15:29 Wees vandag ‘n lig wat in iemand anders se lewe skyn, en ju sal sien dat goedheid wat aan iemand anders bewys word, jou ook gelukkig maak.

25 November 2019 – GELOOF OM TE GLO – Hou vas aan die reg, streef goedheid na, onthou om na die wil van Vader te vra; leef so en dieVader in die hemel daarbo sal jou lei en versterk, as jy maar net glo. “Hy het geregtigheid en reg lief, die hele wêreld is vol van Vader se troue liefde.” Psalm 33:5 Leef vandag volgens Vader se beginsels.

24 November 2019 – ‘N DANKBARE HART – As jy ‘n oomblik stil sou dink oor die wonder van die lewe, sal jou hart opnuut van dankbaarheid swel en jou gees in aanbidding bewe. “My tong sal nie stil word oor U trou nie, dag vir dag sal ek U loof.” Psalm 35:28 Raak opnuut bewus van Vader se rol in jou lewe, en van jou rol in Vader se groot en ewige plan.

23 November 2019 – DIE GROOTHEID VAN VADER – Die aarde behoort aan Vader dis ‘n lied wat sy grootheid besing! As ek om my kyk, O Vader wil ek ewig aan U hulde bring! “Aan U behoort die hemel, aan U behoort ook die aarde, die wêreld en alles daarin. U het alles gemaak.Psalm 89:12 Luister vandag na die lied van die aarde en laat jou oê opnuut oopgaan vir die grootheid van die Skepper Ons Vader.

22 November 2019 – GENADE EN GOEDHEID – Vader, ek het U lief met my hart, siel en gees. Dankie dat daar nooit ‘n einde aan U genade en goedheid sal wees. “U goedheid en liefde sal my lewe lank by my bly en ek sal tuis wees in die huis van die Vader tot in lengte van dae.” Psalm 21:6 Let vandag spesiaal op na al die verskillende maniere waarop Vader sy goedheid en genade aan jou bewys.

21 November 2019 – MATELOSE GELUK – Vader wil sy kinders gelukkig maak. Hy gee ons die skepping, volkome, volmaak. Met ‘n hart vol liefde wys Hy ons die weg, sy plan is ewig, sy tyd altyd reg. “In die voortyd al het U die aarde gevestig en die hemele met U eie hande gemaak.” Psalm 102:26 Ons Vader het geen horlosie of wekker nodig nie. Dink vandag daaraan en dank Hom daarvoor.

20 November 2019 – VADER SE GOEDHEID – Vader wil sy genade gee, Hy wil ons troos en lei; sy krag en sy nabyheid is tot beskikking van jou en my. “Toe ek met baie onrus in my binneste sit, het u vertroosing my tot rus gebring.” Psalm 94:19 Sê vandag vir Vader dankie dat Hy jou lewe aangeraak het.

19 November 2019 – ‘N GEBED VAN DANK – Help ons tog om te onthou dat die lewens sleutel daarin lê dat elke dag ‘n dankdag sal wees; dat ons in elke gebed “Dankie!” sal sê. “Dan sal ek die Naam van Vader besing. Hom met ‘n danklied prys.Psalm 69:31 Wees vandag dankbaar vir Vader se seën en deel dit wat jy ontvang met mense wat minder as jy het. Wees ook dankbaar vir jou talente en gebruik hulle om ander te help.

18 November 2019 – ‘N GEBED UIT DIE HART – Ek gee U my dank as ek voor U kniel; help my, Vader, en lei my vandag my liggaam, gees en siel. “U lei my met u raad en aan die einde sal U my in ere by U opneem.” Psalm 73:24 Vra Vader vandag om jou te lei en te beskerm, en elke oomblik by jou te bly.

17 November 2019 – VADER HOOR JOU – Hier is ek, Vader so nietig en klein; hoe weet ek, Vader, dat my gebed nie op die pad na U verdwyn! “Hoor tog my gebed, Vader, luister na my hulpgeroep; moet tog nie koud staan teenoor my trane nie, want ek is net op u beskerming aangewese; U alleen sorg vir my, soos vir al my voorvaders.” Psalm 39:13 Roep Vader aan. Hy hoor jou as jy met Hom praat, waar jy ook al is.

16 November 2019 – SKEPPER -VADER – Dat weerlig en hael Hom gehoorsaam, is net weer eens ‘n bewys dat die Skepper – Vader hoog bo alles is, almatig en alwys. “Prys die Vader van die aarde af, weerlig en hael, sneeu en miswolke, stormwind wat sy opdrag gehoorsaam.” Psalm 148:7-8 Kyk om jou en geniet die skoonheid van die somerlanskap. Elke blom, elke mens, is spesiaal en het sy eie unieke eienskappe.

15 November 2019 – ONS WONDERLIKE WêRELD – Ons leef in ‘n wêreld wat mooi is, wat deur Vader self geskep en getooi is. As ons, ons hart vir Hom oopstel, sal Hy ons daagliks van sy wonders vertel. “Van die hemel af kyk Vader die mense deur om te sien of daar een verstandige is, een wat na die wil van Vader vra.Psalm 53:3 Sluit die deur van jou hart vandag vir die Vader oop; nooi Hom binne en kyk watter verskil sy teenwoordigheid in jou lewe maak.

14 November 2019 – ‘N VERVULDE LEWE – Om voluit te lewe, nou en altyd, moet jou hart eers gevul wees met dankbaarheid. “Die wat op kwaad uit is, doen dit omdat hulle vals is; die wat beraadslaag vir vrede en voorspoed, doen dit met vreugde.” Spreuke 12:20 Wees vandag opreg dankbaar teenoor Vader, dan sal jy ook die volheid van sy vrede en blydskap ervaar.

13 November 2019 – DIE BELONING VIR GOEDHEID – Om goed te doen aan ander is die beste belegging wat jy kan maak die rentekoers is hemelhoog, want jy belê in Vader se saak! “Die wins wat ‘n slegte mens maak, hou nie; wie volhou om reg te doen, kry blywende beloning.” Spreuke 11: 14 Doen vandag goed aan iemand anders, en kyk net watter invloed dit ook op jou lewe het!

12 November 2019 – GENADE OM AAN TE HOU – Hoe meer geduld en volharding ons toon in tye van swaarkry, hoe meer word ons van binne geslyp, en hoe meer krag kry ons by. “Die Vader is ‘n sterkte vir sy volk, ‘n veilige beskutting vir sy gesalfde.” Psalm 28:8 Wees geduldig en hanteer elke probleem waarmee jy vandag gekonfronteer word soos en wanneer dit opduik. So ‘n gesindheid sal bydra tot geestelike groei.

11 November 2019 – ‘N MOOI HERINNERING – Elke daad en gebaar van vriendskap – hou ‘n herinnering – sal in tye van nood en probleme opnuut weer krag en vreugde bring. “Die regverdige sal nooit wankel nie, hy sal altyd onthou word.” Psalm 112:6 Dink vandag terug aan ‘n gebaar van vriendskap en veral aan die feit dat sowel die ontvanger as die gewer daarby baat gevind het.

10 November 2019 – GELUK EN VREDE – Geen goud of kosbare besitting kan blywende geluk en vrede bring om waarlik ‘n verskil aan die wêreld te maak moet ons alle dade van selfsug vandag nog staak. “Daar is verstand nodig om ‘n huis te bou, kennis om sy kamers te vul met kosbare goed.” Spreuke 24:3-4 Staan vandag tyd aan iemand af en toon begrip vir sy situasie. Niks ter wêreld kan begrip en deernis koop nie.

9 November 2019 – DIE REGTE GEBEDE – Gebed is geen middel tot ‘n doel om altyd te kry wat ons begeer nie, ons wyse Vader sal ons niks gee waaruit ons die verkeerde sal leer nie. “Ek onderhou U bepalings van altyd af, Vader; dit gee my vertroue.” Psalm 119:52 Konsentreer vandag in jou gebede op danksegging en lofprysing.

8 November 2019 – DIE SKEPPER – VADER – Mag almal tot die waarheid kom en besef dat elke mens en dier en blom, alles wat lewe, elke soort aan die Skepper -Vader behoort! “Ek besing U lof en U roem gedurigdeur.” Psalm: 71:8 Dink vandag met verwondering en waardering na oor die grootsheid van Vader se skepping.

7 November – JOU VERHOUDING MET VADER – Maak tyd om met Vader en sy Woord deur te bring niks is belangriker as die verhouding. “Goue appels wat in silwer gemonteer is, so is die regte woord op die regte tyd.Spreuke 25:11 Praat die hele dag deur met Vader; vroeg in die môre, dwarsdeur die dag en selfs in die nag.

6 November – VOLG HOM – Leer my, Vader om gedult te hê, in u voetstappe te volg en u woorde te sê. “Moet jou nie ontstel oor skems, jou kwel oor goddelose mense nie, want ‘n slegte mens het nie ‘n toekoms nie; die lewenslig van die goddeloses word uigedoof.” Spruke 24:19-20 Konsentreer vandag daarop om geduldig te wees en hou vol daarmee; jou pogings sal vrugte afwerp.

5 November 2019 – OM VREDE TE Hê – Vrede word verdryf deur haat en vrees, waar die twee is, kan geen vrede wees. Om vrede te hê, ‘n hart wat juig, moet my woorde en dade van liefde getuig. “Wie eerbied het vir sy gebooie, sal die goeie vrugte pluk.” Spreuke 13:13 Raak vandag nog ontslae van enige tekens van haat in jou lewe sodat daar net liefde en vrede oorbly.

4 November 2019 – ‘N HAND VAN VRIENDSKAP – ‘n Warm glimlag, ‘n hand van vriendskap, om net daardie ekstra myl saam te stap, kan die son vir iemand anders laat skyn, en die storms uit sy lewe laat verdwyn. ” ‘n Verontregte broer is ontoegankliker as ‘n vestingstad; rusie is soos die sluitbalk van ‘n fort.Spreuke 18:19 Onthou, jou glimlag en jou blyk van vriendskap kan regtig vandag ‘n verskil in iemand anders se lewe maak.

3 November 2019 – VADER SE SEëN IN DIE NATUUR – Ons beroof onsself elke dag van soveel want ons vergeet om ons dank, en vreugde te deel met Vader wat ons seën van vroeg tot laat deur elke natuurwonder wat met ons praat. “Almal wat deur U geskep is, loof U Vader en u troue dienaars prys U!” Psalm 145:10 Spits jou vandag daarop toe om die skoonheid in die natuur te sien, en dank Vader daarvoor.

2 November 2019 – ONS ALMAGTIGE VADER – Dit wat ons Vader ons wil gee, is meer as wat ons kan vra of verwag, onthou, Hy is Almagtig, wat alles beheer van dag tot dag! “Die Vader is groot, alle lof kom Hom toe, sy grootheid is ondeurgrondelik.” Psalm 145:3 Gee vandag uiting aan jou dankbaarheid teenoor Vader en onthou om jou waardering teenoor ander uit te spreek. Vader se genade is meer as wat ons ooit kan droom of verstaan, en sy seën oortref al ons verwagtinge.

1 November 2019 – VADER MAAK JOU STERKER – As die lied uit jou lewe verdwyn en die dae al donkerder raak, is jou Vader dalk besig om jou te slyp en jou van binne sterker te maak. “Dit is my troos in my ellende; dat u belofte my in die lewe hou.” Psalm 119:50 Aanvaar dat uitdagings wat hierdie dag bring met volharding en sonder vrees.

31 Oktober 2019 – VADER SE GROOT PLAN – Alles werk ten goede mee en is deel van Vader se grootse plan; Hy weet altyd wat die beste is vir elke kind en vrou en man. “Vader is van altyd af my koning, dit is Hy wat op die aarde redding bring.” Psalm 74:12 Werk vandag saam met Vader en nie teen Hom nie. Doen alles wat jy doen vir Hom, en moenie verbaas wees as die Vader van die heelal jou verras nie!

30 Oktober 2019 – ‘N VADER SE TUGTIGING – Soms moet ons Vader ook tugtiging oor sy kinders se lewenspaaie bring; so leer Hy ons om Hom beter te dien en sy majesteit duideliker te sien. ” Mag Vader ons genadig wees en ons seën, mag Hy tot ons redding verskyn.Psalm 67:2 Selfbeheersing en selfdissipline sal daartoe lei dat jy Vader se genade en almag nog kragtiger in jou lewe sal ervaar.

29 Oktober 2019 – DIE BITTER EN DIE SOET – Enigiets kan bitter of soet wees; dit hang af hoe ons dit benader … om voluit te leef moet ons albei hê, en ons kry dit ook by ons Vader. “As jy genoeg geëet het, is selfs heuning nie meer lekker nie; as jy honger is, smaak selfs ‘n bitter ding soet.Spreuke 27:7 Wees vandag dankbaar; vir die sukses en mislukkings wat jy op jou lewenspad beleef; vir die hoogtes en die die dieptes.

28 Oktober 2019 – ‘N MA SE LIEFDE – Om ‘n ma se liefde te beskryf is beslis geen maklike taak; die opoffering, vreugde en trane wat dit so besonders maak. “Haar kinders prys haar, haar man bewonder haar.” Spreuke 31:28 Wys vandag vir jou ma dat jy haar waardeer; besoek haar, bid vir haar, of bel haar net om ‘n bietjie te gesels.

27 Oktober 2019 – DIE SEëN VAN VRIENDSKAP – Gee ons begrip en insig, Vader, dat ons van dag tot dag sal leer dat vrienskap van ons self afhang, en dat ons u seën in oorvloed kan ontvang. “Maats kan jou breek, maar daar kan ook ‘n vriend wees wat nader is as ‘n broer.Spreuke 18:24 Herstel vandag ‘n gebroke verhouding. Werk aan jou vriendskappe met ander mense, en onthou dat ‘n vriend ‘n gawe van Vader is.

26 Oktober 2019 – KRAG VIR ELKE DAG – Vader het nie belowe dat die son altyd sal skyn. Hy gee nie net blydskap en vreugde sonder pyn, maar Hy belowe wel om vir ons lig te gee dat ons selfs as dit donker is ook voorentoe kan tree. “Vir U is selfss die duisternis nie donker nie en die nag so lig soos die dag.” Psalm 139:12 Straal vandag liefde en begrip uit. Probeer om waarlik ‘n lig vir iemand anders te wees.

25 Oktober 2019 – DIE MEESTERBOUER – Vader is die Meesterbouer; sy produk ‘n volmaakte gebou … en as jy soms hartseer en probleme beleef, is dit deel van sy plan vir jou. “U het ons beproef, o Vader ons gelouter soos silwer.Psalm 66:10 Werk vandag aan jou lewe. Onthou, jy is besig om ‘n meesterstuk te skep en Vader self help jou daarmee.

24 Oktober 2019 – WARE VRIENSKAP – Die goue ketting van ware vrienskap is ‘n band wat nooit kan slyt, maar harte net nog stewiger bind oor afstand en oor tyd. “Vader, doen goed aan die wat goed is, die opregtes van hart!Psalm 125:4 Vryf vandag jou vriendskapsketting blink … en hou dit dan so.

23 Oktober 2019 – DIE KALMTE VAN DIE GEES – Om oud te word is om elke dag nog kalmte van gees by te kry; om nuwe dinge met die gees te “sien” en jou daarin te verbly. “Nou dat ek oud en grys geword het, moet U my tog nie alleen laat nie, o Vader dat ek nog kan vertel van U werk en U mag.Psalm 71:18 Die ouer geslag verdien ons liefde en waardering; gee dit vir hulle. Wys dat jy omgee en doen moeite om ‘n bejaarde geselskap te hou.

22 Oktober 2019 – VADER SE HEILIGE TEMPEL – Vader se heiligdom is daar waar die opregte siel in ootmoed en aanbidding voor Hom kniel … elke hart wat vervul is met Vader se Gees, kan ‘n tempel van lof vir die Vader wees. “Ek wil na U heilige tempel toe buig en U Naam roem om U liefde en trou, want U het U Naam en U woord bo alles gestel.” Psalm 138:2 Onthou vandag dat jy Vader op enige plek kan aanbid en kan dank.

21 Oktober 2019 – VEILIG BY VADER – Ek gee alles in Vader se hand as dinge vir my te veel begin raak… oor die toekoms is daar geen angs by my, want Vader is die Een wat die groot verskil maak! “Maar ek sal sing van U mag, elke môre sal ek jubel oor U trou, want U is vir my ‘n veilige vesting, ‘n skuilplek in tyd van nood.” Psalm 59:17 Laat al jou sorge vandag in Vader se hand. Daar is geen probleem wat Hy nie kan oplos nie; Hy maak die Verskil!

20 Oktober 2019 – REG DEUR DIE DAG – Ek ontmoet my Vader in die môre en gaan saam met Hom deur die dag; en bid in die stilte van die aand, voor ek gaan rus vir die nag. “In die oggendskemer al roep ek om hulp en stel ek my vertroue in u woord. Die hele nag lê ek wakker en oorpeins ek u woord.” Psalm 119:147-148 Wat jy ook al vandag gaan doen en ongeag die tyd of plek, rig jou gedagtes en jou gemoed op Vader en dank Hom met ‘n opregte hart.

19 Oktober 2019 – VADER IS BY JOU – Dis nodig om ver te soek as jy jou Verlosser wil vind; waar jy ook is, onthou, Hy is daar, want Hy bly altyd by sy kind. “U omsluit my van alle kante, U neem my in besit.Psalm 139:5 Wees sensitief vir Vader se teenwoordigheid; Hy is by en in jou, in ander, en ook in die natuur om jou.

18 Oktober 2019 – VADER LEI JOU – Stap met geloof en vertroue elke nuwe dag tegemoet. Vader lei jou, versterk jou en help jou om die toekoms vreesloos te groet. “As jy loop, sal daar niks in jou pad wees nie, en as jy hardloop, sal jy nie struikel nie.” Spreuke 4:12 Aanvaar die uitdagings wat hierdie nuwe dag inhou. Aanvaar ook Vader se leiding en weet dat Hy naby jou is. Hy sal jou beskerm as jy struikel of val.

17 Oktober 2019 – WARE TEVREDENHEID – Om te doen en te voltooi die take wat Vader ons gee, daarin lê ons grootste vreugde, dit bring tevredenheid mee. “Vergeld hulle volgens hulle dade en volgens hulle skandelike gedrag. Vergeld hulle volgens die werk van hulle hande en laat hulle kry wat hulle verdien.” Psalm 28:4 Moenie vandag uitstel nie maar handel vandag se dinge vandag af.

16 Oktober 2019 – GEHOORSAAM VADER – Laat niks jou aandag aftrek van Vader se eeue oue wet wat vandag nog nuut en vars is, en waarop ons steeds moet let. “Prys Vader! Dit gaan goed met elkeen wat Vader dien, wat al sy vreugde vind in die gebooie van VaderPsalm 112:1 Leef vandag volgens Vader se standaarde en nie volgens die van die wêreld nie.

15 Oktober 2019 – DEEL IN VADER SE LIEFDE – Die Liefde wat jy vir ander gee, ontvang jy weer uit Vader se hand. Watter vreugde om in sy oorvloed te deel, aan Hom vas te wees met ‘n liefdesband! “Daar is mense wat vrylik uitdeel en tog steeds meer het, daar is ander wat suinig is en tog arm word.” Spreuke 11:24 Doen moeite om wonde te genees, ‘n Klein gebaar van vrienskap en liefde kan groot gevolge hê.

14 Oktober 2019 – HOOP VIR ONS VOLK – Mag die mense van ons volk, hulle hoop op Vader van die hemel vestig en weet dat Hy die toekoms bepaal. “Ek is u dienaar; onderrig my tog in u verordeninge.Psalm 119:125 Wees vandag trots op jou land en jou volk.

13 Oktober 2019 – GEE JOUSELF AAN ANDER – In ‘n lewe wat vry is van selfsug, sal Vader se genade alle nood oorbrug… hoe meer van jouself jy aan ander gee, hoe meer ontvang jy om sò te bestee. “Selfverheffing en hoogmoed is daar nie by my, Vader. Ek maak my nie besorg oor groot dinge nie, dinge wat bo my vermoë is.” Psalm 131:1 Gee vandag net jou allerbeste sonder om enige vergoeding of lof terug te verwag.

12 Oktober 2019 – MET VADER SE LEIDING – Geen mens wat die pad alleen probeer loop, is vir die onbekende toekoms toegerus. Selfs die sterkste het ons Vader se leiding nodig… dis in Hom wat ons krag gesetel is. ” Red my tog, O Vader, kom my tog gou te hulp!” Psalm 70:2 Onthou, jy het ook geestelike spiere wat oefening nodig het. Sorg dat jou waardes en ideale vandag die nodige oefening kry.

11 Oktober 2019 – ONGESêDE WOORDE – Gebed is dikwels ‘n woordelose versugting, ‘n gebroke hart se sug na veligting… onthou dat jou Vader van alles weet; ook van jou kruis, jou pyn en leed. ” Ek is gedaan en heeltemal platgeslaan, my hart jaag en ek brul van die pyn.” Psalm 38: 9 Laat jou lewe vandag deur verdraagsaamheid en vergewensgesindheid gekenmerk word. Versoen jou met almal wat jou te na gekom het.

10 Oktober 2019 – ELKE NUWE DAG – Daar is mense wat ouer word elke jaar en sigbaar die tekens dra van al die swaar … En dan is daar die wat elke nuwe dag begroet met ‘n heerlike, vrolike lag! ” Kleinkinders is vir oumense ‘n trots.” Spreuke 17:6 Doen vandag moeite om ‘n leemte in iemand se hart en lewe te vul. Hoe oud of jonk jy ook al is, jy kan help om ‘n ander se eensaamheid te verdryf.

9 Oktober 2019 – DIE LEWENSRESEP – Neem ‘n koppie vriendelikheid, sit ‘n groot skep liefde daarby en bedien met baie geloof en geduld; ‘n beter resep sal jy nooit kry! “Met geduld kan iemand in ‘n magsposisie tot ander insigte gebring word; met ‘n versigtige benadering word weerstand afgebreek.” Spreuke 25-15 Laat jou lewe vandag gekenmerk word deur liefde, geduld, vriendelikheid en geloof; dis ‘n flatervrye lewensresep!

8 Oktober 2019 – VOLG JOU VADER – Neem vandag jou Verlosser se hand, vergeet ‘n slag van intellek en verstand; laat Hy jou lei na sy volmaakte wil … volg Hom met vreugde, wees rustig en stil. “Erken dat die Vader God is; Hy het ons gemaak en ons is Syne, ons is sy volk, sy eie kudde.Psalm 100:3 Volg vandag die Groot Herder en moedig ander skape wat weggedwaal het ook aan om terug te keer na Hom.

7 Oktober 2019 – DIE DINGE WAT JY VOEL – Elkeen wat jou lewenspad kruis – selfs net vlugtig, in hierdie gewoel en gedruis – sal ‘n invloed op jou lewe hê en op die dinge wat jy voel, doen en sê. “ ‘n Mens beplan sy pad, maar die Vader bepaal hoe hy loop.” Spreuke 16:9 Wees vandag entoesiasties, doelgerig, toegewyd en vol vertroue. Jou ywer vir Vader sal beslis ‘n invloed op die lewe van ander hê.

6 Oktober 2019 – PLEIDOOI VIR VREDE – U gee vrede in die hart van hom wat sy hand na U uitstrek, van hom wat sy hand na U uitstrek, o Vader, as daar een is wat vrede wil hê, dan is dit sekerlik ek! ” Moed laat ‘n mens sy lyding dra; as hy moed verloor het, kan niemand hom dit weer gee nie.Spreuke 18:14 Moenie veroordelend wees nie. Stry teen emosies van bitterheid en wrewel, dan sal die onrus in jou binneste bedaar en sal jy vrede in jou hart hê.

5 Oktober 2019 – DIE VREUGDE WAT JY BRING – Jou lewe word nie gemeet aan jare of tyd, maar aan die vreugde wat jy bring en hoe jy jou lewe slyt. “Wie goed doen, geniet liefde en trou.” Spreuke 14:22 Die waarde van ‘n goeie daad kan nie oorbeklemtoon word nie, en dit kan ook nie in geld gemeet word nie. Selfs die kleinste goeie daad beteken meer as ‘n honderd onvervulde beloftes.

4 Oktober 2019 – VADER IS GOED – Wag net met geduldige hart op ons Vader wat alwys is en goed, Hy beantwoord elke opregte gebed en sal jou met sy liefde voed. “Daarom moet jy in stilte op die Vader vertrou en jou nie ontstel nie.” Psalm 37:7 Roep vandag die Vader aan. Wys vir Hom – en vir die wêreld – dat jy geduldig kan wag. Wees ook ‘n vredemaker.

3 Oktober 2019 – BEWEEG NADER AAN VADER – Wees bly vir elke struikelblok, vir beproewing, teleurstelling en skok … want elke probleem bring jou ‘n bietjie nader aan jou Leidsman en jou Hemelvader. “Hy het my uigetrek uit die put van die dood, uit slymerige modder, my op ‘n rots laat staan en my weer op vaste grond laat loop.” Psalm 40: 3 Kyk vandag vanuit ‘n geestelike perspektief na jou lewe; elke struikelblok is ‘n belangrike les in volharding.

2 Oktober 2019 – LUISTER NET NA GOD – As spanning en probleme jou oorvan en alles te veel raak vir jou, sluit net jou oë en luister … laat God se liefde jou omvou. “Mag hierdie bepeinsinge van my vir Hom aanneemlik wees! Ek wil my in die Vader verbly.Psalm 104:34 Moenie moedloos raak nie, al voel dit vir jou of die Vader nie dadelik jou gebede beantwoord nie. Hou net aan bid en onthou dat sy tyd en plan volmaak is.

1 Oktober 2019 – GOD VERSTAAN – Gee alle probleme en sorge vir jou Hemelvader aan; daar is niks wat Hy nie kan doen nie, niks wat Hy nie sal verstaan. “Al oorval angs en benoudheid my, in u gebooie bly ek my verlustig.” Psalm 119: 143 Moenie bekommerd wees oor die uiterlike nie, maar streef daarna om God se skoonheid van binne af uit te straal.

30 September 2019 – GOD IS STEEDS BY JOU – Wat ook al gebeur, wat ook al verkeerd gaan; Vader is steeds by jou; jy sal nooit alleen staan. “Vader is vir ons ‘n toevlug en beskerming; Hy was nog altyd bereid om te help in nood.” Psalm 46:2 Dank Vader vandag vir sy nabyheid.

29 September 2019 – HY WAG VIR JOU – Vader, dankie dat ek weet dat U omgee vir u kind. Watter vreugde om te sê; Ek het Vader gevind! “Die Vader sal jou beskerm teen alle gevaar, jou lewe sal Hy beskerm.” Psalm 121:7 Klop en soek; jy sal die Vader vind. Hy wag vir jou en sal jou troos en beskerm.

28 September 2019 – VERSPREI LEWENSLUS – Moenie terugsit en altyd vir beter dinge wag, maar doen jou deel en werk hard elke dag; begin net daar waar jy nou is en steek almal aan met jou lewenslus. ” Die pad van die regverdiges is soos helder oggendlig wat groei en sterker word tot dit heeltemal dag is.” Spreuke 4:18 Konsentreer vandag daarop om jou godgegewe talente te gebruik om iemand anders te help.

27 September 2019 – GELOOF OORWIN – Geloof is baie sterker as kennis, as mag, talent of vermoë; elke neerlaag word ‘n oorwinning vir die een wat in Vader glo. “Vertrou liewer op die Vader en doen wat goed is, woon en werk rustig voort. Laat jou lewe aan die Vader oor en vertrou Hom; Hy sal sorg.Psalm 37:3,5 Kyk vandag deur die vergrootglas van geloof na die lewe en die wêreld.

26 September 2019 – OOR AFSTAND HEEN – Vader, hoor tog my gebed vandag, en hou oor my geliefdes wag, laat my hart met hulle verenig word. Vader, sal U asseblief in hierdie tyd u seën en beskerming oor hulle uitstort. “ O Vader wat aan my reg verskaf, antwoord my as ek roep. Toe ek in die nood was, het U my bevry. Wees my nou ook genadig en hoor my gebed!Psalm 4:2 Dink altyd aan geliefdes wat ver is. Kyk na hulle foto’s en bid vir hulle.

25 September 2019 – GEE JOU BESTE – Ons weet nie wat die toekoms bring, want dit is net Vader se geheim; gee dat ons elke dag voluit sal leef tot U op die wolke verskyn. “ Dan sal jy ‘n toekoms hê en jou hoop sal jou nie ontneem word nie.Spreuke 23:18 Wat jy van jouself dink, is belangriker as wat ander van jou dink. Daarom moet jou lewe so wees, dat jy daarmee tevrede is, dat dit aan jou standaarde voldoen en binne die riglyne van jou beginsels is.

24 September 2019 – LEI MY, VADER – Maak my tog begrypend, gee dat ek vriendelik sal wees, dat ek nooit sommer sal oordeel, maar my sal laat lei deur u Gees. ” Sodat hy regverdige beslissings oor u volk sal vel.Psalm 72:2 Luister goed na kritiek, besluit wat die moeite werd is, pas dit in die toekoms toe – en vergeet dan van die res.

23 September 2019 – HOOP VIR ELKE DAG – Vader, gee my asseblief die krag om voluit te lewe elke dag; gee my ook die wysheid, en genade om die lewe se lesse te leer. “Luister na raad, aanvaar wat jou geleer word, sodat jy uiteindelik wysheid kan hè.Spreuke 19:20 Hou vandag jou lewensdoel voor oë. Werk aktief daaraan om dit te bereik…moenie net hoop of wens dat jy dit eendag sal bereik nie.

22 September 2019 – ONS WONDERLIKE WêRELD – Vader het die aarde so mooi gemaak, sy kunswerk is wonderlik, volmaak…. Sy sëe is diep en sy berge hoog, met bo-oor alles sy blou hemelboog. “Die dieptes van die aarde, behoort aan Hom, die kruine van die berge is Syne.” Psalm 95:4 Bewonder vandag die kunswerke wat deur Vader geskep is; die pragtige blou berge, wit branders en grasvelde. Geen ander kunstenaar kan Hom dit nadoen nie.

21 September 2019 – ‘N HELDER BAKEN – Vader se liefde is ‘n baken wat die donker see verlig, en elke keer as ons verdwaal, bring die baken ons weer terug. “Die seevaarders het hulle veheug, oor die kalmte. Vader het hulle veilig gelei na die hawe waar hulle wou kom.” Psalm107:30 Wees vandag die kaptein van jou eie lewe. Stuur jou skip die rigting van Vader se koninkryk. Hy is jou navigator en jou vuurtoring.

20 September 2019 – VAN STRUIKELING BEWAAR – Help my as ek struikel, hoor tog my gebed, lei my na U koninkryk; dankie dat U my red. “ Net een ding het ek van die Vader gevra en dit sal ek najaag; dat ek my lewe lank in sy huis mag woon om sy goedheid te belewe en daaroor na te dink in sy tempel.” Psalm 27:4 As jy vandag sou struikel, onthou dat die Vader by jou is en jou wil ophelp. Moenie bang wees nie.

19 September 2019 – ALTYD BY JOU – Ek bid gereeld in die kerk en ek bid ook in die straat, soms vra ek sommer by die werk my Vader om sy raad. “Kom ons val in eerbetoon voor Hom neer, kom ons buig, kom ons kniel voor die Vader ons Skepper!Psalm 95:6 Waar jy ook al vandag is – by die werk, langs die see, op ‘n berg of sommer by jou huis – onthou dat ons Vader ook daar by jou is.

18 September 2019 – REDE TOT VREUGDE – Ons kan altyd u stem hoor, of dit nou goed gaan of sleg; ons sal U altyd dank, o Vader, want by U is alles reg. “Die stem van die Vader is magtig, die stem van die Vader is vol majesteit.” Psalm 29:4 Luiser na die gelag van ons Vader se kinders, en geniet dit! Hy is by hulle; daarom is hulle vrolik.

17 September 2019 – VERTROUE IN ONS VADER – Dis ongelooflik, maar waar, dat Vader net van ons vra om ons probleme vir Hom te gee sodat Hy hulle verder kan dra. “Vir die mens wat in gevaar verkeer, is die Vader ‘n toevlug, ‘n skuilplek in tye van nood. Daarom vertrou almal wat U Naam bely, op U, want U, Vader laat die wat vra na U wil, nie in die steek nie.” Psalm 9:10-11 Vertrou en gehoorsaam vandag; gehoorsaam en vertrou môre.

16 September 2019 – BETOON LIEFDE – Die liefde is te groot om te begryp, want die liefde kan in mense se lewe ingryp. “‘n Sagte antwoord laat woede bedaar; ‘n krenkende woord laat woede ontvlam.Spreuke 15:1 Wees vandag ‘n lewende voorbeeld van agapê liefde. Wees geduldig, viendelik, vergewensgesind en nederig.

15 September 2019 – HEELDAG BY GOD – Ontmoet die Vader elke môre en loop saam met Hom deur die dag; kniel saam ook in die aand voor Hom en rus met Hom in die nag. “U luister na my stem in die môre terwyl ek voor U verskyn en op U wag.Psalm 5:4 Groet die Vader vanmôre en bly heeldag lank – en ook die hele nag – by Hom.

14 September 2019 – KYK NUUT – Kom ons kyk met nuwe oë na die wat by ons is; kom ons wees nie van hul foute, maar van hul deugde bewus. “Om rusie te begin is om ‘n damwal te breek; staak liewer die getwis voor die vloed jou tref. Spreuke 17:14 Wees sensitief genoeg om Jesus in ander mense raak te sien.

13 September 2019 – EERSTE DING EERSTE – Wat gaan jy doen met die nuwe dag? God laat die keuse oor aan jou. Hy kyk na jou … en Hy wag … “Dit is die dag wat die Vader gemaak het; laat ons daaroor juig en bly wees.Psalm 118:24 Sorg dat jou prioriteite vandag en elke ander dag reg en gesond bly. Stel eerste dinge altyd eerste.

12 September 2019 – RAAK STIL VOOR GOD – Gebed is baie meer as om dinge van God te vra; dis ook stille meditasie en om jou lewe aan Hom op te dra. ” Laat U waarheid my lei en onderrig my daarin, want U is die Vader, my redder. In U stel ek elke dag my verwagting. Psalm 25:5 Laat jou hele lewe vandag ‘n gebed wees. Raak stil voor God, want daardeur word jou siel en gees gevoed sodat jou lewe ‘n innerlike kalmte kan weerspieël.

11 September 2019 – EWIGDURENDE LIEFDE – Soos seisoene kom en gaan, bly ons bewus van wat verbygaan, maar daar’s iets wat dieselfde bly vir altyd; God se liefde duur tot in ewigheid. “Moet U tog nie vir my verberg nie, moet my tog nie wegstuur terwyl U toornig is nie, want U was nog altyd my hulp.” Psalm 27:9 Bemoedig vandag ‘n bejaarde of ‘n kind en versterk hulle geestelik.

10 September 2019 – ONVERANDERLIKE LIEFDE – Daar’s Iemand wat altyd sal omgee, selfs al sal die wêreld vergeet … Iemand wat jou altyd sal liefhê, ook in jou swakheid en leed. “U is goed, Vader, U vergewe altyd weer, U is getrou teenoor die wat na U roep om hulp.” Psalm 86:5 Openbaar ‘n gees van vergewensgesindheid. Onthou, God het jou vergewe en Hy het jou lief.

9 September 2019 – LEWENSVREUGDE – Moet niks in die lewe as jou “reg” beskou; dis dan wanneer jou lewensvreugde merkbaar sal verflou. “Miswolke en wind, maar geen reên nie, so is iemand wat spog met wat hy sal gee en dit nooit gee nie.” Spreuke 25:14 Die dinge wat jy vir ander mense gedoen het, is die dinge wat jy van hierdie dag gaan onthou.

8 September 2019 – WEES BESKIKBAAR – Maak jou oë oop vir die engeltjies van die Vader, by elkeen van hulle kan ek en jy sommer baie dinge leer! “Met u eie hande het U my gemaak, my gevorm; gee my insig, dat ek U gebooie kan verstaan.Psalm 119:73 Dink vandag daaraan dat mense wat ‘n gestremde kindjie het, op ‘n baie besonderse manier van liefde, geloof en hoop leer. Wees ook ‘n vriend of vriendin vir iemand wat gestremd is.

7 September 2019 – SEISOENE – Die lente met sy klereprag en die helder son daarbo, herinner ons om elke dag in ons God te glo. ” ‘n Vrolike mens is ‘n gesonde mens, ‘n neerslagtige mens raak uigeput.Spreuke 17: 22 Heg waarde aan die veranderende seisoene. In elke seisoen kan ons die tekens van God se nabyheid vind.

6 September 2019 – GEBED IS DIE ANTWOORD – As die lewe vir jou te veel is en jy nie weet waarnatoe, maak jou oë toe en bid; God self sal jou leer hoe. “Die Vader is naby die gebrokenes, Hy help die moedelose.” Psalm 34:19 Moenie oor jou teleurstellings loop en tob nie, maar verwerk hulle soos en wanneer hulle in jou lewe voorkom.

5 September 2019 – ALTYD VRIENDELIK – ‘n Mens wat aan ander goeddoen of iets moois vir iemand sê, leef volgens Christus se gebod en doen wat Hy graag wil hê. “Leer my U pad, Vader, ek wil wandel in u waarheid; leer my U met toewyding dien. “ Psalm 86:11 Laat jou dade vandag harder praat as jou woorde. Ondersteun mense wat met die opvoeding van kinders werk.

4 September 2019 – KRAGTIGE GEBED – Leer ons, Vader, om elke dag ons lewe en wêreld aan U op te dra; leer ons ook dat U wil hê dat ons om hulp moet vra. ” As Vader tevrede is met ‘n mens se lewe, laat Hy self so ‘n mens se vyande in vrede met hom lewe.Spreuke 16:7 Draai jou rug op die twyfel en hou vas aan jou geloof!

3 September 2019 – VRA VIR GOD – As ek baie bekommerd is met wanhoop in my siel, is dit juis die regte tyd om in gebed te kniel. “Hy luister na die gebed van die wat alles verloor het, Hy sal hulle gebed nie verag nie.” Psalm 102:18 Vra jou vandag af wat die Vader wil hê jy moet met jou lewe maak.

2 September 2019 – DIE VADER IS BY JOU – Het jy al ooit na Jesus gesoek, in ‘n stad se besige straat? Het jy geweet dat Hy ook daar is met krag en hulp en raad? “Moet tog nie u dienaar alleen laat nie!Psalm 69:18 Jy kan glo en aanvaar dat jy nie alleen is nie: die Vader is by jou!

1 September 2019 – SOOS ROSEGEUR – Soos ‘n roos wat klaar gepluk is sy soet geur bly behou, is die mens wat sag en vriendelik is en in alles op God vertrou. “Liefde en trou is die paaie wat die Vader bewandel met die wat sy verbond en verordeninge bewaar.Psalm 25:10 Spits jou vandag daarop toe om vriendelik en sagmoedig te wees, en jy sal agterkom dat dit gou-gou deel van jou normale gedragspatroon sal word.

31 Augustus 2019 – DIE TOETS VAN GELOOF – Dis maklik om te sê:”Ek glo” as daar geen storms is, maar die ware toets kom met die onweer; dis dan wanneer ons moet berus. “Die dag as ek bang word, vertrou ek net op U. In God, wie se woord ek prys, in God stel ek my vertroue, ek is nie bang nie. Wat kan ‘n blote mens aan my doen?Psalm 56:4-5 Leer vandag om foute en verliese van die verlede tot jou voordeel te gebruik.

30 Augustus 2019 – ‘n EWIGE LIG – Die liefde is ‘n ewige lig, dis helder en dis mooi; deur liefde word die hart en siel in ewigheidsklere getooi. “Wanneer u woord vir mense oopgaan, bring dit lig; dit gee insig aan die wat nog onervare is. Sien my in genade aan soos U altyd doen vir die wat u Naam liefhet.Psalm 119: 130,132 Wees vandag soos ‘n kers of ‘n lamp, en laat jou lewe die pad vir ander verlig.

29 Augustus 2019 – DIE TYD STAP AAN – Die tyd kan nooit gaan staan nie, maar gaan sy vaste gang; dat ek nie net ouer, maar wyser sal word, is wat ek van God verlang. “Moet my tog nie verwerp nou dat ek oud geword het nie, moet my tog nie alleen laat nou dat my kragte ingegee het nie.” Psalm 71:9 Beplan vandag vir die toekoms. Onthou, jy is die argitek van jou lewe.

28 Augustus 2019 – BLY POSITIEF – Hoe jy op die lewe reageer, is iets wat jy self moet besluit, bly positief, al gaan dit sleg; so kom jy anderkant uit. ” Ek wil jubel en juig oor u troue liefde; U was nie onverskillig teenoor my ellende nie; U het die bedreiging van my lewe raak gesien.” Psalm 31:8 Wys vandag deur jou lewe en optrede dat jy betroubaar is. Om betroubaar te wees is net so belangrik as om jou talente te gebruik.

27 Augustus 2019 – GESELS MET DIE VADER – As jy vandag bedruk is, gesels net met die Vader. Hy laat jou beter voel en Hy trek jou nader. “In u gebooie, wat ek liefhet, sal ek my verlustig. Op u gebooie, wat ek liefhet, sal ek my hoop vestig. U voorskrifte sal my bybly.Psalm 119:47-48 Onthou dat ‘n vrolike uiterlike ‘n teken is van hoe dit binne-in ‘n mens se hart en lewe lyk.

26 Augustus 2019 – DIE GAWE VAN GOEIE VRIENDE – Een van die grootste geskenke wat God vir ons kan gee, is die gawe van goeie vriende en die tye saam bestee. “Op ‘n vriend se liefde kan jy altyd reken; jou broer is daar met die oog op jou nood.” Spreuke 17:17 Kyk vandag of jy Jesus kan sien in die mense met wie jy te doen kry, en in die dinge wat met jou gebeur.

25 Augustus 2019 – GLIMLAG DIE TRANE WEG – ‘n Glimlag kan die vrees verdryf; net so seker as wat ‘n sonstraal lig in die donkerste nag bring, kan ‘n glimlag die trane uit jou hart haal. “Blydskap laat ‘n mens se gesig straal; smart maak ‘n mens terneergedruk.” Spreuke 15:13 Help vandag om die leemte in iemand anders se lewe te vul en moenie bydra tot ‘n ander se eensaamheid nie.

24 Augustus 2019 – HOU AAN GLIMLAG – Pak alles vandag met ‘n glimlag aan, en met ‘n vrolike gees; dan sal jy sien hoe kosbaar en hoe mooi die lewe kan wees! “Om u wil te doen, my God, is my een begeerte, u woord is my hele lewe.” Psalm 40:9 Moenie vandag moed verloor nie, en hou aan glimlag!

23 Augustus 2019 – ‘N GESEëNDE HUIS – Die huis waar die Vader welkom is, is ‘n huis van liefde en ‘n plek van rus “Elke dag wil ek U loof, ek wil u Naam altyd prys.Psalm 145: 2 Sê vir die Vader dat Hy welkom is in jou huis. Nooi Hom in jou hart, jou lewe en jou huis in.

22 Augustus 2019 – KRAG OM TE VOLHARD – Geloof word deur beproewing versterk en dikwels deur hartseer geslyp; dissipline maak ons geestelik fiks en vir die ewige lewe ryp. “Ek kwyn weg van kommer, skenk my krag soos U in u woord beloof het.Psalm 119:28 Leer vandag uit jou ervaring en uit die foute van die verlede.

21 Augustus 2019 – BLYE VERSEKERING – As alles deurmekaar is en dit voel of die lewe ontspoor, gee my die versekering, Heer, dat ek U nie sal verloor. “Wees dus sterk en hou goeie moed, julle almal wat julle vertroue in die Vader stel.” Psalm 31:25 Laat jou lewe vandag duidelik jou geloof in God weerspieël.

20 Augustus 2019 – HOU MOED – Die een wat glo, is tot alles in staat met God wat hulp verleen; werk daaraan om ‘n droom waar te maak, en onthou om op God te steun. “Vader, U was vir ons ‘n toevlug van geslag tot geslag. Voordat die berge gebore is, voordat U die wêreld voortgebring het, ja van ewigheid tot ewigheid is U God! Psalm 90:1-2 Probeer om nie berge van molshope te maak nie.

19 Augustus 2019 – GOD HET ALMAL LIEF – God het ons almal lief, Hy ken alle mense; of ons nou ryk of arm is, Hy ken ons hart en ons wense. “Voor die Vader is ryk en arm gelyk; Hy het hulle almal gemaak.” Spreuke 22:2 Stel vandag iemand aan die Vader voor; Hy wil graag nuwe vriende maak.

16 Augustus 2019 – ‘N VROLIKE LIED – Vriendelikheid bring vreugde, dis net soos ‘n vrolike lied wat ‘n mooi dag nog mooier kan maak en op donker dae troos kan bied. “Die Vader is my sterkte en my beskermer, op Hom het ek vertrou. Hy het my gehelp. Daarom is ek bly en wil ek Hom loof met my lied.” Psalm 28:7 As jy hierdie dag met ‘n lied in die hart ingaan, sal jy nie anders kan nie as om te glimlag! Wees vandag soos ‘n vrolike lied in iemand anders se lewe.

15 Augustus 2019 – WARE SKATTE – Die kosbaarste dinge in die lewe is dit wat geld nie kan koop; dinge wat uit die hart uit kom, soos liefde en vriendskap en hoop! “Liewer min hê en die Vader dien as groot rykdom en bekommernis daaroor.” Spreuke 15:16 Wees vandag opnuut dankbaar vir die skatte wat jy ontvang het. Daar is niks wat kosbaarder is as vriende, familie of geloof nie, en tog kan geen geld in die wêreld dit koop nie.

14 Augustus 2019 – LAAT U WIL GESKIED – Moet jou nie oor môre kwel nie, maar bepaal jou by vandag, laat jou lei deur God se wil en leer om in stilte op Hom te wag. “Moenie roem oor wat jy môre verwag nie; jy weet nie wat die dag sal oplewer nie.” Spreuke 27:1 Leer om jou probleme een vir een te hanteer, in plaas daarvan om alles gelyk te probeer oplos.

13 Augustus 2019 – OP VLERKE VAN GELOOF – Soos ‘n arend opvlieg na die hemel waar die son deur die wolke skyn, kan jy ook op vlerke van geloof en hoop vlieg tot dáár waar die onrus verdwyn. “Wees my genadig, o God! Wees my genadig, want by U soek ek skuiling. Onder u vleuels sal ek skuil tot die bedreiging verby is.Psalm 57:2 Help iemand anders vandag om minder bedruk te voel – al wat nodig is, is ‘n gebed en ‘n klein blykie van liefde.

12 Augustus 2019 – HELP MY, VADER – Vader, help my tog om nie tou op te gooi, maar te doen wat U van my vra, help my om my plig te doen en my kruis as kind van God te dra. “Behou die takt en oorleg; jy sal jou pad veilig loop en jou voet nie stamp nie.” Spreuke 3:21,23 Werk vandag daaraan om uit te hou en aan te hou.

8 Augustus 2019 – GOD SE VREDE -Vrede begin in jou hart en gees, as jy God toelaat om daar te wees; solank jy jou egter deur onrus laat bind, sal jy nooit in die Vader vrede kan vind. “Ter wille van my broers en my vriende wens ek jou vrede toe.” Psalm 122:8 As jy God vandag nooi om in jou hart te woon, sal daar ook vrede in jou binneste wees.

7 Augustus 2019 – KEN GOD – Om God beter te leer ken, sy genade en sy krag, moet ek voor Hom stil word en Hom aanbid, elke dag ” Mag wat ek sê en wat ek dink tog vir U aanneemlik wees, Vader, my Rots en my Verlosser.”Psalm 19:15 Spits jou vandag daarop toe om God beter te leer ken en so jou lewe te verryk.

6 Augustus 2019 – DANKIE, VADER – Dankie Vader vir al die dinge wat ons so dikwels as ons reg beskou; alles wat net weer bevestig dat U ons in u hande hou. “Liewer min hê en reg lewe as baie inkomste hê deur onreg.”Spreuke 16:8 Dank God vandag vir sy seën.

5 Augustus 2019 – ‘N VROLIKE GEDAGTE – Dankie, liefdevolle Vader, vir ‘n vrolike, gedagte wat nou en dan ‘n ligstraal is in die donker dae en nagte. “Bekommernis druk ‘n mens neer; ‘n vriendelike woord vrolik hom op”. Spreuke 12:25 Al sien jy dalk nie nou die son nie, onthou dit is wel daar, en binnekort sien jy dit weer.

30 Julie 2019 – “Bedags sal dit nie die son wees wat vir jou lig verskaf nie, en snags sal jy nie die maan nodig hê vir lig nie, want die Here sal vir altyd jou lig wees, en jy sal roem in jou God.” Jesaja 60:19

29 Julie 2019 – “Die berge kan padgee en die heuwels verdwyn. Maar my liefde vir jou sal nooit verander nie.” Jesaja 54:10

26 Julie 2019 – SEëN ONS VOLK – Mag God ons volk beskerm, ons land in hierdie tyd bewaar teen elke vyand van sy koningkryk, teen elke bedreiging en gevaar. “Dit gaan goed met die nasie wie se God die Vader is.”Psalm 33:12 Bid vandag dat God ons Leier help om oplossings vir nasionale en internasionale probleme te vind.

25 Julie 2019 – “Wanneer jy deur diep water gaan, sal Ek by jou wees. Wanneer jy deur riviere gaan, sal hulle jou nie wegspoel nie. Wanneer jy deur vuur stap, sal jy nie brand nie. Want Ek is die Here jou God.” Jesaja 43:2-3

24 Julie 2019 – “So sê die Here: Kry jou sake in orde, want jy gaan sterf. Jy sal nie van hierdie siekte herstel nie.” Jesaja 38:1

23 Julie 2019 – “Versterk die moeë hande van die wat moeg geword het. Bemoedig die wie se knieë swak word en knik. Sê vir die wat bang is: Wees sterk en moenie bang wees nie.” Jesaja 35:3-4

22 Julie 2019 – “Deur berou en tot rus te kom, sal julle gered word. Deur stil te raak en te vertrou, sal julle sterk word.” Jesaja 30:15

19 Julie 2019 – HOOR MY GEBED – Ek wil U dien, elke dag van my lewe, naby U wees, waar ek my ook al begewe. Hoor my gebed, my Vader help my om U liefde waarlik te waardeer. “Toon U grootheid, o God, hoog bo die hemel, u mag hoog bo die aarde.” Psalm 57:6 Help vandag om God se skape te voed en te klee en sy lammers te versorg.

18 Julie 2019- GESELS MET GOD – Die suiwerste vorm van kommunikasie is die tussen God en mens; Hy verstaan elke woord en gedagte, selfs my onuitgesproke wens. “Hoe wonderlik is U gedagtes vir my, o God, hoe magtig hulle almal!Psalm 139:17 Wees vandag getrou in die klein dingetjies, dan sal jy sommer vanself getrou wees in die groot en belangrike dinge.

17 Julie 2019 – GETYE VAN DIE LEWE – Die lewe is vol kontraste; soms skyn die son, soms is daar reën; daar’s dae vol blydskap, maar ook pyn, tye van droefheid en tye van seën. “n Mens kan lag terwyl hy treur, die uiteindevanvreugde kan kommer wees.” Spreuke 14:13 Aanvaar vandag die suksesse, maar ook die teleurstellings wat na jou kant toe kom. Onthou dat selfs die mooiste rose ook maar ‘n paar dorings het.

16 Julie 2019 – ” Die mense wat in die donkerte geleef het, sal ‘n groot lig sien. Die lig sal skyn op almal in die land waaroor die dood ‘n skaduwee gegooi het.” Jesaja 9:1

15 Julie 2019 – “Roep maar julle konsultante bymekaar om strategieë vir die geveg vir julle te beplan! Maak maar planne! Dit sal nie help nie. Want Immanuel, God is met ons!Jesaja 8:10

12 Julie 2019 – ” Maak nie saak hoe diep die vlek van julle sonde is nie. Ek kan dit verwyder. Ek kan julle so skoon maak soos sneeu wat pas geval het.” Jesaja 1:18

11 Julie 2019 – “Na alles wat jy gehoor het, is dit die finale slotsom: Wees eerbiedig teenoor God en gehoorsaam sy gebooie. Dit word van alle mense gevra.” Prediker 12:13