KERSBOOM 2017 – Welkom AWB

Dit is hierdie jaar die 7de Kersboom vir minderbevooregte kinders en die 3de jaar wat die Welkom AWB die projek vir ons arm kinders hou in Welkom.
Die AWB in Welkom het hierdie jaar ommenby 70 kinders gehelp. Hoewel meeste bydraes van ons eie lede af kom, word sekere besighede ook betrek as borge by die geleentheid.
Hierdie jaar het ons reën gehad tydens die funksie en moes ons vir die kinders binnenshuis geskenke uit deel. Die reën het glad nie die pret en gees gedemp nie. Die geskenkboks bestaan gewoonlik uit ‘n stel klere, skoolgoedjies indien ‘n kind op skool is, ‘n speelding, seep, waslap, tandeborsel en tandepasta. Mense kan da nook aanvul by hierdie boks soos hulle voel huklle wil bydra. Ons gee ook vir die ouers ‘n bord kos en die kinders kry als wat hulle kan eet.
Hirdie jaar het ons egter ‘n trappie verder gegaan en vir ons eie lede se kinders ook bederf en die aand vir hul ook hul eie kersboom gegee. Onder ons eie lede is daar ook baie wat werklik behoeftig is. Daar was 30 kinders van ons lede. Ons lede se kinders het dieselfde gekry as die ander kinders op die oggend.
Ons streef daarna om 2018 net meer te kan doen vir ons behoeftige kinders en lede van die AWB.
Ons bedank ook Vldt Bonita en Vldt Herman Victor al hulle hulp met die lede se kersboom.