03Jul

Huldeblyk aan Generaal Koos Hough (Kmdt Gen)

Huldeblyk aan Generaal Koos Hough (Kmdt Gen)

Geagte vriende en familie

Dit is vir my ‘n besonderse eer en voorreg om by hierdie geleentheid ‘n huldeblyk te mag lewer aan my vriend en kameraad Koos Hough.

Soos ons deur ons lewensreis gaan is daar mense met wie ons kontak het of wie ons paaie kruis, met wie ons selfs goeie verhoudinge sal hê.  Maar baie van hulle sal nie werklik enige blywende impak op jou lewe  maak nie.  Hierdie mense, vir my, is hulle bloot kennisse.

Dan kry jy die spesiale mense.  Dit is die  individue wat deur hulle optrede, hulle opregtheid en hulle werklike belangstelling, ‘n wesentlike verskil in jou lewe maak.  Tog vergeet jy nooit iemand wie se blote manier van menswees wat tot diep in jou hart kom lê het nie.

Ek het die afgelope week een van hierdie mense in my lewe verloor. My kameraad Koos Hough.

Vir meer as 30 jaar was ek en Koos saam betrokke by die AWB.  Hy was maar altyd een van my gunsteling mense en kamerade.  Hy was vir ons binne die Beweging ‘n rolmodel en ons het hom gerespekteer.  Ons sal hom altyd in ons harte koester.

Sekere gebeurtenisse en ideale kan tyd nooit weg knaag nie.  Onwillekeurig dink ek terug en onthou ek ons besoeke saam aan die gebiede soos Natal.  Die kuier by my op die plaas.  Die toer na Orania en die besoeke aan die konsentrasiekamp kerkhowe.  Die hartseer maar ook die nostalgie wat daaruit voort gespruit het.  Die aande om die kampvuur by Holfontein.  Koos het almal altyd met ope arms verwelkom, en het my erg spesiaal laat voel.

Koos het sy taak binne die AWB met  soveel ywer en gefokusde aandag verrig.  Die AWB en die Boervolk het ‘n strydros by uitnemendheid verloor.

Ons eer hom vir sy Christelike beginsels en sy onkreukbare standpunte.

Dit ruk ‘n mens as iemand soos Koos Hough, van ons weggeneem word.  Dit klink  so leeg om te sê maar hy is op ‘n beter plek.  Die gat wat hy in ons lewens laat is groot !  Ek sal altyd met heimwee en aangename herrineringe aan hom dink.

Aan Alet en die kinders,  baie dankie vir julle opofferinge maar ook julle onbaatsugtige bydraes en vir die tyd wat julle Koos aan ons afgestaan het. Dit gaan nie ongesiens verby nie.  Sterkte en deernis aan julle in hierdie hartseer tyd.

Generaal  KOOS HOUGH, ons gaan jou mis.

Ek salueer jou my kameraad totdat ons mekaar weer sien.

Steyn von Rönge

Leier van die AWB / 2018-06-29

02Jul

Groeteboodskap aan Rusland

Geagte mnr Poluboyrenko en ander verteenwoordigers van die Russiese volk,

Dankie vir die geleentheid om ons groeteboodskap aan julle oor te dra. Die Boere-Afrikanervolksraad het groot waardering vir julle belangstelling in ons volk se omstandighede. Net soos julle, stry ons ook teen die aanslag van linkse liberalisme wat poog om alle volke te vernietig. Ons is bemoedig deur die herlewing van die Russiese volksidentiteit en Russiese Christendom onder leiding van mnre Putin en Medvedev sowel as die ander senior Russiese leiers.

Dr Jann Schlebusch is ‘n medearbeider vir ons volk se vryheid en ons stuur graag hierdie boodskap saam met die Schlebusch besoekgeselskap. Ons sien uit na die terugvoer aangaande die gesprekke in Stavrapol.

 

Met hoogagting en vriendelike groete,

 

GS van Ronge

Steyn van Ronge

Ondervoorsitter van die Boere-Afrikanervolksraad

 

 

Уважаемый господин Полубояренко! Уважаемые представители государства и народа России!

 

Благодарим за настоящую возможность передать Вам это наше приветственное послание. Национальный Совет буров-африканеров глубоко признателен за внимание, уделяемое Вами положению нашего народа. Подобно Вам мы противостоим на своем направлении натиску либерализма левого толка, несущего уничтожение всем нациям. Нас воодушевляет возрождение самосознания Русского народа и Христианства в России под руководством господина Путина, господина Медведева и иных старших государственных деятелей страны.

Доктор Янн Шлебуш – наш соратник в борьбе за благополучие нашего народа, и мы с удовольствием посылаем Вам это сообщение с его депутациею. Мы также с нетерпением ждем представления им итогов своей поездки по возвращении из Ставрополя.

 

С уважением,

GS van Ronge

Стейн ван Рогге,

исполняющий обязанности председателя Национального Совета буров-африканеров

26Jun

Begrafnis reëlings vir wyle Generaal Koos Hough 

Alle lede rapporteer by die begrafplaas, op die plaas Vlakpan om 09h00.

Die teraardebestelling vind plaas om 09h30.

Daarna vertrek ons na Delareyville AP Kerk vir die begrafnis diens om 11h00.

Vol uniform of netjiese drag.

Vir verdere navrae of padaanwysings kan u vir Brig Piet Breytenbach kontak by 071 340 9658.

09Jun

MOONTLIKE DREIGING DEUR ESKOM WERKERS OM KRAG AF TE SIT

MOONTLIKE DREIGING DEUR ESKOM WERKERS OM KRAG AF TE SIT

Die media dra die moontlike dreigement dat die land Maandag (11 Junie 2018)  tot stilstand gedwing kan word.  Daar is egter ook teenstrydige berigte dat dit later kan gebeur afhangende van die onderhandelinge.  Almal MOET paraat wees.  Dit gaan verreikende probleme veroorsaak indien dit gebeur.  Ek noem net ‘n paar:  Geen water, sanitasie en niks kan werk nie.  Alles, maar alles, sal tot stilstand kom.

Kry julle mense op bystand;  radios se batterye gelaai  vir kommunikasie, ens.  Sorg vir al die ander nodige apparate vir oorlewing. Dit is beter om voorbereid te wees.  Kom ons hoop dit gebeur nie.

Almal is mos voorbereid met hulle onttrekkingsplanne.

Die belangrikste is, waarsku al julle lede om voorbereid te wees.  Indien jy enige bevestigde inligtig het skakel met hoofkantoor op 018 264 3669 dat ons kan optree soos nodig.

K. HOUGH

Wrn. Kommandant Generaal

31May

AWB OPLEIDING AKADEMIE

 

AWB OPLEIDING AKADEMIE

INLEIDING:

Die ontwikkeling van ʼn opleidingskursus is ʼn baie ingewikkelde storie. Baie navorsing word gedoen om net die beste oor te dra aan ons  studente. Daar moet een ding nie uit die oog verloor word nie; en dit is dat daar ʼn groot verskil is tussen werklike-lewe-opleiding en die speel van ʼn speletjie. Opleiding in die AWB gaan beslis nie ʼn speletjie wees nie en die wat so gedink het, het ʼn baie groot fout begaan. Nie elkeen van ons gaan altyd verstaan waaroor die opleiding  gaan nie, of dalk die “skills” hê vir ʼn spesifieke opleiding nie, maar glo my daar is plek vir elkeen van julle in hierdie organisasie. Deelnemers aan die AWB opleiding praat dieselfde taal, kom van dieselfde kultuur en ons gaan mekaar ook respekteer deur dik en dun.

Onthou net een ding, gedurende ʼn “ GAME”  speletjie het jy net ʼn sekere tyd om dit te voltooi, en so is dit ook tydens opleiding. Indien jy nie in tyd gaan klaar maak nie is dit“ GAME OVER” en glo my nie een van ons wil dit mis nie.

Inteendeel ek of enige van die instrukteurs kan jou nie iets leer indien jyself nie ʼn wil het nie. Elke opleidingsmateriaal staan alleen. Geen opleidingsvakke sal mekaar oorvleuel nie. Die opleiding is eenvoudig binne sy formaat.

Spanwerk is ook van kardinale belang gedurende opleidingsessies. Hier word jy getoets in groepsverband sowel as individueel. Ons gaan jou ook toets van hoe jy druk kan hanteer.

Die groot rede vir opleiding is ook, dat julle  die Leiers van  môre gaan wees. Julle is die ambasadeurs van die Boervolk en die AWB!

Visie

Die doel van die Akademie is om ʼn gesamentlike gekoördinerende opleidingsentrum vir die totale AWB opleiding strategie daar te stel binne die raamwerk van ʼn reeds gevestigde maatskappy,  naamlik die “AKADEMIE”.  Met hierdie doel voor oë kan daar dan met vertroue ʼn behoefte bepaling gedoen word watter streke aktief is in die opleiding van hul offisiere en lede en daar volgens ook dan ʼn inkomste te genereer aan lede wat werkloos is. Hierdeur bemagtig ons onsself as diensverskaffer binne ʼn goed georganiseerde model.

Missie

  • Daar kan bepaal word wat die opleidingsvlakke van die lede en offisiere is.
  • Daar kan bepaal word wat die gehalte van die opleiding is wat deur die instrukteurs aangebied word.
  • Die aktiwiteitsvlak van elke streek kan gekoördineerd en ge-evalueer word.
  • Die fondse, hetsy dit van die lede, kontrakte of AWB afkomstig is, kan in berekening gebring word en verreken word. Volledige state sal beskikbaar wees vir insae.
  • Kontrakte wat deur moedermaatskappy verkry word, sal subkontrakteur word aan “WŰLFF RSS” wat dan ook verantwoordelik sal wees vir terugvoering aan moedermaatskappy.
  • Behoefte bepaling onder lede kan nou op streeksvlak gedoen word en deurgegee word aan Opleiding Akademie bestuur sodat werksplasings gereël kan word.
  • Verskeie opleidingsvlakke kan nou aangespreek word na aanleiding van kontrak behoeftes bv. CPU, wagdienste, alarms en noodoproepe.

Doelstellings

  • OPDRAG
  • RIGLYNE VIR BEPLANNING
  • MOBIELE DENKE

Wat is ons doelstellings?

  • Wat wil ons hê?
  • Hoe gaan ons dit bereik?
  • Wat is ons doelwit omskrywing?
  • Gaan ons projek volhoubaar wees?
  • Gaan die opleiding realisties wees?
  • Wat is ons vermoeëns?
  • Magspeil
  • Wat het ons in plek?

Bedreiging

  • ʼn Negatiewe houding;
  • botsende opvattings en waardes;
  • verskille in verwysingsraamwerke wat nie wedersyds erken word nie;
  • blatante manipulasie van persone en situasies;
  • gebrek aan dissipline en motifering;
  • onvermoë om aan die verwagtinge te voldoen;
  • ongeduldige houding;
  • verwerping of ignorering van sienswyse;
  • verwaandheid of ʼn gevoel van minder- of meerderwaardigheid.

Wat is die einddoel van die Akademie?

  • om as organisasie volhoubaar te wees ten tye van nood onder sy lede;
  • om as organisasie sy lede in so ʼn mate op te lei sodat hy as lid homself kan verdedig tydens enige mate van anargie;
  • om as organisasie sy lede te bemagtig in die besit, asook hantering van enige vuurwapens;
  • om as organisasie sy lede wat behoeftig is weer ʼn tweede kans te gee;
  • om as organisaie finansieël volhoubaar te wees;

Nood Kommunikasie Kamer

Hier speel die Opleiding Akademie ook ʼn baie belangrike rol in opleiding van lede vir die opstel van ʼn Nood Kommunikasie Kamer. Lede word touwys gemaak van die werking van radio sisteme asook hoe daar gekommunikeer moet word tydens enige operasie.

23May

Volksaamtrek, Paardekraal

 

2 Junie 2018

Ter herdenking van Republiekwording in 1961, die ingebruikneming van die Oranje Blanje Blou as landsvlag in 1928 en die skryf van Die Stem van Suid-Afrika in 1918.

Die volksaamtrek word deur die HNP, AWB en die Verkennersbeweging gereël.

Bykans 30 ander Afrikaner-organisasies is genooi om deel te neem.

Program:

07:00 Aankoms en Terrein-inrigting
09:00 Opening:
09:10 Verwelkoming Mnr Henk van de Graaf
09:15 Samesang van volksliedere
09:30 Vlagseremonie
09:50 Vlaghysing: Oranje Blanje Blou (In stilte. Almal staan op aandag)
Samesang:Die Vlaglied
10:00 Toespraak:  Mnr Steyn van Rönge     Die Oranje Blanje Blou
Samesang:  Die Stem van Suid-Afrika, Strofe 1
10:30 Toespraak: Mnr Alwyn de Klerk                    Die Stem van Suid-Afrika
Samesang: Die Stem van Suid-Afrika, Strofe 2 en 3
11:00 Toespraak:Herdenking van Republiekwording
Mnr Andries Breytenbach
11:30 Die Volksverkiesing (13/10/2018)

Mnr Christo Snyman

11:45 Bedankings

Mnr Henk van de Graaf

12:00 Afsluiting:

4e Strofe van Die Stem van SA

LAAI PROGRAM IN PDF FORMAAT AF

11May

VVK Verkiesingsnuus

Verkiesingskonferensie, 5 Mei 2018

Ons hartlike dank aan elkeen wat die Verkiesingskonferensie die afgelope naweek bygewoon het. Dit was ‘n reuse sukses. Die bemarkingsvideo is vertoon en sal aan u beskikbaar gestel word vir verdere verspreiding sodra die laaste redigering afgehandel is.

Verdermeer is die nuwe fondsinsamelingsprojek bekendgestel, naamlik “Borg-‘n-stempunt”. Laai gerus die brosjure af onder hierdie skrywe om meer inligting omtrent die projek te bekom.

Borg ‘n stempunt!

 

Vakante betrekking

Die VVK het ‘n vakante betrekking vir ‘n ontvangsdame. Stuur asseblief u CV na info@vvk.co.za om in aanmerking te kom.

 


Registrasie- geleentheide

Groblersdal:

Republiekfees 26 Mei 2018 vanaf 08h00 te CVO Gromar.

Paardekraal, Krugersdorp:

Republiekfees 2 Junie 2018 te Paardekraal Feesterrein.

Indien u nie een van hierdie geleenthede kan bywoon nie, maar nog wil registreer op die VVK se kieserslys, volg die onderstaande skakel na die lys van registrasie-beamptes landswyd.

Registrasie-beamptes

Voorstelle ingewag!

Is u goed met inligtingverspreiding en bemarking? Stuur vir ons u voorstelle vir ‘n bemarkingspamflet vir die Verkiesing van Oktober 2018.

Voorstelle kan gestuur word na info@vvk.co.za

Volksraad Verkiesing Kommissie
www.vvk.co.za

 

BESOEK DIE AWB FACEBOOK BLAD

30Apr

LANDSBERAAD 2018: HOLFONTEIN

PROGRAM 

LANDSBERAAD 2018:   HOLFONTEIN

 

Programleier :                        Brig. P. Breytenbach

Kampkommandant :             Kol. J. Breytenbach

 

VRYDAG 18 MEI

 

   15:00 – 20:00  :  Aankoms van lede – kry kampplek gereed

   20:00 – 20:15  :  Aandgodsdiens – Brig. P. Breytenbach

   20:15  –             :  Saamkuier

 

SATERDAG 19 MEI 

       

   07:30 – 08:00  :      Registrasie en ontbyt

   08:00 – 09:00  :      Vlagparade – Brig. Potgieter 

  • Eerbetoon: Gestorwe kamerade – Brig. P. Breytenbach
  • Drilparade – H/Kmdt. J. Swanepoel 
  • Garde demonstrasie – Nico Prinsloo 
  • Selfverdediging demonstrasie – Pieter Swanepoel

   09:00 –09:30  :  Opening – Kapelaan F. Devenier
                                     Verwelkoming – Leier : Steyn von Ronge

   09:30 –11:30  :  Landsberaad – Gebiede doen verslag:

  • Weskaap – Bertie Kruger
  • Oostelike gebied – H/Kmdt. Dawie Jacobs
  • Noordwes – Jerry Bezuidenhout
  • Natal – Barney Dreyer
  • Kalahari – Bill  Nagel

   11:30 – 12:00  –  Verversingsbreek

                           Toekenning van trofees:

  • Vrystaat – Danie Wessels
  • Wes-Rand – H/Kmdt. Johan Swanepoel
  • Diamantstreek – Johan Breytenbach
  • Oos-Transvaal
  • Noord-Transvaal – Pieter Swanepoel
  • Pretoria
  • Oos-Kaap – H/Kmdt. Willie Geere

12:00 – 13:00  :  Middagete

13:00 – 16:00  : 

  • Kommunikasie – Hennie Le Roux
  • Jeug en Geestesweerbaarheid – Piet Breytenbach
  • Inligting – De wet Marx
  • Opleidingsakademie – Danie Wessels
  • Kantoor en Admin – Paul Visagé
  • Garde/Valke en Spesmagte – Nico Prinsloo

16:00  –           :  Leier se opsomming en repliek

17:00  –           :  Saamkuier en vleisbraai

 

SONDAG 20 MEI

08:00 – 08:30  :  Oggenddiens – Brig. Piet Breytenbach

08:30                  :  Kamp opruiming en vertrek huistoe

 

N.B.                    

  • Staanplek en navrae moet met Brig. Piet Breytenbach – telefoon 071 340 9658 –  gereël word voor 7 Mei 2018 indien jy ‘n skadu staanplek wil hê.  Daar is agt beskikbaar.
  • Baie ander kampplekke.
  • Lekker kos te koop.
  • Snoepie beskikbaar.

 

Kaart na Holfontein Kampterrein:  https://goo.gl/maps/G4SEQrxWRrH2