Na die 1994 verkiesing het die ANC regering Krugerdag weggeneem as deel van hulle aanslag op ons Volk se taal en kultuur. Krugerdag, ook bekend as Heldedag, is sedert 1882 gevier terwyl Paul Kruger nog gelewe het. Hy was op daardie stadium nog adjunkpresident, maar omdat hy soveel respek van volksgenote geniet het is sy verjaardag, 10 Oktober, met ‘n feesdag gedenk. In 1883 het die dag ‘n openbare vakansiedag geword. Toe die Zuid-Afrikaansche Republiek deur Brittanje verslaan is het hulle ook die dag nie meer as openbare vakansiedag erken nie. Selfs met Uniewording is die dag nie weer ingestel as vakansiedag nie en het dit so gebly tot 1952. Toe die Nasionale Party aan bewind kom het hulle in 1952 die dag ingestel as Heldedag hoewel meeste mense dit steeds Krugerdag genoem het. Dit het aanvaarbaar geword om beide name te gebruik waar verwys word na 10 Oktober.
Ons onthou en vier vandag Krugerdag en onthou ook ons helde uit ons geskiedenis. President Paul Kruger het ons dan ook geleer: “Neem uit die verlede wat goed is en bou daarop vir die toekoms”