WAT IS AFTREDE?
WERK, vorm ‘n belangrike deel van elke mens se lewe en vir die meeste van ons is dit dan ook die belangrikste en mees lonende tyd van ons lewe.
WERK, is so belangrik dat dit een derde van ons daaglikse lewe in beslag neem.
Dan skielik is dit tyd vir … AFTREDE!!
So het hierdie welverdiende tyd van AFTREDE, dan ook nou vir Tannie Mart Terre’Blanche, aangebreek.
Ons, die lede van die AWB, sal haar onbaatsugtige diens vir die Boervolk nooit vergeet nie. Die ywer, waarmee sy elke dag die werk in die Hoofkantoor behartig het, die ondersteuning, die oor wat luister en die lag in haar stem waarmee sy altyd die telefoon beantwoord het… sal ons altyd bybly.
Namens die Generale Staf, offisiere en lede van die AWB, wil ons haar n welverdiende aftrede en ruskans toebid.
Tannie Mart, ons gaan jou verseker mis, maar weet dat ons hierdie tyd… tyd van aftrede, vir jou gun en jy verdien dit!
Ons bid jou toe, VADER se Seën.