GEDAGTE VIR VANDAG 12 MAART 2024

GOD WEET WAT DIE BESTE IS

Moenie kla oor die kruis

wat God op jou skouers laat rus –

Hy het dit self vir jou gemaak,

en Hy weet wat die beste is.

Vertrou volkome op die Here en

moenie op jou eie insigte staatmaak

nie. Ken Hom in alles wat jy doen en

Hy sal jou die regte pad laat loop.

Spreuke 3:5-6

Dra vandag jou kruis sonder om

te kla – onthou, die Meesterskrynwerker

het dit self vir jou gemaak.