MOONTLIKE DREIGING DEUR ESKOM WERKERS OM KRAG AF TE SIT

MOONTLIKE DREIGING DEUR ESKOM WERKERS OM KRAG AF TE SIT

Die media dra die moontlike dreigement dat die land Maandag (11 Junie 2018)  tot stilstand gedwing kan word.  Daar is egter ook teenstrydige berigte dat dit later kan gebeur afhangende van die onderhandelinge.  Almal MOET paraat wees.  Dit gaan verreikende probleme veroorsaak indien dit gebeur.  Ek noem net ‘n paar:  Geen water, sanitasie en niks kan werk nie.  Alles, maar alles, sal tot stilstand kom.

Kry julle mense op bystand;  radios se batterye gelaai  vir kommunikasie, ens.  Sorg vir al die ander nodige apparate vir oorlewing. Dit is beter om voorbereid te wees.  Kom ons hoop dit gebeur nie.

Almal is mos voorbereid met hulle onttrekkingsplanne.

Die belangrikste is, waarsku al julle lede om voorbereid te wees.  Indien jy enige bevestigde inligtig het skakel met hoofkantoor op 018 264 3669 dat ons kan optree soos nodig.

K. HOUGH

Wrn. Kommandant Generaal