04Dec

KERSBOOM 2017 – Welkom AWB

Dit is hierdie jaar die 7de Kersboom vir minderbevooregte kinders en die 3de jaar wat die Welkom AWB die projek vir ons arm kinders hou in Welkom.
Die AWB in Welkom het hierdie jaar ommenby 70 kinders gehelp. Hoewel meeste bydraes van ons eie lede af kom, word sekere besighede ook betrek as borge by die geleentheid.
Hierdie jaar het ons reën gehad tydens die funksie en moes ons vir die kinders binnenshuis geskenke uit deel. Die reën het glad nie die pret en gees gedemp nie. Die geskenkboks bestaan gewoonlik uit ‘n stel klere, skoolgoedjies indien ‘n kind op skool is, ‘n speelding, seep, waslap, tandeborsel en tandepasta. Mense kan da nook aanvul by hierdie boks soos hulle voel huklle wil bydra. Ons gee ook vir die ouers ‘n bord kos en die kinders kry als wat hulle kan eet.
Hirdie jaar het ons egter ‘n trappie verder gegaan en vir ons eie lede se kinders ook bederf en die aand vir hul ook hul eie kersboom gegee. Onder ons eie lede is daar ook baie wat werklik behoeftig is. Daar was 30 kinders van ons lede. Ons lede se kinders het dieselfde gekry as die ander kinders op die oggend.
Ons streef daarna om 2018 net meer te kan doen vir ons behoeftige kinders en lede van die AWB.
Ons bedank ook Vldt Bonita en Vldt Herman Victor al hulle hulp met die lede se kersboom.

 

 

23Nov

Geloftedag 16 Desember 2017

Program vir die Gelofte diens by Sikelele.

07h00 Vroe’e oggend biduur by gedenkmonument
08h00 Selfsorg ontbyt
11h00 Afle van gelofte met geloftediens
11h30 Feesrede deur leier van awb Steyn von Ronge
12h00 Pouse
12h15 Toespraak geskiedenis van terein en gelofte Komandant Genl Chris van Wyk.
13h00 Selfsorg middagete en ontspan.
Braai geriewe is beskikbaar.

Plek: https://goo.gl/maps/q1xgKsfYhA12

Navrae (kantoor):  018 264 3669 of epos mtb@telkomsa.net

 

02Nov

ALGEMENE LEDE VERGADERING

Alle offisiere,  manskappe sowel as belangstellendes!

Saterdag 11 November om 09H00 algemene lede vergadering te HOLFONTEIN, in volle uniform indien moontlik. Selfsorg en bring asseblief eie stoel en sambreel.  Geen drank sal toegelaat word gedurende die vergadering nie.

Leier Steyn von Rönge en die Generale Staf sal die vergadering toespreek.  Geen onwettige wapens nie en alle wapens moet in holster gedra word volgens wet.

Boeregroete en sien u daar!

Navrae: 018 264 2516

27Oct

Dopamien Verslawing

’n Tyd gelede skrik ek wakker met die vraag:  Hoekom moet skoolgeld betaal word vir die implementering van “IT”?  Ek is op die Beheerraad van ’n Hoërskool hier op ons dorp en  “IT”  is my portefeulje. Ons het ons beywer om te kyk wat die beste manier is sal wees om tegnologie in te span in die leerproses.

Ek en ’n vriend het besluit om ’n kongres aan te bied en kundiges gekry om met die onderwysers te kom gesels oor “IT” in die onderwys. Dit was ’n baie suksesvolle kongres wat in die Lord Charles hotel gehou is. Die Minister van Opvoeding van die Wes-Kaap, senior amptenare van die WKOD en  van die Universiteit van Stellenbosch, het insette gelewer oor die onderwerp.

Ek het sterk gevoel dat daar ook iets gesê word oor die invloed wat “IT” op die leerling kan hê.  In my voorbereiding kry ek te doen met die werk van Brad Huddleston, skrywer van die boek: Digitale Cocaine. Hy sê onder andere dat 2 uur se intense gaming gelykstaande is aan een strepie kokaïen snuif.

Hy verduidelik dat die gevoel van genot wat ’n mens kry van gaming of enige ander aangename aktiwiteit afkomstig is van dopamien wat deur ’n hormoon in die mens se brein afgeskei word. Die kyk van pornografie, dwelmmisbruik en omtrent alle ander afhanklikhede, skei dopamien in ’n mens se brein af en gee dan die “lekker gevoel.”

Die probleem is dat die brein die mens beskerm teen té veel dopamien en dan rig hy ’n versperring op. Om volgende keer weer dieselfde gevoel van genot te kry, moet daar nou méér van die pornografie gekyk word, méér dwelms gebruik word of méér gedoen word van wat ook al die dopamien aktiveer.

Dit is dalk nou ’n baie teoretiese of biologiese verduideliking van afhanklikheid, maar dit is presies wat die oorsaak is waarom mense genot op verkeerde plekke soek. Ons brein beskerm ons, maar omdat ons nie wil luister nie, doen die mens net nog meer en in die proses verval hy of sy in afhanklikheid.

En dit is presies wat Paulus voorspel:… En dan is daar mense wat nooit genoeg kan kry nie. Hoe meer hulle het, hoe meer wil hulle hê.  Asof dit hulle god is, wy hulle al hulle tyd en energie daaraan om net al hoe meer in die hande te probeer kry.

Partykeer kan ons tog so dom wees. Dit laat dink my aan die liedjie van Johnny Lee wat sing: I was looking for love at all the wrong places, looking for love in too many places… Ons soek vir liefde of vreugde of erkenning of wat ook al op verkeerde plekke en dan verstaan ons op die ou end nie hoekom alles uitmekaar val nie.

As ons ons lewe met verkeerde dinge vol maak, of dit nou seks of pornografie of geld of mag is, is daar nie plek vir God nie.  Sonder dat ons dit besef, neem die dinge ons lewe oor en God word uitgeskuif. Die vreemdste van alles is dat mense dan op die ou end na God roep en nie kan verstaan hoekom God nie daar is nie.

Hier is ’n groot waarskuwing: Bly weg van die dinge waar God nie is nie. Dit is ’n pad van selfverwoesting. En nee, dis nie altyd die erge dinge nie. Kyk maar net na die gewone dinge wat God na die uithoeke van jou lewe druk  Raak ontslae daarvan.  Maak tyd en ruimte vir God. Dan sal dit goed gaan met jou, al die dae van jou lewe.

Teks:  Kolossense 3:5-6

Om oor na te dink:  Wat neem God se ruimte in jou lewe?  Hoe moet jy dit uitkry?  Is daar iemand wat jy moet help?

Gebed:  Vader, die vyand gebruik subtiele maniere om ons van U te vervreem. Maak ons asseblief bewus van die gevare van enige iets wat ons tyd en aandag van U wegneem. Amen.

Shalom
Gerjo Ben

29Sep

Makapan Leef Weer

Geskryf deur oom Buks Barnard.

 

Op 25 Oktober 1854 het die beleg van Makapansgrot naby die teenswoordige Potgietersrus begin. Hierdie strafekspedisie teen Makapan het gespruit uit ‘n aantal grumoorde op Boeremense in September 1845.

 

Langs die destydse trekpad na Soutpansberg het daar twee stamhoofde gewoon – Makapan en Mapela. Net soos sy geestelike nakomelinge en bewonderaars langs die N1 honderd-ses-en-vyftig jaar later, het Makapan homself verryk deur tolgeld van reisigers te ontfutsel. Die reisigers op pad na die noorde moes met gewere en kruit betaal, en dié na die suide met ivoor en velle.

 

In die winter van 1854 kon Makapan en Mapela se jagters nie genoeg olifante na hulle smaak doodmaak nie. Hulle toordokter het gesê hy het die organe van ‘n dapper man nodig om medisyne vir die jagters te maak.

 

Mapela het die bobaas jagter, Hermanus Potgieter, genooi om te kom olifante jag. Sy trawante het Potgieter se trek op slinkse wyse oorval en uitgemoor. Hermanus Potgieter self is lewend afgeslag. Die toordokter het van sy hart en niere medisyne gemaak.

 

Hierdie was ‘n algemene gebruik onder barbare. Die Basoetoes het ook die dapper Louw Wepener se hart opgeëet nadat hy gesneuwel het. Vandag nog hoor ‘n mens dikwels van moetiemoorde.

 

Makapan was beïndruk met Mapela se moorddadigheid en wou hom oortref. Daarom het sy bende die niksvermoedende Markus Venter, wat wou kom tol betaal, en sy seun vermoor.

 

Dit het hulle moordlus aangewakker sodat hulle ‘n trekgeselskap by Moorddrif uitgemoor het. Die ses kinders se koppies is teen twee groot kameeldoringbome papgeslaan.

 

Hierdie barbaarsheid het ‘n strafekspedisie teen Mapela en Makapan ontlok. Die twee moordenaars en hulle bendes het met vee en graan in die grotte by Makapansgat ingevlug en die kommando het hulle beleër. Die beleg het van 25 Oktober tot 21 November 1854 geduur.

 

Op 6 November 1854 het ‘n koeël uit die grot kommandant-generaal Piet Potgieter getref en hy het dood van die krans af voor die grot geval. Die jong veldkornet, Paul Kruger, het sy leier se lyk onder hewige geweervuur vanuit die grot gaan haal sodat die barbare dit nie ook kon vermink en misbruik nie.

 

Vandag is daar weer ‘n tolpad waar Makapan reisigers met sy tolheffings uitgebuit het.

 

Vandag word onskuldige en niksvermoedende blankes weer gereeld oorval, gemartel, vermink en vermoor.

 

Vandag het ‘n regering wat met wrede maniere van terrorisme en halssnoermoorde aan bewind gekom het, Potgietersrus se naam na Mokopane verander om die barbaarse moordenaar, Makapan, te vereer.

Dit is reg dat die owerheid met dié naamsverandering wys waar sy bewondering lê, sodat elkeen kan weet watter strewes hy koester. Elke keer as ons die naam, Mokopane, hoor, moet ons onthou van die barbaarse wreedheid om kindertjies se koppe teen boomstamme stukkend te slaan. Elke keer as ons die naam, Mokopane, hoor, moet ons opnuut besef vir watter barbaarsheid die nuwe naamgewers bewondering het.

 

En elke mens wat homself beskaafd noem, moet weet dat hy elke keer wanneer hyself na Potgietersrus as Mokopane verwys, eer betoon aan ‘n uitbuiter, ‘n misdadiger, ‘n moordenaar en ‘n onmens.

 

Gaan jý Makapan vereer en laat voortleef?