• Slider Image

Krugerdag viering by Paardekraal

“God se Woord is dan ook die rigsnoer in alles. Om dit te kan volg, moet die volk met die Bybel vertroud wees.”
Paul Kruger

Op Saterdag 12 Oktober, twee dae na President Paul Kruger se geboortedatum van 10 Oktober, word die jaarlikse feesvieringe weer aangebied by Paardekraal in Krugersdorp.
Soos gewoonlik sal dit weereens ’n luisterryke geleentheid wees en alle volksgenote word opgeroep om die dag saam te trek by een van ons volk se beroemdste monumente.
Die program is soos hiermee aangedui, waarna almal heerlik saam kuier om die braaivleisvuur:

10H00 – Opening by Paardekraal
10H15 – Vaandel parade
10H30 – Prosessie na standbeeld
11H00 – Historiese oorsig
12H00 – Braai by Paardekraal
Pap, sous en kole sal verskaf word.

Foto – Paardekraal-monument is ‘n monument geleë in Paardekraalstraat in Krugersdorp. Die monument het as ‘n stapel klippe ontstaan, wat gepak is as deel van ‘n versetaksie teen Britse oorheersing. Die monument is in November 1890 voltooi.

SKIET KOMPETISIE

Die AWB Bied ‘n Skietkompetisie aan op 19 Oktober 2019 te Ventersdorp Skietbaan.

Inskrywing begin om 9h00

Bring eie stoel en sonbrandmiddel

Koeldrank, Koffie, Jaffels en Potjiekos (R50) sal te koop wees

KONTAK
Generaal Bezuidenhout @ 084 250 2150
Kolonel Prinsloo @ 082 959 9801
vir verdere inligting

SKIETDAG TE OTTOSDAL OP 11 MEI 2019


Die AWB Diamantstreek bied op Saterdag 11 Mei 2019 ‘n Skietdag aan.
Inskrywingsgeld is R50.00 vir handwapen en R50.00 vir jaggeweer.
Die dag begin stiptelik om 09:00.

Slaapplek sal op Holfonteinterrein beskikbaar wees.
Voorsiening word ook gemaak vir kamp en karavaanstaanplek.

Die skiet (Jaggeweer asook handwapen) sal op Ottosdal SAJV se baan plaasvind en in die volgende formaat:

  • Jaggeweer – 50m, 100m en 150m  – 3 skote op elke afstand.
  • .22 – 25m, 50m en 75m  – 3 skote op elke afstand.
  • Handwapen – 5m, 7m en 12m – 3 skote op elke afstand.

Oor en oogbeskerming is verpligtend.

Sorg moet gedra word dat wapenlisensies op aanvraag getoon kan word.

Diamantgebied gaan ‘n dameskietspan inskryf en daag die ander gebiede uit.

Spanne van 4 lede sal aangeteken word en die wenners sal hierdeur bepaal word.

Diamantstreek gaan verversings die dag daar verkoop.

Die volgende toekennings is beskikbaar.

  • Beste skut man/dame –jaggeweer en handwapen
  • Beste skut man/dame – jaggeweer
  • Beste skut man/dame – handwapen
  • Beste span mans/dames.
  • Troosprys

Navrae kan gerig word aan Kol. J Breytenbach  – 083 284 3587

Wapen Opleiding – Dag en Nag Skiet

Die AWB, Noordwes Streek bied Wapenopleiding en Skiet Dag aan op 5 Mei 2019.

ALMAL WELKOM

Plek: Rashoop Skiet Baan, Brits
Koste:
Eie Wapen en Ammunisie – R50
Leen Wapen en ammunisie (25 rondtes) – R170
Vertrek Tyd: 13:30 – Rustenburg en Mooi Nooi Lede kom bymekaar te Total by Spar, Vertrek om 14:00

Bring jou eie stoel, Hoed, eet en drinkgoed.
Voorsiening word gemaak vir beginner en gevorderde persone.

GEEN ALKAHOL
GEEN ONWETTIGHEDE

Kontak Persone:
Kol Gert – 082 959 9801
H/Kmdt Vorster – 062 1599

AWB Landsberaad 2019

AWB Landsberaad 2019

PROGRAM  12 – 14 April 2019

Terrein Paardekraal  Krugersdorp

Program leier :                                           Brig Piet Breytenbach

Kamp Kommandant/Veiligheid:           A/Kmdt: Pieter Steyn

Vrydag  12 April

15:00 tot laat

 Aankoms van lede en gaste , kry kampplek gereed, kenmekaar.

Pap en wors, kaasworsies met broodrolletjies en braaipakke sal beskikbaar wees.

Saterdag 13 April

09:30 Vlag Parade, Eerbetoon aan afgestorwe  Kamerade en Drilparade Kol Johan Swanepoel
  Kranslegging vir voormalige Leier Eugene Ney Terre`Blanche  
10:00 Opening met Skriflesing en gebed Kapelaan Ferdie Devenier
11:00 Verwelkoming Leier Steyn von Ronge
11:15 Landsberaad: Gebiede gee jaarverslag van werksaamhede  
  Weskaap Maj Bertie Kruger
  Vaaldriehoek H/Kmdt David Jacobs
  Noordwes Brig Jerry Bezuidenhout
  Natal Brig Barney Dreyer
  Kalahari Gen Bill Nagel
  Oos Rand Gen Piet Cilliers
12:00 Verversings  
12:30 Landsberaad: Gebiede gee jaarverslag van werksaamhede  
  Wesrand Kol Johan Swanepoel
  Vrystaat Brig Danie Vessels
  Diamant streek Kol Johan Breytenbach
  Noord Transvaal, Oos Transvaal & Pretoria Kol Pieter Swanepoel
  Oos Kaap en Watervleuel Kol Ken Terblanche
13:00 Middagete  
14:00 Jaarverslag KG De Wet Marx
  Toekennings van trofee’s Gen Nico Prinsloo & Leier Steyn Von Ronge
15:00 Kommunikasie Kol Hennie le Roux
  Jeug en Geestesweerbaarheid Brig Piet Breytenbach & Jeugleier  Johan Swanepoel Jnr
  Opleidings Akademie Brig Danie Wessels
  Kantoor en admin Brig Jerry Bezuidenhout
  Garde/Valke en Spesmagte Gen Nico Prinsloo
  Opsomming en Repliek Leier Steyn von Ronge
16:00 Afsluiting en gebed Brig Piet Breytenbach

Vermaak en klank                        Gen Piet Cilliers en Vdkt Rudi Viljoen.

Saam kuier en braai

Braaipakke, pap & sous sal te koop wees

Snoepie met kos sal ook beskikbaar wees

Sondag 14 April

8:30  Kamp opruiming en vertrek huis toe.

Ons as AWB Wesrand hoop julle het n onvergeetlike Landsberaad beleef en ry veilig huis toe.

Algemene inligting:

Geen alkohol mag op Paardekraal feesterrein gebruik word nie

Snoepietye:  

Vrydag             15:00  –  21:00

Saterdag          07:00  –  21:00

Sondag            07:00  –  10:00

GOD SEEN DIE AWB ,SAAM STAAN ONS VIR GOD, VOLK EN VADERLAND