• Slider Image

GEDAGTE VIR DIE DAG 22 MAART 2024

GOD GEE DIE NUWE LEWE

Ons God wat die winter na die wêreld stuur

en alles in die natuur laat rus,

sal ook weer die wêreld sy lentekleed gee

op die tyd wat deur Hom bepaal is.

U het my van die dood

gered, my voet nie laat struikel nie,

en met God by my kon ek my pad

aanhou loop en die lewenslig bly sien.

Psalm 56:14

Dank God vandag vir die

veranderende seisoene in die natuur

en die nuwe lewe wat Hy gee.

GEDAGTE VIR VANDAG 20 MAART 2024

GOD IS ALTYD BY JOU

God is oral en altyd by jou,

sit jou hand vandag in Syne,

vertel vir Hom van alles wat pla –

Hy ken jou wêreld … en ook myne.

U leer my hoe om te lewe.

By U is daar oorvloedige blydskap.

Uit U hand kom net wat mooi is.

Psalm 16: 11

Praat vandag met God –

en luister ook na Hom.

GEDAGTE VIR VANDAG 19 MAART 2024

GOD IS IN ELKE DAG

Ek sien die kristalglans van vroegoggenddou,

ek voel die varsheid wat alles omvou

as die maan en sterre vir eers vedwyn

en die goue son oor die nuwe dag skyn.

Bedags sal die son jou nie

steek nie en snags sal die

maan jou nie kwaad doen nie.

Psalm 121:6

Wees bly oor hierdie vars, nuwe

môre en oor die geleenthede

wat vandag op jou wag.

GEDAGTE VIR VANDAG 18 MAART 2024

GOD WIL JOU HELP

Moenie probeer om alleen te staan –

dis dan dat jy struikel en val,

steek jou hand na God toe uit,

Hy wil jou help … en Hy sal!

My seun, jy moet luister na die

onderrig wat jou Vader jou gee.

Spreuke 1:8

Vra God om jou vadag by

te staan. Met Hom aan jou sy

kan jy enige uitdaging aanvaar.

GEDAGTE VIR VANDAG 14 MAART 2024

VRIENDSKAP

Ek wil vir ander

‘n vriend wees. Heer,

en terselfertyd ook,

hulle vriendskap waardeer.

‘n Gesant op wie jy kan

staatmaak, stel sake weer reg.

Spreuke 13:17

Wees dankbaar vir die

kosbare geskenk van vriendskap.

GEDAGTE VIR VANDAG 13 MAART 2024

DIE KRAG VAN GEBED

Nadat Hy hulle laat weggaan het, het Hy alleen

teen die berg uit gegaan om te gaan bid.

Toe dit donker word, was Hy alleen daar teen die berg.

Matteus 14:23

Matteus 14:23 vertel ons dat Jesus alleen met God wou wees na ‘n skynbaar besonder

uitputtende dag waarin hy gepreek, geleer en siekes gesond gemaak het.

Miskien is ons gebede kragtiger wanneer vemoeidheid ons dwing om die

geveinsdheid van “godsdienstige” taalgebruik af te skud, ten guste van direkte

kommunikasie met die God in wie se hande ons, ons lewe geplaas het.

Praat vanaand eerlik en openhartig met God oor die bekommernisse

in jou lewe, en maak die begeertes van jou hart aan Hom bekend.

GEDAGTE VIR VANDAG 12 MAART 2024

GOD WEET WAT DIE BESTE IS

Moenie kla oor die kruis

wat God op jou skouers laat rus –

Hy het dit self vir jou gemaak,

en Hy weet wat die beste is.

Vertrou volkome op die Here en

moenie op jou eie insigte staatmaak

nie. Ken Hom in alles wat jy doen en

Hy sal jou die regte pad laat loop.

Spreuke 3:5-6

Dra vandag jou kruis sonder om

te kla – onthou, die Meesterskrynwerker

het dit self vir jou gemaak.