AWB verklaring aangaande die beweerde sessesie van die “Verenigde State van Goeie Hoop”

Hierdie verklaring word uitgereik na aanleiding  van goed nagevorste informasie en  inligting deur die AWB se Hoof van inligting.

In die eerste plek is dit nie onbekend dat die Khoisan volk reeds lank ook streef na selfbeskiking nie, en het hulle al sedert  7 Julie 2002 aanspraak gemaak op erkenning  van selfbeskiking.

Hulle het in die onlangse verlede ‘n grondeis ingedien wat van die hand gewys is.

Sover ons kon vasstel tot op 25 September 2017 kon geen nuwe inligting of bewyse bekom word aangaande die huidige sogenaamde “Verdrag van Goeie Hoop” en of die “Verenigde State van Goeie Hoop”  behalwe dit wat op die sosiale media beskikbaar is nie.  Ook geen nuwe inligting aangaande hulle grondeis en erkenning om selfbeskiking nie, sowel as hulle doelwit vir die toekoms nie.

Hierdie dokumente is ook onderteken namens die Eurokaners.  Nou wie hierdie groepering ook al mag wees is ons nie bewus van nie, en wie hulle verteenwoordig het om die dokument  te onderteken  is tans ook onbekend aan ons.

Om sessesie te wil  pleeg vereis ‘n bepaalde proses, en is die AWB van mening dat daar nie behoorlik aan die proses voldoen is nie.  Daar moet aan bepaalde staatkundige bepalings  voldoen word.  Om rede daar nie bewyse bestaan vir die proses nie is dit te betwyfel  of aan die bepalings voldoen is.

In praktyk beteken dit om sessesie te pleeg, dit wil sê eensydige afskeiding binne staatsverband,  dat hierdie grondgebied beset moet kan word, sowel dat dit verdedig moet kan word.  Hier word beoog om sessesie oor   internasionale grense heen te pleeg, volgens dokumente in die AWB se besit.  Lande wat dit insluit is onder andere Namibië, Angola, Botswana, Lesotho en groot dele van Suidelike Afrika.

Wat verder kommerwekkend is, is die feit  dat die inwoners van die gesesseseerde gebied onderdane word en ondergeskik sal wees aan Khoisan Koning Khoebaba Calvin Cornelius III.    Verder word verkondig dat die aksie plaasvind in die naam van God Almagtig .   Ons as lede van die AWB en die Boervolk is net ondergeskik aan die Leierskap van God ons Skepper  en  ons Hemelse Vader, en niemand anders nie.

‘n Vreedsame proses word verkondig maar ‘n geweldadige poging word gepredik om onwelkome persone binne die bepaalde gebied te verwyder soos die ANC, EFF , BLF en andere.  Hierdie aksie gaan lei tot konfrontasie wat tot geweld en bloedvergieting  aanleiding gaan gee.

Sover dit  die AWB se kennis strek  is ons onbekend vir wie die mandaat gegee is om namens die “Afrikaner”  in die proses  betrek  te word, sowel as die   ander deelnemende partye.

Die Boere-Afrikaner Volksraad onder die leiding van die Volksraad Verkiesings Kommissie is al bykans 7 jaar besig met die proses van selfbeskiking  in ‘n eie grondgebied  vir die Boervolk en het tot hede nog geen finale uitslag in die proses behaal nie, alhoewel sekere doelwitte suksesvol bereik is.  Vir 300 jaar streef die Boervolk al na Vryheid.

Dit is die AWB se beskeie mening  dat hierdie eensydige sessesie proses wat van stapel   gestuur is grens aan Hoogverraad;   dieselfde  as die Mangaung verhoor te Bloemfontein  en die moontlike beskuldigdes etlike jare van tronkstraf in die gesig  kan staar.

Die AWB se ondersteuners basis is oor totaal  die hele Suid-Afrika versprei,  en uit die aard van die saak sal die leierselement van die AWB   na  die belange van die  lede van die beweging omsien in hoe verre dit hul veiligheid aangaan, en sal nie betrokke raak by aangeleenthede waar die veiligheid van lede bedreig word nie, soos blyk uit hierdie aksie.

Die “Afrikaner Gemeenskap” wie hulle ookal mag wees verwerp  ook   hierdie plan van geweldadigde aksie.

Oor die totale bestaanstydperk van die Khoisan is en was  hulle ‘n nomadiese volk.  Om ‘n gebied soos deur hulle voorgestel eensydig in besit te neem is volgens die AWB  nie haalbaar nie, alhoewel hulle moontlik oor honderde jare heen daaroor getrek het.

Die moontlikheid moet ook nie uitgesluit word oor watter invloed daar deur duistere “magte”  uitgeoefen word in hierdie proses nie, en watter moontlike rol deur  “hulle” gespeel word nie.

Die AWB is van mening dat hier net ‘n halwe waarheid verkondig word omrede daar in die verlede  wel  aanspraak was op selfbeskiking deur die Khoisan sowel as ‘n moontlike grondeis.

Die AWB doen ‘n beroep op sy lede om hierdie  as  ( “fake news”  en “hoax” )  vals berigte af  te maak  tot tyd  en wyl meer besonderhede verkry kan word wat die aangeleentheid kan bevestig.  Bewyse van onoordeelkundige besluitneming is hier aan die orde van die dag en spruit duidelik na vore in die dokumente wat deur die AWB ondersoek is.

Die AWB erken ook nie die ANC Regering van die dag nie,   waar misdaad en korrupsie hoogty vier nie.  Maar om volksvreemdes te ondersteun en  aan wie jy onderdanig moet wees,  is nie vervat in die Program van Beginsels soos deur die Leiers van die AWB  en sy lede onderskryf nie.

Die AWB is nie bereid om binne hierdie komglomoraat van rolspelers deel van te word nie.  Vryheid is primer ‘n doelstelling van die AWB – maar dan word ons regeer deur ons eie mense, in ons eie grondgebied en met  God alleen as ons Leidsman.

Die AWB doen ‘n beroep op sy lede en ondersteuners om kalm te bly in die huidige omstandighede,  u self  paraat te kry en voor bereid te wees teen die misdaad vlaag in die land wat tans heers.  Verder poog ons binne die AWB en ander alliansie vennote om soewereine Vryheid vir die Boervolk te beding.

Die AWB het die vinger op die pols deurmiddel van sy Adviesraad, beman deur kundige en wel deurwinterde persone,  om in tye van nood ‘n Gesamentlike Operasionele Sentrum te beman en van daar insedent bestuur toe te pas.

HOOG DIE VIERKLEUR
AWB
26 September 2017