Category Archives: AWB

Mediaverklaring: Ramphosa se leuens

Ramaphosa se stelling in die buiteland dat daar geen moorde op wit plaasboere in Suid-Afrika plaasvind nie en ook geen grondgry

pe (“land grabs”) nie, is so ‘n blatante leuen dat mens nouliks kan glo dat iemand in sy posisie so vermetel en onbeskaamd kan wees om in weerwil van al die feite op die grond en die getuiens daaroor in die plaaslike en internasionale media, sulke twak te praat en dan te verwag dat die internasionale gemeenskap hulle aan hom moet steur. Hy wéét mos ander ander lande het ambassadeurs en intelligensie-agente in Suid-Afrika wat hulle regerings inlig oor wat hier aangaan.

Dit is nou die man wat wil hê die Veiligheidsraad van die VN moet hervorm (getransformeer) word om aan Afrika groter seggenskap en mag in dié liggaam te gee! Met so ‘n demonstrasie van onverantwoordelikheid en ongeloofwaardigheid sidder ons vir die wêreld as daar aan sy pleidooi toegegee moet word.

Ramaphosa se stelling het getoon hoe koud die moordveldtog teen die witmense in Suid-Afrika hom en sy regime laat, en dat hulle nog dieselfde gees van terrorisme  in hulle omdra as waarmee hulle voor 1994 hulle veldtog van moord en terreur gevoer het. Hoe waar tog dat ‘n jakkals van haar verander, maar nie van snaar!

Met elke sodanige optrede is daar gelukkig méér volksgenote wat tot die besef kom dat die kunsmatige saamboerdery van wit en swart in een staatsbestel ‘n onmoontlikheid is wat so gou moontlik beëindig moet word.

Andries Breytenbach
Voorsitter van die Boere-Afrikanervolksraad en leier van die HNP

Tel: 012 802 4285
Mobiel: 082 322 6590
E-pos: andries.breytenbach@gmail.com


AWB Opleiding Dagkamp – Klerksdorp

Die AWB Noord-Wes Streek het op 9 September 2018 ‘n opleidings dagkamp gehad vir lede sowel as nie-lede net buite Klerksdorp. Opleiding deur bekwame AWB instrukteurs is gegee in Wapen hantering sowel as Selfverdediging en onwapening van aanvallers. Alle offesiere, lede van die AWB sowel as nie-lede en hulle gesinne was genooi. Die doel van hierdie dagkamp was om mense wat wapens het of van voorneme is om wapens aan te skaf, of selfs in ‘n situasie beland waar hulle enige wapen moet hanteer, meer bewus te maak van veilige hantering en taktiek met ‘n handwapen in verskeie situasies. Wapen veiligheid is bespreek sowel as wetgewing ten opsigte van die gebruik van jou eie wapen asook wapens in besit van ander.

Kinders wat oud genoeg was is ook ingeluit in die opleiding om hulle ook attent te maak oor hoe hulle hulself en gesin kan vededig tydens ‘n aanval. Vuurwapen drills is geoefen om mense gewoond te maak aan metode van wapen hantering. Almal, oud en jonk, is ook ‘n geleentheid gegee om ‘n vuurwapen, onder toesig van instrukteurs, af te vuur. Vir sommige mense was dit hulle eerste keer dat hulle ‘n wapen kon hanteer en afvuur. Streng sekuriteit en veiligheid was gehandhaaf tydens die opleiding.

Ons wil alle offesiere wat deel was van die beplanning en uitvoering hartlik bedank. Dank ook aan almal wat die dagkamp bygewoon het. Ons nooi graag enige persone wat toekomstige dagkampe wil bywoon om kontak te maak met julle streek offisiere of die AWB Hoofkantoor. Ons hoop om meer van ons Volk se mense by opleiding sessies te sien. Ons dank ons Hemelse Vader, wat ons die vermoeë gegee het om n volk te kan lei en ‘n voorbeeld te kan wees om ons volk na vryheid te kan lei. Word deel van die AWB sodat jy ‘n positiewe bydrae kan lewer vir jou Volk.

 

Persverklaring: Sesesering

 

Na aanleiding van die onlangse media verklarings en persberigte, aangaande die sogenaamde sesesering deur ‘n groepering van die Khoisan bevolking, en dat dit met die hulp, samewerking en ondersteuning van sogenaamde ver-regse groepe plaasgevind het. Wil die Afrikaner Weerstandsbeweging dit onomwonde stel en verklaar dat die AWB hom van die sogenaamde aksie distansieer en geen deel daarin gehad het nie. Die AWB plaas dit op rekord dat hy as ‘n Volksorganisasie en of sy lede op geen manier betrokke was of sal wees by aktiwiteite wat nie verband hou met sy eie strewe na soewereine selfbeskikking en die veiligheid van sy volksgenote nie.  Die AWB is nie gemoeid met enige volksvreemde organisasies nie.

Aldus gedoen en geteken te Ventersdorp op hierdie 31ste dag van Julie 2018.

Generale staf en uitvoerende raad van die AWB

 

Huldeblyk aan Generaal Koos Hough (Kmdt Gen)

Huldeblyk aan Generaal Koos Hough (Kmdt Gen)

Geagte vriende en familie

Dit is vir my ‘n besonderse eer en voorreg om by hierdie geleentheid ‘n huldeblyk te mag lewer aan my vriend en kameraad Koos Hough.

Soos ons deur ons lewensreis gaan is daar mense met wie ons kontak het of wie ons paaie kruis, met wie ons selfs goeie verhoudinge sal hê.  Maar baie van hulle sal nie werklik enige blywende impak op jou lewe  maak nie.  Hierdie mense, vir my, is hulle bloot kennisse.

Dan kry jy die spesiale mense.  Dit is die  individue wat deur hulle optrede, hulle opregtheid en hulle werklike belangstelling, ‘n wesentlike verskil in jou lewe maak.  Tog vergeet jy nooit iemand wie se blote manier van menswees wat tot diep in jou hart kom lê het nie.

Ek het die afgelope week een van hierdie mense in my lewe verloor. My kameraad Koos Hough.

Vir meer as 30 jaar was ek en Koos saam betrokke by die AWB.  Hy was maar altyd een van my gunsteling mense en kamerade.  Hy was vir ons binne die Beweging ‘n rolmodel en ons het hom gerespekteer.  Ons sal hom altyd in ons harte koester.

Sekere gebeurtenisse en ideale kan tyd nooit weg knaag nie.  Onwillekeurig dink ek terug en onthou ek ons besoeke saam aan die gebiede soos Natal.  Die kuier by my op die plaas.  Die toer na Orania en die besoeke aan die konsentrasiekamp kerkhowe.  Die hartseer maar ook die nostalgie wat daaruit voort gespruit het.  Die aande om die kampvuur by Holfontein.  Koos het almal altyd met ope arms verwelkom, en het my erg spesiaal laat voel.

Koos het sy taak binne die AWB met  soveel ywer en gefokusde aandag verrig.  Die AWB en die Boervolk het ‘n strydros by uitnemendheid verloor.

Ons eer hom vir sy Christelike beginsels en sy onkreukbare standpunte.

Dit ruk ‘n mens as iemand soos Koos Hough, van ons weggeneem word.  Dit klink  so leeg om te sê maar hy is op ‘n beter plek.  Die gat wat hy in ons lewens laat is groot !  Ek sal altyd met heimwee en aangename herrineringe aan hom dink.

Aan Alet en die kinders,  baie dankie vir julle opofferinge maar ook julle onbaatsugtige bydraes en vir die tyd wat julle Koos aan ons afgestaan het. Dit gaan nie ongesiens verby nie.  Sterkte en deernis aan julle in hierdie hartseer tyd.

Generaal  KOOS HOUGH, ons gaan jou mis.

Ek salueer jou my kameraad totdat ons mekaar weer sien.

Steyn von Rönge

Leier van die AWB / 2018-06-29

Groeteboodskap aan Rusland

Geagte mnr Poluboyrenko en ander verteenwoordigers van die Russiese volk,

Dankie vir die geleentheid om ons groeteboodskap aan julle oor te dra. Die Boere-Afrikanervolksraad het groot waardering vir julle belangstelling in ons volk se omstandighede. Net soos julle, stry ons ook teen die aanslag van linkse liberalisme wat poog om alle volke te vernietig. Ons is bemoedig deur die herlewing van die Russiese volksidentiteit en Russiese Christendom onder leiding van mnre Putin en Medvedev sowel as die ander senior Russiese leiers.

Dr Jann Schlebusch is ‘n medearbeider vir ons volk se vryheid en ons stuur graag hierdie boodskap saam met die Schlebusch besoekgeselskap. Ons sien uit na die terugvoer aangaande die gesprekke in Stavrapol.

 

Met hoogagting en vriendelike groete,

 

GS van Ronge

Steyn van Ronge

Ondervoorsitter van die Boere-Afrikanervolksraad

 

 

Уважаемый господин Полубояренко! Уважаемые представители государства и народа России!

 

Благодарим за настоящую возможность передать Вам это наше приветственное послание. Национальный Совет буров-африканеров глубоко признателен за внимание, уделяемое Вами положению нашего народа. Подобно Вам мы противостоим на своем направлении натиску либерализма левого толка, несущего уничтожение всем нациям. Нас воодушевляет возрождение самосознания Русского народа и Христианства в России под руководством господина Путина, господина Медведева и иных старших государственных деятелей страны.

Доктор Янн Шлебуш – наш соратник в борьбе за благополучие нашего народа, и мы с удовольствием посылаем Вам это сообщение с его депутациею. Мы также с нетерпением ждем представления им итогов своей поездки по возвращении из Ставрополя.

 

С уважением,

GS van Ronge

Стейн ван Рогге,

исполняющий обязанности председателя Национального Совета буров-африканеров

Begrafnis reëlings vir wyle Generaal Koos Hough 

Alle lede rapporteer by die begrafplaas, op die plaas Vlakpan om 09h00.

Die teraardebestelling vind plaas om 09h30.

Daarna vertrek ons na Delareyville AP Kerk vir die begrafnis diens om 11h00.

Vol uniform of netjiese drag.

Vir verdere navrae of padaanwysings kan u vir Brig Piet Breytenbach kontak by 071 340 9658.

MOONTLIKE DREIGING DEUR ESKOM WERKERS OM KRAG AF TE SIT

MOONTLIKE DREIGING DEUR ESKOM WERKERS OM KRAG AF TE SIT

Die media dra die moontlike dreigement dat die land Maandag (11 Junie 2018)  tot stilstand gedwing kan word.  Daar is egter ook teenstrydige berigte dat dit later kan gebeur afhangende van die onderhandelinge.  Almal MOET paraat wees.  Dit gaan verreikende probleme veroorsaak indien dit gebeur.  Ek noem net ‘n paar:  Geen water, sanitasie en niks kan werk nie.  Alles, maar alles, sal tot stilstand kom.

Kry julle mense op bystand;  radios se batterye gelaai  vir kommunikasie, ens.  Sorg vir al die ander nodige apparate vir oorlewing. Dit is beter om voorbereid te wees.  Kom ons hoop dit gebeur nie.

Almal is mos voorbereid met hulle onttrekkingsplanne.

Die belangrikste is, waarsku al julle lede om voorbereid te wees.  Indien jy enige bevestigde inligtig het skakel met hoofkantoor op 018 264 3669 dat ons kan optree soos nodig.

K. HOUGH

Wrn. Kommandant Generaal