• Slider Image

GEDAGTE VIR VANDAG 18 MAART 2024

GOD WIL JOU HELP

Moenie probeer om alleen te staan –

dis dan dat jy struikel en val,

steek jou hand na God toe uit,

Hy wil jou help … en Hy sal!

My seun, jy moet luister na die

onderrig wat jou Vader jou gee.

Spreuke 1:8

Vra God om jou vadag by

te staan. Met Hom aan jou sy

kan jy enige uitdaging aanvaar.

GEDAGTE VIR VANDAG 14 MAART 2024

VRIENDSKAP

Ek wil vir ander

‘n vriend wees. Heer,

en terselfertyd ook,

hulle vriendskap waardeer.

‘n Gesant op wie jy kan

staatmaak, stel sake weer reg.

Spreuke 13:17

Wees dankbaar vir die

kosbare geskenk van vriendskap.

GEDAGTE VIR VANDAG 13 MAART 2024

DIE KRAG VAN GEBED

Nadat Hy hulle laat weggaan het, het Hy alleen

teen die berg uit gegaan om te gaan bid.

Toe dit donker word, was Hy alleen daar teen die berg.

Matteus 14:23

Matteus 14:23 vertel ons dat Jesus alleen met God wou wees na ‘n skynbaar besonder

uitputtende dag waarin hy gepreek, geleer en siekes gesond gemaak het.

Miskien is ons gebede kragtiger wanneer vemoeidheid ons dwing om die

geveinsdheid van “godsdienstige” taalgebruik af te skud, ten guste van direkte

kommunikasie met die God in wie se hande ons, ons lewe geplaas het.

Praat vanaand eerlik en openhartig met God oor die bekommernisse

in jou lewe, en maak die begeertes van jou hart aan Hom bekend.

GEDAGTE VIR VANDAG 12 MAART 2024

GOD WEET WAT DIE BESTE IS

Moenie kla oor die kruis

wat God op jou skouers laat rus –

Hy het dit self vir jou gemaak,

en Hy weet wat die beste is.

Vertrou volkome op die Here en

moenie op jou eie insigte staatmaak

nie. Ken Hom in alles wat jy doen en

Hy sal jou die regte pad laat loop.

Spreuke 3:5-6

Dra vandag jou kruis sonder om

te kla – onthou, die Meesterskrynwerker

het dit self vir jou gemaak.

GEDAGTE VIR VANDAG 8 MAART 2024

SEISOENE VAN DIE HART

Net so seker as wat die winter moet kom,

sal die skoonheid van die lente daarna blom;

net so kom die vreugde weer na die smart –

Al loop hy en huil terwyl

hy die saaisak dra, hy kom juigend

terug terwyl hy sy gerwe dra.

Psaml 126:6

Vergelyk die seisoene van die jaar met

die seisoene in jou eie hart en lewe.

GEDAGTE VIR VANDAG 7 MAART 2024

DEUR GOD GELEI

Daar is baie wat ons nie verstaan,

waaroor ons nie helderheid kry:

daarom is dit so belangrik

om ons deur God te laat lei.

Om te leef soos die Here dit wil,

is die krag van die opregte.

Spreuke 10:29

Laat die hand van God jou

vandag in die regte rigting lei.

GEDAGTE VIR VANDAG 6 MAART 2024

‘N HEMELSE KROON

Die mens wat sy kruis elke dag dra,

ontvang eendag ‘n hemelse kroon –

onthou, daar kan geen verlossing wees

as God se liefde nie in hom woon.

Die regverdige word geseën.

Spreuke 10:6

Streef vandag na hoër en beter

dinge, bid sonder ophou en

hou vas aan die geloof en liefde

wat slegs God jou kan gee.